Wie gaan weet?

Daar is ietsie wat my pla… hoe gaan ons weet as een van ons bloggermaatjies iets oorkom? Ek bedoel soos ‘n ernstige ongeluk of operasie, of nog erger, die tydelike met die ewige verwissel?

Ek wonder soms hieroor, want lekker blogs begin stagneer, of hang net leweloos in die kuberruim rond. Wat het geword van die bloggers? Sommiges groet wel en delete hulle blogs, maar ander raak net stil.

Al ken ons mekaar nie persoonlik nie, voel ek tog ‘n konneksie tussen ons. Ek sou wou weet as een van julle iets oorkom.  Dis seker ‘n bietjie morbied, maar een of ander tyd gaan dit ‘n werklikheid word. Ons kan netsowel voorbereid wees?


glitter-graphics.com

45 Responses sover »

  1. 1

    007meisie said,

    hmmm dis nogal ‘n vraag en ‘n half nè! Eish! Uhm wel ek dink ons sal vir elke blogger ‘n gps bug moet in plant en ‘n internet databasis opstel sodat ons kan sien wie kuier waar! :-D Hehehe! Lekker koekeloer!!!

    Mar dis waar ja, mens raak soms so effe besig lat jy skoon vergeet van die blogs! Ek bv is nie elke dag in die kantoor nie so ek is nie elke dag met die internet doenig nie. Dus loer ek maar meestal so oor ‘n naweek na paar blogs of sluip op ‘n secret mission rond en ontleed die mense se blogs…maar ekke lief vir julle klomp baie!

    So hou op komkommer en vat elke dag soos hy kom! As dit nou hartseer insluit dan moet ons dit maar so aanvaar! Maar die lag en goeie sal die hartseer oorheers! En actually you know, my ouma het altyd gesê dis goed lat mense dooi want dan is hul op ‘n baie lekkerder plek as wat ons nou is! Dis seker maar waar, tog is hartseer en rou nie ‘n lekker gevoel nie! Maar dis deel van die lewe!

    So ek dink as iemand die tydlike met die ewige verruil het en ons weet nie daarvan nie, dan moet hul maar kom spook lat ons kan bewus raak… ;-0

    Bravo 2 oor en uit!
    007 bestel vir jou ‘n sonskyn daggie!

  2. 2

    Wipneus! said,

    Dellie is dit nie snaaks nie, ek het oor dieselfde ding gewonder. Veral as die blogs so stil raak!!! Mens het ‘n konneksie met jou blog maats!! Jy is saam met hulle hartseer en/of bly as jy hulle inskrywings lees.

    Hoe gaan ons weet?

  3. 3

    Marina said,

    Soos Dellie en Wipneus het ek ook al gewonder. My blog is vir my ‘n ontsnapping en niemand van my naby mense weet eers daarvan nie. Niemand sal eers ‘n notajie kan los as iets ernstigs gebeur nie. Ek dink tog mens sal met ‘n posduifie kan agter kom indien iets ernstigs gebeur ….of hoe????

  4. 4

    Zee said,

    Dellie, snaaks genoeg, na my broer die laas week 3 ligte hartanvalle gehad het (hy rook, stres… baie van die doen ek ook) het ek nogal gewonder hoe? Ken mens iemand persoonlik wat jy dalk as ‘n author op jou blog kan sit wat dalk so ‘n posting kan doen. Ek persoonlik dink aan Reisiger (sy is my kerk en sal dadelik weet as daar iets met my gebeur het) of wys ek my dogter hoe om ‘n post te doen. Ok, nie dat ek beoog om julle gou te verlaat nie! Ek het nog te baie werk om te voltooi!

    Trikkie question hierdie!

  5. 5

    Bottertjie said,

    Haai, ja! So baie mense het van die blogplaneet verdwyn! Toe ek en Antjie nog pelle was, het sy vir julle op hoogte gehou van wat met my gebeur en andersom, maar nou is daar nie so iemand nie. My man weet ek blog, maar gaan hy “click” hy moet die bloggers laat weet van wat met my gebeur het? Tricky, hey, tricky…

  6. 6

    Pikkelik said,

    Dis ‘n vreeslike ding!!! Julle sal seker dadelik weet as ietsie fout is in my lewe want ek blaker mos daagliks alles hier uit!!! Julle weet meer as my Ma, dis ‘n moeilike ene hierdie. Miskien moet ons elkeen sorg dat ons met een ander blogger kontak hou, op ‘n ander manier as blog, sodat daardie een dan die nodige kan doen… Maar magtig, julle moet nou nie iets staan en oorkom nie! Dis aaklig!!!

  7. 7

    Pikkelik said,

    BTW – Ek’s mal oor jou piesang!!!! :lol: :lol:

  8. 8

    BB said,

    My blog-’erfgename’, weet om te laat weet…. ek dink dis ook ‘n nice idee in case of siekte of krisis, weet jy??
    Ek laaik ook jou piesang, Delsch :cool: en daardie raad vir die ‘lemons in life’ – :oops: – sal laat weet offit werk :grin:

  9. 9

    Dellie said,

    Ek het ‘n plan bedink oor hoe om te laat weet as iets gebeur. Ek dink die meeste van ons het ten minste een blogger se ware details, en ‘n telefoon nommer, of kan dit maklik kry. Ek gaan daardie nommer op my liefie se selfoon sit, en hom vra om asseblief die persoon te laat weet as dit sou nodig raak. Dit behoort die ding te doen? :wink:

  10. 10

    Dellie said,

    Psst.. Pikkie en Beeps – Loer bietjie heel onder aan die bladsy… :oops: :lol:

    Ek speel vandag heerlik met die glitter-graphics goetertjies. Dis Neykie se skuld. Ek het dit by haar gesien en terstond verlief geraak… :mrgreen:

    EN ek het feeds opgesit van my favourite kuierplekke, nou kan ek sommer sien as ‘n nuwe possie verskyn = meer tyd vir lees, minder tydmors om elke keer te gaan kyk of daar ‘n nuwe possie is. En dit het ek by Paula geleer. Oulik, né? :wink:

  11. 11

    BB said,

    Hahahaha vir die flasher!!! Maar darem het hy een verweer: dis winter!! :lol:
    Ek het jou feeds gesien – dis damn nice, ja!!

  12. 12

    Carolina said,

    Dellie,
    Sjoe laat jy my nou morbied voel!
    Ekke wil nie nou dink aan doodgaan. Wil nog eers my kleinkinders sien groot word! (oor ‘n week en half sien ek my dogter in Amerika. Sy is al 20 weke swanger en ek wil haar so graag teen my vasdruk!!)

    Alhoewel ek nie self ‘n blog het, geniet ek jul ouens se blogs baie.
    Dankie dat ek kan deel in jou lief en leed!
    Ek geniet jou stories. Jy het ‘n besonderse talent!

  13. 13

    Annie said,

    Hi Dellie

    Ek het darem nog nie verdwyn nie, kan net nie aldag blog of “comment” nie. Maar ek lees beslis elke dag. Sal sowaar ‘n plan moet maak om of my blog te delete of iets te “blog”

    Jy sit mens nogal aan die dink, want ek het al half ‘n prentjie (my eie) van hoe almal lyk wat nie foto’s op hul blogs het nie

    Lekker dag almal
    Annie (van droomland)

  14. 14

    Dellie said,

    Annie van Droomland! :shock: Jy is een van die mensies wat ek mis! So bly jy het darem net gou ‘n voetspoortjie kom los. Hoop dit gaan goed met jou?

    Ag sorry Carolina, maar soms moet mens aan hierdie goete ook dink, né? Maar ons gaan almal nog ouer as Madiba word, man! :wink: Sjoe, jy sien seker vreeslik uit daarna om jou dogter te sien! Julle gaan mos die baba-kamer inrig? Hoe lank gaan jy daar kuier, en is dan weer terug SA toe? Julle moet elke oomblik geniet!

  15. 15

    Tersia said,

    In die tye toe ek gevoel het ek is besig om dood te gaan, was almal hier se blogs my oorlewing….!! Ongelukkig stel niemand van my naby mense belang in my blog nie – nie eers manlief nie, al los ek honderd miljoen (soos die kinders sou se) boodskappe vir hom! Ek reken al een wat dalk via via sal weet is BB! Ag, Biebs, ons maak mos maar staat op jou!

  16. 16

    snoopy said,

    Hallou Dellie,

    Wil net se ek is nog hier en lees jou elke dag. Miskien ‘n ou briefie met instruksies hoe en waar om ‘n comment te maak erens te los waar jy weet iemand dit gaan kry na jy die ewigheid in is.

  17. 17

    Dellie said,

    Hi Snoopy, dit kan ook werk, ja. Hoop dit gaan goed met jou? Thanx vir die lees, bly jy geniet dit! :wink:

  18. 18

    Ek het ookal daaraan gedink. Ek sal by elkeen van julle kom spook….

  19. 19

    Sonkind said,

    I was put on earth to accomplish a certain amount of things. Currently I am so far behind, I will never die! :twisted:

  20. 20

    Pikkelik said,

    :lol: :lol: LOL @ jou kaalbas mannetjie!!! Dis ‘n classic!!! Dellie wil jy my nie ook grootse please leer van daai feeds storie nie!! Ek het dit broodnodig!!! O genade lag ek amper my gat af toe ek sien hoe sleep Zee daai baby hier langs my rond!!!! :lol: :lol: :lol:

  21. 21

    Arabier said,

    Dellie,

    as die kamele begin staak, dan moet julle weet ek lê iewers onder ‘n duin in die Sandput! :)

    Sterkte in mooie SA.

    Grootneus

  22. 22

    Adrie said,

    Ek het ook al daaroo gewonder. Veral met mxit, as iemand stil raak. Gelukkig of ongelukkig vergaan onkruid moeilik.

  23. 23

    alta said,

    Ek het ok nogal gewonder oor die een maar my mense weet hulle moet op bosparra gaan sê as ek ietsie moet oorkom.

  24. 24

    meermin said,

    Lekker naweek!

  25. 25

    Dellie said,

    Hi Arabier, lekker om jou raak te lees. Solank die kamele darem nog skop, is die sakie reg! :wink:

    Pikkie, hehe, het jy gesien wat toe met die baba gebeur bietjie verder af onder die blogroll…? :lol: Ek weetie wat gaan Zee sê nie, maar ek kon dit net nie weerstaan nie! :mrgreen: Ek stuur vir jou ‘n posduifie oor die feeds.

  26. 26

    neykie said,

    Ja nee Dellie, ek wonder ook hoe gaan ons dan nou weet? Lekker dag vir jou en geniet die naweek

  27. 27

    Zee said,

    Watter baby sleep ek rond? Ai, en nou moet ek in spanning wag tot wanneer ek by die huis kom om hierdie gesleepery te sien!!!!!!!!!!

  28. 28

    Dellie said,

    Haha, Zee, jy moet dit sien! :lol: Die sleep ene is net onder die feeds, en die gevolge onder die blogroll… classic! Nou het jy iets om na uit te sien! :lol:

  29. 29

    Wipneus! said,

    Whahaha hoe lag ek vir die flasher!!!

    Jou blog lyk baie mooi Del!!

  30. 30

    Eben said,

    Dellie jy het my detail ook …. :)

  31. 32

    Zee said,

    Delie, ek dink gisteraand hieroor! Miskien moet ons almal ‘n RIP …. post save en dan kan diè persoon net die datum insit en sê wat gebeur het. Jinne, jy het my omtrent ‘n slaaplose nag hieroor gegee ;)

  32. 33

    Zee said,

    Dellie, dis te cute vir woorde, mag ek maar? Groot samblief…… Dit sal mos nou mooi by my beeld pas!!! :lol:

  33. 34

    Roer said,

    Ons moet maar almal in ons testamente noem dat die bloggers in kennis gestel moet word… flip, dis ‘n bietjie van ‘n grim topic, maar ‘n belangrikke punt wat jy aanraak.

    Lekker naweek ou Delsch!

  34. 35

    Dellie said,

    Kry vir jou Zee, dis te pragtig issit nie? Ek het heeltyd gegiggel en gehoop jy lief dit! Gaan kyk hier, http://www.glitter-graphics.com/ as jy genoeg tyd spandeer, gaan jy jouself op ‘n paar plekkies raakloop! Enjoy! :wink:

  35. 36

    Zee said,

    Dellie,baie dankie!!! Het my lank gevat maar ek het Zee en klein Zee gevind!!!!

  36. 37

    [...] Dellie het ek op baie van Zee se foto’s afgekom.  Hoop jou me-time was lekker vandag! Ai ai, nou [...]

  37. 38

    Skoor said,

    Hoop daai keelseer veroorsaak nie erger dinge nie Dels. Maybe moet jy net Maandag oggend inlog om te se als is okay!

    :D

  38. 39

    Emil said,

    Ek dink die bloggers moet darem so ‘n indikasie gee. Want eerlik, mens gaan verseker nie weet nie.

  39. 40

    Skoor said,

    D E L L I E ?

  40. 41

    Dellie said,

    J A S K O O R ?

  41. 42

    DGS said,

    Mag ek ‘n voorstel maak? Skryf ‘n koebaai/ek-het-iets-oorgekom-stuur-’n-soekspan tipe possie en dateer dit twee weke vooruit. Onthou net om dit gereeld vooruit te dateer! :lol:

  42. 43

    RB said,

    Ek leef nog, net bietjie besig.

  43. 44

    Dellie said,

    O jinne DGS, met my luck sal ek geskok my eie possie oor my heengaan lees! :shock: Ek en vooruitbeplan is nie die beste pels nie…. :mrgreen:

    Hehehe, thanx RB, bly jy skop nog! :lol:

  44. 45

    Skoor said,

    Lag ek nou vir jou JA SKOOR!

    Nee wat jong, niemand het nog die antwoord op jou vraag nie. Kyk dan hoe lank vat die stigterslid om te kom surface en aanmeld!


Comment RSS · TrackBack URI

Say your words