Wat doen jy as dit voel of spanning jou maag op ‘n knop trek? Eet jy sjokolade, drink jy baie koffie, of gee jy jou oor aan drank? Ek doen soms die laaste ene, maar dis ook nie altyd moontlik nie. Ek wil darem nou ook nie rondval hier tussen die studente nie! Hehe! Kan al die voorblaaie sien…
In elk geval, ek het ‘n ander manier om spanning te hanteer… ek speel met klei! Nee, nie Robbie nie…. jy weet, daai lekker sagte goed wat jy kan vorm en druk, en dit bied geen weerstand teen jou kloue nie. Dit dwing my om op iets anders te fokus, en laat my ontspan. En daar is nie reëls oor wat jy daarmee kan doen nie. Jy kan jou frustrasies uithaal op die bolletjie, druk en rek en rol. Lekker!
Wel, hier is dan die gevolge van my stress release die afgelope week… en julle mag maar lag! Lag help ook om spanning te ontlont!
Die Varkie…
Die Duiweltjie…
En natuurlik die oorsaak van al die spanning… ta-da… Bosparra!















meermin said,
April 23, 2008 @ 9:44 vm
Dellie maar dit is ougat!!
platterfuss said,
April 23, 2008 @ 9:56 vm
(((((((((((((((((((DELLIE)))))))))))))))))
Ekke glo mos nou net een ding… ‘F@ck the people, we are the people’….. You go girl!! Vergeet van hoe’s wat’s en waar’s!!!!
Nella said,
April 23, 2008 @ 10:25 vm
Dellie, maar jy is kunstig, girl! Jy moet dalk ‘n loopbaan in die kunste oorweeg. En dink net – jy kan ryk word soos jy van jou frustrasies ontslae raak! Klink na ‘n wenner.
BB said,
April 23, 2008 @ 10:56 vm
Ek hou van daai parra! (ek hou oor die algemeen nie van parra’s nie, maar dis ‘n cute enetjie…)
x
“I’m too blessed to be stressed”
sonkind said,
April 23, 2008 @ 11:01 vm
Ek werk my in my dinges in as ek begin stres, ek maak huis skoon soos ‘n besetene, pak kaste reg, ens.
Jou stres is voorwaar kreatief!
platterfuss said,
April 23, 2008 @ 11:37 vm
Sonkind? Kan ek my adres stuur??
Zee said,
April 23, 2008 @ 11:40 vm
Ag Dellie, jou stress relievers is te cute vir woorde!
me said,
April 23, 2008 @ 11:47 vm
Ek doen die chocolates een… very nice!!
Dellie, dit is terapeuties om so met klei te speel.
Ek het baie jare lank ‘‘pottery’’ gedoen, nogal by die Tegniese Kollege in Pietersburg, oftwel, Polokwane.
Die wonderlikste ‘onderwyser’ daar gehad, ek wonder nogal waar hy hom vandag bevind, hy het ook geskilder…??
Sy naam was: Roelf Mocke.
Xanika said,
April 23, 2008 @ 11:56 vm
Ek doen ook daai chocolates ene, maar hierdie klei spelery van jou is beslis baie beter en baie oulik!
Adrie said,
April 23, 2008 @ 11:56 vm
Ek soek iemand wat ek kan aanrand. Ek kry nooit iemand nie. Dan verwoes ek iemand met my tong. Sleg, ek weet.
neykie said,
April 23, 2008 @ 1:10 nm
ek soek so varkie- kan ons bestellings insit?
Pikkelik said,
April 23, 2008 @ 1:37 nm
Ag SWEEEEEET! :O Ek ryg weer krale in, nie ietsie moois of fancy nie, sommer net sulke lang stringe wat ek weer uithaal en bêre vir die volgende stress mode….
kaalvoetinireen said,
April 23, 2008 @ 2:21 nm
Stres is my beste dieet…ek verloor my eetlus heeltemal!!! Ek het ook ‘n ruk pottery gedoen en dit het wondere verrig. Andersins pluk ek ‘n canvas uit en plak dit toe met lae olieverf! Te lekker….
bytjie said,
April 23, 2008 @ 2:42 nm
Dellie, ek voel soos `n hond, ek is jammer wat ek gesê het op sssb, natuurlik kan jy blog waar jy wil, ek het maar net gedink jy is so `n pragtige en sagte mens om daar te wees, ons mis jou daar by sssb. maar ek verstaan jou rede elke mens kan kies waar hy wil wees, sorry nogmaals hoop ek is vergewe.
Wipneus! said,
April 23, 2008 @ 2:43 nm
Stres laat my ook na kwaste gryp, en sjokelade en my mond raak ‘n rasper en ek wil alleen wees, om die probleem uit te sorteer….
KruidjieRoerMyNie said,
April 23, 2008 @ 2:44 nm
Dellie, ek eet wanneer ek gestres is (soos meeste vrouens maar). Ten minste maak klei speel jou nie vet nie!!!
Cutiepie said,
April 23, 2008 @ 2:55 nm
Ek gryp ‘n tjokkie en melkskommel en gaan sit buite en rook!!!! Kan ek so bestelling plaas want daardie paddatjie sal mooi lyk op my pc skerm?
boerinballingskap said,
April 23, 2008 @ 3:05 nm
Voorwaar ‘n konstruktiewe manier om stres te verlig! Ek sal natuurlik die diertjies bou en dan hulle koppe met ‘n hamer inslaan!
Pikkelik said,
April 23, 2008 @ 3:11 nm
lol @ Boerinballingskap
Dellie said,
April 23, 2008 @ 3:20 nm
Ag ek is bly my stress relief laat julle darem smile!
Bytjie, alles is reg. Solank jy verstaan waar ek vandaan kom hiermee? Ek bly nog dieselfde mens. En jy is mos welkom om hier te kuier?
bytjie said,
April 23, 2008 @ 3:32 nm
Dankie Dellie ek sal gereeld hier inloer, my manier om van stess ontslae te raak is daar die borrelgoed wat mens kry van goed wat toegedraai word te bars, maak net partykeer my vingers moeg.
Vonnie said,
April 23, 2008 @ 3:59 nm
Jong, klei verrig wondere vir die gemoed/siel! Het ook vir lank pottery gedoen. As Beterhelfte die dag met sy “beter as jy”-voet uit die bed opgestaan het, is die bol klei deeglik en met mening gem…..brei (wonder of ek sy gesig daarin gesien het?). Op die oomblik I celebrate all aspects of life by eating – vreugdes en verdriete – shame my arme klerekas ly daaronder. Mens kan nog altyd sjokolade eet terwyl jy met die klei besig is natuurlik!
Vonnie said,
April 23, 2008 @ 4:01 nm
Bytjie ja – die borrelgoed IS lekker stress/speelgoed – dan maak dit nog so ‘n lekker klap-geluid ook!
rb said,
April 23, 2008 @ 4:09 nm
Hi Dellie
Jy is voorwaar kunstig.
Ken jy hierdie nuwe klei, ek dink van Bostik, dit is verskriklik lig en werk nes klei, jy kan dit selfs in ‘n balletjie rol en rondgooi – hop nogal.
Dellie said,
April 23, 2008 @ 4:24 nm
O genade, Rb, nee jong, netnou hop my parratjie weg!
Pikkelik said,
April 23, 2008 @ 4:46 nm
lol @ Dellie
Vonkiedool said,
April 23, 2008 @ 7:37 nm
Hi Dellie.
Ek like die paddatjies die beste!!
Dankie vir die inloer op my blok.
Hoop om meer van jou te sien.
Groete.
Dellie said,
April 23, 2008 @ 8:37 nm
Welkom Vonkie! Sien, daar begin die bevordering van ander blogs al klaar….
mykopop said,
April 23, 2008 @ 9:40 nm
Jy doen dit dêm goed, iets wat ek van klei maak lyk net soos ‘n stokmannetjie, maar dalk moet ek tog bietjie klei kry vir die stres.
Eben said,
April 24, 2008 @ 7:04 vm
Ek het altyd geweet jy is ‘n meisie met vele talente!!!
Ek sal natuurlik vir Kuifie kontak en die parra vir hom stuur vir ‘aandenking’!!!
Lekker dag Dellie!!
demoerin said,
April 24, 2008 @ 8:19 vm
Dellie, goeie manier om die stres te moet omkry, maar jinne ek dink by my sou ‘n tien-pond hammer ook aan die einde gewen het! Baas moan altyd oor my gerokery, en dan moet ek altyd aan hom uitwys dat ek dink hy minder daarvan sal hou as ek drink by die werk!
Paula said,
April 24, 2008 @ 8:20 vm
Jy is voorwaar baie kunstig!
Ek doen naaldwerk om my stres te verlig. (Tapeserie/hekel/brei)
Ek dink nogal ‘n slaansak sal ook die ding doen vir my
Lekker dag!
Emil said,
April 24, 2008 @ 10:17 vm
En daar is my stress sommer ook vir eers verby. Ek sal van Robert se klei steel – dis nou daai wat hy nie opeet nie – en Woensdae met my saamdra. Kyk uit vir die Fabel oor die Reier iewerste in die toekoms
rosalindfranklin said,
April 24, 2008 @ 7:27 nm
Mooi is die klei-diere van jou! As ek gestres is vloek ek, nogal kwaai.Ek sal ook daarvan hou om iets/iemand te slaan maar ek het nog nooit nie. Ek wonder of dit eendag sal gebeur. Ek hoop maar dat dit ‘n familielid sal wees, sodat groter druk op die ene sal wees om nie na die cops te hol nie.