Archive for Mei 26, 2008

Kookwater Vetkoek

Mmm, met die lekker reënweer, is vetkoek en mince mos net die ding om vinnig aanmekaar te slaan as jy by die huis kom. Hierdie reseppie is rerig so vinnig en maklik, niemand kan dit laat flop nie. Ek maak dit gewoonlik sommer so X3 as daar manne saameet.

Kookwater Vetkoek

Bestanddele:

2 koppies koekmeel

25ml suiker

10ml bakpoeier

2ml sout

2 eiers

250ml kookwater

olie vir vlakbraai

 

Sif droeë bestanddele saam. Klits eiers en kookwater saam. Meng eiermengsel met meelmengsel. Skep lepelsvol in warm, vlak olie en braai tot goudbruin. Dreineer op kombuispapier. Bedien met maalvleis vulsel.

Kry net so bietjie OBS ook om die koue te verdryf, en jy is ge-organize! Geniet!

Foto: Cakehead

Comments (16) »

Nog Worsie foto’s

♪ ♫ Dis reën, dis wind, dis water
♪ ♫ Die son kom eers weer later

Dit reën ou meide met knopkieries van Saterdagaand af. Te lekker. Het gister heeldag DVD’s gekyk, Demoerin se Malva poeding gemaak (yummie!) en net rondgelê. Ook maar goed, want vandag is baie bedrywig hier by my. Dit sluit ook in dat ou Esther nie opgedaag het nie, en die hele huis is in chaos… die kombuis en TV kamer lyk soos ‘n rampgebied! Ek worry mos nie oor skottelgoed op ‘n Sondagaand nie, sy kom mos Maandag in. Gmpf. Sal my leer.

Hier is nog ‘n paar babie foto’s van pootjies, tongetjies en pensies om oor te ooh en te aah. Hoop julle oorleef Maandag, onthou, gryp hom aan die horings en ry hom bloots!

Comments (19) »