Archive for April 3, 2008

Skuil daar ‘n kunstenaar in jou?

Ek is nie lus om julle vandag te verveel met my daaglikse bestaan nie. Ek dop af. Oral. My neus lyk soos ‘n vis wat verkeerdom gekam is. Ek kan nie onderlaag aansit nie, dan lyk alles net erger. Die res van my lyf het sulke patches. Donkeres en ligtes. Dis nie ‘n mooi gesig nie… as ek kon, sou ek myself met klippe toegepak het, en gehol het… sug…

Toe dink ek nou so: wat van ’n tag-speletjie? Huh? Huh? “Ag tog,” hoor ek baie sê, “nie al WEER nie!”  Sorry my ding, AL WEER! Daar het in elk geval in die laaste tyd ‘n hele paar nuwe blogmaters bygekom wat nog nie saam tag gespeel het nie.

Maar die keer wil ek nie weet waarvan jy hou of nié hou nie, ek wil die kunstenaar in jou sien! Gee jou verbeelding vrye teuels – teken net wat jy wil. ‘n Familie portret, ‘n scrabble patroon, feetjies, blommetjies, diere, brandweermannetjies, stokmannetjies, ‘n paar strepe  - gaan mal!

Hier is die reëls:

1. Jy moet ‘n prentjie skep in Paint. Almal het dit. Jy mag nie ‘n ander fênsie program gebruik nie, net Paint.

2. Jy moet dit self teken/skep.

3. Save dit en post dit op jou blog.

4. Tag 4 ander bloggers.

5. Geniet dit!

Hier is myne. Moenie lag nie! (ek is toegepak onner daai hoop klippe!)

paint-tag.jpg

Ek tag vir Pikkelik, BoendoePippielangkous en Zee. Begin Paint, dames! Hehe!

Elke kind is ‘n kunstenaar. Die probleem is om ‘n kunstenaar te bly sodra jy volwasse is. Pablo Picasso

Comments (21) »