Archive for April 8, 2008

Peetouers

‘n Jong paartjie wat ons ken, het ons gevra om die peetouers van hulle drie jarige dogtertjie te wees. Maar wat beteken dit nou eintlik? Ons ken hulle nog nie lank nie, was nie by toe sy gebore of gedoop is nie. Ek is ook nie seker hulle weet waaroor dit gaan nie.

Baie jare gelede was dit voorgestel dat alle babas wat in die Christendom gebore en gedoop word, ‘n vriend of bekermer moet hê en daardeur het peetouers ‘n rol begin speel om die kind deur hul Christelike geloof te lei.

Is dit al waaroor dit gaan? Wat gaan ons verantwoordelikheid teenoor hierdie kind wees? Beteken dit ons moet voldoen aan behoeftes waaraan haar ouers nie kan voorsien nie? Finansieël? Hoe betrokke moet ons wees by haar opvoeding? Of dalk glad nie? Bederf ons net en koop geskenkies vir verjaarsdae en Kersfees? Wat as iets regtig met haar ouers gebeur? Is ons dan outomaties haar voogde? Is daar regsdokumente wat opgestel moet word?

As julle so bietjie kan help met insig en antwoorde, sal ek dit vreeslik waardeer. Ek dink dis nie ‘n besluit wat ligtelik geneem kan word nie.

Comments (16) »