Dis behoorlik winter in die Vrystaat. Ek weet nie van julle nie, maar as dit koud is, wil ek net eet!
Nie knibbel aan chippies en koekies nie, maar kos. Bredies, sop, vetkoek, pannekoek, plaatkoekies en poedings. Winterkos. Ek probeer baie hard om nie oorboord te gaan nie, maar ek weet ek gaan so ‘n paar sentimeters bykry hierdie winter, soos elke winter. Gelukkig kan ek dit onder lekker dik klere wegsteek tot die somer kom! En dis dan se probleem.
Ek hou van kook, maar het nie baie tyd vir bak nie. Desember word die blikke natuurlik volgemaak met klein koekies en goete, maar die res van die jaar is daar meer lugleegtes as koekies in.
My skoonma het hierdie “menu” vir elke dag van die week. Maandae = pap en vleis. Dinsdag = kookkos. Woensdag = pasta. Donderdag = kookkos. Vrydag = vis en chips (net van ‘n spesifieke kafee). Saterdag = braai / kerrie en rys. Sondag = kookkos. Na al die jare is dit nog presies dieselfde. Jy weet wat jy gaan eet as jy daar gaan kuier. Effens vervelig, maar hulle hou van die roetine.
Ek kan nie so kook nie. Ek besluit die meeste van die tyd tien minute voor ek met die kos begin, wat die uiteinde gaan wees. Dit hang ook natuurlik af van wat in die kaste is. Sommige etes het darem so bietjie meer beplanning en voorbereiding nodig, en as die weer so donners droewig is soos vandag, begin ek al vroegdag rondsoek vir wat ons vanaand gaan eet.
Toe het ek hierdie lekker site ontdek, Supercook. Ideaal vir wanneer jy nie weet wat om te kook nie. Jy voer die bestanddele wat jy in jou kaste het in, en daarvolgens kry jy resepte. Baie cool! Gaan kyk!
En ek moet julle net so bietjie jaloers maak – Blou Oog is besig om vetkoek te bak vir middagete…. my mond water al vir hoe lank, dis waar hierdie possie vandaan kom. Wat is dan nou lekkerder as ‘n warm, vars vetkoek, met baie appelkooskonfyt… (Demoerin, tel hierdie onder Gluttony?)












Suz said,
Junie 19, 2008 @ 12:54 nm
Eet was en is nog altyd lekker. Ek was vir die laaste 4 maande op ‘n diet en het 14kg verloor, moet ook net noem dat manlief in hierdie tyd 32kg verloor het. Nou is ek so bang ek tel al daardie gewig weer op en is nou te bang om verkeerd te eet. Ek het darem gisteraand ‘n vetkoek met mince verober, maar het liewer van die konfyt af weggebly.
Moet sê ek het ook nogal so menu vir elke dag van die week, werk vir my baie makliker, want ek hou nie van kos maak nie.
Lekker Eet en dink maar aan my as jy so smul aan al die lekker kos!!!
Pikkelik said,
Junie 19, 2008 @ 1:06 nm
Ek dink nie meer ek hou van jou en blouste ogies nie… Ek wil ook daai vetkoek hê, warm, met die botter (plaas) en stroop wat so tussen jou vingers afdrup…
en …. en …. en …. ek willie verder met julle praat nie…..
Paula said,
Junie 19, 2008 @ 1:08 nm
Water my mond nou vir daardie vetkoek!
Jy gee my nogal ‘n idee vir vanaad se ete
rb said,
Junie 19, 2008 @ 1:56 nm
In die koue soek ek ook ietsie warms om te eet, lekker sop. Maar moet sê daai vetkoek sal ook doen, dink okie ek wil verder met julle praat nie!!!!!
Dellie said,
Junie 19, 2008 @ 2:11 nm
me/ lek nog lippe en vingers af… hmmmm, dit was lekkkeeerrr!
Suz, baie trots op jou en manlief! Dit vat baie selfdissipline. Ek sal weer daaroor dink as die somer kom! Ek sal darem ook nou ook nie die dam heeltemal onder die eend uitruk nie…
boendoe said,
Junie 19, 2008 @ 2:35 nm
Hiehie, lag ek nou vir jou en Suz!
Ek sal bietjie daai site gaan uitcheck. Dit gebeur heeltemal te veel kere dat ek staan en kopkrap oor WAT ek gaan maak met die bestanddele in die kas! Maar vanaand, skaapkerrie!
boerinballingskap said,
Junie 19, 2008 @ 2:39 nm
Hoe verlang ek nie sommer na daai lekker boerekos nie. Ai….
Dellie said,
Junie 19, 2008 @ 3:02 nm
Oe, Boendoe, dit klink heerlik! Kerrie is darem ‘n wenner in die winter.
Ek het ‘n waterblommetjie bredie resep opgespoor verlede week, en wil dit vreeslik graag probeer oor die naweek. Ek het dit nog nooit geëet nie, en Liefie karring ook nou al vir jare aan my dat ons ‘n plan moet maak. Hoop net ek kan waterblommetjies by ons “mamma pick – pappa pay” kry.
Sorry Bib,
ons sal maar vir jou foto’s wys.
Suz sal ook net kyk!
demoerin said,
Junie 19, 2008 @ 3:08 nm
Vetkoek klink nou na net die ding…mmmm. Daar is niks fout met lekker kos nie en ek glo nie gluttony tel in die winter nie!
Suz said,
Junie 19, 2008 @ 3:28 nm
Dellie
My probleem is ek is so vreelik lief vir die sweets,chips,roomys, gebakte poedings en brood. Ek gaan my bes probeer om my sexy lyfie so te hou vir die somer.
Wens so ek was van daadie gelukkiges wat kan eet net wat hulle wil en net so maer bly.
Dellie said,
Junie 19, 2008 @ 3:44 nm
Suz, skuus jong, ek spot net bietjie met jou, sal jou mos nooit probeer verlei nie…
As jy al daai dinge vermy deur die winter, is jou lyfie NOG mooier as die somer hier is. You go girl!
Ek is ook nie een van daai gelukkiges wat sommer alles kan eet nie. Maar hierdie maand maak ek of dit my nie pla nie!
boendoe said,
Junie 19, 2008 @ 3:49 nm
Sorry, Dellie, het nou niks met jou inskrywing te doen nie, maar jy onthou vir Hexi? Sy is terug, met ‘n nuwe blog: http://matewis.wordpress.com. Ek is so chuffed ek het haar weer opgespoor, want ek het gewonner hoe gaan dit met haar.
Dellie said,
Junie 19, 2008 @ 3:59 nm
Yay! Thanx Boendoe, ek het gaan comment by haar, maar “awaiting moderation”.
Suz said,
Junie 19, 2008 @ 4:41 nm
Dellie
Toemaar ek weet dat jy maar net spot!!!! Ook maar mens ook maar lus.
kaalvoetinireen said,
Junie 19, 2008 @ 4:50 nm
Sies vir jou Dellie! Mens maak nie so nie man! Hoe moet ek en Bib nou voel??? Ek wil net huistoe gaan om my ma se kos te eet…ek is so moeg vir die Koreaanse kos en ek haat dit om kos te maak vir myself, plus natuurlik geen oond wat ook nogal beperkend raak! Dis nou middernag en nou is ek sommer weer honger…
Wipneus! said,
Junie 19, 2008 @ 5:44 nm
Hoe kan jy my nou so lus maak
Ek is so lus vir regte kos vandag, ons het die laaste paar dae hotel kos geëet. Daar prut lekker beesstert in rooi wyn op Wipneus se stoof!!! Oe-la-la ek kan nie wag nie…
diebrein said,
Junie 19, 2008 @ 6:06 nm
Ek het lekker hoendersop gemaak met heel dye, vlerkies en boudjies en lekker volgraanbrood met diiiik botter.
Hey vetkoek ek jare laas vetkoek geeet.Eet dit saam met gorgonzola kaas en biltong.
Pikkelik said,
Junie 19, 2008 @ 6:36 nm
Oi – vir jou straf vir omdat jy alleen vetkoek geëet het, huiswerk!
snoopy said,
Junie 19, 2008 @ 7:02 nm
Het nou net vir vroulief omgepraat, more kry ek vetkoek en kerriemaalvleis. Dankie Dellie
sonneblomseplekkie said,
Junie 19, 2008 @ 8:11 nm
Dellie, ek nounet daai website gaan beloer. Is heel oulik! En veral vir my meisiekind wat nou op die “ek-wil-iets-bak-stadium” is. En so met die vinnig loer, lyk die resepte nie te moeilik vir haar nie.
Vetkoek klink na lekker idee vir more aand. Met lekker vars vye jam
Groetetjies
Sonneblom
Eben said,
Junie 20, 2008 @ 6:36 vm
Dellie, ek wil jou amper verbied om weer oor kos te post!!! Arme Suz en BiB !!!
Dis Vrydagoggend en ek is sommer klaar honger. jong sop en vetkoek doen dit nie vir my!! Om een of ander rede as ek dit weet, word ek ’see-siek’
Hoekom weet ek nie! Dit maak nie saak hoelank bedruk jy die vetkoekie of dit groente sop of boontjie sop is, hy presteer nie met my!
Neeee Boendoe dan is ons twee van dieselfde dam se ganse! Ek het juis gisteraand ‘n skaap kerrie deurgewerk en saam gebring werk toe!
demoerin said,
Junie 20, 2008 @ 7:05 vm
Dit is 7 uur op Vrydag oggend en nou is ek al weer honger!
BB said,
Junie 20, 2008 @ 7:54 vm
Ons ‘koektannie’ is tog al van 10 uur af weer hier *pê-wê* – julle verstáán nie hoe awesome koeke en terte daai antie bak nie – en by ons werk se koffieshop koop ons dan so tussen die 8 van ons 12 snye verskillende koek en terte en kry vir ons ‘n mega cuppa en dan eet almal van als!! Baked Cheese, Death by Chocolate, P/Crisp, Greek Melktert – en een allerverskriklike lekker poppyseed & Orange koek – outta this world!!!
BB said,
Junie 20, 2008 @ 8:06 vm
Ahhhhh Vetkoek met stroop en gerasperde kaas!! (het verlede naweek by Irene Village Market geëet) – julle boereanties mag maar!!
Ek het al by Spar vetkoetkdeeg gekoop – myne kom sulke klein tawwe bolletjies uit die olie uit – I’ve given up! Ons local tuisnywerheid verkoop nou ook plain vetkoeke, wat ek koop en dan by die huis met die maalvleis en kaas en whatnot-als voorsit.
Ander ongelooflike lekkerte vir my is krummelpap (jip, ek is een van die min duitsers wat ordentlike krummelpap kan maak en baaaaaaaie trots is daarop!!) met bechop-te, ge-kaiingde vetterige biltong en vars room.
Oooooeeeee dis L E K K E R !!
Dellie said,
Junie 20, 2008 @ 8:17 vm
Haha, BB, dis OK, nou kan die klompie vir JOU vies wees vanmore!
Ek het onlangs ook uiteindelik die kuns bemeester om krummelpap te maak. My liefie is gek daaroor. Met ‘n mushroom, room en bacon sous. Heerlik!
Uhm, ek dink ek moet ‘n ander possie opsit, voor almal se keyboards natgedrool is…
Suz said,
Junie 20, 2008 @ 8:54 vm
Eben
Manlief ook nie sop nie, hy glo sop is vir siek mense!!!!!!
Marina said,
Junie 20, 2008 @ 10:21 vm
Ek het die website gaan loer…….BAIE handig!!!! Dankie Dellie…..nou is ek honger!!!
Wipneus! said,
Junie 20, 2008 @ 10:28 vm
Ek kry elke keer ‘n hongerte as ek hier kom draai
Roer said,
Junie 20, 2008 @ 12:19 nm
Kan nie onthou wanneer laas ek melkkos geeet het nie… Oe, hoe lus ek ook nou. Die verskil met dit kleintyd eet en nou eet, is groot boude, maar in die winter moet ‘n mens mos bietjie meer vetjies hê om warm te bly.
WhiteKnight said,
Junie 20, 2008 @ 12:42 nm
Hmmmmm, Sal maar gaan eet na ek al julle kosse bestudeer het, anders bly die maag dink die keel is afgesny.
Mooi Blog Dellie, gaan so voor.
meermin said,
Junie 20, 2008 @ 12:51 nm
Suz baie geluk met wat julle twee al reggekry het, ek het intussen darem nog so 4 kg afgeskud, drink GREEN TEA, dit help, maar shit die goed is sleg!!
WINTER is en bly maar WARM bredies en WARM kosse en WARM poedings.
Juffrou’tjie het my al vertel van hierdie supercook.com
Hoop jy het heerlik geeèt aan daai vetkoeke!! Lekker naweek vir almal.
Blixer said,
Junie 20, 2008 @ 12:51 nm
Sjoe, ek mis Suid Afrikaanse kos! Kos met geur en kleur. Bobotie, braaivleis, skaapboud, vetkoek en appelkooskonfyt met kaas, malvapoeding, appeltert, melktert. Ag verlang ek nou terug huistoe!
Suz said,
Junie 20, 2008 @ 3:09 nm
Meermin
Ek het nog nooit green tea gedrink nie, sal maar eerder op die harde manier gewig verloor
Emil said,
Junie 20, 2008 @ 3:41 nm
Hallo hallo. Dat ek nou so op ‘n leë maag hier kom inloer!!
Heerlike Butternut en kerrie sop gisteraand gehad met voorgereg heerlike boontjie en tamatie sop met ‘n dash rooiwynasyn. En vreeslike lekker tuisgebakte brode met allerhande interessante kruie en suurdeug gedoentes. En wyn wyn wyn – want daar is nie sulke lekker dinge in Milondo Uganda nie!!
En vir nagereg heerlike appelkoosdeegtert, of so ‘n ding. Amper roliepolie, maar nie gerol nie – ‘n Duitse weergawe met lae. Anyway, verstommend lekker!
Die naweek is my beurt – hoop nie my vrou lees hier nie … maar gaan haar verras met ‘n romantiese fondue. Sy is more uit met die laaitie saam ander ma’s vir middagtee en dies meer, so ek rig die dinge skelm op, maak die souse, sny die vleise en steek aan die kerse.
Moenie moreaand bel nie
kaalvoetinireen said,
Junie 20, 2008 @ 5:32 nm
EK het BAIE melkkos gemaak met die blerrie koue winter hier in Korea! Ek het ‘n saak gehad met watterkant toe ek groei! Dis nou so warm, mens is nie eers lus vir eet nie!
rosalindfranklin said,
Junie 20, 2008 @ 10:33 nm
Dit tel glad nie onder gluttony nie, dit tel onder: ag lekker!
alta said,
Junie 21, 2008 @ 6:29 nm
Ai tog ek gaan nie weer hier lees nie want julle maak y net lus vir lekker kos!!!
TristonJ said,
Junie 22, 2008 @ 1:04 nm
Ek dink ons almal lei nou aan winter maag… ek wil ook net sop en pannekoek in ryg!! Maar so gaan dit maar elke winter… gelukig dra ons so veel klere dat ons dit goed weg kan steek as daai extras om die middel begin sit
demoerin said,
Junie 23, 2008 @ 10:26 vm
Nee, eet ons nog steeds?