Soos water van ‘n eend se rug?

Eendag, nie so lank gelede nie, was daar ‘n landjie waarin die inwoners mekaar met respek behandel het. ‘n Plekkie waar daar geglo is, alle bydraes en bydraers eerlik is. Soos wat nuwe intrekkers deel geword het van die landjie, het die inwoners mekaar so goed leer ken, dat hulle sommer kon optel as iets nie reg is nie, wanneer daardie persoon buite karakter reageer. Jou naam en avatar word tog jou “handelsmerk”, iets waaraan jy begin bou het toe jy die eerste dag kommentaar gelewer het. Met die eerste oogopslag kan jy uitgeken word.

Wat deesdae hier in ons ou bloglandjie gebeur, is nie vir my mooi nie. Ek het amper nie meer lus vir hierdie game nie. Wat het geword van basiese goeie maniere?

Kyk, ek hou van ‘n lekker grappie of twee. My humorsin is skerp genoeg dat ek kan agterkom wanneer dit satire of ernstig is. Ek verkies humoristiese inskrywings bo ernstig. Dit laat my bietjie vergeet van al ons probleme. Maar daar is perke, selfs aan satire. Dit is plein onbedagsaam en ongemanierd om iemand met kru taal aan te val, hetsy in ‘n possie of kommentaar.  En met kru taal bedoel ek nie vok, bliksem en donner nie! Ek het al voorheen gesê ‘n vloekwoord op die regte plek, gee meer emosie aan ‘n stelling, ek is beslis nie ‘n engeltjie nie, maar ek probeer darem ten minste om myself redelik te verwoord sonder om te veel te vloek.

Ek kan self lekker met iemand spot, of terg, en ook sarkasme waardeer. Ek glo ek het die vermoë om vir myself te kan lag. Spot maar met my, ek kan dit hanteer, ek sal selfs saam spot, want ek weet watse stupid goed ek soms kan aanjaag.

MAAR MOENIE NAMENS MY KOMMENTAAR LEWER NIE ASSEBLIEF.

Dit maak my sommer demoerin! Ag nee sies, man! Dit is nie snaaks nie! Wie gee jou die reg om woorde in my mond te lê? Watse perverse genot put jy daaruit? Dit maak die hele blog ervaring vir my nutteloos, en baie teleurstellend. Dis glad nie lekker om erens te land en te vind “ek” het daar iets kwytgeraak nie!  :shock:  Skryf dan maar net soos jy wil, maar los dan dat die kommentaar sodat mense regtig self kan praat. Tot dusver het my evil twin darem nog nie iemand te na gekom nie, waarvan ek weet nie in elk geval. Maar ek kan ook nie oral wees om myself op te pas nie! Dus is daar miskien iemand daar buite wat dink ek is uit die bose!

Die verweer is dat hierdie die Internet is, en elkeen die reg het om sy sê te sê. As jy dit nie kan handle nie, disconnect. Maar dis nie heeltemal waar nie. Ja, almal het die reg tot hulle opinie. Maar hoekom is dit nodig dat een of twee persone die hele ervaring vir almal opdons? Is ons dan nie elkeen geregtig op ons eie spasie en ons eie woorde nie? Hoe op aarde moet vertroue gebou en behou word as mens heeltyd onseker is oor watter twin nou hierdie kommentaar gelewer het? Soos voorheen genoem, “ken” ons mekaar darem redelik, en behoort die gevaarliggies te begin flikker as ons kommentaar sien wat uit karakter is. Maar hoekom moet dit nodig wees vir ons om nou op alert te wees?  Ons het vriendskappe gebou, al saam gehuil en gelag, en ek voel ingedoen. Dis asof aliens my maatjies wil kom ontvoer en replace met klone.

Is dit hoe ons mense deesdae is? Ons vertel so graag hoe ons almal ‘n plekkie in die son gun, maar doen ons werklik?

“Laat dit wees soos water van ‘n eend se rug af, my kind,” hoor ek vir Ouma sê. Ja Ouma, maar dis makliker gesê as gedaan.

109 Responses so far »

  1. 1

    boendoe said,

    Nee wat, Dellie, ek dink darem 99,99999% persent van die bloggers weet jy is absoluut bo verdenking. Regtig. As daar nou iemand is wie se vlerkies sterk besig is om uit te kom, is dit jy! :wink:
    Ek neem aan dis nou oor die berugte Dr Piel? Ekskuus! PHIEL….

  2. 2

    Dellie said,

    Boendoe, ja daar by die dok gebeur die dinge, en ‘n paar ander plekke ook. En dis nie spesifiek net MY naam wat gebruik word nie. Ek het myself maar net as ‘n voorbeeld gebruik. Maar ek weet vir ‘n feit Alta het al erg deurgeloop. Dis net nie vir my reg nie, dit maak dat blogging nie meer vir my lekker is nie. :sad:

    Maar ek voel nou beter nadat ek bietjie gevent het, dankie! :wink:

  3. 3

    Paula said,

    Dellie, ek hoop die dinge word sommer vinnig uitgesorteer sodat jy weer rustig kan blog en SLELF kommentar kan lewer. Sterkte!

  4. 4

    meermin said,

    Dellie nee wat lees ek nou hier, ek het gelees van hierdie DR op BP, maar nog nie ‘n draai by die persoon se blog gaan maak nie, dalk moet ek, behoede die een wat my naam gebruik vir k@k comments!!

    Dit is soos jy sè ons het maats geword hier. Wie is die poephol?

  5. 5

    Suz said,

    Dellie

    Ek dink dit is laag en gemeen, wat bereik daardie persoon met sy dade? Soos jy sê, gun elke een sy plekkie in die son (blog). Ek is baie rekenaar/internet gestrem maar hoe kry die vent dit reg om jou avatar en naam te gebruik?

    Wanneer het dit gebeur? Ek het iewers iets gemis. En al ons bloggers weet dat jy ‘n hart van goud het. Ek comment nie so baie op die blogs nie maar lees gereeld en jou blog en 2 ander lees ek elkde dag.

  6. 6

    Suz said,

    Eendag was daar iemand wat nie geweet het haar identiteit is gesteel nie…

    (Hierdie is nie Suz nie… )

  7. 7

    Dellie said,

    Sien jy Suz? :shock: Dis so maklik soos dit. Ek het net jou naam en e-mail adres waarmee jy normaalweg kommentaar lewer, nodig om namens jou te praat. Scary, né?

  8. 8

    Suz said,

    Dit is nogal scary, so kan daar baie moelikheid en onsmaaklikhede hier op die blogs plaasvind. En ek dink ons almal blog/comment om weg te kom van die dinge in die lewe.

  9. 9

    neykie said,

    Dellie is hierdie rerig nou jy? :wink:

    Ek verstaan ook nie aldag wat ander mense daaruit put nie, maar hopelik slaap hulle rustig in die aande.

    Lekker dag verder

  10. 10

    Dellie said,

    Suz, dis presies my punt. Dit vat al die lekker weg! En tot onlangs toe, glo ek niemand het werklik daaraan gedink om so iets te doen nie. Ons het gehandel met goeie maniere en respek vir mekaar. Maar toe raak iemand bored, en besef hy kan so bietjie “pret” hê – ten koste van ander natuurlik. Biegblok, vir een, het baie sleg deurgeloop. Daar het ek vir die eerste keer my evil twin in ‘n comment gesien. En nou dat dit gedoen is, is ek baie agterdogtig oor alles wat ek lees, en daaroor is ek vokkin demoerin! :evil: Ek WIL nie so wees nie. Dis amper soos die misdaad situasie in ons land – totdat dit jou persoonlik raak, traak dit jou min, maar nou sien jy allerhande spoke raak. Not nice.

    Neykie, ja dis ekke! :lol: Ek vra my ook af of die persoon lekker slaap in die nag, maar ek dink hy plot die volgende stukkie dan. En die sad ding is, hy besef nie hoeveel mense hy eintlik seermaak in die proses nie. Miskien bedoel hy nie om dit te doen nie, maar hy doen tog.

    O ja, Biegblok is weer OK. Gaan loer by http://kaalkop.wordpress.com/

  11. 11

    Adrie said,

    Dellie

    Wat ons al agter gekom het, is dat WordPress soms deur ‘n IP adres mense se adresse deurmekaar gooi. Ek, Verons, Nats, Wipneus en Sharky het byvoorbeeld dieselfde adres. As ‘n mens nie mooi op die naam let nie, lewer jy soms onder iemand anders se naam. Maar jy kom dit gou genoeg agter om te kan sorry.

  12. 12

    Dellie said,

    Yes, Adrie, dis ‘n ander saak daai. Ek het ook al gesien dat dit gebeur. Maar dis in die minderheid, en jy kan sorry sê. Dis die ouens wat dit bewustelik doen, wat my afsit.

  13. 13

    demoerin said,

    Ai tog, dan een persoon nou dit vir almal so opdonner. Ek stem, dit is maklik om agter ‘n skuilnaampie weg te kruip en mense persoonlik aan te val. Ek like ook ‘n grap, sarkasme en satire….die hele lot. Maar om mense persoonlik aan te val, en dit so laag te doen bv. kloppertjie is sommer plain kommin. Wat mense nie sal probeer vir hits nie, en die sad ding is dit is juis daai wat nog nie besef het dat dit nie oor die hits gaan nie. Selle ding met WTF by Emil die week.

  14. 14

    Sonkind said,

    Okay, iewers het ek baie gemis en vas aan die slaap gewees :evil:

    Hierdie hele debakel het my verbygegaan en ek sou nie eers weet as iemand my ook gekloon het nie, maar nou sal ek gaan soek en kyk.

    Ons klomp ken mekaar mos darem nou al heelwat lank, so as ons ‘n uit-plek-uit comment sien, moet ons dalk net daardie persoon gaan vra of dit hy of sy was en waarsku teen die klonery.

    Iewers, iewers op hierdie WordPress is “one fuckin sick puppy”! (sorry Dellie – niks bedoel teen Toffie en sy boetie nie :-) )

  15. 15

    Adrie said,

    Tannie Dellie

    Help gou groot asb die doring kinders.

    Hoe hou mens op as jy in bold of iets is?

  16. 16

    Dellie said,

    Ek stuur gou vir jou ‘n posduifie.

  17. 18

    Roer said,

    Hallo Dellie. Groet net. Gelukkig weet ek niks van die Phiel storie nie, maar klink nie aangenaam nie.

  18. 19

    Pikkelik said,

    Nou is ek sommer meer dedonnir in. Ag nee wat, hierdie storie raak nou soos Dallas…. Oud en afgesaag…. Ek wens hulle wil ons in vrede uitlos. Ons klomp by WP het baie lekker en baie goed oor die weg gekom maar die laaste maand of wat, raak dit nou ontsmaaklik en sommer net pleinweg vieslik!!! Dellie – stig vir ons ‘n nuwe blogdomein waar daar is flippen keurspan is…. Jeeezzzz dit voel of almal wat ek voor omgee deesdae pens en pootjies binne in die spervuur staan. En as dit net by comments gebly het was dit seker ‘n ander saak, want daar is so iets soos delete, maar om verdomde virusse na iemand se mailadres te stuur is flippen laag en gemeen. Ek hoop hulle kry ook sommer ‘n virus, ‘n ‘ek hoop jou aambeie juk en jou vingers verander in vishoeke’ virus….

  19. 20

    Dellie said,

    Demoerin, ek stem. Ons is opgevoede mense wat met mekaar op ‘n beskaafde manier kan verskil. Ons hoef nie die ander persoon tot in sy derde geslag te vloek nie. Dis heel onnodig! :shock:

    Sonkind, ek wil nie almal op hol jaag nie, maar wees maar op die uitkyk vir jou evil twin. Alles is deesdae net ‘n click away! Better safe than sorry. :mrgreen:

    Pikkie, virusse? :shock: Nee kyk, dis die laaste strooi! IEMAND SPEEL BESLIS NIE MOOI NIE! Het jou anti-virus dit betyds gevang? Het jy ‘n idee wie kon dit gedoen het? Flippet, ek is sommer van voor af kwaad! :evil:

  20. 21

    Adrie said,

    As ek vir ‘n oomblik soos ‘n grootmens kan optree.

    Die persoon kies hulle slagoffers fyn. Ek raak die blou bles bliksem in as ‘n blogeienaar, wat vir niemand ‘n skewe word te se het nie, weg kruip omdat sy bang is iemand val haar aan. En dan omdat sy nie weg kan bly nie, soek sy al die low profile blogs uit. Waar die drolle haar nie gaan raak sien nie.

    Ek kan nie dink dat dit iemand amuseer nie.

  21. 22

    Adrie said,

    O ja, baie dankie vir jou hulp Dellie. Ons is baie bly dat jy vir ons die raaisel opgelos het.

  22. 23

    rb said,

    Nou is ek sommer te bang om iewers weer te comment.

  23. 24

    Dellie said,

    Adrie? Huh? Ek is rerig nie nou by nie…

  24. 25

    Adrie said,

    Dellie

    Waar? Watter nommer? As dit 21 is, moet ek jou dalk Posduif. As dit 22 is, praat ek van bold gedoente, hoe om dit af te sit.

  25. 26

    boendoe said,

    O wow! Is ek nie skielik bly ek’s spam nie! :lol:

    Adrie, het jy daai geheim op jou blog gedeel?

  26. 27

    Dellie said,

    Posduif my asb oor 21? :mrgreen:

  27. 28

    Sonkind said,

    Adrie, stuur sommer posduif oor hierdie hele debakel vir my ook – ek is geheel en al nie lekker by nie. Voel nou ernstig “blonde” ;-)

  28. 29

    Dellie said,

    Rb, moet nou nie heeltemal panic en die dam onner die eend uitruk nie. Jy moet nogsteeds comment, hou maar net jou ogies oop. Hierdie is die “worst case scenario”. Solank ons “true” bly, sal ons mekaar nog kan uitken. :wink:

    O ja Adrie, 22 was ‘n plesier! :wink:

  29. 30

    Adrie said,

    Boendoe

    Dellie se geheim, ja. Gaan kyk van 200 af daarvoor.

    Dellie en Son

    Ek is nou by julle.

  30. 31

    Suz said,

    Is daar nie ‘n manier hoe mens die siek bliksem “verskoon die woorde” kan uitvang nie?

  31. 32

    Dellie said,

    Suz, ons het ‘n idee wie dit is, maar ons kan nie veel daaraan doen nie. :sad: En ek dink ook nie dis net een persoon wat dit doen nie, so dit raak ‘n tricky besigheid.

  32. 33

    Suz said,

    Ek is nou baie dof, verstaan dat die persoon/persone jou en anders se naam gebruik om te comment. Maar die persoon, is dit nou die siel wat die site Dr Phiel het wat dit doen?

  33. 34

    Dellie said,

    Dis moeilik om sommer net te sê dat dit hy is, Suz, dit kan enigeen wees wat my e-mail adres het. Of joune, en jou naam, for that matter. En dit geld vir al die mense met wie daar gemors word. En dis ook nie net op daardie blog nie.

  34. 35

    boendoe said,

    Flip, ek giggel nog die heeltyd hieroor, maar besef nou eers hoe maklik dit is vir iemand om hul voete in jou skoene te sit. Scary stuff.

  35. 36

    Suz said,

    Dankie vir al die vrae wat jy vandag geantwoord het.

    Mooi aand vir jou

  36. 37

    Tersia said,

    Sjoe, hoe moet ek nie voel wat nie veel weet van rekenaars nie! Waarvoor moet mens dan nog alles voor versigtig wees!?

  37. 38

    Zoekoe said,

    Hi Dellie!!! mooi blog !!! I Like !!!

    Mense wat geen maniere het nie sal mens orals kry !! dis so jammer, maar dit gebeur meer gereeld as wat julle dink !

  38. 39

    Dellie said,

    Welkom Zoekoe, ek like daai avatar van jou… :wink: Ag jaaa, as ons maar net vir almal maniere kon leer…

  39. 40

    Anoniem said,

    Lyk my daar is grootskaalse ontevredenheid. Ek is nou maar nog baie nuut op hierdie storie so ek weet nie heeltemal wat die storie is nie. Ek leer maar nog die dinge … ook die soortvan ongeskrewe reels wat daar is.

  40. 41

    flippiefanus said,

    O my aarde ek het nie bedoel om anonymous te wees nie.

  41. 42

    Dellie said,

    Flippie, anonymous is waarskynlik die veiligste manier om te comment deesdae, maar dit is mos nie lekker nie? Dit kom maar net daarop neer dat sommige mense iemand anders se identiteit gebruik om kommentaar te lewer – volgens my is dit heeltemal oneties, al is dit groot pret vir hulle. Ek sal dit nie met iemand doen nie, so ek verwag soort van dat die favour return word? ‘n Jaar terug was blogging so eenvoudig en lekker. Dit was ‘n nuwe speelplek, dit was vry en wonderlik en daar was nie rerig reëls nie, daar is seker nogsteeds nie, maar mens het mos so iets soos common decency? Die vertroue is gebreek, en ek weet nie of dit so maklik herstel gaan word nie.

    Ek dink nie daar is regtig ‘n gevaar op die “normale” blogs waar ons comment nie. Ek bedoel nou die mense wat nou al vir ‘n jaar of langer saam met ons blog. Almal daar ken ons, en sal agterkom as iets nie lekker is nie. Wees maar net versigtig op die nuwe blogs – kyk maar eers die kat vir so ‘n wyle uit die boom voordat jy ‘n eier lê. Dis wat ek gaan doen, anyway.

  42. 43

    Nou kom ek ook darem hier uit! Hoekom is ek laat met ‘n comment? Want my rekenaar het gecrash agv al die kak wurms en virusse wat vir my gestuur is :evil: Wat de hel het ek verkeerd gedoen???? Die duiwel alleen sal weet…
    Ek moet nou by die skool “onwettig” blog lees….
    Maar dis reg! Die wiel draai en jou dag sal kom, wie jy/julle ookal is!
    Die speletjie is siek verby en dit maak alles onaangenaam!
    @Adrie – nr 21! Dit maak my boos!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
    Ek gaan nie toelaat dat hulle blogging vir my opduiwel nie!

  43. 44

    [...] Ons almal hou van lag en satire en sarkasme, dit is totaal en al ‘n ander ding om ander mense persoonlik aan te val, veral sover dit erg persoonlike sake aangaan. 2) Ons almal hou ook van ‘n lekker [...]

  44. 45

    Sandra said,

    Hierdie blogrusies is vir my heeltemal nuut en ek’s verstom. Dis sleg dat dit mense aanvat en seermaak. Maar en ek verwys hier na nr 21 ons “lowprofile” bloggers is nie sleg nie hoor.

  45. 46

    Pikkelik said,

    Sandra, ek stem, ek kuier lekker daar by julle….
    Dellie – Dis nie vir my wat hulle die virusse gestuur het nie, dis vir jy weet wie, maar dit maak my so dedonnir in, ek moes bietjie iewers kits anders loop al die kits in my brein op en dan raak dit ‘n lelike affere… Skies hoor!!! :oops:

  46. 47

    Dellie said,

    Sandra, ek kom ook kuier! :mrgreen: En dit sal rerig ekke wees, hoor!

    Pikkie, intussen het die lig vir my opgegaan ja, en dit is rerig onaanvaarbaar! Hoekom op aarde sal iemand sommer net vir mens ‘n virus stuur? :shock: Dis soos ‘n kind wat net ‘n onnodige hou erens wil inkry. En hy maak skade, dis nie onskuldige grappies nie. Ek wonder of die persoon of persone happy sal wees as al die blogs sluit sodat hulle met hulleself kan speel?

  47. 48

    Dellie, dalk geniet hulle dit om met hulself te speel :evil:
    Ek beskou myself as ‘n low profile blogger en nog steeds het ek deurgeloop…dis reg, die wiel draai op die mees onverwagse tyd!

  48. 49

    reisiger said,

    Dis ‘n SIEK wêreld waarin ons leef! En ek stem 100% saam met Sandra by punt 45!!

  49. 50

    Arabier said,

    Hallo Dellie en Bloggers,

    ek sien ook al die dinge raak wat aan die gebeur is in die blogosfeer.
    Ek wil glo dit is mense wat aandag soek, ongelukkig op die verkeerde manier. Dit is uiters swak styl! Eenvoudige skepsels wat nie weet wat om met hulself aan te vang nie!
    Hulle weet daar kan niks aan hulle gedoen word nie aangesien hulle dit naam- en identiteitsloos doen. En daardeur ander seermaak en ‘n wrang smaak in die mond los vir die wat dit geniet om so vriendskappe op te bou.

    Maar gelukkig weet ons dat die oordeel ons nie toe kom nie. Eendag sal hulle moet verantwoording doen vir hul siek speletjies!

    Groete en sterkte in ons mooi land.

    Grootneus :)

  50. 51

    DGS said,

    Dis pateties! Dellie, as jy daai een vang – bring ta vir ons! Ek’s hoeka al heel week lank lus vir ‘n blogbliksem…

    Lekker naweek hou!

  51. 52

    Dellie said,

    Kaalvoet? Ek raak nou eers weer kwaad toe ek jou comment weer lees! :evil: Ek hoop jy kan darem nog jou kompertjie red. Wens net jy kon die rekening vir hulle stuur!

    Arabier, ek stem, hierdie is absoluut in swak smaak en so onnodig. Maar die wiel sal draai.

    DGS, ek pos hom vir jou die oomblik wanneer ek hom opspoor… :wink:

    Reisiger – reis veilig, hoor! :lol:

  52. 53

    Ai Dellie! My rekenaar se begrafnis het sopas begin, maar hopelik sal daar iets gered kan word! Al wat ek weet is: ‘n week en ‘n half sonder ‘n comper en overcrowded en donker internetkafees as ek wil blog!!!

    Lekker naweek!

  53. 54

    bierpens said,

    Hi Delli,

    ek is jammer om van jou ongelukkigheid te hoor. Ek is bly om te se ek het geen idee waar oor dit gaan nie…. maar dit blyk die geval te wees…

    Meng jou met die semels en die varke eet jou op….

    Jy het gekies om deel te word van Bosparra.Com… so daar gaan pyne wees wat saam met die ding kom om Steve so te verneder… Ek meen regtig… daar is baie mense wat dieselfde sakkies en dinge as Steve dra… dit gee die parras nou nie vryheid van spraak om so vieslik oor die siekte te raak nie…

    of doen dit… ? het julle nou alleen reg tot vryheid van spraak…

  54. 55

    Emil said,

    Miskien het Bierpens ‘n punt beet, maar ek weier om te glo dat elke parra by bosparre sulke gemene delers is soos dit wat ons hierdie laaste week ervaar het. Spot, lag en die dinge is alles ok – so ook vryheid van spraak. Maar dit is geen verskoning om barbaars te raak nie – dit maak jou dan niks beter as die wat altyd hierdie vryhede onderdruk nie.

    En ‘n handjievol parras het my darem al allerhande dinge genoem (Bierpens ingesluit :wink: ) – dit het net meer geillustreerd raak hierdie laaste week :sad: Tog is daar die oorgrote meerderheid wat dit nie doen nie.

    En wat is dit ook met tegnologie die week. My komper by die huis gee mos toe ook die gees. Nou soek ‘n LCD skerm, maar wil nie ‘n nuwe koop nie siende dat ons mos verhuis na waar dit vir seker so ‘n bietjie goedkoper gaan wees. Ai, die uitdagings!!

  55. 56

    Dellie said,

    Bierpens my ding, waar val jy nou uit? Nou rev jy my moermeter heel in die verkeerde rigting in! :evil: Wat op aarde het Steve hiermee te doen? Het iemand hier gespot met sy probleem??? LEES DIE POSSIE EN DIE COMMENTS! Niemand het iets oor Steve te sê gehad nie? :shock: DIT GAAN OOR MENSE WAT IDENTITEITE STEEL!

    En wat die Bosparra kwessie betref, ja ek het hard en lank daaroor gedink, en toe besluit dat ek tog ‘n positiewe bydrae kan lewer. Bosparra is ook nie verantwoordelik vir die mense wat daar comment en hande uit ruk nie. Ongelukkig het ek nie tyd om heeldag al die possies en comments daar te lees nie, daar is ook net soveel ure in ‘n dag, en as ek nie bietjie werk nie, kan ons nie vanaand ‘n vleisie eet en ‘n biertjie drink nie. :mrgreen:

    Emil, jy is vir my absoluut ‘n voorbeeld oor hoe om dit reg te hanteer as mense met jou spot, of verskil. Jy doen dit met waardigheid, en ek het baie respek vir jou daaroor. My common sense sou lankal by die venster uitgevlieg het. In my boekies, is jy OK. :wink:

  56. 57

    Arabier said,

    Emil, steur jou nie aan wat daar gesê word oor jou besluit om tydelik die land te verlaat nie. Ek het begrip vir jou standpunt. En uit eie ervaring het ek al agtergekom meeste van die wat ‘n eier te lê het oor so ‘n besluit, sal dit self wil doen, maar het nie die moed nie. En ongelukkig is dit maar ‘n swak karaktereienskap van die Afrikaner (Nóg een!) om die een wat wel sy vlerke wil sprei, ten goede, te wil aftrek.

    Doen eers jou huiswerk as jy dink dit is wel goedkoper in die Midde Ooste! Nie altyd waar nie, inteendeel!

    Laat weet maar as jy hulp nodig het met iets. Qatar is nie te ver van waar ek is nie.

    Grootneus :)

  57. 58

    Karoles said,

    Dellie, iemand het presies dieselfde aan my gedoen so rukkie terug, ek het toe my blog gestop, en was regtig baie, baie ongelukkig. Daar word dinge gesê op jou naam, en jy weet dis nie jou eie comments nie, en op daardie oomblik voel dit of jou wêreld ineenstort, hoe kan iemand dit doen?? Daardie persoon is ‘n siek mens, wat niks anders te doen het, as om mense ongelukkig te maak en te verneder nie. Ek is ook al te bang om iewers te comment.

    Lekker naweek, moenie dat dit jou onderkry nie, ek weet hoe jy voel.

    En verdere comments die hele naweek is nie van my nie, hehe, ek ry nou bosveld toe.

  58. 59

    Dellie said,

    Karoles, ek het gelees van jou drama, maar ek het nie besef dis wat met jou ook gebeur het nie! :shock: Jip, dis beslis nie ‘n aangename ondervinding nie. Kan ek maar vasbyt aan jou wiele vir halfprys? So ‘n ou nawekie inni bosveld is mos nou net die ding wat ek nodig het! Geniet! :wink:

  59. 60

    BB said,

    Ek dink die meeste van ons ken so half en half mekaar se skryfstyl en ‘ways’… as iets in die kommentaar beland wat só gladnie na die (half)bekende klink nie, moet mens maar kontak maak en hoor… ek hoop van harte dat die bloggers waar ek kuier darem al van beter weet wanneer daar dalk eendag ‘n vreemde kant van ‘BB’ op een van hulle blogs geopenbaar word?!
    Have a grrrrrreat weekend Delsch!! Ek weet ek gaan ;)

  60. 61

    platkuif said,

    Howzit Dellie…

    Ek sal vir jou ‘vouch’…mens weet mos wat jy weet ;-)

    Daar is een of twee gwarre wat in die blogsfeer rondtoer/sukkel , wat op geen manier enige aftrek kan kry as hulle nie op ‘n ander se rug/opinie kan ry nie. En dit is pateties. Ek ignore dit eenvoudig.

    Ek dink wel daar is altyd tyd vir ‘n ou grappie en ‘n ‘snaaksie’…maar moenie ‘funny’ probeer wees NAMENS iemand anders nie…traai op jou eie ietsie…wees bietjie oorspronklik.Of scram.

    p

  61. 62

    Wipneus! said,

    Hi Dellie

    Ek begin net wonder of hierdie mense gedink het dit is ‘n grap. Want in my opinie is dit ‘n siek grap. Mens het groot skade gelei.

    Blog was vir my lekker, snaaks die “fun” is by die deur uit.

    Is daar dan geen manier hoe mens hierdie mense kan trace nie?

    Lekker naweek almal

  62. 63

    Ek vang nie lekker nie, regtig. Maar wat ek wel kan se oor jou wat Dellie is: Ek is ‘n skeptiese persoon van nature, as ek ewe skielik iets gaan lees onder jou naam en met jou avatar wat totaal uit stryk is soos wat ek normaalweg van jou ken, sal ek dadelik onraad vermoed.

    Ek sal jou direk vra of op die post reageer as ek dit raaksien. Of beide.

    Ek het jou mos soort van “leer ken” en hopelik die ander mense hier ook. My indruk van jou sal nie so maklik verander nie.

    Ons weet nou en dit is ontbloot. Moen asb nie ophou blog nie, dan het die persoon gewen.

  63. 64

    Dellie said,

    Wip, ek stem – as dit ‘n grap was vir hulle, het ons nie daaroor gelag nie. Wat met jou en Kaalvoet gebeur het, is regtig die pitts! :evil:

    Ag Rosa, ek dink na ‘n rustige naweek sal ons almal beter perspektief hê. Ons sal nie dat hulle wen nie.

    Lekker naweek julle, ontspan maar met so ‘n ietsie – ek gaan! :wink:

  64. 65

    Suz said,

    Mooi naweek vir julle almal. En moenie gaan doen wat ek nie sou doen nie!!!!!!!!:P

  65. 66

    Rustig said,

    Dellie dit was regtig ‘n “terrible” week gewees in hierdie Afrikaanse Blog wêreld gewees. Ek weet regtig nie wat met die mense se koppe aangaan nie. Ek hoop regtig die ding het nou soort van tot einde gekom. Lekker naweek.

  66. 67

    Nikita said,

    Dellie… jammer om te hoor van hierdie mense wat sulke dinge doen. Het nou net van Wipneus van hierdie vieslikheid gehoor… wou eintlik nie eers kom lees het nie, maar hier is ek om te “simpatiseer”.. jong, sulke varke moet daar seker ongelukkig in hierdie ou lewetjie van ons wees.. ons “huil” saam met jou… wie het gese…lag en almal lag saam…huil en jy huil alleen…maar nie in die geval nie. Sulke bulle bakke behoort uitgewerp te word… ek het nog altyd net met wonderlike mense te doen gehad…werklike lewe en my blog..en hulle moet nie eers na my kom met hulle gemors nie, wat dit ookal was. Ek het nog altyd nie die hoogste respek vir Afrikaners gehad en waar ek gaan dra ek daardie boodskap uit, wie is hulle nou om daardie respek te kom verkrummel! ag nee man… dis nie hoe ek Afrikaners ken nie!

  67. 68

    Blondie said,

    Dellie, Jammer man, weet jy mense stel ons maar net altyd terleur.
    Dalk moet ons meer ons vertroue en fokus van mense afhaal. Ek self is skuldig daaraan, jy gee maar nog ‘n kans, en nog, en nog, net om uit te vind dat MENSE is selfsugtige wesens.

  68. 69

    whiteknight1 said,

    Hello Dellie

    Net sodat jy weet dit is regtig ek (my avatar hier lyk anders) eet ons my favourite koekies terwyl ek kommentaar lewer hier. :wink:

    Die hele gemors van ander se nicks (blog identiteit) steel het verlede jaar al begin toe mense onder ander se nicks by blog kommentaar gelewer het en dit was ‘n hewige bek geveg op die SSSB ook toe.

    Maar wat nou gebeur om aan mense virusse te stuur en hulle rekenaars te beskadig is regtig die laagste vorm van blog/internet lewe wat jy kan kry.

    Wat hierdie idioot nie besef nie is dat indien hy/sy die verkeerde (lees regte ) persoon se rekenaar probeer beskadig (se nou dit is ‘n maatskappy se eiendom) en hulle sou die saak ondersoek en bewyse kry, kan hulle so persoon dagvaar nie net vir skade aan die toerusting nie maar naam skending, verlies aan inkomste en jy kan strafregtelik vervolg word en so meer.

    Die internet is net so onderworpe aan die globale en landelike wetgewing oor identiteit en ander gebruike as enige normale aksie.

    Bogenoemde is maar een van vele sulke sake wereld wyd wat tans aan die gang is.

    Wie ookal die idioot is wat dit doen moet maar vinnig end kry hiermee ook, jy gaan en sal jou rieme styf loop.

    Daar is tans ‘n hofsaak in Amerika hangende oor ‘n vrou wat met ‘n vals identiteit (sy het voorgegee om ‘n tiener te wees) op die internet beweeg het en haar optrede het gemaak dat ‘n kind selfmoord pleeg.

    Sy word op klagtes van vals identiteit (ken nie die regs terme nie) en ook moord aangekla. Daar is ook ‘n ander lys klagtes so lank soos jou arm teen haar oor die gebruik van die internet om bedrog te pleeg deur die vals identiteit.

    En indien enige een gewonder het, jou rekenaar elke keer as jy inlog laat ‘n opspoorbare identiteit op die internet. Enige een, maak nie saak hoe goeie rekenaar “guru” jy is nie, kan opgespoor word. :evil:

    Dis een van die redes hoekom ek ook net op sekere blog kommentaar lewer. :idea:

    Jammer vir die lang kommentaar, maar ek het gevoel dis nodig.

    Groete van Huis tot Paleis, Pondok en Varkhok :roll: :smile:

  69. 70

    whiteknight1 said,

    Sorry Dellie

    Sien my avatar is nou reg net die nick verskil effe.

    Maar ons eet nog steeds my favourite koekies.

    Hoe lus is ek nou vir dit. :lol:

    Groete

  70. 71

    whiteknight1 said,

    Terwyl ek nou besig is Dellie veroor loof my maar die een ook. :P

    Jy krap waar dit nie jeuk nie

    Jy gebruik die skerm waar agter jy skuil
    om jou vieslike dade te pleeg
    ’n ander se identiteit te steel
    deur jou optrede, niks anders as ’n vuil uil

    Jy krap en karring aan die bloggers wêreld
    maak almal se gemoed vol stoom
    soos ’n drukpot sonder uitlaat klep
    veroorsaak jy ’n plek vir jou verlies ou kêrel

    jy sal aanhou sukkel en karring, tot eendag
    wat jy die verkeerde een se alie krap
    en ek hoop vir jou part dat die slag
    daai is nie verbind aan die monster wag

    so geniet jou perverse speletjie ou vark
    wat geslag sal jy word nog eendag
    en jou karkas uit gehang word vir die aasvoël wag
    terwyl die bloggers feesvier in jou nag

    Groete van Huis tot Paleis, Pondok en Varkhok :roll: :smile:

  71. 72

    Pikkelik said,

    whiteknigh1 – Weet jy ek het ook gedink dis maklik om die persoon/persone te trace, nadat ek so week of wat terug ook sulke ongepoetste kommentaar gekry het, ek het die tegniese ouens ten duurste gekry om die ding te trace en hulle het ‘n hele dag gesukkel. Elke keer het hulle by ‘n ander persoon uitgekom, mense wat ek weet eenvoudig nooit sulke goed sal doen nie!!! Hulle het selfs by my eie rekenaar uitgekom, nou tensy Ouboet en Pop (onderskeidelik 1 en 4) iewers geleer lees, tik en spel het, is dit waansinnig! :shock: Hierdie is ‘n uitgeslape speler, maar hy/sy gaan hulle wiele styfloop. Mens mors nie met ander mense nie…

  72. 73

    Dellie said,

    Geez, ek werk sowaar vandag! :shock:

    Dankie vir daai info Whiteknight. Ek weet dit moet moontlik wees om die mense te trace, maar dit is ongelukkig nie my veld nie. Ek het nie ‘n clue waar om te begin nie. Ek weet meer van software! :mrgreen:

    10 uit 10 vir daai gedig! :wink: En nou is ek ook lus vir ons gunsteling koekies…

    Pikkie, ek glo sy/haar dag is dalk nader as wat hy/sy dink. Ons sal nie sommer net so gaan lê nie! :evil:

  73. 74

    Rustig said,

    Dit is moontlik om mense te “trace”. Ongelukkig as hulle sagteware gebruik wat hulle IP adres elke 5 sekondes verander kan dit bietjie moeiliker raak.

  74. 75

    Sammi said,

    Hmm, dis seker hoekom ek as Spam gesien word op WordPress, maak al hoe meer hoe meer sin. Die IP adres? OK…so leer ons elke dag iets nuuts.

  75. 76

    alta said,

    Hey Dellie en al die wonderlike maaitjies,

    Ek wil net sê dat ek jammer is dat ek die storie so vêr gevat het, maar vir my was dit onaanvaarbaar. Ek kan ook grappies oor my, van my ensovoorts baie goed hanteer maar daai is perke!!
    Ek het nie daai mail gestuur nie en verder het ek sekere dinge ook nie gesê nie.
    Ek het hierdie persoon aangevat met alles wat in my gesit het. Alles!!!
    Ek en hy het mekaar op mekaar se blogs sleg gesê en dit was ‘n lelike storie maar ek het net geweier om op te hou voordat ek nie my sin gekry het nie.
    En glo my, ek het volgens my, my sin gekry.
    Die mail is van sy blog verwyder en ek is happy.
    Nou wil ek ok sommer sê jammer oor die tipe taal wat ek gebruik het in die openbaar. Hehehe maar ek was heel om gedonner!
    Skies almal en alles is nou honkie dorie!!

  76. 77

    alta said,

    Kan iemand my net sê hoe word die virusse na jou toe gestuur. Waarvoor moet ek uitkyk en kan dit deur jou anti virus program geblok word of nie???
    Ek ken nie al hierdie goeters nie!

  77. 78

    Emil said,

    Ons moet die slim mense van FSDO nader. Die Generaal weet presies hoe om hierdie skurke op te spoor.

  78. 79

    Rustig said,

    Emails is groot sondebok en kan ook deur “scripts” op websites gedoen word. Alta as jy goeie anti-virus het is dit al klaar goeie begin. Anit-spyware program help ook baie.

  79. 80

    alta said,

    Thanks Rustig.

  80. 81

    flippiefanus said,

    As julle so kla oor die virusse wat vir julle gestuur word, dan lei ek af dat julle Windoze gebruik. Hoekom gebruik julle nie liewer Linux nie dan het mens mos nie probleme met virusse nie? Ek het wel Windoze op my laptop maar die is selibaat en raak nooit aan die internet nie.

  81. 82

    DrPhiel said,

    Dit klink nou of ek selfs verantwoordelik is vir virusse. Die enigste ding wat ek van ‘n virus weet is as die anti virus software se daar is iets. Jammer ek weet ook van die griep virus, maar ek neem aan dit is nie waarvan julle praat nie, want ek was nie in aanraaking met enige van julle nie, so daai een kon ek ook nie versprei het nie.
    Dellie ek weet nou nie of ek iets mis nie maar ek het nooit iets van jou naam op my blog gesien nie. Vir wat dit werd is, weet ek moet seker nie verwag dat iemand my sal glo nie, maar daar was net twee persone namens wie ek ooit iets geskryf het op my blog. Dit is emil en Alta. En dit ook gedoen want ek weet hulle kan die punch vat en eintlik laaik ek hulle, en wat ek geskryf het was ook nou nie so lelik nie. Dan ook so een of twee satires van bekendes wat se name nie genoem word nie. Maar wat wel dalk kan dink ek praat van iemand spesifiek. Al die ander briewe en comments onder ander bloggers se name het van bloggers gekom. Ek het geen beheer daaroor nie. Dit gebeur ook heeldag op ander blogs dat mense onder ander se nicks praat. So moet nou asb nie maak of my blog nou die eerste een is waar sulke goed gebeur nie. Daar sal altyd mense wees wat nie van ander se stelling en opinies hou nie. En dan sal hulle probeer om jou iewers moeilikheid te gee. Meeste van die vrae wat op my blog gestel was kom van bekende bloggers wat vrae gevrae het namens ander bloggers. Ja ek het dalk bietjie skuld daarin gehad deur dalk ‘n snotty antwoord op die vraag te gee, maar dit was dan die doel van die blog jy vra ‘n vraag en ek gee ‘n kak anrwoord.
    Dit is reg gee my maar die skuld vir dinge wat ander bloggers op my saait gese het. Dit was immers my blog en ek sal pa staan daarvoor. Maar moenie dink as my blog toe is gaan ander bloggers nie steeds iewers jou naam of avatar gebruik as hulle jou nie laaik nie.
    Aangesien ons in ‘n demokratiese land bly, nie dat die blogosfeer onder enige wette van die land val nie, het ek my blog delete, want ek sien die mense kla vreeslik.
    Wat ek ook nie mooi verstaan nie, is dat daar vele ander blogs is wat heeldag ander mense direk sleg se. Nou kyk ek sal eerder vir 5 ure gaan longdrops skrop voor ek na Jurie se musiek moet luister. Maar orals op blogs word hy, sy vrou en kindertjies bespreek en sleg gese. En sover ek weet is die maat aan niks skuldig beving nie. Dieselfde geld ook vir vele ander mense wat heeldag beskinner word op ander blogs.
    Wat my verstand te bowe gaan is dat sommige van julle nou so bohaai maak oor my blog wat niemand persoonlik aangevat het nie. Slegs internet name. Wie is Dellie? Wie is Alta? Wie is Ricky? Wie is Leon? Wie is DrPhiel? Net internet karakters. Maar as regte mense met regte name en vanne en fotos sleg gese word links en regs, dan het julle lyk my nie so groot probleem nie. iemand kan dit dalk vir my verduidelik, want ek verstaan nie.
    Groete
    DrPhiel

  82. 83

    Leon said,

    Dellie, as ek mag. Dr. Phiel, Wie is Leon ? Maklik, gaan kyk op my blog en jy sal sien wie ek is. Ek het nie ‘n “nickname” nie, dit is my eie naam. My avatar is my eie foto. As jy vir een oomblik gedink het ek het daai vraag vir jou gestuur is jy sekerlik nie lekker nie. Jy het soos bo genoem, ‘n kak antworod gegee en toe daarop ‘n reply. As jy wil uitdeel moet jy kan vat ook. Ek spot dikwels met myself en selfs ten koste van myself. Daar is mense op die blogsfeer wat my gladnie laaik nie. Dit is hulle vrye keuse maar om “ID” fraud te pleeg is laag en gemeen. Soos Dellie hierbo geskryf het, Moenie namens my praat nie, praat MET my ! Hier is my regte email adres, misbruik dit as jy wil maar kontak my dat ons hierdie ding soos grootmense kan uitsort: leonc@geoscience.org.za Ek is nou moeg vir hierdie belaglikheid. Ek wil aanbeweeg maar hierdie word soos ‘n rou sweer aanmekaar oopgekrap.

  83. 84

    Sherlock said,

    Dr. Phiel

    Jou manier van doen is partymaal snaaks en ander kere erg persoonlik en sodoende ongevraagd. Snaaks hoe jy skielik jou site gesluit het toe jy agterkom ek raai nie wie jy is nie maar weet presies wie jy is.

    Jy vergeet van jou ongevraagde en persoonlike opmerkings oor Kloppertjie en Alta. Ja man jy onthou mos hoe jy vertel het Kloppertjie se man moet haar warm maak en jou laat kom sodat jy haar kan help swanger raak…En hoe Alta van die stoel sou afgly….(erg persoonlik)

    Siende dat ek weet wie jy is en ook alles omtrent jou weet, hiermee dan ‘n baie duidelikie waarskuwing aan jou.

    Spot en lag vir enige iemand vir wie jy wil met jou volgende poging, (want almal weet jy sal terug wees in een of ander vorm) maar as jy gaan aanhou met jou vieslike manier van doen dan gaan daar ‘n klomp mense jou aanvat PESOONLIK.

    Onthou net ek het hierdie keer vir jou so paar kriptiese leidrade op jou site en BP gelos om jou te wys ek weet wie jy is…..volgende keer begin ek ‘n blog met al jou persoonlike inligting.

    Groetnis,

  84. 85

    DrPhiel said,

    Soos ek se ek het geen vraag opgemaak van enigeen nie, behalwe die 2 wat ek genoem het. Nou maak almal of my blog so vreeslik was. Gaan kla by julle mede bloggers wat vrae stel namens julle.
    En deur nou jou email te gee is presies die probleem, mense sien julle emails(veral die bosparra emails wat meeste gebruik vir hulle avatars) en dan kan hulle comment onder jou naam en avatar. Ek hang nie heeldag op die internet rond om te weet wie is wie nie. ken niemand se IP’s nie. So as iemand daar ‘n vraag vra antwoord ek, hoe moet ek weet wie is dit. hoe moet ek weet of leon ‘n regte persoon is. Hoe moet ek weet of Rustig of Flippiefanus ‘n regte persoon is. Daar is ook mos nie vanne by nie.
    Al die mense wat hier so aangaan oor die “vreeslike” goed wat blykbaar volgens hulle op my blog was, moet my asb antwoord hoekom hulle daaroor kla, maar dan hulself assosieer met blogs wat regte mense vreeslik sleg se. Ek het geen probleem met daardie blogs nie want ek is nie skeinheilig nie. Ek wil net hoe redeneer hierdie klomp wat nou skielik so “ordenlik” en beswaard is, oor goed wat baie minder lelik is as wat op ander blogs aangaan.
    Ek dink Dellie soek ook net bietjie hits, dit is hoekom sy die post geplaas het. Net soos vele ander afrikaanse blogs wat die laaste week gesien het DrPhiel word orals bespreek en dan ook ‘n ou ietsie wil se sodat hulle dalk nie uitmis op die wave nie.
    Net soos jy Leon. Ek verstaan nie, die vraag wat jy nie gevra het nie volgens jou was iets oor ‘n landrover wat sink. Jy het dieselfde storie al op ander blogs ook gehad, Toe antwoord ek gaan kry vir jou ‘n Izuzu of mercedes, toyota ens. Nou vertel my wat de fok was nou lelik daaraan. Goeie donner is ek die eerste ou wat iets slegs se van ‘n Landrover. Gaan google landrover, ek is seker jy sal duisende grappe daaroor kry. Jammer as ek jou siel en familie seergemaak het omdat ek ‘n grap oor landrover vertel het.
    Fok man ek dink regtig dit is ‘n klomp onvolwasse mense wat hier op die afrikaanse blogosfeer rondhang en soek vir een of ander kleinigheid waaroor hulle kan moan. Julle moet seker moerse verveeld wees dat sulke kak julle so kan ontstel. Ek is seker die helfte wat so kla het nie eers my blog gelees nie, en nou di nk hulle ek het hierdie vreeslike goed geskryf. Kan iemand asb my ook vertel wat op my blog was wat nou so vreeslik was.

  85. 86

    Arabier said,

    ‘Dr.’ Phiel, jy weet goed jy het oor die lyn getrap met jou eenvoudige blog!
    Nou wil jy jouself verontskuldig met ontkenning.Ja, wat dalk as iets onskuldig begin het, het jy en die tipe wat soos jy dink en redeneer, té ver gevoer!
    Dellie het nie nodig om ‘hits’ na te jaag nie. Die mense wat hier kuier, wil hier kuier.
    Soos vele ander Afrikaanse blogs, is dit ‘n ordentlike geselsforum met interessante gebeurlikhede. Nie om aandag te soek of roem na te jaag nie.
    Daar is genoeg blogs wat Afrikaans nie goed doen nie! Joune was een van díe! Jerry Springer materiaal!
    Ek hoop van harte jy het jou les geleer en sal jou daarvan weerhou om weer so laag te daal om ‘regte’ mense so te verkleineer en te beswadder.
    En om jammer te sê en te bedoel, sal net van jou ‘n beter mens maak. Hopelik!

    Grootneus :)

  86. 87

    DrPhiel said,

    En nou gaan die helfde van die blogosfeer krediet vat dat hulle kamstig my blog gesluit het. Was dit nie Alta nie?
    Sherlock, daar is baie mense wat weet wie ek is, nog voordat die blog oopgemaak is. Jy het mos al gedreig daar op my blog. As ek jou so kwaad maak en jy weet wie ek is hoekom doen jy nou nie iets nie.
    Maak net seker jy gee nie inligting van die verkeerde persoon nie. Hy/sy mag jou dalk net dagvaar.
    Ek is seker jou prokureer sal jou beter kan inlig oor daai aspekte.

  87. 88

    Bierpens said,

    Hi Deli

    Ek het verskoning vir my wan gedrag gevra op my blog…

    mag ek ook net hier se ek is jammer… ek het myself verloor en ek sak my kop in skaamte hieer oor… ek kan maklik die entry delete, maar dit sal nie die verkeerd reg maak nie…

    Sorry Jorry…

  88. 89

    Dellie said,

    Liewe Dr Phiel,

    Dankie dat jy hier kom draai het en jou kant ook gestel het. Op ‘n paar puntjies wil ek net vir jou duidelikheid gee – vir jou om aan te neem dat hierdie hele possie net oor jou gegaan het, is nogal verwaand, dink jy nie so nie? Gaan kyk na my antwoord aan Boendoe by nommer 2, en jy sal sien dat ek beklemtoon het dat dit nie net op jou blog is waar dinge verkeerd gedoen word nie. Dan sal jy ook opmerk dat niemand gesê het jy het die virusse aangestuur nie. Dit is weer ‘n heel ander storie! Gaan kyk na my antwoord aan Suz by nommer 34.

    ‘n Ander puntjie wat ek wil aanraak, is volgens my waar jy jou grootste fout maak. Dr Phiel is miskien net ‘n internet karakter, maar ek, en die meeste van my ander blogvriende, is regte mense. Ek dink sommige van ons lê meer van onsself bloot op ons blogs as in die werklikheid. Ons maak nie stories op oor ons lewens nie. Weet jy wat is die eerste en grootste reël van internet etiket? REMEMBER THE HUMAN. Dit beteken kortom dat daar ‘n mens aan die ander kant van die rekenaarskerm is, nie ‘n robot nie. Iemand met gevoelens. En dit geld vir blogs, forums, e-mail en chatrooms. Hou dit in jou gedagtes met jou omgang op die internet.

    Jy het ‘n skerp sin vir humor, en as jy hierdie ding net so bietjie anders aangepak het, kon jy dalk in jou doel geslaag het – om ons sover te kry om weer vir onsself te lag. Ons almal het maar ons “dingetjies” wat later uitstaan, en waarmee maklik is om bietjie te joke. As jy bv vir die ou waarmee jy wou spot ‘n mail gestuur het en gesê het, luister ou, ek wil bietjie met jou joke, kan ek maar hierdie plaas in ‘n goeie gees, en sien jy kans om saam te lag? Ek wed jou dat 90% van die mense daarvoor te vinde sou wees, en daar sou moerse pret gewees het. En as hulle nie was nie, dan los jy hulle in vrede. Maar die manier waarop jy dit gedoen het, was nie nice nie.

    Ek weet baie van my pels lees my blog. Vandaar die possie. Dis ‘n maklike manier om almal net bewus te maak daarvan dat alles nie so huncky dory is soos wat ons dink nie. Dat ons net ons oë moet oophou, en sodoende onsself en ons pels beskerm.

    Wel, ten minste het ons ‘n lessie of wat hieruit geleer? Dan beskou ek hierdie ene as suksesvol. Dankie vir almal se bydraes. Dit was rerig insiggewend. Bierpens, dankie vir jou verskoning. Ek aanvaar dit.

    Moet nou eers gou bietjie werk. Sal later ‘n nuwe possie kom opsit. Moenie dat Maandag julle onderkry nie, né? :wink:

  89. 90

    Emil said,

    En daar was … vrede.

    Ek het nogals gehou van die verwysing “Woestyn Ninja” wat die Dr my gegee het. Miskien moet ek dit ‘n nick maak :wink:

    Ek dra hierdie slim woorde op aan die Afrikaanse blogsfeer, waaraan ek deel het: “Peace is not the absence of conflict, but the ability to cope with it.” Slaan my dood, maar ek het nie ‘n clue wie dit kwytgeraak het nie!

  90. 91

    demoerin said,

    :lol: En mis ek toe nou die fight terwyl ek aant suie is! Ons kan maar net hoop die week gaan lekker wees!

  91. 92

    Leon said,

    Dr. Phiel, het jy ooit ooit een van my reply’s of comments gelees, ja ook die stukkie tong-in-die-kies kommentaar juis in die styl wat jy wou jou blog moet loop. Op meer as een plek het ek duidelik gesê, EK IS NIE KWAAD NIE. Ek het ‘n grap met ‘n grap beantwoord. My comment oor die tydsverloop oor hoe lank ek jou voorstel oorweeg het en die verwysing na ‘n Audi Q7 was JUIS om te wys ek kan jou reply met ‘n ander “snaakse” reply beantwoord.

    Dellie, hier vra ek dan nou ook voor almal omverskoning vir my gedrag. Volgens my is hierdie hele Dr. Phiel saak nou afgehandel. In my comment hierbo het ek die persoon die kans gegee om my direk te kontak dat ons die ding kan bespreek en op die ouu en LAG oor ons albei oorreageer het…still waiting.

  92. 93

    Dellie said,

    Leon, ek dink nie jy skuld iemand ‘n verskoning nie, maar as jy so voel… :wink:

    Ek dink ook ons voel almal nou beter, nadat ons gesê het wat op ons minds is. En ek stem saam met jou, hiermee maak ons dan nou hierdie hoofstukkie toe. Kom ons blog nou weer lekker verder, en onthou ons basiese goeie maniere.

  93. 94

    Xanika said,

    Hi Dellie

    Het baie lanklaas hier ingeloer, halfdag werk en blog werk nie lekker saam nie! Ek kan byna nie glo wat ek hier lees nie, waarheen is ons arme wêreld op pad. Ek het die gewoonte om elkeen wat by my blog, persoonlik ‘n mail te stuur na die tyd om dankie te sê of om iets te antwoord en nou dink ek dit is baie goed, want as jy skielik ‘n email van my af kry oor jou comment op my blog en jy weet jy was nie daar nie…

    Maar gelukkig is ek ook ‘n lae profiel blogger en gaan daar nie veel verkeer oor my blog nie!

  94. 95

    Dellie said,

    Hi Xanika, wou sê ek het darem jou voetspoortjies lanklaas gesien. Hoop dit gaan darem goed met jou? Jy het ‘n baie goeie idee daar, so ons is veilig by jou! :wink:

  95. 96

    Adrie said,

    Sandra, Kaalvoet en Danika

    Ek is jammer as julle my comment (21) as ‘n belediging aanvaar het. Dit was nie die bedoeling nie. Ek wou my net uitspreek dat mense moet wegkruip omdat hulle bang is hulle word gesien en dan aangeval. Ek sal myself nooit uitlaat van iemand anders se blog nie. Daar is immers ‘n balk in my eie oog. ‘n Laeprofiel blog is in my oe ‘n blog wat min besoek word, glad nie ‘n minderwaardige blog nie.

  96. 97

    Adrie said,

    En dan wil ek gou ‘n moerse rots in die bossie ingooi.

    Begin van julle nie aan ‘n volgingswaan ly nie? Hoe seker is julle dat ‘n blogger vir julle die virus gestuur het? Gaan ons almal nou van xxx@geenepos.com begin blog om seker te maak niemand mail ons nie?

    Jy sal dadelik weet as iemand jou kloon. Tog dink ek dat ‘n mens versigtiger moet wees as jy vingers wil wys oor ‘n virus.

  97. 98

    Wipneus! said,

    Adrie, dis maklik om op te tel dat dit wel iemand is wat in die wêreld beweeg. Hoe kry hulle mens se e pos in die hande??????? Miskien moet jy hier by my kom kyk, om dood seker te maak!! Jy sal hier wegstap sonder enige twyfel, en bring sommer so boks kleenex saam!!! Hierdie persoon weet ook van alles in die blog wêreld!!! Nee wat ek het geen twyfel dat dit iemand hier is nie.
    Ek het jou vanoggend alreeds gesê wat hier aangaan.

    Ek weet darem nie of ek sal weet iemand is besig om onder my naam kommentaar te lewer nie. Ek het nie die tyd om almal se blogs te investigate en te soek vir my naam nie.
    Na dit wat jy my laasweek geleer het is dit baie maklik. As iemand klaar jou e pos adres deur kommentaar gekry het, is dit ‘n breeze om vuil te speel. Ek gaan nou nie verder hierop uitbrei nie, want dan kry ander mense dalk ook plannetjies.

    En die feit dat ek en Kaalvoet altwee op dieselfde manier aangeval is. Is vir my genoeg bewys. Dis ook nie moeilik om hierdie op te tel as jy daardie inskrywing van my lees nie. Daardie persoon/persone was lus vir my en Kaalvoet. Ek en Kaalvoet kommunikeer met Skype, en nadat ek haar vertel het wat gebeur het, so 3 ure daarna, toe tref die storie haar, en woeps daar het sy dieselfde skade. Toevallig? Nee ek glo dit nie vir een minuut nie!!!!

    En dit is nie die Hallmark virus storie wat nou in omloop is nie!!!! Dit weet ons vir ‘n feit!

    Maar ek is nou klaar gespoeg oor hierdie storie, ek wil dit agter my sit!! Ek vlieg hierdie week!

    Maar ek hoop daardie persoon slaap met een oog oop, Wipneus is baie nice, maar ek het ‘n vreeslike lelike donker kant. Ek word bang vir myself :shock:

  98. 99

    Adrie said,

    Wipneus

    Scenario: Dit kan DALK iets so onskuldig wees as ‘n nice epos wat iemand heeltemaal onskuldig vir jou en Kaalvoet aangestuur het. Sonder dat die sender geweet het daar is ‘n virus op.

  99. 100

    Adrie said,

    Kan virusse met Skype oorgedra word?

  100. 101

    Dellie said,

    Adrie, ek dink nie so nie? :shock: Rustig?

  101. 102

    Wipneus! said,

    Adrie

    Nee wat daardie Scenario, is al getoets. Doodloop straat.

    Virusse kan met skype oorgedra word, jy stuur files en/of foto’s ens oor skype.
    Ek en Kaalvoet het nie die ding gedoen nie, ons was besig om te chat.

  102. 103

    Dellie said,

    Sover ek weet, is ‘n virus gewoonlik ‘n exe file, so jy moet dit oopmaak voordat die virus kan versprei of sy drama saai. In my besigheid, word ons anti-virus elke dag ge-update. In die afgelope 9 jaar het ons nog net een keer ‘n virus gekry wat ons systems omver gegooi het. Hulle kom wel, maar die anti-virus vang dit elke keer.

    Onthou julle die “love-bug” wat so ‘n paar jaar terug verwoesting gesaai het? Mense was so nuuskierig omdat die subject iets was soos “love letter” en dan het hulle dit oopgemaak, en ‘n moerse surprise gekry. Van toe af het ek my voorgeneem om geen e-mail oop te maak van iemand wat ek nie ken nie. Maar die probleem kom nou in as iemand bekend lyk, en jy dink dis veilig – en dan is dit nie. Die beste vir my is om enige exe file eers te scan voor dit oopgemaak word. En reël nommer een is om jou anti-virus so gereeld as moontlik te update.

    Dis net my persoonlike ondervinding. As die experts vir ons bietjie kan bylas, sal dit baie welkom wees.

  103. 104

    Wipneus! said,

    Dankie vir die inligting wat ons alles hier ontvang het Dellie,

    Hierdie rekenaars van my is nou soos Ford Knox. Maar ek gaan in die vervolg my epos heeltemal op ‘n ander rekenaar ontvang, ek gaan dan ook vandaar af blog. Ek voel so bad oor hierdie hele ding, dit het baie skade aangerig. Fluister ek vir jou ietsie, ek dra self ook skuld hieraan, maar ek gaan nie hier vertel wat ek afgesit het en wat nie whahaha :oops: Toemaar ek is goed die kop gewas. Maar hoe moes ek nou geweet het, iemand gaan so kwaad word vir my whahahaha

    Ek het nou ‘n lys goed gekry wat ek nie mag oopmaak :twisted:
    .bat
    .cmd
    .exe
    .pif
    .scr

    Maar dit help ook maar niks as jy iets kry wat nie eers oopgemaak moet word nie. Dus die ouens het nou virus programme waarvoor ons maandeliks betaal, en dit hou by met al die virusse wat daagliks verskyn. Ons het dit net nodig omdat ons heeltyd data ontvang van die voertuie, as iets verkeerd loop, verloor mens geld en tyd.

    En in die vervolg mag Wipneus nie die goed afsit omdat sy orals wil gaan surf nie (per instruksies van die baas Mnr Teddiebeer ) hie hie :oops:

    Adrie en my kinders (jy het ook al) het my heeldag en aldag gewaarsku oor internet veiligheid! Nee man sê ek toe, daar is niks om voor bang te wees nie, julle lei aan paranoia!! Ek sal liewers van nou af na waarskuwings luister. Ek is ‘n “newbie” met die goed.

  104. 105

    [...] waansinnige het weer begin met sy abnormale gedrag. Dellie het nou die dag hieroor geskryf. Mense lewer kommentaar onder ons [...]

  105. 106

    DaraFoody said,

    The response level to local and national disasters is noble but it’s a real shame that so many people take advantage of the negative situations.

    I mean everytime there is an earthquake, a flood, an oil spill – there’s always a group of heartless people who rip off tax payers.

    This is in response to reading that 4 of Oprah Winfreys “angels” got busted ripping off the system. Shame on them!
    http://www.cbsnews.com/blogs/2009/08/19/crimesider/entry5251471.shtml

  106. 107

    Anoniem said,

    Read your article benefited,Write very wonderful and lively,One more thing,plz visit my websites:nfl jersey cheap

  107. 108

    Anoniem said,

    福田饰品批发进货网主营伊泰莲娜丽晶饰品批发,提供魅力天使饰品,丽银饰品,银之堡饰品,贝迪茜妮情侣饰品,施华洛世奇品牌水晶饰品进货/配货福田饰品批发进货网.

  108. 109

    Anoniem said,

    GangBen003, and that’s exactly what should be GangBen003 0.03, is the latest product of series GangBen003 condoms, one of the 1969, GangBen condoms and break through the limits is known as the 0.05 mm of thickness, developed a 0.03 mm thick condoms now, global “ultra-thin thinner than 0.03 mm gold ultra-thin condoms in Tokyo, Hong Kong is sell like hot cakes, become grade personage on to be bestowed favor on newly.BUY condoms!!!GangBen 003 special offers, welcome to GangBen 003 stores, our shop sales gangben003 condom, welcome to choose and buy. 冈本003.


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 68 other followers

%d bloggers like this: