Ek dink ek kan…

Ek loop nou al vir weke en dink oor hierdie blog kwessie. Moet ek, of moet ek nie? Het ek nou regtig iets om te sê waarin iemand anders sal belangstel? Wat as ek niks te sê het nie? Maar dan lê ek nagte lank en “blog” met baie dinge om te sê… en after all is dit mos veronderderstel om ‘n online journal te wees. Maar nou dat ek dit actually doen, is my mind so blank soos ‘n straatkind se oë.

Ons het twee worshonkies, Spike en Roxy. Spike het vanaand ‘n muis gevang. Nee, eintlik was dit ‘n ROT! ‘n Moewiese ding wat ons nou al vir weke terroriseer. Maar ek dink nou nie dat dit die tipe ding is waarmee ek hierdie blog moet begin nie. Totally gross! Sal dit maar bêre vir later.

Ek dink ook nie die storie van die ou wat my man se lighter gesteel het (Zippo), die binnekant uitgehaal het, dit in ‘n ander casing gesit het en vir hom as geskenk terug gegee het omdat hy syne “verloor” het, is ‘n goeie begin nie. Kan jy glo daar is sulke mense? Actually mense wat jy ken??

Maar dit was eintlik hoe my dag verloop het. So there. Miskien is die tweede post beter!

Lovies
Dellie

7 Responses sover »

  1. 1

    Ma se Seun said,

    Ek was daar toe Spike daai ROT vir die eerste keer sien!! Hy en Roxy het soos twee malhase agter die ding aan gehardloop! Ek het die banke basies uit hulle pad uit gegooi sodat hulle net die ding kan vang! My ma het op die kas gesit toe ek die muureenheid wegskuif dat Spike hom kan kry! Toe besef ek eers watse violent worshond ons het!! Hy ruk en skud daai arme ou rotjie…shame… goed so!! Ek is net so dumbstruck soos my ma op die een… wat se mens nou?? Sterkte met ma se blog! Hoop ma ontmoet baie interesante.. en wierd mense! Njoy!

  2. 2

    Annie said,

    Hi Dellie
    Baie nie begin, het my laat terugdink aan so 2 jaar toe ons ‘n regte muis hunt in ons huis gehad het. Manlief het van gas tot bokhael probeer en ek was meer op die stoele en tafels as op die vloer. Weet jy wat werk toe. Muis “trap” met…… wag vir dit Jelly Tots.
    Sien op Steve se blog. Lekke dag
    Annie

  3. 3

    Anonymous said,

    Sorry man, moes wees baie NICE begin!!

  4. 4

    Anonymous said,

    Dellie ek is altyd dumstruck as dit kom by comment maar in my gedagtes het ek baie te se, tot dit op die push kom dan is ek so dom soos grond. Geniet jou blog ek sal so elke dan en wan kom loer wat hier aangaan.
    Groetnis Sarita

  5. 5

    marat said,

    Dellie, welkom! Ek sien uit om nog baie te lees. Hier kan jy sit net wat jy wil, en niks as jy nie wil nie!

    Wosonkies is MAL oor muisjag! Hulle is baie woes as hulle eers die reuk gevang het. Ek dink partykeer hulle het meer moed as breins!

    Sal like ommi foto van moeder op die kas te sien! lol! :-D

  6. 6

    Boendoe said,

    Hi Dellie,

    Skryf net wat op jou hart is! Meeste van die tyd is dit in elk geval goed wat op ons almal se harte is, maar nooit die guts het om te se nie! Sien uit na jou volgende posting.

    Mooi bly

  7. 7

    boerinballingskap said,

    Welkom! 8)


Comment RSS · TrackBack URI

Say your words