Archive for Mei 5, 2008

The Mission

WARNING! PG18 – NUDITY!

Die opwinding hang net so dik in die lug soos die rook in die klub. Hy stap op die verhoog, geklee in pikswart. Hy het lang, blonde hare wat in ‘n poniestert agter sy kop saamgevat is. ‘n Cowboy hoed op sy kop. Die vrouens gil. Die ligte flikker. Die musiek se polsende ritme vibreer tot in my sitplek. “Are you ready, ladies?” vra die DJ. “YES! YES! YES!” skree almal. Ek sit my camcorder aan…

Jip, ons is by ‘n stripshow…

Terwyl ek vroeër die aand besig is om gereed te maak, voel ek Liefie se oë op my. Maar dis ‘n ander kyk. Nie die gewone net dophou nie. En skielik besef ek dat ons nooit eintlik hieroor gepraat het nie. Dit is bespreek en sommer besluit dat ons dit gaan doen, by ‘n ander funksie, en Liefie het niks geprotesteer nie, dus het ek aangeneem hy het nie ‘n probleem daarmee nie. Maar ons het dit nie rerig bespreek nie.

“Pla dit jou?”, vra ek. Hy antwoord nie, gee my net so ‘n skewe smile.

“Sien dit as navorsing,” sê ek. “Ek is net nuuskierig. Dit sal nie ‘n gewoonte word nie. En ons gaan mos in ‘n groep…”

“Whahaha!” lag hy, “is DIT wat jy dit noem? NAVORSING? Whahaha! Kan ek dan ook bietjie “navorsing” gaan doen?”

“Maar jy het mos al,” antwoord ek. “‘n Paar keer met bachelor parties! Moenie worry nie, my lief, ek sal my mooi gedra. Ek sal nie vat nie. Ek sal net kyk. Ek gaan in elk geval baie besig wees om die hele show op te neem. Ek is rerig net nuuskierig,” stel ek hom gerus. 

Ons is amper eerste by die klub. Ook nie sommer enige klub nie, die “gay klub” in Welkom. Hoekom hulle dit so noem, weet ek nie, want baie mense vertel hoe lekker hulle daar kuier en dans. Straight mense.

Die kaartjies kos R40 per kop. Daarvoor kry jy darem ‘n drankie (iets soos Brutal Fruit) wanneer jy instap. En ‘n “stamp” op jou pols. (Wat moeilik is om af te was.) M is ook nie snaaks nie, en maak vir ons plek reg voor die verhogie. Niks gaan ons view spoil nie. Ons wil alles eerste sien.

Daar is twee kroeë. Een vir die gewone drankies, en ene waar net shooters bedien word. Vreeslike duur goed. Maar ek het mos my lessie geleer met daai ene, so ons kies versigtig die goedkoopste, R10 ‘n shooter. Die kroegmanne is bloedjong mannetjies, geklee in net sulke piepklein swart broekies (wat gevaarlik baie soos Seun se onderbroeke lyk) en strikdasse. Maar netjiese lyfies. En ek kon sweer hulle was ge-olie. Het nou nie gevoel nie, maar hulle lywe het darem mooi geblink in die flikkerende ligte.

Voordat die ontkleedanser sy verskyning maak, word daar eers ‘n paar drinking games gespeel om die dames op te warm. Ons groepie laat nie op hulle wag nie, en palm ‘n paar pryse in. Die meeste van hierdie girls KAN drink! ‘n Bottel sjampanje (JC le Roux), twee goue penne, ‘n lekker groot dra-sak. Ek en K was ongelukkig bietjie vraatsig toe dit ons beurt is, en drink toe die takiela klaar nog voor die game begin het! Toe word ons gediskwalifiseer! Hehe!

Die uur kom nader, en die dames het nou al die klub mooi volgepak. Geen mans word toegelaat voor 10uur nie. En die show begin…

Eers raak hy ontslae van die lang, swart jas wat hy aan het. Maak so ‘n paar danspassies, en weg is sy hemp. Almal ooh en aaah. En gil. Jinne, vrouens kan gil! Met net die langbroek aan, gryp hy ‘n girl in die gehoor aan die arm, en lei haar op die verhoog. Hyself gaan lê in die middel van die verhoog, met ‘n shooter glasie vol iets wat hy in sy naeltjie staanmaak. Nou moet sy op haar knieë oor hom kruip, en sonder om haar hande te gebruik, OF op hom te mors, die inhoud van die glasie drink. Onder luide aansporing maak sy die beste van die saak. Mors wel op hom, maar lek dit met haar tong op! Die gehoor gaan mal!

Volgende girl se beurt. Sy word op ‘n stoel gesit, terwyl hy basies ‘n lapdance vir haar doen. En suggestief speel met sy belt wat nou al so halfpad af is. Terwyl hy op haar skoot sit, maak hy sy broek los, en weereens gil die gehoor amper die dak af. Ek het gemis hoe hy sy broek uittrek, (was seker dors of iets) weet nie of dit een van daai nommertjies is wat velcro nate het nie, maar toe ek weer kyk, het hy net ‘n wit onderbroekie aan en natuurlik daai bruingebrande lyf…

En daar kom gryp hy vir A… maak haar sit op ‘n stoel, en sy kry ook ‘n lapdance. Sommige girls is nie bang vir vat nie, maar die ou gee ook nie om as hulle vat nie. Hy gide basies hulle hande na snaakse plekke toe… volgende oomblik is daar geen wit onderbroek meer in sig nie, net ‘n swart g-string. Ek het nog nooit ‘n man in ‘n g-string gesien nie, en my mond hang oop. Nie slegte boudjies nie… (!) anyway, hy het vir A so in die lug opgetel, haar bene om sy lyf gesit… kyk maar self na die foto… en natuurlik gaan die gehoor aan die gil terwyl A rooier as ‘n tamatie bloos!

Eventually draai hy ‘n handdoek om sy lyf, en so wriggle-wriggle raak hy ontslae van sy g-string. Nou het hy net die handdoek om sy lyf, en hy vaar die gehoor in. Lapdance ‘n paar girls, en dan druk hy hulle koppe tussen sy bene in, en gooi die handdoek bo-oor! Vriendin C hier amper langs my, loop ook deur. Ag, en het ek gesê die gehoor raak histeries???

Met die volgende girl wat hy verhoog toe sleep, kry ons ‘n suprise. Hy laat val die handdoek… en het nog ‘n g-string onder aan! Hehe! Die girls booo omdat hy almal gefool het. Maar toe staan hy met sy boudjies na ons toe, hou die handdoek net daar op daai strategiese plekkie, en ons kan SIEN hoe waai die g-string! Niks belemmer meer die uitsig nie, geen cover-up, dis net boude! Maar hy vat nie die handdoek VOOR weg nie. Ai. Shame. Die arme girl. Sy bloos en giggel. Hy gaan sit op haar skoot, en maak die nodige toe met HAAR hande! Hou syne nogsteeds oor hare, want ek dink hy was bang sy sou gelos het en vir almal sy tools gewys het!

Vir die klimaks van die vertoning, het hy een of ander botteltjie goed (daai foam streamers?) waarmee hy baie suggestief speel terwyl hy nogsteeds die girl se hande vashou… en die stringe trek soos confetti deur die lug en land op die verhoog… en die plek ontplof. Het ek al gesê dat vrouens vreeslik kan gil??

En toe is die show verby. Agter die handdoek trek hy weer sy g-string aan, en loop so bietjie tussen die gehoor rond terwyl die musiek nogsteeds polsend speel. Hy was seker nie eers behoorlik 20 minute op die verhoog nie. Ek het vertroulik verneem dat dit hom R3000 in die sak gebring het, plus natuurlik die tips wat in sy g-string beland het toe hy die laaste rondtes doen. En ek kon sweer ek het ‘n hele paar R100 note daarin sien verdwyn… glad nie sleg vir ‘n paar minute se “werk” nie!

All in all, was dit nie slegte “navorsing” nie. Vir die res van die aand het ons groepie girls gedans en gekuier, en nog gedans. Teen 2uur Donderdag oggend het ek in die bed geklim. Dankie tog dit was ‘n vakansiedag! Seer lyf, hees keel, so bietjie wyser, niks gevat nie, net gekyk, maar dood tevrede om agter my Liefie se rug in te kruip en by die huis te eet…

Comments (39) »

Zoem-zoem

More! Almal lekker uitgerus na die langnaweke? Enige interessante plekke besoek? Ons was net rustig by die huis, baie geslaap, en ek het weer krag vir die res van die jaar. My volgende breek is eers weer in Desember.

Ek zoem net gou in om vir julle te laat weet dat ek nog lewe. Die winter is beslis hier in al sy glorie, en ek sou rerig nie omgegee het om vanmore weer my kop onder die komberse in te druk nie. Dis was so mistig vanmore hier dat ek nie eers oor die pad kon sien nie. Snaakse weer vir Welkom. Koud by julle ook?

Vandag gaan ‘n nagmerrie wees, dus sal ek nie tyd kry vir ‘n lekker possie nie! En ek wag nog steeds vir die foto’s van ons “uitstappie”, maar hopelik sal ek more julle nuuskierigheid kan bevredig…

Lekker Maandag, gryp hom aan die horings en ry hom bloots, né!

Comments (13) »