Archive for April, 2008

Dankie is ‘n klein woordjie

Die wonderlikste ding het verlede week gebeur. Sommer so spontaan. Nadat ek kommentaar gelewer het op Boendoe se Krummels, het Sonkind gevra vir bankbesonderhede. Ek het dit gegee. En die reaksie kan ek nou nog nie glo nie. Julle kan maar self gaan lees.

Dit gee my weer moed vir ons mensdom. Dat wildvreemdes sommer so aanbied om te help, is ongelooflik. En julle het gehelp. Elke bietjie help vreeslik baie! Maar dis nou eers die begin van die paadjie. ‘n Egskeiding kos baie geld, maar ons sal plan sien. (Skuus, ek tjank net eers so bietjie.)

Dit was so lekker om die verrassing op haar gesig te sien toe ek die eerste geldjies vir haar gee. Daarmee kon sy darem al so ‘n paar noodsaaklikhede self gaan koop, sonder dat ons aanbied om dit te doen. Mense, julle harte is groot! Vir elkeen wat ietsie gegee het (ek gaan nie name noem nie, julle weet wie julle is!) baie dankie. Glo my, ek het lanklaas iemand gesien wat iets so opreg waardeer.

Vir die van julle wat nie Blou-oog se storie ken nie, gaan lees hier en hier. Vir die res, ‘n update: sy gaan sien vanmiddag ‘n prokureur, en dan sal die bal aan die rol gesit word. Hopelik kan die egskeiding so gou as moontlik afgehandel word. En kan sy en haar kinders ‘n nuwe lewe begin.

Ek is baie trots op jou dat jy hierdie stap neem, vriendin. Ek weet hoe moeilik dit vir jou is om aan te gaan. Ek sien die seer elke dag in jou oë. Ek verstaan die leegheid wat jy nou skielik ervaar. Ek weet hoe moeilik dit vir jou is om elke dag die kinders te troos. Maar ek glo jy doen die regte ding. Mag jy ‘n sterk voorbeeld word vir elke vrou wat emosioneel en liggaamlik mishandel word. En ons belofte staan nog steeds: ons SAL jou hierdeur help! Teen volgende jaar hierdie tyd, vertel ons vir almal hoe gelukkig julle is! Deal?

Blou-oog het gevra dat ek hierdie vir julle plaas:

Aan my vriendin Dellie, haar Liefie en al haar Vriende

 

Ek weet nie hoe om DANKIE te sê nie, ek het geen woorde nie, maar al wat ek kan uit kry so deur die trane is om  BAIE DANKIE te sê vir jou en al die goeie vriende wat jy het. Ek het alreeds vir jou gesê wat sou ek en die kindertjies sonder julle gemaak het.

 

Ek moet julle iets vertel – gisteraand toe ek en die kindertjies in die bed  klim  het Jarika en Enrico vir ons gebid, ek kon my trane nie meer keer nie, hulle sê toe DANKIE vir LIEWE JESUS dat TANNIE Dellie en OOM WESSIE so mooi kyk na ons en so baie help, toe vertel ek hulle van Tannie Dellie se maatjies wat haar ook so help.

 

Dankie dat daar goeie mense is soos julle.

 

DANKIE  VRIENDIN, WESSIE en AL JOU VRIENDE

 

BLUE EYE

 

Comments (10) »

Trouble

Dié ene kom lê vanmore in my inbox – moes dit net met julle deel!

 

 

When you have to visit a public bathroom, you usually find a line of women, so you smile politely and take your place. Once it’s your turn, you check for feet under the stall doors. Every stall is occupied.


Finally, a door opens and you dash in, nearly knocking down the woman leaving the stall.
You get in to find the door won’t latch. It doesn’t matter, the wait has been so long you are about to wet your pants! The dispenser for the modern ’seat covers’ (invented by someone’s Mom, no doubt) is handy, but empty. You would hang your purse on the door hook, if there was one, but there isn’t – so you carefully, but quickly drape it around your neck, (Mom would turn over in her grave if you put it on the FLOOR! ), yank down your pants, and assume ‘ The Stance.’

In this position your aging, toneless thigh muscles begin to shake. You’d love to sit down, but you certainly hadn’t taken time to wipe the seat or lay toilet paper on it, so you hold ‘The Stance.’

To take your mind off your trembling thighs, you reach for what you discover to be the empty toilet paper dispenser. In your mind, you can hear your mother’s voice saying, ‘Honey, if you had tried to clean the seat, you would have KNOWN there was no toilet paper!’ Your thighs shake more.

You remember the tiny tissue that you blew your nose on yesterday – the one that’s still in your purse. (Oh yeah, the purse around your neck, that now, you have to hold up trying not to strangle yourself at the same time). That would have to do. You crumple it in the puffiest way possible. It’s still smaller than your thumbnail

Someone pushes your door open because the latch doesn’t work. The door hits your purse, which is hanging around your neck in front of your chest, and you and your purse topple backward against the tank of the toilet. ‘Occupied!’ you scream, as you reach for the door, dropping your precious, tiny, crumpled tissue in a puddle on the floor, lose your footing altogether, and slide down directly onto the TOILET SEAT . It is wet of course. You bolt up, knowing all too well that it’s too late. Your bare bottom has made contact with every imaginable germ and life form on the uncovered seat because YOU never laid down toilet paper – not that there was any, even if you had taken time to try. You know that your mother would be utterly appalled if she knew, because, you’re certain her bare bottom never touched a public toilet seat because, frankly, dear, ‘You just don’t KNOW what kind of diseases you could get.’

By this time, the automatic sensor on the back of the toilet is so confused that it flushes, propelling a stream of water like a fire hose against the inside of the bowl that sprays a fine mist of water that covers your butt and runs down your legs and into your shoes. The flush somehow sucks everything down with such force that you grab onto the empty toilet paper dispenser for fear of being dragged in too.

At this point, you give up. You’re soaked by the spewing water and the wet toilet seat. You’re exhausted. You try to wipe with a gum wrapper you found in your pocket and then slink out inconspicuously to the sinks.

You can’t figure out how to operate the faucets with the automatic sensors, so you wipe your hands with spit and a dry paper towel and walk past the line of women still waiting.

You are no longer able to smile politely to them. A kind soul at the very end of the line points out a piece of toilet paper trailing from your shoe. (Where was that when you NEEDED it??) You yank the paper from your shoe, plunk it in the woman’s hand and tell her warmly, ‘Here, you just might need this.’

As you exit, you spot your hubby, who has long since entered, used, and left the men’s restroom. Annoyed, he asks, ‘What took you so long, and why is your purse hanging around your neck?’

This is dedicated to women everywhere who deal with a public restrooms (rest??? you’ve GOT to be kidding!!). It finally explains to the men what really does take us so long. It also answers their other commonly asked questions about why women go to the restroom in pairs. It’s so the other gal can hold the door, hang onto your purse and hand you Kleenex under the door!

This HAD to be written by a woman! No one else could describe it so accurately!

Men don’t really have a problem, do they?

 

Comments (8) »

Donderdagaand ontbyt

Ons het Donderdagaand ontbyt gaan eet saam met ons kamp maatjies. Hehe, :lol: nee,  jy lees reg, ONTBYT in die aand!

 

Kyk, die sakie staan so: Ons wou eintlik vreeslik graag ‘n sjampanje ontbyt gehad het, maar aangesien ek en Liefie redelike normale ure werk, en ‘n paar ander Woensdagaand nagdiens gewerk het, was dit nie moontlik nie. Toe besluit ons om die “next best thing” te doen – ‘n sjampanje ontbyt in die aand! Die enigste voorwaarde was dat jy in jou pajamas opdaag… hehe!

 

Dit was groot pret. Liefie het in sy gewone klere gegaan, maar ‘n kombers saamgevat. Want, reken hy vir hulle, hy slaap “colgate” (kaalgat) so hy moet ten minste sy bas toemaak! Ek het ook net my pantoffels aangetrek, en my pajamas in ‘n sak saamgevat. Die res was ook spoilsports, het ook pajamas in sakke saamgevat, en nie eers ene het pantoffels aangehad nie… maar my voete was heerlik warm, dankie! Hoe later hoe kwater? Eventually was almal in pajamas, met M in haar “honeymoon nighties” van 25 jaar terug… :lol:

 

En toe speel ons die keer ‘n ander speletjie. ‘n Ernstige speletjie. Dit was nogal emosioneel. Dit het so gewerk: iemand se naam word genoem, en almal om die tafel moet iets oor daardie persoon sê. Goed of sleg. Wat is die eerste gedagte wat in jou kop kom as jy die naam hoor? Hoe lyk jou prentjie van hierdie pesoon? Wat beteken hierdie mens vir JOU in jou lewe? Wat sou jy sê op sy/haar begrafnis?  

 

Die reaksies het gewissel van skaterlag-snaaks tot traantrek-diep. En dit was ongelooflik! Hoekom moet ons wag tot iemand die tydelike met die ewige verwissel voordat ons sê wat ons waardeer in hulle en wat hulle vir ons beteken? Dis dan te laat, hoekom sê ons dit nie NOU terwyl die mens dit kan hoor en waardeer nie?

 

Dit was nogal ‘n eye opener om te hoor wat my pelle van my dink. Selfs my eie man. ‘n Mens besef nie altyd hoe mense jou sien ten spyte van die maskers wat jy dra nie. En jinne, hulle SIEN my! Ek kan nie voorgee nie. What you see, is what you get. My maskers is maar redelik deursigtig! Vir my was dit rerig baie emosioneel, want wat almal basies in gemeen te sê gehad het oor my, was: “Ons giggle girl.  (!) Spontaan. Borrelend. Altyd dieselfde positiewe houding. Jy laat ons lag. Maak nie saak wat die omstandighede is nie, jy SAL vir ons die snaaks daarin uitwys. Ons lag omdat JY lag. En as ons “Beautifull in Beaufort Wes”  en ”Soos bloed” hoor, dink ons aan jou. ”   :mrgreen:

 

Maar ernstig nou. Hier en nou maak vriende ‘n verskil in jou lewe, nie waar nie? Vertel dit vir hulle! Moenie wag tot dit te laat is nie. Wat help dit  jy sê nice goed oor iemand wat dood is? Dis dan net die mense wat agterbly wat die lekker dinge onthou. Terwyl ons lewe, het ons nodig om te weet wat ons beteken vir mense. Toe, doen dit! Vertel bietjie vir daai maaitjie van jou wat vir jou uitstaan oor hom/haar. Die beloning is groot terwyl jy dit nog kan waardeer. Ons het hiermee ons jarelange vriendskappe versterk en verbeter. En ja, ‘n grouphug was deel van die pakket! Ek voel so bevoorreg omdat hierdie mense in my lewe is!

 

Dankie maatjies, al lees julle nie hier nie, julle is deel van my lewe, julle maak my wat ek is. Ek vrek oor julle!

 

NS. Danksy my ADSL lyn wat Vrydagmore geen reaksie getoon het nie, is hierdie ene bietjie laat… het probeer om die router Bio-Plus te voer, maar dit het nie gewerk nie. Ook nie vir my nie. En vanmore gaan dit nie veel beter nie. Dis heeltyd aan en af. So vergewe maar as ek skitter in my afwesigheid. En onthou, gryp hierdie Maandag aan die horings, en ry hom bloots!   :mrgreen:

 

Comments (22) »

Passionate about tags?

Botter het my getag… so here goes!

8 Things I am passionate about

* My husband

* My son

* My job

* Food

* Animals

* My real friends

* Blogs (!)

* Sleeping late on Saturdays

8 Things I want to do before I die

* Skydive

* Backpack through Europe

* Experience a white Christmas

* Buy a farm in the middle of nowhere

* Finish a fun run (!)

* Go on a safari

* Have grandchildren

* Renew my driver’s license (!)

8 Things I often say

* Jy wil WAT?

* Gryp hom aan die horings en ry hom bloots!

* Howzit!

* Ek lyk weer vandag soos “wat kom daar aan?”

* Blonde oomblik!

* Tjorts!

* Ek voel soos ou toast

* Jammer om van jou k@k te hoor

8 Songs I could listen to over and over again

* Time of my life (Dirty Dancing)

* Because it’s love (Kelly Family)

* If

* Unchained Melody

* If tomorrow never comes

* If I could fly away

* Bohemian Rhapsody

* You raise me up

8 Books I have recently read

Tel die Volksblad, Huisgenoot en blogs? :lol:

8 Movies I have seen 8(!) times (or more)

You must be kidding! Die enigste fliek wat ek meer as 3 keer gekyk het, is Dirty Dancing. Poena is koning het ek 2 keer gekyk, om te sien of dit my nogsteeds skok. Dit het, maar dit het my ook weer laat skater! :grin:

8 People who should do this

* Wosonki (Krista asb, Jaco is te besig…)

* Da Mario

* Meermin

* Die Gestorwe Soldaat

* Platterfuss

* Skoor

* 7 Skewe Kleure

* Karl

Skuus, maar julle beurt, is julle beurt! GO!

 

Comments (19) »

Swanger man?

Ek lees hierdie week dié artikel in die Huisgenoot. Ja, ek koop dit nog steeds. Maar die Huisgenoot is nie die punt nie, die swanger man is! Ek het in elk geval ook ‘n paar artikels op die net opgespoor. Hier is een. En ‘n foto.

In kort kom dit hierop neer: eers was hy ‘n vrou, toe word sy ‘n man, en nou is hy swanger!

“Thomas (34) is as ‘n vrou gebore, maar het sowat tien jaar gelede ‘n geslagsverandering ondergaan. Hy noem homself nou ‘n transgender-man. Nancy (sy vrou) kan na ‘n historektomie nie swanger raak nie, maar omdat Thomas destyds sy vroulike geslagsorgane behou het, kan hy wel ‘n baba kry.”

Ek verstaan nie lekker nie. Wat is ‘n geslagsverandering dan?

“Sterilisasie is nie ‘n vereiste in so ‘n operasie nie, en ek het besluit om borsrekonstruksie en testosteroonterapie te ondergaan, maar om my reg op voortplanting te behou. Om na ‘n kind te hunker, is nie ‘n manlike of vroulike drang nie, dis ‘n menslike drang.”

So hy is nou basies ‘n man sonder ‘n penis wat swanger is?

Maar dis nie wat my eintlik pla nie. Ek weet nie hoe om te reageer hierop nie. Met simpatie of absolute afgryse? Dit voel vir my vreeslik onnatuurlik, en tog was hy oorspronklik ‘n vrou.

“Ten spyte daarvan dat my maag groei met ‘n nuwe lewe binne-in my, is ek stabiel en vol selfvertroue. Ek is my dogtertjie se pa, en Nancy sal haar ma wees.”

??? :shock:

Comments (29) »

Peetouers

‘n Jong paartjie wat ons ken, het ons gevra om die peetouers van hulle drie jarige dogtertjie te wees. Maar wat beteken dit nou eintlik? Ons ken hulle nog nie lank nie, was nie by toe sy gebore of gedoop is nie. Ek is ook nie seker hulle weet waaroor dit gaan nie.

Baie jare gelede was dit voorgestel dat alle babas wat in die Christendom gebore en gedoop word, ‘n vriend of bekermer moet hê en daardeur het peetouers ‘n rol begin speel om die kind deur hul Christelike geloof te lei.

Is dit al waaroor dit gaan? Wat gaan ons verantwoordelikheid teenoor hierdie kind wees? Beteken dit ons moet voldoen aan behoeftes waaraan haar ouers nie kan voorsien nie? Finansieël? Hoe betrokke moet ons wees by haar opvoeding? Of dalk glad nie? Bederf ons net en koop geskenkies vir verjaarsdae en Kersfees? Wat as iets regtig met haar ouers gebeur? Is ons dan outomaties haar voogde? Is daar regsdokumente wat opgestel moet word?

As julle so bietjie kan help met insig en antwoorde, sal ek dit vreeslik waardeer. Ek dink dis nie ‘n besluit wat ligtelik geneem kan word nie.

Comments (16) »

Oh, happy day!

Ag hoe lekker! Daar kry ek toe vanmore sommer 2 verrassings! Die WordPress upgrade (baie oulik!) en ‘n e-mail van Seun! Heerlik! Hulle is nog in Miami tot die 13de April.

Ek post vir julle sommer sy hele briefie, met spelfoute en al!

Hi daar!!

Jis.. waar begin ek… EK MIS JUL VREESLIK BAIE!!!!!!!!!

Wel dit gan oraait hier! Ons werk net regtag hard. Ons ride is basies die main attraction vir die Fair.. so dit gan hectic! Ons (ek en Mark) moet elke oggend 2 ure voor die res van die crowd opstaan om te gan werk! hkm!? Want ons moet elke donnerse dag boude vas draai en goed op jack en reg slaan met ‘n hammer! Ek haat dit… op die stadium voel ek nie ek gan vir ‘n tweede jaar terug nie, maar ons sal sien as ons in Canada kom!

Gelukkig maak ons eers more 3uur oop, maar die res van die show maak 9 uur oop! Hehe ons kan lekker laat slaap! Ons ride is geklasifiseer as ‘n violent ride en daar gan more klomp skool kinders wees!

Kan julle glo ons was nog nie eers by die beach nie! Kry nie tyd nie! Ons maak 12uur die aand klaar dan ry die laaste bus beach toe… dan is dit 2uur bus trip… dan moet jy ‘n taxi terug vat want die busse ry nie in die aand nie en dit kos $55!

My tyd is op! Nog 2 minute dan moet ek af! Ek sal binne die volgende 2 dae airtime koop! En weer ‘n e-mail stuur!

Groete en BAIE BAIE BAIE BAIE BAIE LIEFDE!!!!!!!!!!!!!!!!!

MWA!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

P.S is Papsak pregies?!>>

Ag, dit gaan ‘n lieflike dag wees! :lol: Lekker week vir julle!

Comments (12) »

I wonder…

I used to eat a lot of natural foods until I learned that most people die of natural causes.

Gardening rule: when weeding, the best way to make sure you are removing a weed and not a valuable plant, is to pull on it. If it comes out of the ground easily, it is a valuable plant.

The easiest way to find something lost around the house is to buy a replacement.

There are two kinds of pedestrians: the quick and the dead.

Some people are like Slinkies. Not really good for anything, but you still can’t help but smile when you see one tumble down the stairs.

Have you noticed since everyone has a comcorder these days no one talks about seeing UFO’s like they used to?

In the 60’s, people took acid to make the world weird. Now the world is weird and people take Prozac to make it normal.

How is it that one careless match can start a forest fire, but it takes a whole box to start a campfire?

Why does Goofy stand erect while Pluto remains on all fours? They’re both dogs!

Did you ever notice that when you blow in a dog’s face, he gets mad at you, but when you take him on a car ride, he sticks his head out the window?

Can you cry under water?

How important does a person have to be before they are considered assassinated instead of just murdered?

Once you’re in heaven, do you get stuck wearing the clothes you were burried in for eternity?

What disease did cured ham actually have?

How is it that we put man on the moon before we figured out it would be a good idea to put wheels on luggage?

Do the Alphabet song and Twinkle, Twinkle Little Star have the same tune?

Why did you just try singing the two songs above?

Hehe! Have a great weekend!

Comments (13) »

Skuil daar ‘n kunstenaar in jou?

Ek is nie lus om julle vandag te verveel met my daaglikse bestaan nie. Ek dop af. Oral. My neus lyk soos ‘n vis wat verkeerdom gekam is. Ek kan nie onderlaag aansit nie, dan lyk alles net erger. Die res van my lyf het sulke patches. Donkeres en ligtes. Dis nie ‘n mooi gesig nie… as ek kon, sou ek myself met klippe toegepak het, en gehol het… sug…

Toe dink ek nou so: wat van ’n tag-speletjie? Huh? Huh? “Ag tog,” hoor ek baie sê, “nie al WEER nie!”  Sorry my ding, AL WEER! Daar het in elk geval in die laaste tyd ‘n hele paar nuwe blogmaters bygekom wat nog nie saam tag gespeel het nie.

Maar die keer wil ek nie weet waarvan jy hou of nié hou nie, ek wil die kunstenaar in jou sien! Gee jou verbeelding vrye teuels – teken net wat jy wil. ‘n Familie portret, ‘n scrabble patroon, feetjies, blommetjies, diere, brandweermannetjies, stokmannetjies, ‘n paar strepe  - gaan mal!

Hier is die reëls:

1. Jy moet ‘n prentjie skep in Paint. Almal het dit. Jy mag nie ‘n ander fênsie program gebruik nie, net Paint.

2. Jy moet dit self teken/skep.

3. Save dit en post dit op jou blog.

4. Tag 4 ander bloggers.

5. Geniet dit!

Hier is myne. Moenie lag nie! (ek is toegepak onner daai hoop klippe!)

paint-tag.jpg

Ek tag vir Pikkelik, BoendoePippielangkous en Zee. Begin Paint, dames! Hehe!

Elke kind is ‘n kunstenaar. Die probleem is om ‘n kunstenaar te bly sodra jy volwasse is. Pablo Picasso

Comments (21) »