Going to America (2)

My seun is mos oppad VSA toe. Ons is net nie seker of dit nog hierdie jaar gaan wees nie!

Dis meer as ‘n maand gelede wat ek geskryf het oor hoe opgewonde hy was om te hoor hy is goedgekeur. Die eerste gelde is betaal, sy paspoort is gestuur met oornagpos, (‘n paar Rand) en ons wag. Van sy vriend wat verlede jaar daar was, het ons afgelei dat hulle teen 22 Februarie sou vlieg. Maar daar is ander vertrek datums ook. En hulle is nog hier in onse reënbooglandjie.

Op 18-02-2008 het hulle (Away2Explore) hom laat weet dat hy die geld moet inbetaal vir sy afspraak by die Ambassade, asook die geld vir die ekstra mediese versekering wat ons vir hom uitgeneem het.  Dis gedoen, en die strokies is met oornag pos na hulle gestuur. (Weer ‘n paar rand.)

En hier sit ons nogsteeds en wag. Seun het hulle Dinsdag gebel om te hoor wanneer sy afspraak is. Daar is ‘n paar outjies van Welkom wat gaan, so dit sal sinmaak as hulle almal saam kan ry. Veral as mens dink aan die petrolpryse…

Elk geval, hulle antwoord was dat hulle hom sal laat weet sodra hulle ‘n afspraak gereël het. Soos wat ek verstaan, is daar net ‘n beperkte hoeveelheid beskikbaar per dag…. ja wel, en intussen wag ons….

Dis vir my erg genoeg om te dink my kind gaan ver oor die waters sy vlerke sprei, en ek haat koebaai’s. Dus het ek nog niks begin pak nie. Ek stel uit tot op die laaste nippertjie.

Daar is ‘n baie oulike lysie in die “handboekie” wat Seun gekry het. Oor wat hy moet vat, wat hy eerder anderkant moet koop, ‘n noodhulpsakkie met al die dinge wat hy MAG oorneem (medisyne van enige aard MOET geseël wees), basiese klere wat hy in die begin sal nodig hê, watter ander klere moet hy eerder daar koop, en natuurlik die beddegoed. Ons het besluit hy moet dit eerder anderkant koop, want hulle het beperkings op die gewig van sy bagasie. En hy hou nie van ‘n slaapsak nie. Hy sal maar daai kant ‘n duvet, lakens en kussings koop. Dit gaan net baie plek vat in sy bagasie as ons dit nou al saamstuur.

En dan is die volgende noodsaaklike goed, ‘n yskas en ‘n mikrogolf. Dié kan hulle oorneem by iemand wat verlede jaar daar was, maar nie weer teruggaan nie. Vir halfprys. En dan kan ek imagine, seker ‘n TV en Playstation! Hehe, boys will be boys!

Dus wag ons op hierdie stadium in spanning vir nuus. Sodra sy afspraak by die Ambassade bevestig is, sal ek seker soos ‘n afkophoender rondhol om alles gedoen te kry. Maar ek gee nie om nie. Solank my moederhart die koebaai so bietjie kan uitstel, gaan daai laaste paar dae in ‘n waas verbygaan… dis erg genoeg om hier te sit en wag!

En dan kom die groetery… daar op OR Thambo… dis ‘n storie op sy eie, reken ek…

Sal julle op hoogte hou.

25 Responses sover »

  1. 1

    Adrie said,

    Dellie

    Kan jou seun nie direk ‘n afpraak by die ambasade maak nie? Ek het binne ‘n paar dae met my visa in my hande gesit. Iemand rol snot balle by die agentskap.

    Dit is seker moeilik om jou seun te laat gaan, maar die ervaring wat hy daarmee gaan kry kan geen geld koop nie.

  2. 2

    boendoe said,

    Soveel dae, soveel dinge. Dalk moet jy Adrie se raad volg? Of dalk wil jy nie vir Seuna so gou al laat gaan nie…? :P

  3. 3

    Dellie said,

    Adrie, ek hoor wat jy sê. Maar die ding is dat Away2Xplore die visums, EN die werk in die VSA moet reël. Dis waarvoor ons betaal het. Seun voel dat ons nie op hulle nekke moet lê nie, want dan kry hy en sy pels dalk die slegste jobs…

  4. 4

    Carolina said,

    Het vanaand met my dogter gepraat daar in Amerika! Sy en haar man is al 3 jaar daar! Ek gun hulle die ondervinding en die beter werksgeleentheid, maar ai die verlange is erg!! Hulle is van plan om terug te kom, maar ek wonder? Sterkte Dellie met die “koebaai” sê. Dit is baie erg!!!!

  5. 5

    Zee said,

    Dellie, ek wonder hoekom draai daai agentskap so. Ek het binne 2 dae ‘n afspraak gekry. En boetie, moenie laat wees nie hoor! Jy moet op die kop daar wees, maar dan sit jy maar en wag soos op enige ander plek.
    Geniet die extra tydjie saam met hom. Jy moet se as jy ondersteuning op ORT wil he, bly net ommi draai hoor!

  6. 7

    platkuif said,

    julle moet net seker maak dit is nie een of ander ‘scam’ nie…ek weet van ‘n paar mense wat groot geld betaal het vir ander om die reelings te tref ens…en daar het NIKS daarvan gekom nie…en die geld is toe ook sommer weg.

  7. 8

    annedelicious said,

    toe die elfs na noord pool trek,was ek baie hartseer but i got over it very quickly,because the day after they left i went to Adult World and koop my a blow up doll,ek is nie spyt dat hulle weg is.

  8. 9

    sonneblomseplekkie said,

    Hi Dellie,
    ‘n Nig van my se dogter en haar kerel is Engeland toe gewees vir ‘n jaar. Hulle het al hul geldjies (goeie geld) gespaat en terug gekom en hier kom trou. Die 2 het hul dinge goed beplan en is vandag sterk oppad na sukses. Dis ‘n ervaring wat ek dink nie vervang kan word nie.

    Die koebaais is natuurlik ‘n ander storie. Sterkte daarmee. Ek sit dalk een van die dae met dieselfde probleem….my seun gaan ook dalk vlieg…ai.

    Tip: Laat hy in sy handbagasie vir hom ‘n voledige stel klere inpak. Net ingeval sy tasse wegraak het hy darem iets om aan te trek.

    Groetetjies
    Sonneblom

  9. 10

    Roer said,

    Dit klink soos die army. Hurry up and wait. Sterkte jong.

  10. 11

    netjane said,

    Sterkte! Ek is al heel groot en het geswot en gewerk voor ek Swede toe gekom het, maar ek het nogsteeds hier kom grootword. Dit gaan ‘n goeie ervaring vir hom wees. En die koebaai is erg, maar dit gaan ook verby.

  11. 12

    Carolina said,

    Hallo Zee, Ek lees baie op jou blog! Geniet dit baie! Drukkie vir klein Zee!!

  12. 13

    SHARKS said,

    Dit sal my hart breek as een van my twee moet oorgaan!! Ek sal sommer pak en saam gaan! Jaco wil sodra hy klaar studeer het AUS toe, soos hy dit stel, watter toekoms is hier vir hom of enige ander jong mens, hoe veilig gaan dit nog hier wees oor 4 jaar?

  13. 14

    mykopop said,

    Alle voorspoed, ek hoop hy kom gou reg. Dit klink amper net so moeilik as om ‘n afspraak ver ‘n leerlinglisensie te kry!

  14. 15

    boendoe said,

    Probleme met Helkom??

  15. 16

    Sammi said,

    O jinne, Dellie, jou arme moedershart.
    Kom loer asb by my in, ek het ‘n idee en wil graag hoor of jy dink daar meriete in is.

  16. 17

    CLAZINE said,

    Hi Dels,

    So is die lewe…… jou seun gaan weg en dankie tog myne kom oor 2 weke terug!!! Sy mag het hom verlede jaar Oktober gesien!

    Sterkte vir al julle dinge, geniet hom intussen en maak maar die lysies!

    Lekker naweek vir julle almal.

  17. 18

    Karl said,

    Hello Dellie
    Was buite aksie vir ‘n paar dae – moet sê ek het skielik baie tyd gehad hehehe.
    Visums was vir tien jaar die storie van my lewe – daar is geen manier hoe jy die proses kan beinvloed nie en VSA is nou erger as die KGB om visums uit te reik.
    Sterkte
    Karl

  18. 19

    Wessels said,

    Goeie dag eks ‘n student wat ook ngal geinterseerd is in die Away2Explore VSA pakket, maar is so bietjie skepties oor die hele ding…is daar dalk iemand wat my kan sê uit hulle eie ondervinding of dit die moeite werd is om dit te gaan doen?

    Dankie

  19. 20

    Dellie said,

    Wessels, ek hou jou besonderhede. Sodra my seun by die huis is, kan hy jou self vertel hoe hy dit ervaar het.

  20. 21

    lichelle said,

    Jong, ek weet almal is verskriklik bang vir scams deesdae, maar dit maak my so kwaad dat daar mense is wat skelm streke trek. Dit maak dit baie moeilik vir ons wat wettig is en dinge eerlik doen. Ek weet van mense wat in USA is wat dit baie geniet en die programme is eg. Ons stuur jong meisies USA en Nederland toe vir 1-2jaar asook h2b werkers in USA vir 6-12maande. Dit is alles eg en op die wettige manier. Ek stem hulle vat hopeloos te lank met die visas. My mense gaan vir hulle visas so 2-3 weke voordat hulle vlieg en kry die visa dan so 3dae later terug. Bel die agentskap en vra hoekom sloer hulle so, want dit moet baie goeier gaan.

  21. 22

    shakes said,

    hey ek wag ok net so lank al vir away2explore mar nou ja wat kan n mens maak.

  22. 23

    shakes said,

    hey ek het uiteindelik n afspraak gekry vir my visa en moet hul donderdag gan sien.

  23. 25

    Steve Fouche said,

    Hi Dellie,

    Ek sien hierdie is al n hele rukkie terug.
    Was vir die onderhoud gister by Kempton agent. So ek wag nou in spanning om van hulle te hoor.
    Ek wou maar jou seun se storie hoor oor hoe die ervaring was? Of as daar enige ander mense hier is wat dit al ervaar het.

    Groete,

    Steve


Comment RSS · TrackBack URI

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 289 other followers