Foto’s

Hier is die beloofde foto’s van die matriekafskeid. Hulle het almal pragtig gelyk! Hulle is omtrent 200 matrieks hierdie jaar, en ons het ongeveer 2 ure gewag sodat almal kon opdaag. Toe is hulle individueel voorgestel, wat nog 2 ure geduur het. Daarna het hulle ‘n ete gehad, en die ouers het darem so ‘n paar verversingkies gekry. Maar ook nie veel nie. Seun was glad nie beindruk met hulle spyskaart nie, snoek, rys, patats en boontjies! Vir ‘n matriekafskeid! Hehe! Maar overall was dit ‘n groot sukses. Ons wag nog vir die amptelike foto’s, en die DVD. Skuus as die bladsy lank vat om te laai, ek weet nie watter foto’s om te los nie!

Hierdie is die hoofseun en vriende van ons se dogter.

026.jpg


‘n Paar wat ek nie ken nie, maar wat stunning gelyk het:

 

029.jpg

030.jpg

028.jpg

037.jpg

035.jpg

039.jpg

Hierdie dame het haar rok self ontwerp en gemaak:

031.jpg


Van Seun se pels wat hy nou al ken van kleuterskool dae af:

0321.jpg

049.jpg


Een van die “drunken skunks”:

038.jpg

Die ander “drunken skunk”:

040.jpg

Seun en Hetta:

044.jpg


 

045.jpg


Die manne:

046.jpg

11 Responses sover »

  1. 1

    Roer said,

    Aaag! ‘Seun’ het stunning gelyk en sy pop ook. Sies vir jou oor jy ons so in die ‘donker’ hou met JOU foto! en dan is jy nog ‘n blond ook. ‘Seun’, ek dink jy lees ook hier. Kry ma se password en plaas die res van daai fodie.

  2. 2

    Butterfae said,

    NICE SHOES!
    Ai, hoe mis ek my matriekafskeid ook! Sjoe, maar almal het uitgehaal en gewys en Seun het njammie gelyk!
    Moenie worry oor jou foto wat jy nie wil plaas nie, ek is ook maar sku vir daai ding.
    Lekker aand!

  3. 3

    SHARKS said,

    Dellie hulle het almal stunning gelyk.

  4. 4

    marat said,

    Ek is jammer, maar ek verstaan nie die ding met wit skoene nie. Is dit die nuwe “trend”? ;-)

  5. 5

    Boendoe said,

    Ag, mooi, man! Maar ek weet ook nie van snoek vir die matriekafskeid nie!! (die Kapenaars gaan natuurlik dink dis koningskos!)
    En baie sexy voet in die sexy silwer skoen, hoor!

  6. 6

    sonstudio said,

    Die glimpse van die pienk top lyk baie mooi en ek love jou silwer sandale!
    Daar’s ‘n paar stunning rokke gewees, né!
    Ek sou, soos ‘Seun’, ook nie impressed gewees het met die kos nie!!!

  7. 7

    Anonymous said,

    Is dit hoe Seun lyk. (Hallo ou grote hoop jy het ‘n lekker aand gehad!)

    Nou Dellie, is jy blond ook, en gee rekenaar klasse … gie gie!! (toemaarrrrrrrr grappie!!)

    SNOEK!!!!!!! in Welkom !!!!!!!! Nee kyk, nou het ek alles gehoor en gelees. Snoek is okay op sy tyd, maar wat van die ander wat nie snoek en vis geëet het … skaap tjoppie?

    O jaaa Seun ek stemsaam Roer, kry mamma se password en plaas daardie foto’s ongesencor …. gie gie wie weet, miskien wen jy ‘n trip iewers heen!!!

    hi laat ek ophou nonsens skrywe … lekker aand
    Eben

  8. 8

    Dellie said,

    Kyk, snoek op sy tyd met so ‘n soetsuur knoffelsousie, patats en bruinbrood met appelkooskonfyt, is beslis nie te versmaai nie. Ons lief dit. Maar ek stem, NIE vir ‘n matriekafskeid nie!

    En sorry Roer en Eben, ek sal eers ‘n foto plaas wanneer ek klaar gewig verloor het! Ek wil julle rerig nie almal nagmerries gee op hierdie stadium nie! Netnou vat julle pad, en met wie gaan ek dan gesels?!

    En as Seun dit waag, is hy sy matriek vakansie in Margate kwyt! Wees gewaarsku!

    En o ja, Ebie, ek is een van daai “slim” blonds! Hehe!

  9. 9

    Dellie said,

    Marat, lyk my ook daai wit skoene is ‘n nuwe trend. Daar was nogal heelwat outjies wat wit pakke gedra het, of plein wit, of met pinstripes, en wit skoene…

  10. 10

    sonkind said,

    Nevermind die res vir nou, Dellie, maar daai is ‘n sexy enkel in ‘n sexy skoen hoor!

  11. 11

    Anonymous said,

    Del,

    Verry verry nice Dellie. Ek mal oor daai shoes!!!

    En dan se jy jy is oorgewig. n Girl met sulke enkels – nooit gesien nie!!

    As ek nou nie klaar skoonseuns uitgesoek het nie…. maar wag, daar is nog baie tyd. Hou vir Seun op ys!!

    Koeks


Comment RSS · TrackBack URI

Say your words