Lank gelede, net nadat SA die rugby wêreldbeker gewen het, het ek hieroor geblog. Die timing was nie te lekker nie, want almal was op so ‘n high dat hulle dit nie nodig gehad het nie. Hierdie het ek vir Bosparra geskryf.
Het jy al agtergekom hoe meeste mense ‘n positiewe of negatiewe energie uitstraal? Sommer so van die eerste oomblik wanneer hulle ‘n vertrek binnestap, bring hulle die sonskyn of die donderstorm met hulle saam. Ek dink die meeste van ons verkies sonskyn mense.
Die rede hoekom ons onsself assossieer met sekere mense of plekke, is omdat hulle ons goed laat voel. Veral in die tye waarin ons vandag leef, is iemand ‘n wenner as hulle ons tog net beter kan laat voel. Ons word gebombardeer met negatiewe gebeure elke dag. Moord, roof, verkragtings word op koerante se voorblaaie uitgebasuin, xenofobiese geweld steek gemeenskappe aan die brand, gesiggies van vermiste kinders skree vir ons vanaf lamppale. Ons voel hulpeloos. Ons smag na iets positiefs. Al is dit dan net ‘n mens met ‘n positiewe gesindheid.
Dis waar ek dink ons almal ‘n verskil kan maak. Charity begins at home…. Maar dan moet ons leer om ons denke te beheer. Ons denke beheer ons emosies. Ons emosies beheer ons fisiese gesondheid.
Toe ek byna nege jaar gelede my besigheid begin het, was ek verskriklik bang. Dit was alles so nuut en onbekend. Wat as ek nie suksesvol is nie? Duisende “what if” vrae het deur my denke gehardloop. So erg dat ek letterlik naar geword het. Ek kon nie eet nie, ek kon nie slaap nie. Daar was net hierdie alles oorheersende vrees. Toe koop ek vir my ‘n boek wat ek vandag nog af en toe nader trek sodra ek agterkom dat my energie te negatief begin raak. Ek dink ons almal is die afgelope tyd naby aan daardie puntjie. Dus wil ek dit graag met julle deel, miskien kan dit ‘n verskil in jou lewe ook maak.
Fokus op elkeen van die volgende:
- die persoon wat jou die meeste in jou lewe irriteer
- die laaste fight wat jy en jou liefie gehad het
- die laaste groot teleurstelling wat jy gehad het
- die laaste keer wat jy in ‘n ongeluk betrokke was
- die laaste keer wat jy oor ‘n misdaad gelees het
- die laaste keer wat jy verwerp of seergemaak gevoel het
- die ding wat jou op hierdie oomblik die meeste bekommer
Het jy opgelet wat gebeur met jou terwyl jy hieraan dink? Jou hart klop vinniger, jou maag trek op ‘n knop saam, jy kners op jou tande, jy kan voel hoe jou liggaam gespanne raak, jy word woedend, jy voel hulpeloos, jy begin sweet, jou asem jaag… met ander woorde, wanneer jy fokus op negatiewe dinge, ervaar jy fisies negatiewe simptome.
Fokus nou hierop:
- die drie mense vir wie jy die liefste is
- die een ding waarvoor jy die dankbaarste is in jou lewe
- die gelukkigste oomblik van jou lewe
- die snaakste fliek wat jy nog ooit gesien het
- die eerste keer wat jy liefde gemaak het
- die mees suksesvolle dag in jou lewe
- ‘n tyd toe iemand regtig daar was vir jou
- die een ding waarna jy op hierdie oomblik uitsien
En wat het nou gebeur? Jy haal diep asem, jy glimlag, jy ontspan, jy knik jou kop instemmend omdat die lewe goed is, jy voel opgewonde, jy voel sterk, die bloed bruis deur jou are, jy wil iets gaan DOEN! Met ander woorde, jou positiewe gedagtes het oorgesit in positiewe fisiese energie. Ongelooflik, né?
Die laaste gedeelte gaan ek direk aanhaal uit die boek:
“So here’s the secret of mentally tough people. They never loose focus on the positive things in their lives. They never allow their current environment or situation to hijack their mental and physical well being. They are bigger then any obstacle that confront them.
We are not saying that you shouldn’t feel negative emotions such as anger, fear, frustration or disappointment. That’s only human. What we’re saying is that you can’t allow these emotions to own you.
So right now, start building your inventory of positive thoughts. Start gathering all the great things in your life and write them down. Keep these thoughts and things close to you at all times. Focus on them when you need the power to get through dark times. “
Ek dink dis ‘n lessie wat ons almal bietjie ter harte kan neem. Ter wille van ons eie sanity. Begin sommer nou, en glimlag vir die persoon langs jou. En vir die ene by die verkeerslig vanmiddag oppad huistoe. Miskien is hy dan nice met sy vrou, wat dan weer nie op die kinders skree nie. Die kindertjies gaan lekker slaap, en more vars en fris wees om hulle beste op skool te lewer. Juffrou gaan baie bly wees, en die hoof gaan haar nie fire nie. En dis alles aan JOU te danke!
Bron: You’re the Boss – Mike Lipkin & Eric Parker












Carolina said,
Junie 18, 2008 @ 6:03 nm
Dellie,
Dankie dat jy hierdie met ons deel!
Positiewe denke bring positiewe aksie!!!
Pikkelik said,
Junie 18, 2008 @ 7:47 nm
Damn, dankie Dellie! Dis nou letterlik uit die boeke uit, net wat ek tans nodig het. ‘n Mens se omstandighede kan werklik binne ‘n oogknip verander en dan sit jy in daai donker moeras en sien niks wat eens naastenby soos ‘n sonstraal lyk nie.
Thanks vir die een…
snoopy said,
Junie 18, 2008 @ 8:15 nm
Liewe Dellie,
Verskoon dat ek myself hier innooi, geniet jou blog en jou uitkyk op die lewe baie. Ek voel ook soos ‘n eend van hierdie dam.
Om positief te bly is soms moeilik, maar dit werk. Dit verander die persepsie wat ‘n mens van baie dinge het.
Adrie said,
Junie 18, 2008 @ 8:23 nm
Daar was ‘n verskriklik negatiewe mens in my lewe. Alles het altyd met haar verkeerd gegaan en sy het 90% van die tyd gehuil. Selfs ‘n speelse getergery het haar in trane laat uitbars.
Ek het ons vriendskap om 2 redes be-eindig.
1. Ek het haar meer seer gemaak as wat ek waarde in haar lewe gevoeg het.
2. Ek het iets in haar gesien wat ek nie naby my wou he nie.
Ek voel nog steeds bitter sleg oor wat ek gedoen het. Ek het besef dat ek nie die woord vriendin werd is nie. Feit bly, my lewe is beter as sonder haar. Sy was ‘n dik vuil kombers op ‘n bedompige dag. Ek is van die kombers ontslae nadat sy weg is. Sy was te versmorend.
Dellie said,
Junie 18, 2008 @ 8:24 nm
Liewe Snoopy,
Welkom by ons dam. Dis baie waar wat jy sê. Hoe ‘n mens na dinge kyk, bepaal gewoonlik die outcome. Ek glo dit. Anders sou ek nie vandag hier gesit het nie. Dis moeilik, ja, maar niks wat nog ooit die moeite werd was, was maklik nie, né? Anders sou almal dit mos gedoen het… Imagine…
As mens positief is, kan jy vlieg…
snoopy said,
Junie 18, 2008 @ 8:44 nm
Dellie, baie dankie !
Adrie, ja dit is verstommend wat se effek ‘n negatiewe persoon op die lewens van ander het. Ons het ‘n situasie in die werksplek gehad waar skere persone wat met niks in die lewe tevrede sal wees nie, ander so beinvloed het, dat niemand meer iets goeds van die maatskappy of bestuur kon se nie. Dit was opvallend hoe die gemoedere en moraal verander het toe die negatiewes uiteindelik bedank het.
BB said,
Junie 18, 2008 @ 8:46 nm
I try Delsch!! I try soooo hard! en dis sooo waar – die fokus en dan daarmee saam die attitude.
/me spread haar arms en neem ‘n moerawiese aanloop………..
Watch me fly ~~~~~~~~~
(thanks virre great post!!)
snoopy said,
Junie 18, 2008 @ 8:51 nm
Daar is ‘n sitplek oop in my jet, jy kan kom saamvlieg as jy wil.
Dellie said,
Junie 18, 2008 @ 9:22 nm
I’m watching BB, jou vlerkies is pragtig!
Tersia said,
Junie 18, 2008 @ 10:23 nm
Baie dankie Dellie!!
Eben said,
Junie 19, 2008 @ 6:47 vm
Wow … dankie vir positiewe denke!! Ek het dit verseker soms nodig!!
sonneblomseplekkie said,
Junie 19, 2008 @ 7:07 vm
Hi Dellie, ja dis soms baie moeilik om aan die positiewe te dink. Dis asof mens se mind net wil negatief dink. Ek ry een oggend vroeg in die winter werk toe. Langs my stop ‘n vrou met 3 kinders in haar kar. Sy sing. Kliphard en klap hande en glimlag van oor tot oor. En dans so sit sit. En aldrie haar kinders sing en dans saam haar. Dis die mees positiefste situasie wat ek al gesien het. Tot vandag nog as ek aan haar dink kry ek ‘n smile op my gesig. Gewoonlik dink mense jy is mal as jy ry en saam sing, maar daardie vrou het een hengse positiewe uitwerking gehad op baie mense dink ek daai dag. Lekker daggie vir jou
Groetetjies
Sonneblom
demoerin said,
Junie 19, 2008 @ 8:49 vm
Positief!! Wonderlik. Elke dag moet mens eintlik die post van jou lees. Dit is so belangrik om op die positiewe in jou lewe te fokus, dan lyk die negatiewe sommer soos onbenullighede!
Paula said,
Junie 19, 2008 @ 9:00 vm
Dit is voorwaar ‘n pragtige boodskap.
Dankie!
boendoe said,
Junie 19, 2008 @ 9:31 vm
Dellie, dis raad wat ek gerus te harte kan neem. Die nuus in die koerante en op TV kry my regtig met tye onder. En dis nie asof ek ophou lees en kyk nie, want ek voel ek moet weet wat in die land aan die gebeur is. Maar dis waar, ek moet meer op die positiewe goed in my lewe fokus.
kaalvoetinireen said,
Junie 19, 2008 @ 12:11 nm
Dis absoluut die waarheid. As mens jou blindstaar in al die negatiewe kan jy nie positief wees nie. Dankie vir ‘n lekker post!
Wipneus! said,
Junie 19, 2008 @ 5:34 nm
mmmm dis ‘n lekker positiewe inskrywing.. Dankie Dellie
arabier said,
Junie 19, 2008 @ 8:00 nm
Baie positiewe skrywe!
As ons maar net dit ons eie wil maak en daaraan vashou, en daarmee saam die Woord as fondasie het!
Grootneus
annedelicious said,
Junie 20, 2008 @ 6:55 vm
positivity!!!!! aaaaaaaaaaggggggggggghhhhhhhhhhhh! ek van dit,ek is altyd positive dat ietsie gaan kry op my tafel!
Min dae « Wosonki said,
Junie 20, 2008 @ 8:05 vm
[...] Dellie, het jy gesien hoe mooi het ek ‘n positiewe draai op alles probeer sit? Ek is nogal heel [...]
My Motto (vir nou) « Bashing innie Boendoes said,
Junie 20, 2008 @ 1:06 nm
[...] het, is ek nie te liefie diefie op die oomblik nie. Skuus, Dellie, volgende week sal ek meer positief wees! Toevallig het Skoor my motto vir my gemail, sonder dat sy geweet het hoe nodig ek dit het! [...]
Carlos said,
Junie 21, 2008 @ 10:26 nm
Ek dink nie alle mense is in staat om positief te wees en bly nie. Sommige mense kan versmorered wees. En ja, ons wil hulle nie in ons lewe nie. Positiewe mense dink oor die algemeen dinge gebeur met ‘n doel. En dat mense jou pad kruis vir ‘n rede. So kruis ons ook die paaie van daardie mense wat nie altyd die silwer randjie kan sien nie, en vir hulle moet ons die silwer randjie in die lewe bly. Dankie dat hierdie post vandag iemand se silwer randjie was.
My Motto (vir nou) « Boendoe se blog argief said,
September 11, 2009 @ 9:06 nm
[...] het, is ek nie te liefie diefie op die oomblik nie. Skuus, Dellie, volgende week sal ek meer positief wees! Toevallig het Skoor my motto vir my gemail, sonder dat sy geweet het hoe nodig ek dit het! [...]