Archive for Mei 22, 2008

Mej SA in my geboortejaar

Geez, dis nou net weer tags waar jy kyk! Maar dis lekker, dit hou ons besig en uit die kwaad uit. Veral die jongeres… wat nou wragtig wil seker wees hoe oud ek is! Demoerin het my getag met die ene. Pikkelik het ‘n lekker tabel daar by haar waar jy sommer vinnig kan sien wie Mej SA was in jou jaar. Gaan google bietjie, en deel ietsie interessants daaroor. Ek het hierdie gekry:

Up to 1969, South Africa was represented at the Miss World Pageant by a white delegate. But in 1970, white Jillian Jessup and black Pearl Jansen, both with perfect 24-36 figures, competed in separate contests in South Africa, one for whites and one for blacks, for the right to go to London. Miss Jansen, biracial, was classified under South Afican racial laws as “colored”. Miss Jessup would compete as Miss South Africa, Pearl as Miss Africa South. This two-girl policy lasted until 1976, after two years of withdrawals of many delegates in protest.

On November 9, Pearl and Jillian, with their chaperons and surrounded by a large group of newsmen, went for a stroll in London’s Grosvenor Square. Jillian, a 20-yer-old blonde, explained that “we both represent the whole of South Africa.” They said they were happy to compete together and regarded themselves as joint representatives of South Africa.

Pearl, as 19-year-old factory machinist from Cape Town, said that if she was “crowned it will be for all South Africans, not just the coloreds or the whites.”

Despite South Africa’s strict racial laws that enforced segregation of races, Jillian said that when they return home “we hope to go out together and meet in the same place.” The contest organizers placed the two women in separate hotel rooms with other contestants, but insisted that there was “no racial or political significance” in this. Jillian and Pearl, both with big smiles, posed together for news photographs.

Mmmm, ek tag vir Eendjie, Paula, en Corli. GO! GO! GO!

Bron

 

Comments (8) »

Oor die hond se stert

Ek lees vandag raak dat wetgewing binne die volgende twee weke deurgevoer gaan word wat ‘n verbod sal plaas op die afsny van ‘n hond se stert. Het jou honde sterte?

Ons het ‘n swart Labrador gekry toe ons net getroud is. Sy naam was Bowzer. Genoem na die grootbek met die diep stem, van “Sha Na Na – onthou julle? (Nee toemaar Demoerin, jy en Adrie sal nie ‘n clue hê waarvan die grootmense hier praat nie! Hehe!) Anyway, Liefie het my een middag by die werk kom haal, en toe ek in die kar klim, wriemel hierdie pikswart hondjie met ‘n waaiende stertjie onder die sitplek uit om my te verwelkom.

Soos klein hondjies maar doen, het hy baie groter geword. Sy stert ook. Hy kon snaakse goed doen met sy stert. Wanneer hy soggens wakker geword het, het hy more gesê deur net sy stert te swaai terwyl hy nog in sy hok lê, te lui om uit te klim. As ek van die werk af gekom het, het sy stert die absolute plesier weergee van sy blydskap om my te sien. As hy wou hê ek moes sy ore krap, het hy my met sy stert teen die bene kom piets. Wanneer hy stout was, soos om koffietafels met sy stert om te gooi, het hy stert tussen die bene in sy hok gaan wegkruip. Wanneer hy voëltjies bekruip het, het die hare tot op die punt van sy stert regop gestaan. As hy by my voete gelê het, en sy stert begin klop teen die mat, het ek geweet hy hoor daar is iemand by die hek. Wanneer Liefie laat gewerk het, het sy stert eerste vir my laat weet dat hy oppad was, so asof sy stert die vibrasies kon aanvoel.  

Die Worse se sterte vertel ook hulle eie stories. So reguit soos ‘n vlakvarkstertjie as hulle gaan ondersoek instel na vreemde geluide, ‘n stertswaai wat die hele lyfie swaai as bekendes verwelkom word, so ‘n halfmas enetjie soos ‘n slap kabel as hulle smartvraat speel.

Aan die ander kant, kan ek my nie voorstel hoe moet ‘n Dobermann of Rottweiler, selfs ‘n Jack Russell, lyk met ‘n stert nie. Maar hoekom is hulle sterte in die eerste plek afgesny? Wie het besluit dat ‘n hond met ‘n stomp stert mooier of beter is as een met ‘n gewone stert? Sommiges reken dis omdat hulle sterte aan bosse vashaak as hulle jag. Nou hoekom het ‘n kat dan ‘n stert? Hy is mos ook ‘n jagter, en sy stert kan aan baie meer goed vashaak terwyl hy rotte en muise jag.

Telers is glo nie baie ingenome met die nuwe wetgewing nie, en sommiges doen dit sommer self as ‘n veearts nie wil nie. Darem onder verdowing, wanneer die hondjies vier tot vyf dae oud is. Ingevolge wetgewing kan hulle dan nou vervolg word.

Ek wonder of ou Bowzer dieselfde sou gewees het sonder ‘n stert? Ek dink dit sou my herinneringe aan hom minder gemaak het. Daai stert het ‘n hele paar koffietafels, bekers en fase se einde beteken!

 

Comments (19) »