Archive for Junie 11, 2008

My Beurt

Die afgelope tyd was daar nogal baie blog birthdays – vandag is dit myne. ‘n Jaar terug het ek ook besluit om te begin blog. Eers by Blogspot, en toe het ek in Oktober 2007 getrek WordPress toe, met ‘n hele paar bloggers op my hakke.

Ai, hoe het ons nie gegroei in die afgelope jaar nie! En nou bedoel ek nie ons blogs nie, ek bedoel ons as mense. Ons het mekaar leer ken, ondersteun, bemoedig, uitgek@k, en weer vrede gemaak. As ek terugkyk, kan ek nie glo ‘n jaar is alreeds verby nie. Ons het darem party dae vet pret gehad!

Daarom wil ek nie vandag my eerste possie aanhaal nie, maar die Koekverkoping… dit was vir my lekker…. onthou julle?

 

En die koeke op die basaar tafel is: (Drumroll please! Tadaaa……)

Antjiesomers  (dis jammer Antjie blog nie meer nie – sy was soos ‘n gypsy in my mind – maar iemand wat rerig ‘n verskil gemaak het in my lewe)

Boendoe (Onthou jy die sonde met die bokke wat jou tamaties gevreet het in Angola? Ek onthou daai foto’s van die perfekte tamaties op jou blog, en die volgende dag het die bokke dit opgevreet!)

Blommie (Dis nou ME, vir die wat nie weet nie)

Boer in Ballingskap (Jy is seker nou éérs dik vir ryskoekies?!)

Bosparra (Amper nog dieselfde, net met ‘n dikker vel!)
 

 Butterfae (Jy was ons eerste pregnant fairy, wat toe Bottertjie geword het)

 

Da Mario (G’n verandering nie! Ek het skaars geweet wie jy is, maar vinnig besef dat jy mooi girls like!)

 

Dellie (Op hierdie stadium het daar ‘n paar rotte in my huis rondgehol, wat my al my dae gegee het. Spike het hulle eventually uitgeroei.)

DD (No comment. Wag nog om ‘n verandering te sien.)

 

Ding (Ag, ek mis vir Ding! Hy kon darem aan mens se binnekant raak met sy woorde. Ek hoop dit gaan goed met hom en Dina.)

 

Eben (Jy het ons lekker jaloers gehad met daai prawns in Moz, né!)

 

Fairydust (Ook effens verdwyn, ek kry nog af en toe ‘n e-mail van haar.)

 

Grot van Genot – Karoles (Toe was jy nog in Nederland. Jy is terug in SA. Nou noem hulle jou Karools. Sterkte met jou winkel!)

 

Harvey (Blog-polisie – doen nou DD se blog)

 

Idiwidi en diewitdraak (Is jy nog met ons?)

Jaco (Eish, hierdie sal seker nie meer werk vir jou dieet nie! Beskou dit maar as “the good old times” en as jy lus word vir ‘n lekker steak, kom kyk maar na die prentjie. Sterkte met julle mission, wie weet, met my next b-day is daar dalk klein koekies ook by!)

 

Koeks (Lanklaas van jou gehoor, hoop jy lief nog chocolate koek)

 

Marat (Ek weet jy lief nog honkies!)

 

Platterfuss (Ai, dit laat my sommer verlang na jou Bushie)

 

Sonneblom (Nog dieselfde, pas mooi by jou sonneblom wat so mooi oorleef het?)

 

Sonstudio (Baie besig met jou musiekloopbaan. Ek is bevoorreg genoeg om een van jou eerste CD’s te besit. Ons is SO trots op jou, jy gaan dit nog ver bring. You go girl!)

 

SSSB (RIP)

Skoenlapr (Het nie ‘n idee of jy nog bestaan nie)

 

Sharks (Wat toe intussen Meermin geword het)

 

En hier sit ons nou ‘n jaar later. Vreemd hoe dinge verander, en tog dieselfde bly. Dankie julle, vir al die kuiertjies, die geselsies, en die vriendskappe wat ons al gesluit het. Dankie vir julle geduld, verdraagsaamheid, en die feit dat julle soms heeltemal verby my foute kyk. Dankie vir elkeen wat die moeite doen om hier te kom lees elke dag, en dankie vir die wat kommentaar lewer. Dankie dat julle dit vir my so lekker maak om sommer net hier te kom tjorrel oor die alledaagse dingetjies wat vir my saakmaak. Julle is meer deel van my lewe as wat julle besef.

Hier is die link na die oorspronklike possie.

Comments (22) »