Wat op aarde gaan hier aan?
Geez, dit lyk hoog!
Wil sy nou sowaar hê ons moet hier af? Haar koppie vat seker nie lekker vandag nie! Dink jy ons het te veel geraas gisternag? Jy moes nie die koerante so woes geskeur het nie, dan sou ek nie jou oor so hard gebyt het nie.
Wat dink jy, Ouboet? Jy besef natuurlik as ons eenkeer hier afgaan, mag ons nie meer binne op die koerante pieps nie. Ook nie southappies los nie. Ek sien sy raak nou moeg om dit op te tel.
Nee, wat, sitstaking is die ding! Dis baie makliker om ons besigheid op koerante te doen!
Ek gaan maar ‘n stukkie tert eet. Mmm, dis soet en lekker!
Haai, ek het nourie dag nog in ‘n broodjie in hierdie bordjie gelê! Ek hou nie van hotdogs nie!
Hey, Hasie, skuif ‘n bietjie! Ek wil ook tert hê!
Ek is miskien klein, Ouboet, maar ek rol jou sommer maklik as jy my tert wil kom steel.
Ag Ouboet, dis so lekker om rond te hang saam met jou! Ek gaan jou vreeslik mis as jy na jou nuwe huis toe gaan. Gelukkig speel pa Spike en ma Roxy baie lekker met ons.
Ek dink ons het nou genoeg opwinding beleef vir een dag. Rustyd. As ons mooi vra, mag ons dalk op die bank gaan lê. Lekker, daar langs Oubaas se bene. Gaaaap!
Intussen het hulle wel moed bymekaar geskraap om die trappe aan (of is dit nou af?) te durf.
Soms is dit vir ons ook nodig om trappe aan te durf wat nie voorheen daar was nie. Dit is baie scary, veral as dit die eerste keer is wat jy daardie paadjie moet loop. Om uit jou comfort zone uit te beweeg, is een van die moeilikste dinge om te doen – maar as jy dit eers gedoen het – liewe aarde! Dan wonder jy hoekom jy dit nie lankal gewaag het nie!
GO! Gryp vandag aan die horings, en ry dit bloots!























meermin said,
Julie 22, 2008 @ 11:36 vm
Ag moedertjie toggie hulle is pragtig!
Zee said,
Julie 22, 2008 @ 12:34 nm
Hulle gevreetjies is opvreetbaar!!!
CLAZINE said,
Julie 22, 2008 @ 12:47 nm
Ai Dels, maar hulle is te mooi! veral “ou Hasie” sy’t vir my so “oumens gesiggie”! Ek dink sy gaan julle nog jare se plesier gee, jammer “Ouboet” moet uit die huis.
Dankie, ek geniet dit as jy ons so “op hoogte” hou van die pragtige diere van julle.
Groetnis
Eben said,
Julie 22, 2008 @ 1:07 nm
Ek stem saam …. so klein worsie het die mooiste gesiggie/gevreetjie op aarde!!
Hoop Ouboet ontvang baie liefde en aandag soos tans!!
Pikkelik said,
Julie 22, 2008 @ 1:13 nm
Dis te oulik!!!! Die goetertjies van jou is besig om diep in (of is dit af) my hart in te kruip!!!
Sonkind said,
Julie 22, 2008 @ 2:48 nm
Ek wens ek was naby genoeg om een van hulle by jou te kom haal
Hulle is pragtig! As ek so een kon kry, noem ek hom Toffie.
Paula said,
Julie 22, 2008 @ 3:43 nm
Ek het die inskrywing nou sommer baie geniet!
Dellie said,
Julie 22, 2008 @ 4:06 nm
Ja Sonkind, Toffie is nogal ‘n oulike naam. Ek sal dit voorstel vir Ouboet as sy nuwe baas hom kom haal.
Clazine, ja, ek stem nogal saam met jou oor daai “oumens” gesiggie! Die plooie en die los velle is te dierbaar. Maar moenie dat sy jou fool nie hoor, sy is baie perky en lewendig. Maar ek wil net daai ore opvreet!
Ek is nou nie meer so seker of ons Hasie se stertjie moet afsit nie. Dit pla sover nie met die nr 2’s nie, en dit lyk of sy dit darem so effens kan lig. Ek myself kyk al heel verby haar stertjie, want ek ken al haar persoonlikheid. As sy so aangehop kom as ek haar roep, wil ek my doodlag! Julle moet dit sien! Maar ander mense gaan dink sy is “sannie-jammer-gat” omdat haar stertjie maar net daar hang tussen haar agterbeentjies, en sy is dit wragtig nie. Wat dink julle? Moet ons dit los, of die stertjie afsit voordat sy te groot is? Die veearts sê ons moet self besluit, maar ons sal haar moet steriliseer, omdat sy nie ‘n geboorte sal kan hanteer nie. Dit sal ek beslis laat doen.
Tersia said,
Julie 22, 2008 @ 6:02 nm
Te pragtig! Ek raak sommer broeis vir ‘n honnekind!!
rosalindfranklin said,
Julie 22, 2008 @ 7:47 nm
Ja vir die sterilisasie. Oor die stertjie: Doen wat jou “gut” vir jou se, jy sal weet…
Hulle is pragtig verby!
krista said,
Julie 22, 2008 @ 9:53 nm
Ag jitte, maaaaaaaaaaaaaaaa!
neykie said,
Julie 22, 2008 @ 10:53 nm
Dellie, ja dis moeilik om ‘n pad aan te durf wat onbekend lyk, maar as ons harte op die regte plek is, sal ons weet God is altyd daar om ons te lei en by te staan in ons uur van nood.
Pragtige hondjies van jou, kan ek maar een kry?
demoerin said,
Julie 23, 2008 @ 7:38 vm
Hulle raak net ouliker. Snaaks genoeg terwyl ek deur die kiekies gescroll het het ek nogal gedink aan nuwe uitdagings. Comfort Zones is lelike goed, dit is seker maar net mens om veilig te voel met wat jy ken. Ek is net so flippen bang ek mis iets lekker, daarom knyp ek maar net altyd oë toe en spring.
Partykeer letterlik soos met bungee of abseiling … binnekort wil ek die parachute ding doen!
Emil said,
Julie 23, 2008 @ 10:38 vm
Hulle is baie oulik.
My skoonpa se een op die plaas is nou die dag oorlede. Glo met ‘n bobbejaan baklei. Hulle is dapper honde – wag tot hulle eers die trappe gewoond is!
vokov said,
Julie 23, 2008 @ 10:44 vm
Die liewe Delilla het altyd iets om haarself mee besig te hou.
Is dit nou die lee nes sindroom wat met ‘n hond gestop word ou girl? Nog net so vokin weird en wonderful sien ek!
Dellie said,
Julie 23, 2008 @ 12:27 nm
Vokkie!
Lekker om weer bietjie jou voetspoortjies te sien! Hoop dit gaan goed?
Carolina said,
Julie 23, 2008 @ 12:56 nm
Hi Dellie,
Die hondjies is so “sweet”!!
“Soms is dit vir ons ook nodig om trappe aan te durf wat nie voorheen daar was nie” — Sjoe verwoord presies hoe ek vanmore voel!!
Thanx!!
vokov said,
Julie 23, 2008 @ 2:12 nm
Dinge gaan sommer lekker Delilla, sommer vokin lekker.
Ek wou nog vir jou kom optel, en dan moes ons by Boendoe loop kuier het en lang pype onder die boom sit en rook.
Nou lees ek julle vokin hou op met die gewoonte!
En sy is nie meer in die vokin Boendoes nie. Jinnemens, dinge verander as mens net bietjie jou rug draai!
boendoe said,
Julie 23, 2008 @ 2:36 nm
Ai, Vokkie, vir ‘n rokie saam met jou en Delilla sal ek weer die gewoonte opneem!
Dellie, het jy nie laas ‘n vormpie ontdek wat mens moes invul vir hierdie spam-besigheid nie? Nee, aarde, ek wil nie eens meer comment nie, want ek is nou letterlik oral onwelkom.
Dellie said,
Julie 23, 2008 @ 3:03 nm
Stem Boendoe, dan noem ons onsself social smokers…
Ek moes jou weer gaan vrylaat uit die vokin spamdosie!
Ek gaan NOU daai fix van laas soek – maar toe was ons almal spam, nie net jy nie? Anyway, ek stuur vir jou ‘n posduif!
Ai Vokkie, ekke het jou gemis man! Nou kan ek weer so bietjie “vok” sê!
Hier is so ‘n paar nuwe stirers op die blogs, maar nie van jou formaat nie!
Carolina said,
Julie 23, 2008 @ 3:08 nm
Hi Dellie,
Het jy my epos gekry?
Dellie said,
Julie 23, 2008 @ 3:21 nm
Carolina, het jou nou uit my e-mail spamdosie gaan red!
((Carolina))
annedelicious said,
Julie 23, 2008 @ 4:15 nm
OULIIIIIIIIIIIIIIIIIIIIIIIIIIIIIIIIIIIIIIIIIKKKKKKKKKKKKKKKKKKKK!
Carolina said,
Julie 23, 2008 @ 4:21 nm
Dellie
Ek waardeer!!!!
“Die mens wat sy vreugde met `n vriend kan deel, verdubbel dit,
en hy wat sy hartseer aan `n vriend kan toevertrou, halveer dit.”
Skoor said,
Julie 23, 2008 @ 4:57 nm
Jou glitter grappie met die flasher is regtig oulik.
Het jy gehoor van die oom wat by die dokter kom, en hy se sy rug kan nie meer nie.
‘maar oom,’ se die dokter, ‘ek het oom gese oom moet die tannies laat staan’
‘ja dok, ek laat staan die tannies, maar my rug kan dit nie hou nie, kan ek hulle nie maar eerder weer laat le nie?’ !!!!!!!!!!!!!!
Dellie said,
Julie 23, 2008 @ 5:26 nm
Carolina, jy is meer as welkom. En ons is mos hier om mekaar te ondersteun in die moeilike tye ook.
Whahaha Skoor!
rosalindfranklin said,
Julie 23, 2008 @ 6:53 nm
Skoor! LOL
Wipneus! said,
Julie 23, 2008 @ 9:00 nm
Ag Dellie hulle word by die dag ouliker!!
alta said,
Julie 23, 2008 @ 11:53 nm
Ag liefde, hulle is diebaar!