Archive for Augustus, 2007

Huh?

Comments (12) »

Make Over

Verlede naweek het ons ons kombuis en TV kamer ‘n make over gegee. Of sal ek eerder sê die make over wat ons verlede jaar begin het, verder gevoer.

Vrydagmiddag na werk het ons gou verf gaan koop en Vrydag aand al die voorbereidings gedoen. Dit wat ons nie kon uitneem nie, het ons in true Mr Bean style met koerante toegeplak. Liefie wou met alle geweld ‘n cracker skiet om alles geverf te kry. Ek moes net keer! Hy reken as Mr Bean dit kon doen, kan ons ook mos…hehe.

Saterdag oggend is ons vroeg uit die vere. Ek moes nog werk tot 11uur, maar het gereken dat die manne teen daardie tyd al klaar sal wees met die verf van die plafon, dan kan ek mos begin met die mure. Toe nie. Daar moes ‘n hele paar lagies geverf word. Seun het die meeste gedoen, en ons het hom verskoon nadat die plafon gedoen was.

Tussendeur het ek die Flokati mat gewas. Ek doen dit nogal gereeld, maar die winter was koud en dit het so effens agterwee gebly. Die mat neem nogal ‘n rukkie om droog te word. Nou, net iemand wat al so ‘n mat van 2m x 3m in ‘n bad gewas het, sal weet waarvan ek hier praat. Dis seker die k@kste job in die wêreld. Die oomblik toe daardie mat met water in aanraking kom, weeg dit 10 ton en vind daar een of ander chemiese reaksie plaas wat al die pp van die worsies waarvan ek nie eers geweet het nie, eensklaps laat deurslaan. Ek dog ek spill my chips net daar. Ek “hhooyyy” en die manne giggel so ver soos wat hulle plafon verf! Ek druk deur met sweet wat uitslaan op my voorkop, en die naarste gevoel wat nie eers halfpad kom by morning sickness nie. Was, tap water uit, tap water in, was, en so karring ek aan tussen die verwery deur vir die hele Saterdag. Los hom vir oulaas Saterdag nag in ‘n sterk seepoplossing deur die nag. My arms voel of ek teen ‘n gorilla gestoei het.

Toe is dit gaatjies opvul. Wag vir droogword. Afskuur. En daai liewe wit stoffies sluip mos oral in. Einde ten laaste kon ons begin verf. Eerste lae. Ons eet vis en chips in die koerant beplakte plek op kampstoele. Teen 8uur Saterdag aand was ons gô’s uit. Seun was uit vir die aand en ek en Liefie het net gaan bad en gaan slaap. Soos klippe.

Sondag oggend weer vroeg op, maar ai, die jare vat aan die lywe. Smaak my toe ek het vir Jaco erens in ‘n gym gejoin waarvan ek nie weet nie. Seer op plekke wat ek nie geweet het ek het nie!

Maar die tweede laag is gedoen en teen 3 uur Sondag middag is die meubels weer terug en al die koerante verwyder. Ons ondersteun toe sommer vir Checkers om kookkos te kry, teen daai tyd al mooi dik vir vis en chips.

Maandag besluit ek dat die gordyne en al die ander goed nou nie meer pas nie. En wat ‘n luck, by die eerste plek waar ons instap kry ek hierdie gordyne wat gemaak is vir die kleurskemas wat ek gekies het. Seun vra nogal so ewe of ek eers kom kyk het na die gordyne voor ek die verf gekoop het! Nee, net suiwer geluk.

Daar is nog baie werk, die plafon en skirtings moet nog afgerond word met pine strips, en die counter moet nog ‘n nuwe blad kry. Die wasbakke moet nog reg gespasieer word, en daar kort nog nuwe krane en teëls. Die ou kombuiskaste gaan ek afskuur en een of ander verf tegniek daar toepas, weet nog nie wat nie. En die counter om die stoof moet nog “klippe” kry, óf soos die stoof met leiklip bedek word. Maar vir nou is dit darem al baie meer leefbaar. En dis tog so lekker om terug te staan en jou eie handewerk te bewonder.

Hierdie naweek word die houtvloer in die TV kamer afgeskuur, so alles moet weer uit. En as daar genoeg tyd is, die krane en teëls by die wasbak. Ons sal dit nou maar in sulke sarsies aanpak elke naweek, hopelik is dit vir Kersfees reg.

Comments (4) »

Huistoe

My hart is seer. Vir Esther. Esther is my bediende vir die afgelope 8 maande, maar ons ken haar en haar man Johannes al seker 6 jaar. Sy is ook my buurvrou. Johannes en Liefie het al lang gesprekke gehad oor hoe die dinge verander het na Apartheid, en hoe hy ook dink dat alles nou net omgekeer is. In Januarie het ek haar gevra om vir my iemand te kry om te help met die wasgoed en skoonmaak. Sy kon niemand kry nie, en het toe besluit dat SY sommer vir my sal kom help.

Sy is ‘n klein, tingerige vroutjie, 43 jaar oud. Ek skat sy weeg so 42kg. Maar haar hande staan vir niks verkeerd nie. Ek en sy het nog nooit regtig probleme gehad nie, soms maak sy maar half skoon, maar ek is baie dankbaar vir die ander goed wat sy doen, soos die was en stryk werk, dus maak ek nie ‘n vreeslike issue daarvan nie. Gryp maar self die lappie en vee af waar sy gemis het.

Sy het nog nooit net iets gevat nie. Nie koffie of suiker nie, en nie eers van die kos wat oorgebly het van die vorige aand, sonder om vir my te vra nie. Lunch tyd kom sê sy vir my sy gaan nou lunch, en dit is dan maar die ritueel dat ek vir haar sê: “Dis reg so, kry vir jou van gisteraand se kos, of ‘n broodjie en koffie.” Sy vat nie net en waai nie. Soms vra sy vir bietjie suiker of koffie omdat hare by die huis klaar is. Of ‘n sigaret, want sy het nog nie gerook vir die oggend nie en haar “kop is seer”. En ek dink in die hele 8 maande het sy een keer R20 by my geleen, wat net so van haar salaris afgetrek is. Die worsies is nogal mal oor haar, is vreeslik bly om haar te sien in die oggend.

Maar nou is Johannes vreeslik siek. Ons weet al vir ‘n wyle dat alles nie wel is met hom nie. TB. En dit raak nie beter nie. Verlede week het sy vir my gesê dat hy nou ophou werk het, want hy is te siek. Maandag storm sy hier by die sentrum in met groot oë en sê Johannes roep haar, hy lê op die grond. Eventually het Liefie ‘n paar keer die ambulans gebel, en nadat hulle seker drie keer hier verby gery het, is hier uiteindelik sommer twee van hulle. Maar Johannes wil niks weet van hospitaal toe nie.

Ek gee toe vir Esther die res van die dag af, dat sy hom kan oppas. Ek vra dat sy hom moet probeer oortuig om hospitaal toe te gaan, daar kan iemand darem dadelik help as dit nodig is. Sy belowe om te probeer.

As ek by die kombuisvenster uitkyk, kan ek hulle sien: hy lê op ‘n matrassie teen die muur in die son, toegemaak met komberse, en sy sit daar by hom op ‘n klein stoeltjie en pas hom op. Die prentjie sal my altyd bybly: hierdie tingerige, verwese ou meidjie wat net daar sit en die liefde van haar lewe oppas. Te bang om te gaan pp, netnou kom hy iets oor terwyl sy weg is. Te bang om te gaan water drink of iets te kry om te eet. So onseker oor wat haar te doen staan. En skielik besef ek wat in hierdie ou lewe belangrik is: die mense vir wie ons lief is. Nie geld nie, nie besittings nie, nie aansien nie. Ek staan en tjank by daai venster soos ‘n baba.

Maandag aand het die ambulans hom kom haal en hospitaal toe geneem. Vanoggend het Esther vir Liena gebring om my te kom help, wat ek nie verwag het nie. Sy het immers belangriker goed op haar mind. Maar dit gaan nie goed met Johannes nie. Die seer en vrees lê vlak in haar oë. Sy weet die einde is naby. Al wat ek kon doen was om vir haar ‘n drukkie te gee. Ek het nie woorde om dit beter te maak nie.

Vrydag sou hulle “huistoe” gaan, Betlehem toe, na hulle familie toe. Ek weet nie of Johannes weer sy mense gaan sien nie…

Johannes is vanmiddag om 15h05 oorlede…RIP Johannes

Comments (19) »

9 vs 10 Games

Vandag laat ek aan Seun oor om vir julle te vertel van die 9/10 Games by die skool verlede Maandag. Geniet!

Maandag oggend was soos normaal, behalwe dat al die st9es heeltyd uitgehaal word oor hulle gaan verloor. Die verloorspan se hare moet waai. Letterlik! Verlede jaar het ons st9es ook gewen, so ons het nooit ons hare verloor nie.

Deur die dag was daar ‘n rumor dat die matrieks aspris gaan verloor. Omdat ons nie laas jaar verloor het nie. Ons moet tog ook ons hare verloor. Maar ons het van beter geweet.

Pouse was soos elke jaar. Die matrieks het ‘n “matriek eiland”, dit is die “groot manne” se plek, en niemand anders waag dit daar nie. Die st9es moet dan in daardie pouse daar oor hardloop met die hoop dat hulle nie te ernstig seer kry nie. Wel, hulle probleem. ‘n Hele paar van hulle het redelik sleg deurgeloop. Een matriek het ‘n outjie beet gekry nadat hy deur die groepie gemoker is. Hy het hom van die eiland af gegooi… in die versperrings vas gegooi dat die ding sommer breek.. jy sien net hout spat!!! So hardloop die matrieks agter die klomp aan en probeer hul inni hande kry. Vet pret.

Na skool was die 9 / 10 games… Netbal, hokkie, meisies rugby en dan die “hare” wedstryd.

Netbal.
Matriek meisies het ver gewen 31-17. HAHA!!
Op ‘n stadium het die matrieks besluit hulle gaan die st 9es ‘n bietjie kans gee, want hulle loop so ver voor. Een matriek meisie skree toe kliphard PEPSI!!! HAHA Net daar en dan val al die matrieks neer op hulle ruggies plat op die baan, en gee die 9es ‘n kans!! hahahaha!! LOL!! En daar gaan hulle tot by die doel! Gooi… mis… Gooi… mis…Gooi…mis…Gooi…mis…Gooi..DOEL!! hahah!! Almal was histeries!!

Hokkie. Die matrieks het daar ook gewen 4-0

Meisies Rugby. Matrieks het gewen 17-3
Dit was redelik snaaks om die “plastics” te sien hol met ‘n bal en om dan van die aardbol af getackle te word!! Daar was ‘n hele paar sulke vieslike tackles! Een meisie het al die punte aangeteken.. sy skop actually beter as die seuns eerste span se los-skakel!!

Hare Wedstryd. Matrieks wen 31-15
Was nogal ‘n taai game vir die manne! Matrieks het aan die begin gedink dit gaan ‘n walkover wees. Toe nie! Binne die eerste 5 min het die 9es ‘n try gekry, darm nie oorgeskop nie! En die medics en biokinentikuste was ook maar useless.(hulle was matrieks) Een van die vriende in matriek span was bietjie moeg, en besluit toe maar om te lê. Die twee biokinetikuste (Drunken Skunks) was eerste by hom. Hulle besluit toe sommer dat hy ‘n besering opgedoen het en draai verband om sy kop, en gooi sommer bietjie mercurochrome op die verband.. Min weet hulle dat die “verband” wat hulle gebruik het eintlik van daardie groot wit rolle pleisters was! HAHAHA die arme ou het na die tyd geskree soos ‘n baba toe hulle dit afhaal! Daar was een regte besering.. ‘n st 9 het sy vinger gebreek toe ‘n matriek hom tackle. (Matriek ou was ‘n klein maer flankie, en die st9 ou was hulle stut!!! en dit was ‘n pick up tackle!!)

Maandag aand was daar ‘n groot party by een van die st9es se huis. net die st9es en matrieks wat in die game gespeel het was daar. En dan ook die Drunken Skunks en ou ekke. (Die Drunken Skunks is my beste vriende, julle kan maar net raai hoe hulle daardie name gekry het) By die party toe besluit ons matrieks dat die st9es nou maar hulle haartjies moet verloor. Ons moes die eerste een vang en vasmaak aan die stoel dat hy nie moet weghardloop nie. Die res het toe heel gewillig maar kom sit. Meeste was kaalkop toe ons klaar is, ander was mohawks en een het om een of ander rede ‘n “E” agter op sy kop gehad??

Verder het ons gebraai gekuier en gekuier soos ‘n usual party maar is. Tot een van die skunks die bright idee gekry het om ‘n bier tuin te begin. Almal het maar heel gewillig saam gestem dat ‘n goeie idee was. HAHA so plant ons maar ons ou botteltjies onderstebo op die grasperk.. met die wilde hoop dat daar dalk volgende keer ‘n kas bier gegroei het.! LOL!


9/10 Games was lekker…die kuier was lekker, alles was lekker. Ek is net bly dat ek nie die een is wat die volgende dag daardie plek moes skoonkry nie! Ek dink ok nie mammie of pappie was te veel impressed met die bier tuin nie…

Comments (15) »

Beware!

Comments (1) »

DIY

DIY julle? Sukkel julle self om dinge te maak, reg te maak, te verf en aan te bou? Of betaal julle mense wat weet hoe om die ding van die begin af reg te doen? Watter keuse is die goedkoopste, watter een die suksesvolste?

So ‘n WYLE terug het ons begin om ons ou plekkie te fix soos wat ons dit wil hê. Ons DIY. Liefie se hande staan vir niks verkeerd nie, en sy pa was vir baie jare in die bou-bedryf. Hy het dus ‘n goeie idee van bouwerk en alles wat daarmee saamgaan.

Ons gebou bestaan uit vier woonstelle, twee bo, en twee onder. Bo woon ons, en my opleiding sentrum is daar, deurgebreek sodat dit basies een groot vloer is en ek gebruik omtrent die helfte van een woonstel vir my sentrum.

Onder het ons (wel, meestal Liefie, maar ons het ook gehelp) basies ‘n hele woonstel in ‘n kroeg omskep. (Die trappe word nogal effens van ‘n probleem as mens kuier met TAKIELA!) Ons het letterlik alles self gedoen. Van die “klippe” tot die blinds en die verfwerk. Hande was blase gewerk. Veral met die blinds. Ons het riete geneem, en dit met tou aanmekaar geknoop om die blinds te bou. Ure en ure se werk. Die “klippe” van die toonbank ook. Ons hande was so skurf soos olifant pote in die winter van al die sement!

Liefie het die stompe en riete sommer in die veld gaan optel, alles dooie bome se takke. Klaar lekker uitgedroog en als. Riete uit die vlei. Verder het ons ‘n paar bakstene gekoop, ‘n paar sakkies sement en die verf. Die blaaie van die kroegtoonbank is die oorspronklike kas wat in die kamer was, se deure. En die meeste van die decorations is deur vriende aangedra.

Dit was ‘n lekker projek. Elke naweek in die bouproses is ‘n nuwe toevoeging gevier. Daar was ‘n party vir die steen toonbank, ene toe die blad opkom, nog een vir die rakke teen die muur, toe weer een vir die helfte van die verfwerk, die blinds, die “klippe” en nog baie daarna! En elke keer bring iemand iets saam.

Vir elke kamptrippie saam met ons pels is daar ‘n aandenking: een visplakkie sonder ‘n maat (hy’t rivier-af gespoel) met almal se name op wat daar was, ‘n kersvader hoed vir die Kersfees by Potch dam wat deur almal geteken is, die sakkie wat die kinders in die rivier “gevang” het, met 10 biere in, net toe dit “droog” word in die kamp, Voëltjie se cowboy hoed, ‘n ou landsvlag, Bloubul vlag, en Springbok vlag, ‘n award vir die eerste ou wat in die kroeg uitgepass het…en vreeslik baie aangename memories. Intussen het daar al ‘n hele paar decorations bygekom, maar ek het mos my kamera geskenk vir die “minderbevoorregtes”. Bliksems. Ek spaar nog vir ‘n nuwe een.

Nou gaan ons dit weer doen. Ons het ‘n rukkie terug die kombuis en TV kamer “openplan” gemaak. Nou kan ek kosmaak en saam TV kyk. Maar erens langs die pad het die geld en tyd bietjie min geword, en die verfwerk is nog nie klaar gemaak nie. Hierdie naweek is DIE naweek. Ons kan dit nou nie meer handle nie. Ons gaan nou verf! Vrydag werk ek net tot 4uur, dan gaan ons bietjie shop vir verf. En ons gaan dit self doen. Daar is niks so lekker as om terug te staan en jou eie handewerk te bewonder nie.

Comments (30) »

Liewe Vader Krismis

Ontdek toe gisteraand hierdie in ‘n “cleanup” sessie…
Liewe Vader Krismis

U sal seker verbaas wees om `n brief van my te ontvang op 26 Desember.

Dit is nie dat ek vroeg skryf vir volgende jaar se presente nie, maar om `n paar dinge op te klaar oor wat gisteraand en vroeër in die jaar gebeur het.

Ek het vir jou geskryf en gevra vir `n fiets, elektriese trein, rolskaatse en `n rugby trui. Ek het die hele jaar baie hard gestudeer. Ek was nie net eerste in my klas nie, maar ek het ook die beste punte in die skool behaal. Ek lieg nie vir jou nie. Daar was niemand in ons buurt wat hulle beter gedra het as ek nie. Ek het vir my ouers, broers, susters, my vriende, ons bure en hulle kinders takies verrig. Ek het selfs ou tannies oor die straat gehelp. Daar was niks te veel wat ek vir die gemeenskap sou doen nie.

Wat de f@k het jou besiel om vir my `n eenvoudige f@kken fluitjie, `n yo-yo en `n paar vaal sokkies te los na my mooi brief aan jou ? Wat de bliksem het jy gedink, jou vet vark, dat jy my vir `n bobbejaan gevat het die hele donnerse jaar om bogenoemde k@k onder die boom te los. Asof jy my nie genoeg rond gef@k het nie, los jy vir daai klein k@k oorkant die straat so veel presente dat hy skaars in sy f@kken huis daarmee kan inkom.

Laat ek jou waarsku. Moenie volgende jaar probeer om met jou vet gat in ons skoorsteen af te klim nie. Ek sal jou opf@k. Ek sal jou f@kken bokke met my pa se rollie in hul moer skiet sodat jy moet terug loop na die Noordpool soos wat ek nou moet doen aangesien ek nie `n f@kken ryding het nie. Jou moer vader krismis.

Volgende jaar sal jy uitvind wat se k@k ek kan wees.

Groete se gat.

Comments (15) »

Matriekafskeid

Ja, dis sulke tyd vir ons. Seun gaan matriekafskeid toe. 21 September is die groot aand. Ek sukkel soms om my kop daarom te vou. Dit was dan net gister dat hy vir die eerste keer kleuterskool toe is! (Voel dit vir julle ook asof die jare al hoe vinniger verbygaan soos wat ons ouer word?) En nou is hy amper ‘n man. Eintlik is hy al lankal ‘n man, hy het meer verantwoordelikheid as die meeste volwassenes wat ek ken. Ons enigste seun, ons trots…ek sal nog eendag ‘n hele post aan hom wy, want ek regtig so lief vir hom en flippen trots op hom!

Reg, nou is dit tyd om te gaan soek vir ‘n pak, ‘n kar, en dies meer.

Die kar
Eers wou hy en ‘n paar pels ‘n helikopter huur, maar daar is nie regtig plek om te land nie, behalwe op die dak van die saal. Bad idea. Toe wou hulle ‘n limo huur, maar het te lank gewag in hierdie ou stadjie van ons, daar is niks meer beskikbaar nie. Laaste uitweg is toe die beste een. So ‘n jaar of wat terug het Seun en Liefie foto’s geneem van hierdie Plymouth, nog heel oorspronklik, en in ‘n pragtige kondisie. Seun het ook so bietjie met Photoshop die hele ding oorgedoen, en sommer cherries ook bygelas! Die eienaar was toe heel impressed, en besluit toe daar en dan dat hy sal chaffeur speel vir die aand van die matriekafskeid. Seun kan die kar gebruik, verniet!

Die pak
Nou kom die pak. Dit moet mos nou iets in die lyn van Mafia wees, die kar se nommerplaat sê dan “The Mob”. Dus soek ons ‘n pak wat by die tema kan aanpas. Verkieslik een met pinstripes, dit LYK mos sommer mob! En die girl se rok gaan blou wees, so as ons ‘n pak kan kry met blou pinstipes, wonderlik. Ons het eers oorweeg om net ‘n pak te huur, maar ons kry nie dit wat hy soek te huur nie. Dus moet dit iets wees wat hy weer kan gebruik as ons gaan KOOP. So loop ons een raak by die tweede plek waar ons ingaan. Pragtige pak, breë blou pinstripes, en die wonderlikste materiaal, ideaal vir die somer, lig en sag. Maar die flippen ding kos R999-95! Ai, en dis moeilik om te sê “kom ons kyk nog rond”, want ek SIEN in sy oë dat dit die pak is wat hy wil hê. Maar Mammie druk deur, ons gaan eers nog bietjie rondkyk.

Weet julle wat kos suits deesdae? Genade, van die baadjies (let wel, net die baadjie) wat ons sien , begin by R499, en op! En dan nog ‘n broek, dit begin by R299 en op! En die wat hy wil hê, is in die “en op” range! Sal meer as R1000 uitwerk, sonder hemp of das. En ons was orals in hierdie ou stadjie van ons.

Eventually eindig ons weer op waar ons begin het, en ek knyp maar die ogies toe vir die prys van daai pak. Gelukkig het ek darem R100 afslag gekry. Nou is dit nog net die skoene en hemp en das.

Genade, ek is bly ek het nie ‘n meisiekind wat moet matriekafskeid toe nie! Maar aan die anderkant is dit darem die enigste matriekafskeid wat hy ooit sal hê! Dankie Vader vir daai een! En hy gaan daai pak dra in sy werk volgende jaar, sommer net die baadjie by ‘n ander broek en die broek by ‘n ander baadjie. Hy BETER! Ek gaan hom dit maak dra, die klein twak!

Ernstig nou, het matriekafskeid nie in die laaste jare net ‘n plek geword om te spog nie? Ek weet van meisies wat tot R30 000-00 opdok vir ‘n rok en die hele toetie van hare en grimering en al daai goed! En een van Seun se pels het ‘n suit gekoop van R7000-00! Dis ook maar net ‘n baadjie en ‘n broek, die enigste verskil is dat dit geparfumeer is en ‘n designer label het.

Wat van ons arme mense wat dit nie kan bekostig nie? Hoe voel ons kinders? My seun is baie tevrede met sy pak van amper R1000-00, maar regtig, wat van die mense wat DIT nie eens kan bekostig nie? Ek voel die jammerste vir die meisies wat nie mooi rokke kan bekostig nie. Maar hoe gaan mens iets verander daaraan? Raak dit so kommersieel dat die MENS vergeet word? Wat DOEN jy met daai vreeslike outfit wat so baie gekos het na die tyd? En party van daardie outfits is regtig so way out dat jy dit nooit weer kan dra nie.

Maar nou ja, dit is veronderstel om net eenmaal in jou lewe te gebeur, dus sal ek die beste doen wat ek kan om dit vir hom onvergeetlik te maak. En ek is seker dis hoe elke ouer voel, ongeag van die prys wat jy betaal!

Ek sal foto’s kom wys!

Hierdie is die een wat hy verander het in Photoshop…

Comments (15) »

Funny Signs

Dis ‘n heerlike sonskyn dag hier op die Vrystaat vlaktes, en ek is in ‘n lekker lawwe bui. Niks lus vir ernstig wees of werk nie. Geniet hierdie, ek het my make-up afgelag!
Ja, hou jou ledemate vir jouself!

Hoe groot is daai flippen by???

Who needs Viagra?

Wonder in watse bui is Walter vandag?

Be very afraid…

Late night with the boys?

Klink gevaarlik

Veral as jy dié moet agterlaat…

Watter een moet jy nou glo?

Boendoe, het jy dalk dié nodig?

So DIS waar alles begin het!

Moenie oor die drade val nie!

Goeie raad?

Hoef seker niks meer te sê nie…

Wonner of iemand ooit na die menu kyk

Ja, spin maar eerder

WTF??

Lekker naweek!

Comments (25) »