Archive for Junie 11, 2007

Ek dink ek kan…

Ek loop nou al vir weke en dink oor hierdie blog kwessie. Moet ek, of moet ek nie? Het ek nou regtig iets om te sê waarin iemand anders sal belangstel? Wat as ek niks te sê het nie? Maar dan lê ek nagte lank en “blog” met baie dinge om te sê… en after all is dit mos veronderderstel om ‘n online journal te wees. Maar nou dat ek dit actually doen, is my mind so blank soos ‘n straatkind se oë.

Ons het twee worshonkies, Spike en Roxy. Spike het vanaand ‘n muis gevang. Nee, eintlik was dit ‘n ROT! ‘n Moewiese ding wat ons nou al vir weke terroriseer. Maar ek dink nou nie dat dit die tipe ding is waarmee ek hierdie blog moet begin nie. Totally gross! Sal dit maar bêre vir later.

Ek dink ook nie die storie van die ou wat my man se lighter gesteel het (Zippo), die binnekant uitgehaal het, dit in ‘n ander casing gesit het en vir hom as geskenk terug gegee het omdat hy syne “verloor” het, is ‘n goeie begin nie. Kan jy glo daar is sulke mense? Actually mense wat jy ken??

Maar dit was eintlik hoe my dag verloop het. So there. Miskien is die tweede post beter!

Lovies
Dellie

Comments (7) »