Hulle is hier! Amptelik gearriveer en hulle eerste asem geproe op Saterdag, 17 Mei 2008.
Ek het Vrydagmiddag agtergekom dat iets nie lekker is nie. Twee vreemde nat plassies in die TV kamer en kombuis gevind. My nie veel daaraan gesteur nie, maar aangeneem die drukking op haar blaas raak bietjie erg en dat sy nie betyds buite kon kom nie.
Saterdag-oggend staan ek op, en vind die TV kamer in chaos. Al wat ‘n los kombersie en kussing is, is op hope “geskrop”. Iemand maak nes! Maak alles weer netjies, net om ‘n uur later op dieselfde toneel af te kom. En toe sien ek dat Roxy vreeslik bewe, asof sy koudkry, maar sy hyg oopbek na asem asof sy warm kry. En sy wil niks weet van “mandjie toe” nie, sy wil net op die bank of op my skoot wees.
Het haar uiteindelik sover gekry om in die mandjie te bly, as ek dit styf teen die bank skuif. Kombersies uitgehaal, koerante onder die mandjie gepak, en toe raak sy effens rustig. Spike mag net nie naby haar kom nie, dan wil sy hom opvreet. En hy kry die vuilste kyke! If looks could kill…
Teen 13h40 het die eerste reuntjie sy verskyning gemaak. Sy het niks gesukkel nie, en dit was vir my ongelooflik hoe haar instink oorvat en sy presies weet wat om te doen. Maak die sakkie stukkend, kou die naelstring af, en vreet die nageboorte. Van instink gepraat, net hierna was daar iemand by die hekkie, en haar instink was om te gaan ondersoek instel! Ek moes mooi praat en paai en vryf om haar te kalmeer, want toe het sy die reuntjie in die bek, en sy wil net padvat met hom. Wou hom seker gaan wegsteek vir die gevaar!
Om 14h25 was die eerste tefie daar. Deur die hele gebeurtenis, was Spike omtrent erger as ‘n mens-pa. Gee sulke fyn tjankies die hele tyd, maar waag dit nie te naby aan die mandjie nie. Hy klim eerder op my of Liefie se skoot, en druk die koppie tussen ons arms deur sodat hy darem ‘n view kan hê. En hy is die ene ore.
En so wag ons vir die volgende babie. Maar niks gebeur nie. Toe dit al drie ure later is, reken Liefie, nee wat, daar gaan net twee wees. Ek wil die nie glo nie, want haar pensie lyk nie of dit veel gesak het nie. En ek kan sweer ek voel nog ietsie beweeg daar binne. Maar soos die tyd aanstap, begin ek ook maar aanvaar dat dit net die ou tweetjies gaan wees.
Verrassing! Kwart oor nege maak nog ‘n tefie haar verskyning. En tien uur nog ‘n reuntjie. En toe is dit verby. Vier babatjies! En hulle is te pragtig. Almal omtrent dieselfde kleur, so ‘n mix tussen bruin en swart. Ek het foto’s geneem, maar die camcorder neem nie die beste stil foto’s nie. Ek sal vandag vriendin se kamera leen en ordentlike foto’s neem.
Maar min geslaap, ek is wakker die oomblik as een van hulle ‘n geluid maak. Ek is so bang sy gaan lê dalk op een! Gelukkig weet ons sy het genoeg melk vir almal. Daai tieties is behoorlik vol. En die kleintjies is doodgelukkig en volgesuip! Spike kan dit darem nou al so effens nader aan die mandjie waag. Sy het hom al toegelaat om so bietjie te snuffel aan hulle, maar ook net vir ‘n sekond of twee, dan grom sy vir hom. Dan loop hy weg met sulke fyn tjankies en kom wees smartvraat op my skoot. Arme ou ding! Gisteraand het hy soos ‘n weeskind sy kombersie geskuif tot so voor die mandjie, en maar daar geslaap!
Die eerste tweetjies. (Alles is rooi, want hulle is onder ‘n infrarooi lig vir hitte) Hier kan mens sien hoe groot is die pensie nog!
Mamma Roxy met al vier saam, doodgelukkig met vol spensies.
Pappa Spike loer ook so bietjie.















phoebe said,
Mei 19, 2008 @ 9:29 vm
Hulle is te pragtig vir woorde. Fantasties hoe hulle net natuurlik sulke goeie mammas is…
platterfuss said,
Mei 19, 2008 @ 9:39 vm
Geluk OUMA!!
(((Dellie))))
Jaco said,
Mei 19, 2008 @ 9:45 vm
Geluk ouma Dellie. Hulle is te oulik vir woorde
Meermin said,
Mei 19, 2008 @ 9:45 vm
Ag hulle is tog te fraai woorde!!! Ouma en oupa geniet hulle!!
ouma said,
Mei 19, 2008 @ 9:52 vm
Baie geluk hulle is te dierbaar. Lekker pajamadril, nou is dit Ricky se beurt.
Paula said,
Mei 19, 2008 @ 10:02 vm
Baie geluk met die nuwe kroos!
Ek is baie bly alles het goed afgeloop.
Geniet hulle!
Emil said,
Mei 19, 2008 @ 10:04 vm
Geluk ouma.
Wipneus! said,
Mei 19, 2008 @ 10:20 vm
Ag Dellie hier word my hart sommer spookasem, dis te cute..
Geluk. Ek sal nie een wil weggee nie. My hele huis sal vol Roxy’s rond hardloop…. Ag kyk hoe piepklein is hulle….
Pikkelik said,
Mei 19, 2008 @ 10:21 vm
Ag siestog hulle is te oulik. Geluk ouma, mag die pajamadril min en ver uitmekaar wees!!!!
Krista said,
Mei 19, 2008 @ 10:43 vm
/me mis worsie-babatjies verskriklik . . .!!!!!!!!!!!!!!!!!
Lekker speel!
Blue Eye said,
Mei 19, 2008 @ 10:44 vm
Weereens baie geluk vriendin, ek was darem bevoorreg om die piepklein worsies vas te hou. Jy moet jou dag geniet.
demoerin said,
Mei 19, 2008 @ 12:38 nm
Lekker Speel!
BB said,
Mei 19, 2008 @ 2:08 nm
NIKS so hemels soos pyppy-breath nie!! Geluk Delsch!! xx
netjane said,
Mei 19, 2008 @ 2:22 nm
Oulik! Baie geluk!
Dellie said,
Mei 19, 2008 @ 2:50 nm
Ai Wipneus, dit gaan vreeslik moeilik wees as hulle na die nuwe huise toe gaan. Die twee reuntjies is reeds bespreek. Maar gelukkig kan ons darem met hulle speel vir die volgende twee maande.
Eish, ja BB, niks so lekker soos puppy-breath nie!
Roer said,
Mei 19, 2008 @ 4:34 nm
http://kruidjieroermynie.wordpress.com/2008/05/19/tag-watter-jaar-is-ek-gebore/
Roer said,
Mei 19, 2008 @ 5:42 nm
“Maak die sakkie stukkend, kou die naelstring af, en vreet die nageboorte.” Ok, nou’s ek vrek naar. (Cute babba’s nietemin).
Eendjie said,
Mei 19, 2008 @ 6:04 nm
Te pragtig vir woorde….Baie Geluk Ouma Dellie!
Sterkte aan Roxy met die “pajama drill”….
Dellie said,
Mei 19, 2008 @ 6:21 nm
Roer, wees BAIE bly dat ons mens mamma’s nie daai ene hoef te doen nie!
En ek aanvaar jou tag! Sal more aan hom werk.
Hi Eendjie, welkom!
mykopop said,
Mei 19, 2008 @ 10:56 nm
Te pragtig! Ek hoor dis wat mens noem ‘n long wheelbase hond!
Carolina said,
Mei 20, 2008 @ 1:56 vm
Hi Dellie,
Nie van jou vergeet! Ek werk my net dood!! Sweet hondjies!! Maar nie vir my. My kinders het huidiglik 4 honde en ek spook net om my huis te red!! Daarwas al begrafnis en lang trane gehou die afgelope maand terwyl ek in Ierland was oor hierdie “pedigree Hiskia – honde(siberiese honde??)” ! R15000 rekening!! en dan sterf die hond nog steeds en my kinders(eintlik groot volwasse seuns!) in ‘n toestand!! Hulle sal lekker n saampraat met Platterfuss. My kop is nie helemaal daar!! Praat later! Dus 2 uur in oggend en ek moet nog baie doen voor ek kan slaap!!
Lekka week en geniet die honde!!
Eben said,
Mei 20, 2008 @ 6:35 vm
Veelsgeluk liewe Dellie, omdat jy ouma geword het …. (tra la lieee)
Geluk ‘ouma’ …. nou ou Ebie is nie so skerp nie, maar wie is Spike …. daardie swart Spyker worsie van julle
Ek kan my voorstel …. Jaco / Krista, hulle sou wat wou gee om daardie hondjies te kon sien.
Jo-Ann Schou said,
Mei 20, 2008 @ 11:31 vm
Hulle is te grys vir woorde… lyk so fluweelsag! Lekker speel, Dellie!
My Dogg merk die laaste paar dae verwoed die hekpilare en sit en snuif die lug daardie neusie diekant toe en daardie kant toe wikkel. Ek wonder of daar ‘n nuwe meisiehond in die omgewing is.
Ek moet net keer – as Dogg nog ‘n keer gemeng word, gaan daar goed in die strate wees wat niemand anders as die ma sal wil hê nie…
Marina said,
Mei 20, 2008 @ 1:52 nm
Ag Dellie dis te pragtig!! Baie geluk!!
Weglekind said,
Mei 20, 2008 @ 10:25 nm
BAIE BAIE GELUK DELLIE!!!! Hulle is te dierbaar vir woorde. Hulle sê of jy haat ‘n wors of jy is gek oor hulle, maar daar is nie in between nie. Ek is een van die wat GEK is oor hulle. Ek neul op ‘n daaglikse basis by manlief vir ‘n worslyf maar hy wil nie val daarvoor nie.
boendoe said,
Mei 21, 2008 @ 11:07 nm
Moeder tog! Dankie, Dellie, nou weet ek ook hoe lyk newborn rot…worsies! Cute, man!
Corli van der Merwe said,
Mei 23, 2008 @ 9:02 vm
AG JINNE!!! Nou begin ek wens my twee wil hulle nonsens los en ook sulkes maak!