Wat doen jy as dit voel of spanning jou maag op ‘n knop trek? Eet jy sjokolade, drink jy baie koffie, of gee jy jou oor aan drank? Ek doen soms die laaste ene, maar dis ook nie altyd moontlik nie. Ek wil darem nou ook nie rondval hier tussen die studente nie! Hehe! Kan al die voorblaaie sien…
In elk geval, ek het ‘n ander manier om spanning te hanteer… ek speel met klei! Nee, nie Robbie nie…. jy weet, daai lekker sagte goed wat jy kan vorm en druk, en dit bied geen weerstand teen jou kloue nie. Dit dwing my om op iets anders te fokus, en laat my ontspan. En daar is nie reëls oor wat jy daarmee kan doen nie. Jy kan jou frustrasies uithaal op die bolletjie, druk en rek en rol. Lekker!
Wel, hier is dan die gevolge van my stress release die afgelope week… en julle mag maar lag! Lag help ook om spanning te ontlont!
Die Varkie…
Die Duiweltjie…
En natuurlik die oorsaak van al die spanning… ta-da… Bosparra!














