Archive for Mei 13, 2008

Siek, siek, siek

Maandag, 12 Mei 2008

Liewe dagboek

Dis wat ek is. Flippen siek, siek, siek. Vandat die griep-virus en baie van sy variasies my vroeër vanjaar beetgekry het, het dit nog nie heetemal laat los nie. Elke keer as ek net die liggie van gesondwees aan die einde van die koors-tonnel sien, kom een of ander bliksemse nuwe virus en teer op die vorige ene se nalatenskap – en die hele verderflike proses begin weer van voor af. Siek, siek, siek, seg ek jou! Die buurman se hond verdwyn nou al tjankend om die hoek in die oggend as ek vir hom hoes. 

Ek oefen nagte om, en ek klink wonderlik! ♪ ♫  Hoes-hoes-hoes-hoooeeees! ♪ ♫ (Onthou julle daai coughing song? Ek sou rerig kon uitblink daar!)

Saam met Liefie, wat soos ‘n beer sonner pap opstaan omdat ek hom heelnag uit die slaap hou, (soen help nie eers om hom in ‘n beter bui te sit nie, want hy vermy my vir die pes wat ek is) is ons ‘n wenkombinasie. Sparks vlieg heeldag. Yaayee! Baie opwindend. (!@!!) Nou nie dat my pla nie, want ek hoor net daarvan, eventually. (Oh blissfull medication) Ek beleef dit in so ‘n sagte marshmallow wolkie. Paula het ‘n prentjie van ‘n griep virus op haar blog – gaan kyk, dis ‘n vieslike ding! G’n wonner die hond koes nie!

DinadF 013 mYA 2008

Liqe Dagbiek

Hier waar ek nou sit moet ek mooi konswntreer om te rik tik sonder sprlfoute spelfoute. Ek kannie dudelik sien nie, watn sweet loop teen muy vootkop af, en die seine vat my brien uitstuur na my hanse werk nie ap lekker nie. Ek is VOL po,lle. P{ille. Pille. Jy sein, dis net ke in my biesighied.  Ke moet alles doen. Ek kan nie deligate nie, want ke ek is allas van tee-gril girl tot MD.  Ek is net biase dankbeat dat ek ni te besiga is vandag nie. en die wt hier is k kan vir hulle self sofg. thanx 4 small mirakels.

Het julle enige ander rate? Ek het al ginger-ale (warm) en disprins probewr, med-lenom en nog disprins, warm brandewyn, baie ander wyn, baje antbliotika wat my naar maak, maar niks wil my gesond maak nie. Jelp[ seblef, ek kanni mee nie…  ke voel digby vrek en vergaan….

Comments (32) »