Archive for April 7, 2008

Oh, happy day!

Ag hoe lekker! Daar kry ek toe vanmore sommer 2 verrassings! Die WordPress upgrade (baie oulik!) en ‘n e-mail van Seun! Heerlik! Hulle is nog in Miami tot die 13de April.

Ek post vir julle sommer sy hele briefie, met spelfoute en al!

Hi daar!!

Jis.. waar begin ek… EK MIS JUL VREESLIK BAIE!!!!!!!!!

Wel dit gan oraait hier! Ons werk net regtag hard. Ons ride is basies die main attraction vir die Fair.. so dit gan hectic! Ons (ek en Mark) moet elke oggend 2 ure voor die res van die crowd opstaan om te gan werk! hkm!? Want ons moet elke donnerse dag boude vas draai en goed op jack en reg slaan met ‘n hammer! Ek haat dit… op die stadium voel ek nie ek gan vir ‘n tweede jaar terug nie, maar ons sal sien as ons in Canada kom!

Gelukkig maak ons eers more 3uur oop, maar die res van die show maak 9 uur oop! Hehe ons kan lekker laat slaap! Ons ride is geklasifiseer as ‘n violent ride en daar gan more klomp skool kinders wees!

Kan julle glo ons was nog nie eers by die beach nie! Kry nie tyd nie! Ons maak 12uur die aand klaar dan ry die laaste bus beach toe… dan is dit 2uur bus trip… dan moet jy ‘n taxi terug vat want die busse ry nie in die aand nie en dit kos $55!

My tyd is op! Nog 2 minute dan moet ek af! Ek sal binne die volgende 2 dae airtime koop! En weer ‘n e-mail stuur!

Groete en BAIE BAIE BAIE BAIE BAIE LIEFDE!!!!!!!!!!!!!!!!!

MWA!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

P.S is Papsak pregies?!>>

Ag, dit gaan ‘n lieflike dag wees! :lol: Lekker week vir julle!

Comments (12) »