Ek lees hierdie week dié artikel in die Huisgenoot. Ja, ek koop dit nog steeds. Maar die Huisgenoot is nie die punt nie, die swanger man is! Ek het in elk geval ook ‘n paar artikels op die net opgespoor. Hier is een. En ‘n foto.
In kort kom dit hierop neer: eers was hy ‘n vrou, toe word sy ‘n man, en nou is hy swanger!
“Thomas (34) is as ‘n vrou gebore, maar het sowat tien jaar gelede ‘n geslagsverandering ondergaan. Hy noem homself nou ‘n transgender-man. Nancy (sy vrou) kan na ‘n historektomie nie swanger raak nie, maar omdat Thomas destyds sy vroulike geslagsorgane behou het, kan hy wel ‘n baba kry.”
Ek verstaan nie lekker nie. Wat is ‘n geslagsverandering dan?
“Sterilisasie is nie ‘n vereiste in so ‘n operasie nie, en ek het besluit om borsrekonstruksie en testosteroonterapie te ondergaan, maar om my reg op voortplanting te behou. Om na ‘n kind te hunker, is nie ‘n manlike of vroulike drang nie, dis ‘n menslike drang.”
So hy is nou basies ‘n man sonder ‘n penis wat swanger is?
Maar dis nie wat my eintlik pla nie. Ek weet nie hoe om te reageer hierop nie. Met simpatie of absolute afgryse? Dit voel vir my vreeslik onnatuurlik, en tog was hy oorspronklik ‘n vrou.
“Ten spyte daarvan dat my maag groei met ‘n nuwe lewe binne-in my, is ek stabiel en vol selfvertroue. Ek is my dogtertjie se pa, en Nancy sal haar ma wees.”
???












