Archive for April 29, 2008

Laaang naweek

Hoop julle het die eerste langnaweek geniet? Jammer ek het sommer net verdwyn laas week, ek was Vrydag nie in staat om my kop van die kussing af te lig nie. Was al van Maandag af nie lekker nie, en het teen Woensdagnag my hoes vervolmaak. My keel was so seer, en die worse was baie versigtig vir my. Vrydag is ek dokter toe, en het toe geslaap totdat ek letterlik nie meer kon nie. Teen Saterdagmiddag het ek darem weer begin bykom.

En daar mis ek toe die airshow! Dis nou nie elke dag dat daar sulke opwinding in ons ou stadjie is nie, en dit het nogal beloof om ‘n show en ‘n half te wees. Ek het baie uitgesien daarna, maar dit heeltemal mis geslaap Saterdag. Hoop maar daar is ‘n volgende keer.

Ek het nie hierdie week klasse nie, maar ek moet bietjie onderhoudswerk doen aan die rekenaars. En natuurlik assessments merk en my admin op datum kry sodat ons teen volgende Maandag weer volstoom aan die gang kan wees.

Met Seun gaan dit goed. Hy het Vrydagaand gebel. Hulle het gister weer gejump, na erens in Kentucky. Hy het darem al ‘n paar dollar gespaar, wat my nogal aangenaam verras het! Miskien kom hy tog met ‘n goeie neseiertjie huistoe.

Nou ja, geniet die kort week. Wat is julle planne vir die volgende langnaweek?

NS. Daar is ‘n possie by Bosparra oor my aandjie saam met Dozi en Amor…

Comments (14) »