Chaos

Ek het nog nooit SO ‘n Maandag beleef nie! En dit het nog net begin!

Eerstens, gaan die krag af vanoggend net na 7. Gelukkig is my hare net klaar drooggeblaas, maar net toe ek die stryk ystertjie wil begin deurtrek, groet die krag. Nou lyk ek soos die hond se stert.

Esther skitter in haar afwesigheid. Dis Maandag. Dis chaos oral in my huis. My kind se klere moet gewas word. En dit reën ook nog!

Moes die eerste klasse van die oggend kanselleer – geen krag. Dit het eers half nege aangekom. Sal maar sien hoe verloop die res van die dag.

Nou is die krisis Seun se klere. Ek het in die eerste plek nie ‘n tuimeldroeër nie. Hang maar in die huis en sit die waaier en heater aan! En Esther is nie hier om dit gou te was nie. Shame, en ek wil nie dat Seun dit self doen nie, van volgende week af sal hy in elk geval moet. Miskien moet ek sommer hierdie hele week kanselleer, en eers weer Dinsdag koers kry. Dis in elk geval lang naweek.

Ons moet more middag 3uur op OR Thambo wees. Ek weet nie wat gaan gebeur nie. Ek verstaan dat hulle 5 ure voor die vlug op die lughawe moet wees. Hoe laat hulle eintlik vlieg, weet ek nie. Ons gaan by my skoonouers omgaan sodat hulle hom kan groet, en sommer by hulle slaap more-aand in plaas van om in die nag terug te ry.

Dis te deurmekaar op hierdie stadium vir my om hartseer te wees. Miskien is dit so bedoel dat vanoggend so erg moet wees, dit lei ten minste my aandag af! Ek skat dit gaan eers regtig my vang op die lughawe. Sal maar baie tissues saamneem!

As ek bietjie stil raak, moenie panic nie, ek sal kom verslag doen teen Woensdag of Donderdag, hang maar af hoe die week uitdraai. Nou moet ek eers hierdie Maandag aan die horings gryp en hom bloots ry!

Lekker week!

29 Responses sover »

  1. 1

    platterfuss said,

    ((((((((((((((((dellie))))))))))))))))

    ERG sterkte…….

  2. 2

    boendoe said,

    Ek sien die manne wat van hier af VSA toe vlieg, se tasse word HEELTEMAL uitgepak. Elke sakkie en pakkie word deursoek. Dis dalk hoekom hulle 5 uur voor die vlug moet inboek! Dis flippen erg!
    Dellie, dit lyk my jy het vandag probleme van epidermiese aard. Sterkte, sterkte en sterkte!

  3. 3

    neykie said,

    Dellie sterkte ek kan dink dis moeilik om ‘n kind te laat gaan. Wees sterk vir hom en jouself.

    Lekker dag

  4. 4

    Karl said,

    Dellie
    Chaos is is gestuur om jou kop en hart heel te hou nou.
    Baie kere dat ek inderhaas moes vertrek na ver lande, was die dag voor die tyd chaos, die dag self totaal en al deurmekaar en dan volg die vreemde skielike stilte op die vliegtuig.
    Jy sal tot verhaal kom as jy weer tuis kom. Dan moet jy maar kom leun op ons lot.
    Sterkte en onthou om sommer te huil oor alles wat jy nog altyd wou. Niemand gaan jou verkwalik nie en jy gaan in elke geval hartseer wees, dus gryp die kans om leeg te maak.
    ((((((Karl)))))

  5. 5

    netjane said,

    Sterkte Dellie!

  6. 6

    Marina said,

    Ag ou Dellie sterkte jong!!!!!

  7. 7

    Suz said,

    Sterkte Dellie, Ek dink aan jou en glo dat alles ten goede sal uitwerk,

    ((((((((dellie))))))))))))

  8. 8

    mykopop said,

    Sterkte, ek weet ook nie wat met hierdie 20/8 aangaan nie, maar ek het ook al so ‘n paar dae beleef wat ek lus voel om net te loop sit en sê: Dit kannie wees nie!

  9. 9

    Kokkewiet said,

    Sterkte vir jou!!! (((Dellie))))).

  10. 10

    sonstudio said,

    Dellie, sterkte! Ek dink aan jou…

  11. 11

    boendoe said,

    Dellie, ou ding, as jy nog nie getag is nie, is jy nou! Maar ek is seker dit kan wag tot jy rustiger is.
    http://bashinginnieboendoes.wordpress.com/2008/03/17/tydskrif-tag/

  12. 12

    Blue Eye said,

    Vriendin, môre is julle dag as ñ gesin saam om afskuid te neem van Matjie, onthou hy gaan net ñ klein rukkie weg, maar kom weer terug huis toe.Dan gaan ons ordentlik partjie hou. Ek sal die telefoon antw. môre en Woens. Sterkte ons dink aan julle.

  13. 13

    Zee said,

    Baie sterkte en sal aan jou dink more ((((Dellie))))

  14. 14

    bytjie said,

    Ag ou Dellie ons dink aan jou, hoop alles gaan verder voorspoedig.
    Baie sterkte

  15. 15

    Carolina said,

    Sterkte!!!!! Ek weet hoe dit voel! ((((Dellie))))

  16. 16

    Roer said,

    Sterk wees ou Delsch. Ek het sommer ‘n knop in my keel vir jou part. Jou seun weet julle is oneindig lief vir hom en dit sal hom dra wanneer hy bietjie onseker voel. (((Delsch)))

  17. 17

    boendoe said,

    Ai, vandag is die dag. Going to America III. Sterk wees, mater.

  18. 18

    Eben said,

    Hi Dellie. Waar het ek gemis, gedink seun vertrek eers in April, toemaar ek sal ook bykom. Baie baie sterkte vir jou en Wessie. Dis ons almal se vrees dat daardie ‘voeltjies’ wat ons met soveel liefde groot maak, eendag uit die nessie sal klim en wegvlieg.

    Maar wat ons ook weet en blywend is, dat hulle weet waar hulle nessies is, en kom weer terug. Dit voel soos ‘n ewigheid, maar dit gaan ook verby. Sien die opsitiewe gedeelte ook, dink net daardie eerste kuier saam, al die mense, vriende op julle see-lose strand en al die laggies en grappies. Hoeveel is daar om te vertelle, en dan is hy ‘n man …

    Sterkte ((Dellie))

  19. 19

    karoles said,

    Baie sterkte vir jou en jou familie, afskeid is nooit lekker nie. Ek dink aan jou

  20. 21

    Dellie said,

    Dankie vir al die ondersteuning, julle! Dit raak rerig aan my hart.

    Jip, dis sulke tyd. Ons ry oor so ‘n halfuur. Wil nou nie in die mirrel van loadshedding beland en laat wees nie. En ons ken nie daai verkeer nie! Ek skat alles is in plek, hoop maar vir die beste!

    Ai, my hart mis sulke slae, en my maag is glad nie lekker nie. Sal kom vertel!

    (((Almal)))

  21. 22

    BB said,

    Sterkte daar skat! my meisiekind was 3 jaar gelede ook vir ‘n jaar Amsterdam toe – ek kan steeds in my hart die eina voel wat ek daardie dag gevoel het toe ek haar kiertsregop maak-of-als-ok-is rugstringetjie so agternastaar op die lughawe. Bittersweet, sê ek jou, bittersweet…

  22. 23

    meermin said,

    lyk my jou Dinsdag is maar net so …

  23. 24

    rb said,

    Sterkte Dellie.
    Bietjie agteros in die kraal ek het ook verstaan hy vlieg eers in April??
    Het hy nou al sy eie blog sodat ons ALLES daai kant kan hoor?

  24. 25

    Tersia said,

    Sterkte Dellie! Voor jy jou oe uitvee, is die tyd ook verby!! Baie dankie vir jou epos. My telkom lyn is vandag eers herstel en ek sien nou weer iewers ‘n liggie…… Baie dankie!!

  25. 26

    Zee said,

    Dellie, my hart is baie seer dat ek eers na 10 gisteraand jou mail gekry het, ek gister baie gesukkel om my vodamail oop te maak. Dalk ‘n volgende keer!

    Vandag sal ek regtig aan jou dink want ek dink dat dit vir jou baie erg gaan wees vandag.

    ((((((Dellie & Liefie))))))

  26. 27

    sonneblomseplekkie said,

    Hi Dellie,

    Ek hoop alles het goed verloop jong. Kan ook maar net vir jou sterkte toewens. Hoop jou seun gaan dit terdee geniet daar. Sal wag vir die update.

    Groetetjies
    Sonneblom

  27. 28

    pik234kelik said,

    Sterkte, dis seker al te laat, maar ons dink aan jou met die terugkom in die leë huis…

  28. 29

    My drie goeies (ek is so laat maar ek het gaan fossiele soek, en sal later iets plaas daaroor). Maar dit bly moeilik om te kies. Maar hier is hulle:

    (Die is net om jou te laat weet van jou verhaal). Sterkte met die lee nes!

    http://sonkind.wordpress.com/2008/03/06/oom-fred-en-oom-harry/ (Oom Fred en Oom Harry)
    http://rightsaidreverend.wordpress.com/2008/01/07/jy-wat-jou-op-die-wysheid-roem/#more-89 (Jy wat jou op die wysheid roem)
    http://delliesedinge.wordpress.com/2008/03/11/how-do-i-love-thee/ (How do I love thee)


Comment RSS · TrackBack URI

Say your words