Ek en ‘n paar vriendinne gaan vanaand ‘n vreeslike ding doen… iets wat ek nooit, ooit gedink het ek sal doen nie. Maar ons is vrek nuuskierig, en wil ook net graag “weet” hoe dit is. Ek voel opgewonde, maar ook effens skrikkerig…
Kan jy dalk probeer raai wat ons gaan doen? Daar is nie pryse op die spel nie, maar die reaksies kan prettig wees… en jy sal volgende week weet of jy reg was!
Vir die gelukkiges onder julle wat bietjie gaan wegraak oor die langnaweek, geniet dit, ek kom veilig terug huistoe. En dink tog maar namens die ander ouens op die pad ook.












BB said,
April 30, 2008 @ 10:33 vm
Ek sidder!! Maar ok, Raai 1: julle gaan ‘n lingerie party bywoon en die catwalk-ding doen met julle aankope… Raai 2: julle het ‘n strip-dwergie gehuur vir julle vriendin se kombuis- ehm -tee en hy dans met vlamme en klim hande-vier-voet op julle skote (nou sidder ek eers!!!) … Raai 3: julle het ‘n paal in een van julle se motorhuise laat plant en kry vanaand lesse by een van die girls van die “Golden G-String” nagklub (ek picture daai een)…
Watookal jy doen, neem foto’s!!!!!!!!!!
Lekker laaaaaaaang naweek Delsch! xx
netjane said,
April 30, 2008 @ 10:55 vm
Julle gaan Teazers toe om te sien waaroor rave die mans. Natuurlik sal dit gevaarlik wees om te doen nadat julle BB se opsie 3 uitgeoefen het, want dan is julle dalk na ‘n paar drankies op stage!
Geniet dit en ons wil foto’s sien!!
Dellie said,
April 30, 2008 @ 10:58 vm
Eish BB
een van daardie is nogal naby!
Dellie said,
April 30, 2008 @ 11:02 vm
Netjane, ons is bietjie ver van ‘n Teazers af…
Maar voor ek vergeet, jy verjaar mos more? Hoop jy het ‘n heerlike dag, ons sal ietsie op jou neem vanaand!
netjane said,
April 30, 2008 @ 11:15 vm
Dankie Dellie!
Adrie said,
April 30, 2008 @ 11:19 vm
Julle gaan na ‘n strip show
Bokkie said,
April 30, 2008 @ 11:59 vm
Julle gaan karaoke sing.
kaalvoetinireen said,
April 30, 2008 @ 12:11 nm
Ek dink ook dis ‘n stripshow!
TristonJ said,
April 30, 2008 @ 1:23 nm
Ek stem… maar dink eerder hulle het hulle eie privaat stripper gereel!?!
Gert Gariep said,
April 30, 2008 @ 1:52 nm
Ek dink ook julle gaan paaldans.
Jenny said,
April 30, 2008 @ 2:06 nm
Oi Dellie, jy sal moet vertel jong, ek sidder by die gedagte aan enige van BB se voorstelle!
(of het jy eintlik idees hier gesoek?
Geniet die naweek!
Roer said,
April 30, 2008 @ 3:20 nm
Paaldans klasse. Of bellie dancing. Lekker laaaaaaaaang naweek!
rosalindfranklin said,
April 30, 2008 @ 4:24 nm
Gaan julle dalk een van daai party’s he waar hulle vir julle ’speelgoed’ wys, amper soos tupperware? Of dalk gaan mans vir julle dans? Wie onthou nog die Chippendales!
Riaan Oosthuysen said,
April 30, 2008 @ 5:22 nm
Ek dink hierdie is ‘n onderwerp wat ons manne maar liewer nie moet aanraak nie. Wat julle ookal doen, geniet dit.
Wipneus! said,
April 30, 2008 @ 5:27 nm
hie hie dit klink lekker stout…ek kom alweer laat hier ingewals, alles is klaar genoem… jy is seker al besig om daardie belly dancing klere aan te trek, met die klokkies om jou heupe
mykopop said,
April 30, 2008 @ 8:46 nm
Lyk my elke antwoord is al gevat!
Gedra vir julle Dellie!
Emil said,
April 30, 2008 @ 8:58 nm
Ja nee mykopop, ek het ook nie iets unieks om by te voeg nie. Reken ook maar dit het te doen met oorlas klere. Soet wees, Dellie
Pikkelik said,
Mei 1, 2008 @ 9:48 vm
O-o-ooooo…. The morning after the night before…… Hoe voel julle Dellie????
rosalindfranklin said,
Mei 1, 2008 @ 2:22 nm
En toe? Ons wag…..
sonkind said,
Mei 1, 2008 @ 9:29 nm
Dellie… ons is al moeg asem opgehou! KOm vertel nou!
Jasper said,
Mei 2, 2008 @ 7:40 vm
Solank dit paaldans lesse is.
Bingo is vir oumatjies met kieries
Dellie said,
Mei 2, 2008 @ 11:50 vm
Hehe, moenie worry nie Jasper, dit wassie bingo nie…
Dit was baie lekker, maar julle sal ongelukkig moet wag tot volgende week. Ek kon nie foto’s neem nie, my camcorder het nie ‘n flash nie. Nou wag ek vir vriendin om die foto’s te bring… ek MOET darem vir julle iets daarvan wys!
Dis regte paar- en sopweer in Welkom vandag. Liefie het gaan DVD’s en OBS kry. Ons gaan nou terugklim in die bed. Lekkerrr!
Wipneus! said,
Mei 2, 2008 @ 12:59 nm
Lekker Dvd’s kyk Dellie
demoerin said,
Mei 5, 2008 @ 7:33 vm
En steeds hang die afwagting in die lug!!
Paula said,
Mei 5, 2008 @ 9:01 vm
Kan nie wag om te sien wat julle aangevang het nie!
Emil said,
Mei 5, 2008 @ 10:21 vm
Weet ons al?