Archive for Junie, 2008

My Motto?

So ‘n rukkie terug het Pikkie my getag vir my motto of slagspreuk. Dis nie so maklik soos wat dit klink nie, maar hierdie steek nog altyd in my kop vas.

Toe ek in Sub A was, was ons skool se leuse ARBEID ADEL. Ek het vas geglo dit is vir my persoonlik bedoel, en dat die mense net vergeet het om die aksent op my “e” te sit. Maar toe begin ek blog…

‘Nough said.

Comments (18) »

Geduld

Comments (15) »

Wad?

Ek is besig om ou kompie bietjie skoon te maak. Darem vreeslik hoe mens dinge kan opgaar, selfs op jou rekenaar! Ek het op ‘n hele klomp ou grappies afgekom, maar hierdie ene het my weer laat skater.

Maak asseblief jou kantoordeur toe, anders gaan jou kollegas dalk die ouens van die sponskamers vir jou bel. En jy MOET dit hard lees, anders gaan dit glad nie sin maak nie.

Room Service (RS): “Morny! Ruin sorbees!”

Guest (G): “Sorry, I thought I dailed room service?”

RS: “Rye… ruin sorbees… morny! Djewish to odor sunteen?”

G: “Uh… yes… I’d like some bacon and eggs.”

RS: “Ow July den?”

G: “What??”

RS: “Ow July den?… pry, boy, pooch?”

G: “Oh, the eggs! How do l like them? Sorry, scrambled, please.”

RS: “Ow July dee bayhcem… crease?”

G: “Crisp will be fine.”

RS: “Hokay. An San tos?”

G: “What??”

RS: “San tos. July San tos?”

G: “I don’t think so.”

RS: “No? Judo one toes??”

G: “I feel really bad about this, but I don’t know what ‘judo one toes’ means.”

RS: “Toes! Toes!… why djew Don Juan toes? Ow bow inglish mopping we bother?”

G: “English muffin!! I’ve got it! You were saying ‘toast’. Fine. Yes, an English muffin will be fine.”

RS: “We bother?”

G: “No, just put the bother on the side.”

RS: “Wad?”

G: “I mean butter… just put it on the side.”

RS: “Copy?”

G: “Sorry?”

RS: “Copy… tea… mill?”

G: “Yes. Coffee please, and that’s all.”

RS: “One Minnie. Ass ruin torino fee, strangle ache, crease baychem, tossy singlish mopping we bother honey sigh, and copy… rye??”

G: “Whatever you say.”

RS: “Tendjewberrymud.”

G: “You’re welcome.”


Comments (21) »

Stampede!

Seun-hulle het Sondag begin met hulle “jump” Calgary toe. Hulle was die afgelope twee weke of so in Winnipeg.

Ek verlang nog baie, maar dis al beter. Dis darem nou al meer as drie maande, en ek dink die ergste is verby. Elke keer as ek met hom praat, klink hy baie positief en gelukkig, en ek dink hy geniet dit baie.  Dit troos die moederhart! Dit help om my daaraan te herinner dat ons dit alles vir hom gun, en ek wens ek het die kans gehad om dit te doen toe ek sy ouderdom was. Die werk is nog baie en hard. Die anderdag toe ons gesels het, het hy vertel dat alles baie duur is in Canada. Maar ook dat hy darem al ‘n Bison steak of wat weggepak het. Hulle maak ‘n plan en braai as hulle die kans kry. Liefie vra nogal ewe of hy nie al ‘n girl nadergehark het om te sorg vir sy wasgoed en kos nie… hehe! Ongelukkig bly hulle nie lank genoeg op een plek nie.

Hy is baie opgewonde oor die Calgary Stampede. Ek het vir ons bietjie inligting gaan soek, en dit lyk na ‘n fees. Dis basies ‘n moerse groot skou, alles te doen met cowboys en hulle tradisies, kos en vermaak. Bullrides, rodeo’s, en country shows. Vir tien dae lank. Hierdie jaar vanaf 4-13 Julie. Eendag, as ek groot is…

The Calgary Stampede takes place in early July and attracts visitors from all over the world.  This is one of the Calgary events worth taking several days to enjoy.  The Calgary Stampede celebrates “Western Canadian heritage with dynamic contemporary entertainment”.

During “The Week”, as it is known by locals, the city of Calgary gets decked out in Stetson hats, blue jeans and cowboy boots.  The city fills with visitors (around a quarter of a million in ten days) eager to participate in the greatest of the Calgary events of the year.  The Calgary Stampede is one of the biggest rodeos in the world, calling itself “The Greatest Outdoor Show on Earth”.   This isn’t just a tourist trap either; most of the performers in the show are real cowboys, spurs and all.  The rodeo competition is taken very seriously by participants.

The Calgary Stampede history dates back to 1912 when entrepreneur Guy Weadick and four business associates put up a cash prize for the winner of the rodeo.  The event attracted around 60,000 people to the opening parade, celebrating what was thought to be the end of the great cowboy days.  Considering that the population of Calgary at the time was only 65,000, the number of people who attended daily rodeo events (around 40,000) are pretty impressive.

Today, Calgary Stampede events are kicked off at Stampede Park on Thursday evening with a preview show of the next ten days of Calgary events.  On Friday there is the parade, beginning at 9am.

As with many Calgary Stampede events, spectators arrive as many as three hours early in order to secure a good seat.  The parade lasts for at least two hours, involving around 150 entries, 700 horses, and 4,000 participants.

Many of the Calgary Stampede events take place in the Olympic Plaza (called Rope Square during the events) in downtown Calgary.

Some of the typical Calgary events include: square dancing, mock gun-fights, country bands and native dances.  During the night the square comes alive with music and dancing, cabaret style shows, fireworks, gambling, drinking, and general disorderliness.

The real highlights of the Stampede take place in Stampede Park.  Here you can watch the bronco riding, buffalo riding, branding, roping, cow- talking and milking— all of the fun of the rodeo.

A large portion of the park is filled with amusement park rides, stages for shows, stalls, and restaurants.  In the Aboriginal Village you can see a teepee village of five First Nations peoples.

One of the hilariously dangerous-yet-irresistible-to-watch events is the chuck-wagon races.  These and the rodeo are not included in the $8 entrance fee for the Calgary Stampede.  It is another $8 for the chuck-wagon races, same for the rodeo.  Tickets for the wagon races and the rodeo are in great demand and go on sale up to a year in advance.  If you don’t want to miss these events, look into getting tickets early.

Hier is ‘n site met lieflike foto’s en video’s as jy dalk meer wil sien. Dis nou regtig iets wat ek graag eendag sal wil beleef. Hoop jy geniet dit, my liefste kind!

Bron

Comments (13) »

Willie werkie

Ongelukkig sal bogenoemde nie lekker werk nie, want ek is die baas. Maar julle kry die idee! Sal more weer ietsie nuuts opsit.

Lekker Maandag, ek is besig om hom bloots te ry! :wink:

Bron

Comments (14) »

Wat eet ons?

Dis behoorlik winter in die Vrystaat. Ek weet nie van julle nie, maar as dit koud is, wil ek net eet! :shock: Nie knibbel aan chippies en koekies nie, maar kos. Bredies, sop, vetkoek, pannekoek, plaatkoekies en poedings. Winterkos. Ek probeer baie hard om nie oorboord te gaan nie, maar ek weet ek gaan so ‘n paar sentimeters bykry hierdie winter, soos elke winter. Gelukkig kan ek dit onder lekker dik klere wegsteek tot die somer kom! En dis dan se probleem.

Ek hou van kook, maar het nie baie tyd vir bak nie. Desember word die blikke natuurlik volgemaak met klein koekies en goete, maar die res van die jaar is daar meer lugleegtes as koekies in.

My skoonma het hierdie “menu” vir elke dag van die week. Maandae = pap en vleis. Dinsdag = kookkos. Woensdag = pasta. Donderdag = kookkos. Vrydag = vis en chips (net van ‘n spesifieke kafee). Saterdag = braai / kerrie en rys. Sondag = kookkos. Na al die jare is dit nog presies dieselfde. Jy weet wat jy gaan eet as jy daar gaan kuier. Effens vervelig, maar hulle hou van die roetine.

Ek kan nie so kook nie. Ek besluit die meeste van die tyd tien minute voor ek met die kos begin, wat die uiteinde gaan wees. Dit hang ook natuurlik af van wat in die kaste is. Sommige etes het darem so bietjie meer beplanning en voorbereiding nodig, en as die weer so donners droewig is soos vandag, begin ek al vroegdag rondsoek vir wat ons vanaand gaan eet.

Toe het ek hierdie lekker site ontdek, Supercook. Ideaal vir wanneer jy nie weet wat om te kook nie. Jy voer die bestanddele wat jy in jou kaste het in, en daarvolgens kry jy resepte. Baie cool! Gaan kyk!

En ek moet julle net so bietjie jaloers maak – Blou Oog is besig om vetkoek te bak vir middagete…. my mond water al vir hoe lank, dis waar hierdie possie vandaan kom. Wat is dan nou lekkerder as ‘n warm, vars vetkoek, met baie appelkooskonfyt… (Demoerin, tel hierdie onder Gluttony?)

Comments (39) »

Sonskyn Mense

Lank gelede, net nadat SA die rugby wêreldbeker gewen het, het ek hieroor geblog. Die timing was nie te lekker nie, want almal was op so ‘n high dat hulle dit nie nodig gehad het nie. Hierdie het ek vir Bosparra geskryf.

Het jy al agtergekom hoe meeste mense ‘n positiewe of negatiewe energie uitstraal? Sommer so van die eerste oomblik wanneer hulle ‘n vertrek binnestap, bring hulle die sonskyn of die donderstorm met hulle saam. Ek dink die meeste van ons verkies sonskyn mense.

Die rede hoekom ons onsself assossieer met sekere mense of plekke, is omdat hulle ons goed laat voel. Veral in die tye waarin ons vandag leef, is iemand ‘n wenner as hulle ons tog net beter kan laat voel. Ons word gebombardeer met negatiewe gebeure elke dag. Moord, roof, verkragtings word op koerante se voorblaaie uitgebasuin, xenofobiese geweld steek gemeenskappe aan die brand, gesiggies van vermiste kinders skree vir ons vanaf lamppale. Ons voel hulpeloos. Ons smag na iets positiefs.  Al is dit dan net ‘n mens met ‘n positiewe gesindheid.

Dis waar ek dink ons almal ‘n verskil kan maak. Charity begins at home…. Maar dan moet ons leer om ons denke te beheer. Ons denke beheer ons emosies. Ons emosies beheer ons fisiese gesondheid.

Toe ek byna nege jaar gelede my besigheid begin het, was ek verskriklik bang. Dit was alles so nuut en onbekend. Wat as ek nie suksesvol is nie? Duisende “what if” vrae het deur my denke gehardloop. So erg dat ek letterlik naar geword het. Ek kon nie eet nie, ek kon nie slaap nie. Daar was net hierdie alles oorheersende vrees.  Toe koop ek vir my ‘n boek wat ek vandag nog af en toe nader trek sodra ek agterkom dat my energie te negatief begin raak. Ek dink ons almal is die afgelope tyd naby aan daardie puntjie. Dus wil ek dit graag met julle deel, miskien kan dit ‘n verskil in jou lewe ook maak.

Fokus op elkeen van die volgende:

  • die persoon wat jou die meeste in jou lewe irriteer
  • die laaste fight wat jy en jou liefie gehad het
  • die laaste groot teleurstelling wat jy gehad het
  • die laaste keer wat jy in ‘n ongeluk betrokke was
  • die laaste keer wat jy oor ‘n misdaad gelees het
  • die laaste keer wat jy verwerp of seergemaak gevoel het
  • die ding wat jou op hierdie oomblik die meeste bekommer

Het jy opgelet wat gebeur met jou terwyl jy hieraan dink? Jou hart klop vinniger, jou maag trek op ‘n knop saam, jy kners op jou tande, jy kan voel hoe jou liggaam gespanne raak, jy word woedend, jy voel hulpeloos, jy begin sweet, jou asem jaag… met ander woorde, wanneer jy fokus op negatiewe dinge, ervaar jy fisies negatiewe simptome.

Fokus nou hierop:

  • die drie mense vir wie jy die liefste is
  • die een ding waarvoor jy die dankbaarste is in jou lewe
  • die gelukkigste oomblik van jou lewe
  • die snaakste fliek wat jy nog ooit gesien het
  • die eerste keer wat jy liefde gemaak het
  • die mees suksesvolle dag in jou lewe
  • ‘n tyd toe iemand regtig daar was vir jou
  • die een ding waarna jy op hierdie oomblik uitsien

En wat het nou gebeur? Jy haal diep asem, jy glimlag, jy ontspan, jy knik jou kop instemmend omdat die lewe goed is, jy voel opgewonde, jy voel sterk, die bloed bruis deur jou are, jy wil iets gaan DOEN! Met ander woorde, jou positiewe gedagtes het oorgesit in positiewe fisiese energie. Ongelooflik, né?

Die laaste gedeelte gaan ek direk aanhaal uit die boek:

So here’s the secret of mentally tough people. They never loose focus on the positive things in their lives. They never allow their current environment or situation to hijack their mental and physical well being. They are bigger then any obstacle that confront them.

We are not saying that you shouldn’t feel negative emotions such as anger, fear, frustration or disappointment. That’s only human. What we’re saying is that you can’t allow these emotions to own you.

So right now, start building your inventory of positive thoughts. Start gathering all the great things in your life and write them down. Keep these thoughts and things close to you at all times. Focus on them when you need the power to get through dark times.

Ek dink dis ‘n lessie wat ons almal bietjie ter harte kan neem. Ter wille van ons eie sanity. Begin sommer nou, en glimlag vir die persoon langs jou. En vir die ene by die verkeerslig vanmiddag oppad huistoe. Miskien is hy dan nice met sy vrou, wat dan weer nie op die kinders skree nie. Die kindertjies gaan lekker slaap, en more vars en fris wees om hulle beste op skool te lewer. Juffrou gaan baie bly wees, en die hoof gaan haar nie fire nie. En dis alles aan JOU te danke!

Bron: You’re the Boss – Mike Lipkin & Eric Parker

Comments (23) »

Hasie-Hop

Die wors-baba’s word nou groot. Ek verkyk my nogsteeds aan Spike en Roxy se spanpoging om hulle op te pas en groot te kry. Spike ruil nogsteeds doeke, maak selfs southappies skoon… die beste van alles is, as die klompie beginne speel en knor vir mekaar, is OF Rox OF Spike dadelik by om hulle uitmekaar te haal. Te oulik.

Hulle ogies is nou al oop vir ‘n wyle, en Vrydag het ek vir die eerste keer vir hulle bietjie Pronutro en melk gegee. Ek wonder hoeveel baba hondjies, katjies en voëltjies al grootgemaak is met Pronutro. Baie slap, en die melk om die helfte verdun met water. Hulle is spekvet, maar die tandjies is ook nou al deur, en hulle kou arme Rox se tieties stukkend. Toe reken ek as hulle bietjie ander kossies inkry, het Roxy effens van ‘n ruskansie hier en daar.

Twee weke terug het ons agtergekom dat die kleinste tefie se stertjie die helfte korter is as die ander s’n. Het nogal gedink dit gaan funny lyk, die worsie met die kort stertjie. Maar van Vrydag af het hulle nou ordentlik beginne rondbeweeg. Toe sien ons dat iets nie lekker is met haar nie. Haar stertjie lig glad nie op soos die ander nie. Net die puntjie wapper so effens as sy opgewonde raak. En wat beweeg aanbetref – as dit stadig is, werk die agterpootjies mooi saam. Sy stap die wêreld vol, maar die ou stertjie hang net daar agter die boudjies. Maar sodra sy opgewonde raak en vinniger wil beweeg, is iets totally missing. Sy split soos in plat op die grond met die agterbene, trek hulle dan op ‘n bondeltjie onder haar lyf in, gooi die voorpote doer ver, en dan begin sy hop soos ‘n hasie dat die oortjies sommer so flap! Ag shame, julle, dit lyk te funny! Maar sy MOVE! Verder is daar niks verkeerd met haar nie. Infact, sy is die ene wat al die verste verken het, tot by die agterdeur en terug, sonder om te tjank. En sy verniel almal en laat haar nie onderkry nie. Ek wonder nou net wat dit kon veroorsaak het, en wat missing is?

Liefie se eerste reaksie was om haar maar te laat uitsit. Ek het amper verstik in my bier!

“Maar wie gaan haar wil hê,” vra hy.

“EK! EK sal haar hou. Sy het al klaar viervoetig kom vassteek in my hart.”

Toe ek later besig is met die kos, merk ek op dat Liefie vir Roxy op die bank het, en raai, vir Hasie-hop ook, sodat sy bietjie ekstra melkies kan kry. En toe sy hom gisteraand gewaar en basies bo-oor die ander hop om by hom uit te kom, het sy hart ook gesmelt.

“As die nie vir hierdie spirit van jou was nie…,” gesels hy met haar.

So, nou sit ons met ‘n baba. Sy moet asseblief ‘n naam kry. Sy kan nie “Hasie-hop” bly nie. Enige idees?

Hier is nog ‘n paar foto’s. Ek het al duisende geneem. Hulle is so pragtig!

Speeltyd:

Om een of ander rede lyk slaaptyd altyd soos ‘n ongelukstoneel!

Comments (39) »

Help ‘n bietjie hier

Ek het vandag bietjie julle hulp nodig. Omdat Seun nie hier is nie, wil ek vir Vadersdag hierdie jaar vir Liefie ‘n spesiale geskenkie gee. Ek weet hy het nie tyd om hierdie week my blog te lees nie, so dis veilig om hier raad te vra.

Ek wil vir hom ‘n boekie met verskillende ”vouchers” gee wat hy enige tyd kan “inruil” wanneer hy so voel. Ek mag dan nie ’n verskoning hê om dit nie te doen nie. Byvoorbeeld, ene vir ‘n rugkrap, ‘n lekker massering, ‘n pedikuur, en natuurlik vir so bietjie “vroetel” ook. Maar dis alles gewone dinge, ek het bietjie kreatiewe idees nodig van julle ook vir vouchers. Veral hier sal die manne wat lees goed kan help?

Saam met ‘n bottel van sy gunsteling wyn, bietjie biltong en neute, behoort hy dit te geniet. Gelukkig is Maandag ‘n vakansiedag, dan kan ons herstel na die naweek…

Comments (47) »