Archive for Mei, 2008

D-dag

Gister was d-dag vir ons Blou Oog vriendin. Divorce day. Jip, dis verby. Sy is nou amptelik ‘n loslappie!

Ons het vroeg gery om teen half agt in Bloemfontein te wees. Die hofsaal was vreeslik vol, want daar was nege nuwe prokureurs wat op die rol geplaas is. Ses dames en drie mans. Nogal interessant om die verrigtinge dop te hou.

Teen die tyd dat dit verby was, is ander sake aangehoor, en eers na 12 die skeisake. Vriendin was nommer 58. Teen daardie tyd het haar senuwees al aan een lang flenter gehang. Hoe nader dit aan haar beurt gekom het, hoe stywer het sy my arm vasgeklou. So styf dat ek haar benoude hart kon voel klop. Arme ding.

Toe dit uiteindelik haar beurt is, is die Gesins Advokaat missing in action. Haar saak word toe terug gehou, sodat me Gesins Advokaat eers gevind kan word. Daar is een of ander kwessie rondom die besoekregte van die kinders se pa, wat opgelos moet word. Toe panic vriendin eers! Maar gelukkig is dit uitgesorteer, en die sakie toe afgehandel, alhoewel sy tot heel laaste moes wag.

Die Regter is toe ook ‘n man met ‘n fyn sin vir humor, en ek het ‘n paar keer lekker gegiggel vir hom. Vriendin se huweliksertifikaat is in ‘n vreeslike toestand. Dis al so effens versnipper en geplak met kleeflint. Toe die Regter dit in sy hande neem, merk hy so droog op dat die toestand van die huweliksertifikaat seker die toestand van die huwelik weerspieël. En dit is nogal in die kol!

Omdat my senuwees nou nie so heeltemal op hol was nie, kon ek darem so ‘n paar ander dinge ook om my waarneem. ‘n Ou tannie van 65 het haar man van net oor die 70 geskei. Hulle is in 1961 getroud. Die tannie het heeltyd voor ons gesit, maar ek het regtig nie verwag dat sy daar is om te skei nie! En sy loop met ‘n kierie, baie moeilik. Maar haar saak was nogal snaaks:

Eers was daar vir omtrent 5 minute ‘n gesprek tussen haar en die Regter om te bepaal of sy in Afrikaans of Engels wil getuig. Sy antwoord hom in Engels dat sy in Afrikaans sal getuig. Hoe meer hy vir haar probeer verduidelik dat dit haar reg is om in Engels te getuig, hoe meer dring sy op Afrikaans aan, want sy praat dan al vir 45 jaar Afrikaans!

Advokaat: Kan u asseblief aan die hof die vernaamste redes noem vir die verbrokkeling van u huwelik?

Tannie: My man stel nie meer belang in ons huwelik nie. Hy het a 70 year itch gekry.

Regter: (Met ‘n grin) Nou waar het hy begin jeuk, mevrou?

Tannie: (Lag) Hy het by ‘n ander vrou begin kuier.

Regter: Het sy gekrap waar hy gejeuk het?

Tannie: Nie net sy nie, daar was twee!

Teen die tyd was almal in die hofsaal aan die giggel. Die arme ou tannie ook. Sy is nou ook geskei. Dis eintlik sad. Na al die jare kry die ou man toe ‘n itch wat sy nie kan krap nie.

Links agter ons het twee mans styf teen mekaar gesit. Liefie het hulle vroeër opgemerk en gespot dat hulle seker ook gaan skei. Hy was toe in die kol. Die twee is in Desember 2007 getroud (burgerlik verbind, het die hof dit genoem), maar intussen het die een aan die drink gegaan en die ander ene emosioneel en fisies begin mishandel. Tog sit hulle styf teen mekaar in die bank. Weird.

Toe ons uitloop, merk ek op dat ek hoop nie een van ons hoef weer die binnekant van daardie hofsaal te sien nie. “Nee,” reken Liefie, “ek hoop ook nie so nie. Tensy ek natuurlik ‘n 70 year itch ontwikkel… “

Gisteraand het ons toe vir vriendin en die kinders Spur toe gevat. Die twee kleintjies het dit behoorlik geniet. Kon nie genoeg gespring en gespeel kry nie. Ek dink hulle het morsdood geslaap gisteraand.

Vriendin was nou nie rerig in ‘n party mood nie, ons het maar so ‘n paar glasies wyn gedrink en ietsie geëet. Liefie het toe die ideale manier gekry om haar op te cheer. Hy het vir die kelner vertel dis haar verjaarsdag, want reken hy, dit is mos die begin van ‘n nuwe lewe vir haar. Ek dink dit was ‘n sweet gedagte. Toe sy haar oë uitvee kry sy ‘n sparkler en alles wat saam met Spur se gelukwensings kom! Hehe, sy kon nie help om te lag nie. Mooi foto geneem wat sy kan bêre om die dag te onthou.

Nou is dit ook gedoen. Ek weet die moeilike deel kom nou eers. Ons sal nogsteeds hier wees vir haar. En dankie vir al julle ouens wat ondersteuning gebied het die afgelope paar maande. Sy waardeer dit vreeslik.

Julle moet lekker naweek hou, ek sal Maandag Zee se huiswerk gereed hê.

Comments (21) »

Hotdog, anyone?

Julle moet nou maar gewoond raak daaraan dat ek die klein Worsies se foto’s gaan GOOI vir die volgende paar weke. Ek speel so lekker, en kan nie wag dat hulle ogies oopgaan nie.

Dit gaan goed met hulle almal, spekvet gesuip en Ma Roxy lyk ook nie sleg nie. Dis nou nie meer die pensie wat hang nie, dis net tt’s. Dit lyk nogal funny as hulle net klaar gesuip het, al die tt’s aan die eenkant is leeg! Maar almal is happy. ‘n Vreemde ding wat my opval, is dat Spike vreeslik “help” met die babas. Hy klim saam in die mandjie, en as Rox bietjie gaan bene rek, pas hy babas op.

Die geringste geluidjie, en hy is by. Hy ruil selfs doeke! Hehe! Is dit hoe honde dit doen? Ek het nog nooit so ‘n gesinnetjie bymekaar gesien nie, en verkyk my aan hulle spanpoging. Ek dog dis net die ma wat sorg vir die babas.

Die pajamadril is darem nou minder, want Spike het besef daar is nie regtig plek vir hom in die mandjie in die nag nie. Hy lê soms half bo-op die kleintjies, en dan sit hulle behoorlik ‘n keel op. Nou maak hy homself maar toe in sy kombersie langs die mandjie. Ek het ‘n bamboes mandjie ook wat ek vir hom reggesit het, maar hy het my na ‘n nag laat weet dat hy nie daarvan hou nie, deur die kante stukkend te kou. Hy verkies net sy kussing en kombers! Daai blou bondel langs die mandjie, is Spike.

Bib het so gespot dat hulle in Korea klein honkies vir brekfis eet, en toe onthou ek ‘n foto wat ek eintlik al moes geneem het toe hulle net ‘n dag of wat oud was. Hulle groei ongelooflik vinnig! Warm brakkie, enigiemand?

Comments (31) »

Kies jou diens

Comments (9) »

Kookwater Vetkoek

Mmm, met die lekker reënweer, is vetkoek en mince mos net die ding om vinnig aanmekaar te slaan as jy by die huis kom. Hierdie reseppie is rerig so vinnig en maklik, niemand kan dit laat flop nie. Ek maak dit gewoonlik sommer so X3 as daar manne saameet.

Kookwater Vetkoek

Bestanddele:

2 koppies koekmeel

25ml suiker

10ml bakpoeier

2ml sout

2 eiers

250ml kookwater

olie vir vlakbraai

 

Sif droeë bestanddele saam. Klits eiers en kookwater saam. Meng eiermengsel met meelmengsel. Skep lepelsvol in warm, vlak olie en braai tot goudbruin. Dreineer op kombuispapier. Bedien met maalvleis vulsel.

Kry net so bietjie OBS ook om die koue te verdryf, en jy is ge-organize! Geniet!

Foto: Cakehead

Comments (16) »

Nog Worsie foto’s

♪ ♫ Dis reën, dis wind, dis water
♪ ♫ Die son kom eers weer later

Dit reën ou meide met knopkieries van Saterdagaand af. Te lekker. Het gister heeldag DVD’s gekyk, Demoerin se Malva poeding gemaak (yummie!) en net rondgelê. Ook maar goed, want vandag is baie bedrywig hier by my. Dit sluit ook in dat ou Esther nie opgedaag het nie, en die hele huis is in chaos… die kombuis en TV kamer lyk soos ‘n rampgebied! Ek worry mos nie oor skottelgoed op ‘n Sondagaand nie, sy kom mos Maandag in. Gmpf. Sal my leer.

Hier is nog ‘n paar babie foto’s van pootjies, tongetjies en pensies om oor te ooh en te aah. Hoop julle oorleef Maandag, onthou, gryp hom aan die horings en ry hom bloots!

Comments (19) »

Van Parragwaai tot Holland

Hierdie is ‘n ombeskaamde copy-job. Maar ek moes dit net met julle deel! Geniet!

Hoekom is dit dat ons skoner geslag altyd val vir leë beloftes? Veral wat die verwyder van ongewenste liggaamshare aanbetref? Het ons nie al ons les geleer met die Epilady, Nair en allerhande stickers en skeermesse nie? En elke keer glo ons die beloftes dat die hare óf stadiger óf nooit weer gaan terug groei nie.

My aand was doodgewoon. By die huis gekom, kos gemaak, kinders gebad en in die bed gesit en manlief voor die TV gelos om sy stoei in vrede te kyk. Besluit toe dat ek die oorlog teen ongewenste hare nou moet aanpak anders lyk ek soos ‘n bosbobejaan en kan ek nie die naweek swem nie.

Gryp toe die boks “koue waks” en pluk hom oop. Hoe moeilik kan dit nou wees? Geen waks wat eers gesmelt moet word nie, dis twee strokies met waks in die middel – amper soos ‘n toebroodjie, wat jy dan warm vryf, oop trek en teen jou liggaam plak. Daarna trek jy strokie vinnig af (en skree natuurlik soos ‘n vlakvark) “no mess, no fuss”. Ek glo ek verstaan die instruksies en dit is mos darem deur ‘n vrou uitgevind en baaaiiiieee ander vrouens gebruik dit op ‘n daaglikse basis, so ek sal dit sommer tjop tjop onder die knie kry.

Ek vryf die strokie tussen my hande, maar kan die ding nie warm genoeg kry nie. Hoe nou gemaak? Kan hom nie in die toaster sit nie, dit sal net marakkas maak en die haartang gaan nie lekker werk nie. Natuurlik! Die haardroër! Blaas toe die waks tot ek voel hoe dit sag en speelbaar raak. Dink toe sommer aan ander dinge wat ook sag en speelbaar is… Raait, daar is my cold wax toe hot wax. Ek trek die een strokie af, plak die slymerige storie op my been, knyp die een oog toe, byt op my tande en tjjjjj trek hom af. Kon erger gewees het. Ek is trots op myself dat ek so oulik is en sien sommer hoe glad my bene en die res die naweek gaan wees. Manlief is juis so liefdevol as ek mooi glad is. Ek het die prosedure nou mooi onder die knie en vorder fluks.

Nou kom die moeilike deel. Soos ons ouer word kry ons mos pakkasie. Ja man, dis nou die spaarwiel om die heupe en maag, die paksak op die boude en die res wat dril soos rofies in die army, jy verstaan? Maak toe die spiëel staan op die toilet, staan in my Eva’s gewaad voor die spiëel en lig my voet teen die bad sodat ek mooi kan sien en mooi kan bykom. Plak die strokie van Paragwaai al die pad tot by Holland, al op die bikini lyn (nie dat ek ooit dood in ‘n bikini gesien sal word nie). Ek het besef dat hierdie deel van die operasie seer gaan wees en het die waks nie so warm gemaak soos die ander nie. Ek wil tog nie in die hospitaal beland met 3de graadse brandwonde aan my hoo-ha nie! Wat sal die mense sê en hoe kyk ek die dominee daarna in die oë. Ek staal myself, vat die strokie styf vas en ruk.

Ek sien sterretjies en wonder of ek moet lag of huil. Hel, maar dis seer! Kyk af en ja, sowaar, ek het die strokie net halfpad afgetrek. Daar sit die res dan nog. Hou aan die wasbak vas en PLUK!!!! Ek doen die hoender dans, die nou dieselfde arm geflap wat ons doen as ons onder die arms geskeer het en ons spuit per abuis Mum 21 aan. Rooi in die gesig en met my asem wat jaag bestudeer ek die waks strokie om te sien of ek darem al die hare gekry het. Groot is my skok. Die strokie is LEEG! Geen hare, geen waks! Nou waar de hel is die waks! Ek buig vorentoe en lyk soos ‘n volstruis wat sy kop in die sand wil steek, loer oor die spaarwiel en wraggies, daar sit die hare steeds, dis nou die hare wat veronderstel is om op die waks strokie te sit. Ek voel versigtig daaaaaaar onder en sug swaar, want daar, op my mees privaatste plekkie, waar ek nie mooi kan bykom nie, daar sit die waks. Sonder om te dink haal ek my voet van die bad se kant af en stamp hom hard op die vloer terwyl ek vloek soos ‘n matroos. Ek sluk halfpad deur my rympie amper my tong in toe my hoo-ha en wangetjies mekaar omhels. Jip, daar staan ek toe, toegeplak van Paragwaai al die pad tot in Holland en my hart klop in my groottone. Hoe nou gemaak? Ek loop soos ‘n Pikkewyn op en af voor die wasbak terwyl my maag draai en ek hard bid dat my maag nie nou ‘n illegal occupant moet evict nie, want ander sal die kompressie waarlik my kop laat bars. Dink Tess, dink! Ek kry ‘n blink plan, gryp die haardroër en begin blaas. My oë traan van die blow wave, maar heel laas, die waks wil niks weet van smelt nie. Miskien moes ek langer uitgehou het, maar ‘n mens kan ook net soveel warm wind DAAR hanteer. Ok, wat volgende? Miskien warm water? Ek probeer eers warm water met die stort kop (waarmee jy jou hare in die bad was) op die waks spuit, maar dit werk nie lekker nie. Tap toe maar die bad vol warm water en kry myself baie jammer omdat nie eers die gevangenis op Robin Eiland so gemartel is nie.

Wel, die enigste ding erger as jou privates wat mekaar omhels, is jou privates wat vas aan mekaar geplak is en dan nog aan die bodem van die bad vassit terwyl jy so rooi soos ‘n kreef verkleur en jou brein vir jou bly skree “STAAN OP, IDIOOT, STAAN OP, EK IS BESIG OM TE KOOK”. Ek leer toe op die harde manier dat warm water nie “koue waks” smelt nie. Back to square 1. Ek loer om die badkamer deur (wil nie hê manlief moet my so sien nie) en waggel dan kamer toe waar ek my selfoon gryp en terug badkamer toe waggel.

Raait, wie bel ek nou? My ma het in haar lewe nog nooit eers van waks gehoor nie. Die dra dan steeds doekies, al is tampons al jare op die mark. Anyway, wie? My skoonma! Natuurlik! Sy doen mos altyd hierdie weird en wonderful goed en ken al die boererate onder die son. Skoonpa antwoord en ek praat hom sommer dood. Ja, skoonma is daar en dan hoor ek haar stem. Ek wil sommer huil van blydskap. Sy sal kan help. Ek hakkel so effe, maar vertel haar van my dilema. Stilte….. steeds stilte. Ek begin net wonder of my foon sein verloor het toe ek haar hoor lag. Sy lag so dat sy nie met my kan praat nie. Eers lag ek saam, dan raak ek vies. Sy hou op lag, maar ek kan aan haar stem hoor dat sy nog nie klaar is nie. Wat sê die boks? wil sy weet. Wat sê die boks? Seker nie dat jy dom genoeg moet wees om jouself weer in ‘n virgin te verander nie. Skoon ontstoke gryp ek die boks terwyl skoonma weer aan die ander kant proes. Skoonma ek soen jou sommer. Daar, binne die boks is ‘n botteltjie seep om die “ekstra waks” mee te verwyder. Ek wil sommer my eie gaai skop dat ek nie eerste in die boks gekyk het voordat ek skoonma gebel het nie, want nou gaan die hele familie weer die storie van Tess se toegeplakte hoo-ha hoor en sal ek seker nooit die einde daarvan hoor nie . Ek druk die foon dood met haar gelag in my ore, gryp die bottel en smeer liberaal van die “seep” aan. My oë traan, my neus loop, my ore is toegeslaan en my hoo-ha is dood, letterlik, geen gevoel nie, maar DIT WERK!!!

Ek laat nie op my wag nie en skrop asof my lewe daarvan afhang. Mind you, my lewe hang daarvan af. My bene voel soos jellie, my hart klop asof ek sopas ‘n maraton gehardloop het. Klaar, maar agge nee, die hare is steeds daar….. Flippen hel!!! Dis nou genoeg. Bogger dit. Ek gryp die skeermes en skeer dat jy net hare sien waai. Hoop nie ek skeer myself raak nie, want op hierdie stadium is my hoo-ha en omliggende dele so dood dat ek my eie been sal afsny sonder om dit te voel.

Wel, mense, nooit weer probeer ek waks nie en ek beveel julle sterk aan om behoorlik daaroor te besin voor julle begin.

Nou wonder ek, sal ek volgende week probeer om sonstrepies in my hare te sit? I THINK NOT!

Whahaha! Lekker naweek almal!

 

Comments (30) »

Mej SA in my geboortejaar

Geez, dis nou net weer tags waar jy kyk! Maar dis lekker, dit hou ons besig en uit die kwaad uit. Veral die jongeres… wat nou wragtig wil seker wees hoe oud ek is! Demoerin het my getag met die ene. Pikkelik het ‘n lekker tabel daar by haar waar jy sommer vinnig kan sien wie Mej SA was in jou jaar. Gaan google bietjie, en deel ietsie interessants daaroor. Ek het hierdie gekry:

Up to 1969, South Africa was represented at the Miss World Pageant by a white delegate. But in 1970, white Jillian Jessup and black Pearl Jansen, both with perfect 24-36 figures, competed in separate contests in South Africa, one for whites and one for blacks, for the right to go to London. Miss Jansen, biracial, was classified under South Afican racial laws as “colored”. Miss Jessup would compete as Miss South Africa, Pearl as Miss Africa South. This two-girl policy lasted until 1976, after two years of withdrawals of many delegates in protest.

On November 9, Pearl and Jillian, with their chaperons and surrounded by a large group of newsmen, went for a stroll in London’s Grosvenor Square. Jillian, a 20-yer-old blonde, explained that “we both represent the whole of South Africa.” They said they were happy to compete together and regarded themselves as joint representatives of South Africa.

Pearl, as 19-year-old factory machinist from Cape Town, said that if she was “crowned it will be for all South Africans, not just the coloreds or the whites.”

Despite South Africa’s strict racial laws that enforced segregation of races, Jillian said that when they return home “we hope to go out together and meet in the same place.” The contest organizers placed the two women in separate hotel rooms with other contestants, but insisted that there was “no racial or political significance” in this. Jillian and Pearl, both with big smiles, posed together for news photographs.

Mmmm, ek tag vir Eendjie, Paula, en Corli. GO! GO! GO!

Bron

 

Comments (8) »

Oor die hond se stert

Ek lees vandag raak dat wetgewing binne die volgende twee weke deurgevoer gaan word wat ‘n verbod sal plaas op die afsny van ‘n hond se stert. Het jou honde sterte?

Ons het ‘n swart Labrador gekry toe ons net getroud is. Sy naam was Bowzer. Genoem na die grootbek met die diep stem, van “Sha Na Na – onthou julle? (Nee toemaar Demoerin, jy en Adrie sal nie ‘n clue hê waarvan die grootmense hier praat nie! Hehe!) Anyway, Liefie het my een middag by die werk kom haal, en toe ek in die kar klim, wriemel hierdie pikswart hondjie met ‘n waaiende stertjie onder die sitplek uit om my te verwelkom.

Soos klein hondjies maar doen, het hy baie groter geword. Sy stert ook. Hy kon snaakse goed doen met sy stert. Wanneer hy soggens wakker geword het, het hy more gesê deur net sy stert te swaai terwyl hy nog in sy hok lê, te lui om uit te klim. As ek van die werk af gekom het, het sy stert die absolute plesier weergee van sy blydskap om my te sien. As hy wou hê ek moes sy ore krap, het hy my met sy stert teen die bene kom piets. Wanneer hy stout was, soos om koffietafels met sy stert om te gooi, het hy stert tussen die bene in sy hok gaan wegkruip. Wanneer hy voëltjies bekruip het, het die hare tot op die punt van sy stert regop gestaan. As hy by my voete gelê het, en sy stert begin klop teen die mat, het ek geweet hy hoor daar is iemand by die hek. Wanneer Liefie laat gewerk het, het sy stert eerste vir my laat weet dat hy oppad was, so asof sy stert die vibrasies kon aanvoel.  

Die Worse se sterte vertel ook hulle eie stories. So reguit soos ‘n vlakvarkstertjie as hulle gaan ondersoek instel na vreemde geluide, ‘n stertswaai wat die hele lyfie swaai as bekendes verwelkom word, so ‘n halfmas enetjie soos ‘n slap kabel as hulle smartvraat speel.

Aan die ander kant, kan ek my nie voorstel hoe moet ‘n Dobermann of Rottweiler, selfs ‘n Jack Russell, lyk met ‘n stert nie. Maar hoekom is hulle sterte in die eerste plek afgesny? Wie het besluit dat ‘n hond met ‘n stomp stert mooier of beter is as een met ‘n gewone stert? Sommiges reken dis omdat hulle sterte aan bosse vashaak as hulle jag. Nou hoekom het ‘n kat dan ‘n stert? Hy is mos ook ‘n jagter, en sy stert kan aan baie meer goed vashaak terwyl hy rotte en muise jag.

Telers is glo nie baie ingenome met die nuwe wetgewing nie, en sommiges doen dit sommer self as ‘n veearts nie wil nie. Darem onder verdowing, wanneer die hondjies vier tot vyf dae oud is. Ingevolge wetgewing kan hulle dan nou vervolg word.

Ek wonder of ou Bowzer dieselfde sou gewees het sonder ‘n stert? Ek dink dit sou my herinneringe aan hom minder gemaak het. Daai stert het ‘n hele paar koffietafels, bekers en fase se einde beteken!

 

Comments (19) »

Age by music

Roer het my getag om ‘n video te plaas van ‘n song wat ‘n treffer was in die jaar waarin ek gebore is. Dis ‘n lekker ene die! Here goes:

Ja Baby, nie veel het verander nie, het dit? Dis nou EERS ‘n Wille Wêreld daar buite!

Ek tag vir BoendoeZee en Meermin. GO!

NS. As die video nie wil speel nie, maak die comments oop en probeer weer. Weet nie wat dit deesdae is nie, maar soms sukkel ek ook om ‘n video te sien.

Comments (24) »