Hierdie is so cool! Julle moet dit probeer!
Die foto’s in die mosaic is antwoorde op die volgende vrae:
Wat is jou naam?
Wat is jou gunsteling kos?
Watter hoërskool het jy bygewoon?
Wat is jou gunsteling kleur?
Watter vermaaklikheid ster is jou gunsteling?
Jou gunsteling drankie?
Jou droom vakansie?
Gunsteling nagereg?
Wat wil jy wees wanneer jy groot is?
Wat in die lewe het vir jou die meeste waarde?
Een woord om jouself te beskryf?
Jou blog/flickr/chat naam?
OK, om dit te doen, gaan jy eerste na Mosaic Maker toe. Daar kies jy jou kolomme (3) en rye (4). Maak Flickr se search bladsy oop in ‘n aparte venster. Daar gaan search jy dan die antwoorde op die vrae. Kies een foto van DIE EERSTE bladsy, en copy sy url in die mosaic maker se spasies. Wanneer jy klaar is, save die hele gedoente na jou rekenaar. Daar is ‘n save button. Upload dan die mosaic soos ‘n gewone foto in jou post. Hulle sal aan die onderkant vir jou ‘n code gee wat jy by die HTML deel van jou post paste, om erkenning te gee aan die foto’s wat jy gebruik. Have fun!
Gaan loer by Eilandkind en Paula. Vet pret!
Krediet vir die foto’s:
1. Adel, 2. Meat Cove, 3. Paul Kruger March 1881., 4. pink room, 5. Jensen Ross Ackles, 6. Beer bubbles, 7. my private island, 8. coffee and chocolate mousse cake, 9. Hey Teachers leave the Kids alone, 10. All the people, 11. Tender Love and Care, 12. Antique Dellie













Zee said,
Julie 30, 2008 @ 11:57 vm
Dellie, hierdie is regtig awesome!! Ek gaan dit ook nou bietjie probeer!
Zee said,
Julie 30, 2008 @ 12:24 nm
Tsk, nou moet ek eers flicker of iets ook gaan leer!
Dellie said,
Julie 30, 2008 @ 12:37 nm
Nee man Zee, dis baie maklik om hierdie te doen! Ek gaan gou die post bietjie edit, en verduidelik.
neykie said,
Julie 30, 2008 @ 12:46 nm
Dellie, dit lyk soos pret om te doen…. Maar gelukkig is hierdie nie ‘n tag speletjie so ek kan maar uitsit?
Lekker dag verder
Paula said,
Julie 30, 2008 @ 1:46 nm
Great stuff!!!
boendoe said,
Julie 30, 2008 @ 4:45 nm
Oulik!
Wipneus! said,
Julie 30, 2008 @ 5:06 nm
Dankie julle ek het dit baie geniet. Het dit op my ander blog gesit!!!
Pikkelik said,
Julie 30, 2008 @ 7:56 nm
Ek gaan dit ook probeer, beslis en definitief…. Maar eers more of oremore, ek is poegaai!!! Lekker doedsss.
alta said,
Julie 31, 2008 @ 2:59 vm
Ek sal ok net vir julle loer.
meermin said,
Julie 31, 2008 @ 7:20 vm
Sal dit beslis bietjie later probeer!
boendoe said,
Augustus 1, 2008 @ 8:56 vm
Kom, kom, Delilla!! Dis Vrydag en waar is jou gebruiklike stukkie fun om ons op ‘n high die naweek in te stuur? He??
A Different View of Reality » Mosaic said,
Augustus 4, 2008 @ 3:49 nm
[...] it over at Dellie se Dinge. This is really very [...]
Mosaic / Meme « Onder die Maan en Sterre……. said,
Augustus 4, 2008 @ 9:29 nm
[...] Dellie verduidelik mooi hoe dit werk! [...]
Niemand het my getag nie « inderdaad said,
Augustus 7, 2008 @ 2:08 nm
[...] 7, 2008 Maar ek dink Dellie se speletjie is [...]
Ek Zap! die huiswerk. « Pikkelik se Blik said,
Augustus 11, 2008 @ 5:20 vm
[...] Dellie verduidelik mooi hoe om dit te doen, en ek het nou nie haar slag met verduidelikings nie… Gaan loer daar. [...]