Roer het my getag om ‘n video te plaas van ‘n song wat ‘n treffer was in die jaar waarin ek gebore is. Dis ‘n lekker ene die! Here goes:
Ja Baby, nie veel het verander nie, het dit? Dis nou EERS ‘n Wille Wêreld daar buite!
Ek tag vir Boendoe, Zee en Meermin. GO!
NS. As die video nie wil speel nie, maak die comments oop en probeer weer. Weet nie wat dit deesdae is nie, maar soms sukkel ek ook om ‘n video te sien.












BB said,
Mei 21, 2008 @ 8:34 vm
Delsch?? Ek sien iewers in die blogosfeer jy is ook ‘n oud Suidwester?? Vertel bietjie meer, toe?? x
Wipneus! said,
Mei 21, 2008 @ 9:16 vm
Ek sukkel ook vreeslik met die video’s deesdae ek refresh net, een of ander tyd begin dit wel speel.
Cat Stevens…. dit is ‘n wille wêreld, jy moet kop hou hier
My broer is ook in die jaar gebore
Mooi song!
Pikkelik said,
Mei 21, 2008 @ 9:30 vm
Ek het lanklaas so lekker geluister na al die ou songs soos op hierdie tag speletjie… Dit was ‘n briljante idee. Ek is maal oor jou liedjie, het lekker gegiggel, my oupa het altyd gesê dis Kat Stefaans!
Eendjie said,
Mei 21, 2008 @ 10:04 vm
Nice song….ou Kat Stefaans (Pikkelik!) is mos deesdae bekend as Yusuf Islam (?) of so iets….of het ek nou die “kat” aan die stert beet??
netjane said,
Mei 21, 2008 @ 10:27 vm
Jy’s doodreg Eendjie, met die dat hy oorgeskakel het Islam toe het sy naam ook verander, maar sy songs bly nog mooi!
Zee said,
Mei 21, 2008 @ 11:43 vm
Ek sukkel maar hierso by die werk om dit oop te maak. Sal maar vannaand gaan luister by die huis. Ok, ek aanvaar die tag, maar jinne, hoe soek ek nou n video…. bietjie dom met sulke goed!
me said,
Mei 21, 2008 @ 12:08 nm
Dellie, bietjie af van die topic: hoe gaan dit met Roxy en haar babies?
Jy moet vir haar puppy-pellets gee om te eet – nou die dag by Onderstepoort gehoor, verkieslik Eukenuba of Hill’s diet.
Dellie said,
Mei 21, 2008 @ 12:45 nm
Hi Me,
Dit gaan goed met hulle. Dis net ‘n ewige stryd om vir Spike uit die mandjie te hou – noudat sy hom daar toelaat, wil hy sommer oorvat! En hy is ‘n mannetjie wat daarvan hou om toe te wees, kruip sommer so self onder die kombersie in. Nou probeer hy dit in Roxy se mandjie ook doen, en dan land die babies buitekant! En dan is hy sommer heel opstroppelis (?) met my as ek hom daar wil uithaal!
Ai, praat van pajamadril!
Roxy en Spike eet Pedigree, maar ek sal bietjie vir haar van die puppy pellets gaan kry wat jy voorstel. Tot dusver lyk dit darem of sy genoeg melk het. Die babies is baie tevrede.
Meermin said,
Mei 21, 2008 @ 12:59 nm
KRY NIE DIE VIDEO OOP NIE, SAL MOET GAAN GOOGLE, OM DIE SONGS VAN DAAAAAI JAAR TE GAAN KRY, WANT GLO EK HET NIE ‘N CLUE WATTER SONGS DAAI JARE ‘N HIT WAS OF NIE, DIT SAL NOGAL INTERESSANT WEES HOOR!!
demoerin said,
Mei 21, 2008 @ 2:46 nm
Weereens voel ek nou ek moet vir nog iemand tannie sê…(koes en hardloop)
Dellie said,
Mei 21, 2008 @ 2:59 nm
Kom hier, jou klein twak, ek wil jou aan jou ore ophang!
Adrie said,
Mei 21, 2008 @ 7:51 nm
Tannie Dellie
Nice song. Klassiek, darem nie oud nie.
Dellie said,
Mei 21, 2008 @ 8:11 nm
Dun ys, sussie, dun ys…
Adrie said,
Mei 21, 2008 @ 8:46 nm
Tannie Dellie
Die Tannie saam in verdrukking is Tannie Roer. Die Tannie klub.
boendoe said,
Mei 21, 2008 @ 11:10 nm
O vet! In watter klub is ek dan? The Geriatric Club?? Adrietjietjie, die wiel draai, sussa!
demoerin said,
Mei 22, 2008 @ 7:20 vm
Gelukkig draai die wiele vir sommige nog baie stadig….hahaha
Adrie said,
Mei 22, 2008 @ 8:46 vm
Demoerin
Mense wat vandag oud is, gaan nog ouer wees as ons oud is.
Dellie said,
Mei 22, 2008 @ 9:07 vm
Darem een voordeel – met grysheid kom wysheid ook, so ons sal altyd slimmer as julle wees! Whê!
Zee said,
Mei 22, 2008 @ 9:09 vm
Dellie, ek het hoeka so paar (ok, n hele klompie) gryses!
boendoe said,
Mei 22, 2008 @ 9:20 vm
Gmf! Die jeug het ook g’n respekte nie! Adrie en Demoerin, ons sal al lankal rustig in ons graffies le, dan stress julle nog oor doodgaan!
En…ons gaan EERSTE ons vlerkies kry! Whe!!
ADRIANA said,
Mei 22, 2008 @ 9:35 vm
En die Tannie Klub raak nog groter. Daar is al Tannie Roer, Tannie Dellie, Tannie Zee en Outannie Boendoe.
Dan se die mense dat ons geen respek het nie.
ADRIANA said,
Mei 22, 2008 @ 9:37 vm
Amper vergeet ek van Ouma Wip.
Zee said,
Mei 22, 2008 @ 10:35 vm
Huiswerk gedoen Juffrou!
http://zee3.wordpress.com/2008/05/22/die-treffer-in-die-jaar-toe-ek-die-lig-gesien-het/
Wipneus! said,
Mei 22, 2008 @ 10:53 vm
Adriana jy moet oppas vir jou
As hierdie tannies en Ouma jou beetkry gaan jy blou boudjies hê