Archive for April 18, 2008

Verlange

Dis vandag ‘n maand sedert Seun VSA toe is. Ek verlang my dood.

Dit gaan goed met hulle. Hy het darem intussen ook ‘n kamera aangeskaf, en ‘n paar foto’s gestuur. Hierdie is die ride waarop hulle werk. Lyk vir my maar scary! Ek is te chicken om daai goed aan te druf. Kyk net hoe skeef sit daai karretjie! (En ek wil skydive voor ek doodgaan???)

Hulle eet genoeg, lewe maar basies van Two Minute Noodles en TV Dinners. Hulle werk hard, en tot laat, dus is daar nie eintlik tyd om ander kos voor te berei nie. Hulle was vir amper ‘n maand in Miami, en het nooit eers by die strand uitgekom nie! So much vir “sien die wêreld”.

Hulle het Maandag ge-”jump”. Birmingham toe. Ek dink dis waarheen, die kind se spelling van die plekke laat veel te wense oor! As ek sommige goed gaan google, kom ek nie eens in die VSA uit nie! Het nog nie weer van hom gehoor nie, sal seker oor die naweek weer kontak maak. En dan vir hom vra om asseblief seker te maak van sy spelling…

Ag, ek is sommer net tjankerig vandag. Kan ook die gevolge van die naderende rinderpes wees… anyway, dis amper naweek, geniet dit, ons gesels weer Maandag!

Comments (16) »