Ek en ‘n paar vriendinne gaan vanaand ‘n vreeslike ding doen… iets wat ek nooit, ooit gedink het ek sal doen nie. Maar ons is vrek nuuskierig, en wil ook net graag “weet” hoe dit is. Ek voel opgewonde, maar ook effens skrikkerig…
Kan jy dalk probeer raai wat ons gaan doen? Daar is nie pryse op die spel nie, maar die reaksies kan prettig wees… en jy sal volgende week weet of jy reg was!
Vir die gelukkiges onder julle wat bietjie gaan wegraak oor die langnaweek, geniet dit, ek kom veilig terug huistoe. En dink tog maar namens die ander ouens op die pad ook.











