Maandag, 12 Mei 2008
Liewe dagboek
Dis wat ek is. Flippen siek, siek, siek. Vandat die griep-virus en baie van sy variasies my vroeër vanjaar beetgekry het, het dit nog nie heetemal laat los nie. Elke keer as ek net die liggie van gesondwees aan die einde van die koors-tonnel sien, kom een of ander bliksemse nuwe virus en teer op die vorige ene se nalatenskap – en die hele verderflike proses begin weer van voor af. Siek, siek, siek, seg ek jou! Die buurman se hond verdwyn nou al tjankend om die hoek in die oggend as ek vir hom hoes.
Ek oefen nagte om, en ek klink wonderlik! ♪ ♫ Hoes-hoes-hoes-hoooeeees! ♪ ♫ (Onthou julle daai coughing song? Ek sou rerig kon uitblink daar!)
Saam met Liefie, wat soos ‘n beer sonner pap opstaan omdat ek hom heelnag uit die slaap hou, (soen help nie eers om hom in ‘n beter bui te sit nie, want hy vermy my vir die pes wat ek is) is ons ‘n wenkombinasie. Sparks vlieg heeldag. Yaayee! Baie opwindend. (!@!!) Nou nie dat my pla nie, want ek hoor net daarvan, eventually. (Oh blissfull medication) Ek beleef dit in so ‘n sagte marshmallow wolkie. Paula het ‘n prentjie van ‘n griep virus op haar blog – gaan kyk, dis ‘n vieslike ding! G’n wonner die hond koes nie!
DinadF 013 mYA 2008
Liqe Dagbiek
Hier waar ek nou sit moet ek mooi konswntreer om te rik tik sonder sprlfoute spelfoute. Ek kannie dudelik sien nie, watn sweet loop teen muy vootkop af, en die seine vat my brien uitstuur na my hanse werk nie ap lekker nie. Ek is VOL po,lle. P{ille. Pille. Jy sein, dis net ke in my biesighied. Ke moet alles doen. Ek kan nie deligate nie, want ke ek is allas van tee-gril girl tot MD. Ek is net biase dankbeat dat ek ni te besiga is vandag nie. en die wt hier is k kan vir hulle self sofg. thanx 4 small mirakels.
Het julle enige ander rate? Ek het al ginger-ale (warm) en disprins probewr, med-lenom en nog disprins, warm brandewyn, baie ander wyn, baje antbliotika wat my naar maak, maar niks wil my gesond maak nie. Jelp[ seblef, ek kanni mee nie… ke voel digby vrek en vergaan….












Adrie said,
Mei 13, 2008 @ 8:54 vm
Dellie
Ek het vir jou slegte nuus. Bedrus, baie daarvan is al wat gaan help.
Sterkte
Zee said,
Mei 13, 2008 @ 9:21 vm
Ai Dellie, baie sterkte en ek hoop regtig jy word gou beter….. Ek het die “flu injection” gehad maar ek dink dit maak my maar net sieker as gewoonlik. Ek het op die oomblik ook geen raad vir myself nie, wat nog vir ander!
Wipneus! said,
Mei 13, 2008 @ 9:49 vm
Whaahaahaa Dellie, die lelike ding het sy tentakels in my ook geslaan. ‘n Vriendin stuur toe vir my ‘n boereraat, knertsie gemmer brandewyn met gingerale en ‘n med lemon saam binne in die glas, microwave tot warm en drink….. klim in die bed en slaap en sweet hom uit….
Hoop jy voel gou beter!
rb said,
Mei 13, 2008 @ 10:57 vm
Jy kan altyd ‘n Immuunbooster probeer. Dit is so oranje botteltjie kapsules, ek dink die goed is Viral Choice – dit is nogal duur, maar drink sommer dubbel dosis, help my gewoonlik.
netjane said,
Mei 13, 2008 @ 11:12 vm
Slaap!! Hoop regtig jy voel gou beter!
Pikkelik said,
Mei 13, 2008 @ 11:49 vm
Sodra ek nou kan uitmaak WDF in daai laaste paragrawe staan… Wag ek het dit, ag shame Dellie. Klim maar innie bed, sit die elektriese kombers aan en slaap… en sweet… en slaap… en sweet, My hart bloei vir jou.
BTW gee sommer vir daai banggat hond ook ‘n ou slaappilletjie.
Johan Swarts said,
Mei 13, 2008 @ 11:51 vm
ag nee! ek hoop jy raak gou gesond.
ek’t nie ‘n kuur nie, ek’s maar nutteloos as dit kom by medisyne.
/me waai maar koel
demoerin said,
Mei 13, 2008 @ 12:16 nm
Al wat werk is rus, blykbaar, dink dit is hoekom ek nog siek is. hahaha. Moet sê die medlemon en disprins en die vicks onder die voete het bietjie vir my gehelp. Kan nie eers die raadgewers onthou nie, maar dankie. Hoop dit waai sommer vinnig oor!
Chaos said,
Mei 13, 2008 @ 12:51 nm
Gaan kry vir jou ACC200’s!
Meermin said,
Mei 13, 2008 @ 12:55 nm
Bly maar in die bed! As jy ‘n stoom masjientjie het, STOOM girl, stoom werk soos ‘ n bom!! Gelukkig vir my is nog net my keel moer seer, voel kompleet of ek ‘n potskuurder ingesluk het!! Seker maar die begin! Dellie as jy medies het, laat jou opneem, dan kan manlief moes een aand of dalk twee aande lekker dux sonder jou geblaf in sy ore!! Pasop vir longonsteking, juffrou’tjie het laasjaar in die hospitaal beland met longonsteking, ons kon ook net nie meer na haar geblaf luister nie, maak nie saak wat ons probeer het nie, nie eers al die dokter te klomp pille en hoesgoed het gehelp nie! Laat iemand die slym van jou longe afklap. Dit help ook! Sterkte. Jammer as ek so bietjie stil was, maar dinge hier by die werk gaan doller as dol!
Jaco said,
Mei 13, 2008 @ 12:58 nm
Daar is absoluut niks soos bedrus nie. Klim in die bed, drink jou antibiotika en bly daar vir ‘n week.
Sterkte
Eben said,
Mei 14, 2008 @ 7:20 vm
Sterkte vriendin!!!
platterfuss said,
Mei 14, 2008 @ 9:00 vm
Neeeeeeeeeeeeeeeeeeeeee! Nou MOET jy begin gesond word!!!
((((DELLIE)))))
Blue Eye said,
Mei 14, 2008 @ 9:42 vm
Hi ou sieke
Jy moet nou gesond word, please.
Die kids sê hulle sal baie briefies skryf as tannie Dellie net wil beter voel.
Seun sê hy sal ook al die hondekoekies opeet, dan lag jy darem ñ bietjie.
Hoop jy voel vinnig beter. dink aan jou.
Lekker werk.
Dellie said,
Mei 14, 2008 @ 9:51 vm
More julle,
Ek voel darem vandag beter. Nog nie 100% nie, maar beter. Het gisteraand net twee keer waarvan ek weet myself wakker gehoes. Dit help ook darem dat ek vroeg in die bed kom in die aand.
Dankie vir die kosmaak gisteraand Blue Eye, ek doop jou sommer “Gawelina”!
Lekker dag vir julle.
Paula said,
Mei 14, 2008 @ 10:30 vm
Ek is baie bly jy voel beter! Mag daardie griepvirus vir ewig die pad vat!
Lekker dag verder en baie sterkte!
Skoor said,
Mei 14, 2008 @ 10:35 vm
Okay Dellie,
ek is bietjie laat met die raad, maar gaan loer op my blog by die boererate vir hoes, en dan doen jy die Vicks truuk ook by, en gaan sommer vandag nog vir ‘n getroue ou Vit B inspuiting by die apteek.
Jy het jou kragte nodig vir die HOP wat jou liggaam nou sal moet volg.
Strongz!
Roer said,
Mei 14, 2008 @ 10:51 vm
Moenie lag nie…maar smeer vicks onder jou voete, trek kouse aan en klim in die bed. Sluk ‘n gemmerbrandewyntjie…miskien twee of drie of vier en RUS. Wanneer jy gesond is, bou jou immunstelsel op. Sluk daagliks Barleylife. Hoop dit werk vir jou. As iemand wat gereeld en aanhoudend in die winter siek is, het ek al alles probeer en die bogenoemde (behalwe die ekstra sopies gemmerbrandewyntjies) is al wat gehelp het. Vandat ek my immunstelsel probeer opbou, is ek baie minder siek. Ek maak sommer ‘n smoothy want die Barleylife is HOND SLEG. Sit in die smoothy baie vrugte. Daai ding van “an apple a day keeps the doctor away…” Dis waar. Sterkte!
demoerin said,
Mei 14, 2008 @ 10:57 vm
Goed om te hoor jy voel nou beter!
TristonJ said,
Mei 14, 2008 @ 11:12 vm
((Dellie))
Marina said,
Mei 14, 2008 @ 11:52 vm
Dellie, bly jy voel beter. Hou maar aan boost….net vir ingeval. Ek hou ook maar by my daaglikse dosis Vit C en ‘n paar Zink pille.
Riaan Oosthuysen said,
Mei 14, 2008 @ 11:59 vm
Bly jy voel beter. Word sommer gou heeltemal gesond.
Wipneus! said,
Mei 14, 2008 @ 1:10 nm
Ek is bly jy voel beter, gelukkig het ons nou baie raad.
platkuif said,
Mei 14, 2008 @ 2:10 nm
Is jy al beter? slaap en (baie) tjoklits is al wat help…vir enige siekte
Pikkelik said,
Mei 14, 2008 @ 2:16 nm
Okey Dokey ek weet jy blog maar waar is jou post! Willie breinselle nog nie werk nie??????
Dellie said,
Mei 14, 2008 @ 2:58 nm
Dankie vir al die rate. Ek dink die groot ding is maar dat ek nie so getrou my vitamines gedrink het nie, en die afgelope tyd bietjie geslack het met vrugte en groente. As mens elke dag tot 7 uur werk, is take-aways ‘n maklike uitweg. En by die werk is dit bedrywig, ek verlang na my kind, kry nie tyd vir kleispeel nie, so my gestel is seker maar nie wat dit moet wees nie.
Pikkie, ek het “breinbriek”, soos NetJane sê.
Ek voel bietjie down en sonder woorde, en het nie veel te sê op hierdie stadium nie. Ek sal maar bietjie oefen met comments by julle!
Maar iemand het mos die anderdag gesê die son skyn weer?
costello said,
Mei 14, 2008 @ 5:18 nm
massage ,dan sex ,dan massage,dan… ens (VIT XYZ)
boendoe said,
Mei 14, 2008 @ 6:00 nm
Shame, Dellie. Sterkte, jong!
Dellie said,
Mei 14, 2008 @ 6:14 nm
Geez, Costello, dis nou die laaste ding waaraan ek gedink het vir raad…
Seks, reken jy? OK dok, aangesien ek al klaar koorsig is…
Emil said,
Mei 14, 2008 @ 11:22 nm
Ag, hier kom agteros ook in die kraal – heftige dag, besige dag – wil nie weer oor hê nie.
Raak beter, as jy nie reeds is nie.
Seks is nie slegte raad nie – jy moet net sweet
Ek drink altyd medlemon met twee extra disprins, twee eetlepes heuning en ‘n dubbel shot Franse cognac. Eerstens slaap en lekker en rus want ek onthou nie ek is siek nie – en dan sweet ek ook die beddegoed drie keer nuut ‘n nag – en nuwe, skoon beddegoed ruik so lekker. Maar daai konkoksie maak ook my vrou van my vergeet. Ek dink dit het te doen met die alewige omruil van lakens
Eben said,
Mei 15, 2008 @ 6:56 vm
Hallo maatjie … hoe voel jy vanoggend. Ek lees almal se kommetaar, en ek moet weereens saamstem, met my ex-Brits vriendin ROER … vicks onder die voete en op die kuiltjie!! DIT WERK!!
O jaaaaaa het jy my e-pos ontvang vir daardie nuwe, onverbeterlike remote net vir vrouens? Wel laat weet watter knoppie ek moet druk vir jou
demoerin said,
Mei 15, 2008 @ 7:58 vm
Dellie, hoop die seks het gehelp! Gaan dit ook vanaand probeer, enige single girls hier rond wat ook siek is?