Archive for Mei 15, 2008

Pokkelpensie

Binne die volgende week tot tien dae, gaan daar die getrippel van klein Worsie pooitjies deur ons huis wees. Wel, spreekwoordelik, want dit sal seker ‘n rukkie wees voor hulle aan die trippel gaan. Ek kan nie wag nie! Kyk net hoe lyk Roxy se pensie! As sy loop, wieg die boudjies, maar die pens hang net daar. G’n wonder haar bynaam is Papsak nie!

Sy is normaalweg nie baie klein nie, maar dis nie van eet nie. Sy is nou maar net eenvoudig ‘n groot WORS. Maar deesdae vreet sy ons amper uit die huis uit. Alles was sy kan kry. Selfs naartjies!

Ek sorg dat sy baie melk kry, en ‘n broodjie met grondboontjie botter op hier en daar. En soveel kos as wat sy wil hê. Ek wonder hoeveel babies gaan daar wees? Ek het nog nooit pasgebore Worsies gesien nie. Gisteraand het sy so hard gesnork, dat ek dog sy is besig om te kraam.

Ek hou maar die kamera gereed, dis nou een episode wat ek nie graag wil misloop nie!

Comments (27) »