Ek soek dringend na ‘n ordentlike resep vir skaapkop. Ons het dit mos al geëet, maar ek het dit net skoongemaak, nie self gaargemaak nie. Daai poging was nie sleg nie, maar iets vertel my dit moet beter kan smaak. Sommiges se velletjies was te taai, ander was nog effens rou binne. Dit wat ek geëet het van myne, was heel gaaf.
Nou wil ek dit self gaarmaak, en ek het gewonder of daar iemand is wat bietjie kan help? Die vleisies moet lekker sappig wees, en die kleur mooi bruin, maar die vel nie taai of hard nie. En watse speserye en kruie gebruik mens?
Kom-kom, hier is hoeveel kokke van formaat op die blogs deesdae! Julle het die heerlikste resepte daar by julle, ek is seker iemand moet ken van skaapkop behoorlik gaarmaak!
Toemaar Meermin, ek sal jou en Kokkewiet verskoon vir hierdie ene …










Wipneus! said,
September 11, 2008 @ 2:51 nm
Uhhhm ….. Dellie jy sal my ook maar moet verskoon, sorry man!
Parkie said,
September 11, 2008 @ 2:59 nm
GESTOOFDE SKAAPKOP
1 Skaapkop
Gekapte pietersielie
Gerasperde neut
Sout en peper na smaak
Paar naeltjies
Broodkrummels
Gesnyde wortels of groen ertjies
450 g aartappels, geskil en kleiner gesny
500 ml water
Kap die skoongemaakte kop in groot stukke, was deeglik en plaas in ‘n groot kastrol met bietjie water. Laat een uur lank stadig prut.
Voeg gekapte pietersielie, neut, sout en peper, naeltjies en broodkrummels by om te bind.
Voeg wortels of ertjies met aartappels en water by. Laat weer een uur lank stadig prut.
Bedien met rys.
Dankie Parkie, hom klaar geprint en gefile.
ivybar said,
September 11, 2008 @ 3:03 nm
Onbekende worteltjies op my skerm verseker
boendoe said,
September 11, 2008 @ 3:22 nm
No thanks, ek’s ‘n vrou met klas!
Kom kyk, sussie, kom kyk!
Dellie said,
September 11, 2008 @ 3:23 nm
Ek kom, ek kom!
Jaco said,
September 11, 2008 @ 3:28 nm
Verskoon my, ek is nie regtig honger nie.
kaalvoetinireen said,
September 11, 2008 @ 3:34 nm
Die beste resep vir so smiley: gee dit vir die hond om mee te speel…
Ek verkies ‘n skaaptjoppie…
Ben said,
Oktober 23, 2009 @ 6:24 nm
Sonder die kop sou jy nooit die chop kon geniet het nie… net drolle!!!
Dellie said,
September 11, 2008 @ 3:34 nm
Hie-hie, dan verskoon ek maar vir Wippie, Boendoe, Jaco en Kaalvoet ook. Chickens!
Ivybar, is jy nou in of uit?
CLAZINE said,
September 11, 2008 @ 3:42 nm
Dels,
Mag ek nooooiiiiit so honger word nie!!!! he-he.
Ben said,
Oktober 23, 2009 @ 6:29 nm
Nooit is `n lang tyd. Die maer jare kan ook weer kop uit steek!!!!! Wie grypdan die kop????
Dellie said,
September 11, 2008 @ 3:52 nm
Clazine, jy ook?
Julle verstaan heeltemal verkeerd. Skaapkop gaan nie oor honger nie, dit gaan oor lekker, en totdat jy dit nie probeer het nie, sal jy nie weet waaroor dit gaan nie.
Ek daag julle almal wat so gril uit om dit ten minste een keer te probeer. Jy mag dalk aangenaam verras word!
Uhm, net een tip – eet die ogies eerste, dan “loer” hulle nie vir jou nie! Hie-hie-hie!
Ben said,
Oktober 23, 2009 @ 6:20 nm
Tien uit tien vir jou!!!
Wipneus! said,
September 11, 2008 @ 4:32 nm
Nou moet ek nog eers die oge uit die oogkaste ook verwyder?
Ag vreeslik dankie dat ek verskoon is van die tafel Dellie!!!
Dellie said,
September 11, 2008 @ 4:45 nm
Wel Wip, jy kan besluit hoe jy dit wil verwyder. As jy nou “hoog op” is, kan jy seker ‘n vurkie gebruik, maar andersins gebruik jy jou vingers, of in uiterste gevalle suig jy sommer die oog uit! Dit hang maar seker af van hoe lus jy is.
Maar glo my, dis glad nie grillerig nie, dit smaak rerig heerlik!
Ai mense, verbreed julle horisonne!
kaalvoetinireen said,
September 11, 2008 @ 4:57 nm
Ag Dellie, ek sal die skaap tot vir jou slag, maar die oe eet??? Jy’s seker laf! Die wangvleisies is nie te bad nie, maar die hele storie sit my net af!
kaalvoetinireen said,
September 11, 2008 @ 5:01 nm
Ek bly in Korea, hoeveel breer kan daai horisonne nou?
Dellie said,
September 11, 2008 @ 5:05 nm
Kaalvoet, die oë smaak rerig, erig soos murg! En die harsings ook. Dis heerlik. Dit klink net nie wel nie. En dis nie gechillie en ge-rooipeper nie!
Adrie said,
September 11, 2008 @ 5:12 nm
EEEEEEUUUUUWWWWWWWW!!!!!!!!!
Adrie said,
September 11, 2008 @ 5:16 nm
Sommer vir murg ook!!!!!!!!
Dieet blog die vandag.
Krista said,
September 11, 2008 @ 5:20 nm
/me het al varkharsings geëet – baie ryk en proe nes murg!
Sonia said,
September 11, 2008 @ 5:27 nm
Ek sal nou nie weet hoe om dit gaar te maak nie, en ek het dit nog nooit geëet nie – my pa was te suinig om te deel!
Dellie said,
September 11, 2008 @ 5:40 nm
Adrie, so bly ek kon jou dieet ‘n hupstootjie gee! Hie-hie!
Krista, jy weet dan! Dit is baie ryk, maar ooo, so lekker! Daai harsings (vark / skaap) was altyd my luckypacket. So in die pensvelletjie toegemaak soos ‘n presentjie. En jy vat sulke klein happies…. Njammies!
Sonia, jy sal ‘n plan moet maak! Dis mos erfenis kos hierdie!
Ek sal jou laat weet hoe ons poging uitgewerk het, dan kan jy self probeer.
Paula said,
September 11, 2008 @ 5:52 nm
O genade nee … ek hou eerder verby.
Jou header lyk pragtig!
Koekie said,
September 11, 2008 @ 6:12 nm
Hi Dellie, ek het vir jou comment gelos daar by Pagoda.
Skaapkop is koningskos!! Die harsings en wangvleisies is die lekkerste.
Sterkte met die resepte, ek gaan beslis ‘n paar kom “steel”…..hiehie.
Koekie said,
September 11, 2008 @ 6:15 nm
Ek wou nog sê. Ek het gewonner waar is daai bekende oog heen toe ek jou comments daar anderkant lees.
Jou header lyk pragtig asook die oog.
Dellie said,
September 11, 2008 @ 6:38 nm
Koekie my ding! Hoera! Uiteindelik iemand wat weet waarvan ek praat! Dis darem maar lekkkkkkeer, né!
Hulle weet nie wat hulle mis nie!
Koeksister said,
September 11, 2008 @ 6:48 nm
Ag shame, man Dellie, dit lyk of hy in ‘n ongeluk was en jy het hom opgetel. EK like jou nuwe og!
Koekie said,
September 11, 2008 @ 8:47 nm
Damn Dellie, ek sien nou eers daai foto. Ek sit nou en kwyl hier voor die rekenaar. Ek wil my vinger deur die screen druk en van daai lekker sagte sappige vleisies in my mond sit – Ag nee man!!!
Weet nie waar kry jy die foto nie maar dis hoe ek skaapkop ken. So lekker bros gebak in die oond. O vlok, ek MOET nou gaan, my hemp is papnat….hiehie.
boendoe said,
September 11, 2008 @ 9:56 nm
http://www.kookkuns.com/2008/08/skaapkop.html
Hoop dit help!
boendoe said,
September 11, 2008 @ 10:00 nm
O, en hierdie klink besonder, besonder lekker!
http://www.landbou.com/LandbouWeekblad/Net_op_die_web/0,,1294-1297_2221404,00.html
Zee said,
September 11, 2008 @ 11:08 nm
Juffrou, kan ek ook maar verskoon word
Eben said,
September 12, 2008 @ 6:56 vm
Bliksem Dellie … sorry vir die taal maar die lyk lekkerrrrrrrrrrrr!!! Dis so jammer Welkom is so ver van Tzaneen!!!!
Maar wat is die okasie? O jaaaaa ons ‘drink klub’ hier op die plaas is tans besig om ‘n pizza-oord te bou. En verlede week nog noem ek aan my een drinker broer wat en hoe gaan ons die oondjie in wie. Verseker nie met ‘n pizza nie NEVER
Toe noem hy hoekom probeer ons nie skaapkop …. toe praat die man my taal!! Wanneer en hoe weet ek nie, maar hou die spasie dop vir terugvoering.
BB said,
September 12, 2008 @ 7:07 vm
Sorry julle Allermooiste boerekinders, maar BB moes nou eers bietjie agter die kraalmuurtjie loop kits… *BLEEEEGGGHHH* –
– lyk vir my soos roadkill!!!
LOL!!!)
Maar as jy gereeld sulke reseppies plaas, gaan my dieet beter vorder as enige haatlike gym oefening!! (besef jy hoeveel maagspiere dit verg om te kits??
/me loer weer vir daai foto – dis friggin perverse!! check die arme ding se underbite!! het alle skapies sulke uitstaande ondertanne?? lyk amper soos die Wosonki’s se budogie se onderkaak! net die kopbeen is bietjie langer!! nee wragtig, wat die arme Voortrekkers darem aan hul nageslag gedoen het! Red ‘n volk!!! WAAAAAhahaha!!! I’m outta here!! Lekker naweek!! …en uuuhhhmmm lekker eet……. *BLEEEEGGGHHHH*!!
Eben said,
September 12, 2008 @ 7:10 vm
BB … a nee a !!!! Dis nie so erg nie!!!
BB said,
September 12, 2008 @ 7:10 vm
/me loer ommie kraalmuur…
Jip – just couldn’t stay away….
Ek wonner net hoeveel mense kan versadig raak op een skaapkop?? Oom Sarel reken dis net ‘n appetizer – ‘n horsedeworsie…
Jinne julle – ek kyk weer daai pic – and it ain’ getting any prettier….
BB said,
September 12, 2008 @ 7:12 vm
Eben! Daar’s net een ding erger as daai kop op ‘n etenstafel…. and i ain’t sharing any more thoughts – ek het sopas op ‘n Vrydagoggend amper 2 kilo’s geshed… enough already!!
Koekie said,
September 12, 2008 @ 7:39 vm
lol @ BB. As jy dit eers geproe het, is dit verby.
Eben – ek het ook ‘n ruk terug in Tzn gebly. My beste vriendin nou nog daar. Hulle bly en werk op Letaba. Ken jy dit dalk? Lekker plek daai.
Koekie said,
September 12, 2008 @ 7:47 vm
Ek was nou net by die 2e link in wat Boendoe gegee het. As die anti-skaapkop eters daar moet gaan lees, glo ek nie hulle sal ooit skaapkop probeer nie.
Whahaha…. ek het lekker gelag vir die ou wat verduidelik hoe die “snot” ens. uitgekook moet word. Klink nogal jiggie!!
Dellie said,
September 12, 2008 @ 8:10 vm
Hie-hie, julle klomp was gedrywig!
Beeps, daai grin word al hoe erger soos wat hy gaarder word.
Baie bly om te hoor ek kon darem assist in jou dieet…
Koekie, as ek dit nie mis het nie, bly en werk Ebie op Letaba. Jy moet hom gaan corner daar by sy blog, want hy is ‘n baie besige man en hang nie soos ons heeldag op die blogs rond nie, net vroegoggend voor hy moet begin werk.
Dankie Boends, ek gaan nou gou loer!
Ebie, geen rerige geleentheid nie, net lusgeit…
BB said,
September 12, 2008 @ 8:32 vm
LUSGEIT??!!!
– i can thinks of many things i can get LUS voor – maar skaapkop het snaaks genoeg net nog NOOIT OOIT by my opgekom nie… different strokes for different folks – Oh MY!!! ek gaan sukkel om oor hierdie een te kom!!!
BB said,
September 12, 2008 @ 8:37 vm
Couldn’t you at least have put a little parsley between it teeth or something??!! I mean, is there NOOOOO way wat iemand daai dêng ‘n biekie kan opdollie nie?? As jy my vir ete nooi en ek stap daar in en daai gesig lê daar so weerloos afgekap op ‘n bord – ek sidder!!! EK bedoel – moet kos nie darem ook vir die oog iets wees?? Wag, laa’k loop – ek voel soos ‘n perv…. ek het nog nooit in my hele lewe soveel keer na één enkele bloginskrywing teruggekeer nie – ek dink ek het nou sielkundige behandeling nodig!! “Mammmmmááááá!!!”
Dellie said,
September 12, 2008 @ 8:44 vm
Whahaha Beeps, ek sal spesiaal vir jou ‘n stukkie parsley tussen die tanne insit, hoor! En ek sal een koppie mooi opdollie met ‘n strikkie in die oor/oog? Sal Maandag vir jou foto’s wys!
Koekie said,
September 12, 2008 @ 9:02 vm
Whahaha… nou’t ek alles gehoor! ‘n “Op-ge-dolliede” skaapkop. Ek imagine al ‘n skaapkop met ‘n strik op die kop en lipstick op die lippe….hiehie.
Thanx Dellie, was gou daar by Eben.
boendoe said,
September 12, 2008 @ 9:11 vm
BB, dis hoekom mens veronderstel is om skaapkop te eet as jy gesuip is! Dan raak hy al mooier en mooier. Sonder parsley!
Dellie said,
September 12, 2008 @ 9:31 vm
Aaah Boendoe, NOU begin jy nader aan die waarheid kom! ‘n Skaapkop is nogal vetterig, en mens MOET ietsie hê om die vetjies in jou mond so bietjie op te los. Ons jaag vir Beeps daai emmer Vodka in wat sy anderdag hier nader gesleep het, en dan moet jy sien hoe verorber sy daai skaapkop, opgedollie of te not!
Nella said,
September 12, 2008 @ 9:32 vm
Sies, Dellie. Nou maak jy my honger!
Jy moet die skaapkop in ‘n casserole sit of in foil toedraai en in die oond sit. Gooi net sout en peper oor. Sit in die oond teen lae temperatuur (100-120 grade) oornag. Voor jy die skaapkop opdien kan jy hom so bietjie onder die grill sit vir bietjie kleur.
Dellie said,
September 12, 2008 @ 9:46 vm
Dankie Nella, ek neig nogal na die deurnag in die oond opsie. Kyk, ek is nou al so lus hiervoor dat ek my lag nie kan hou nie!
Amanda said,
September 12, 2008 @ 10:55 vm
Nou is ek honger. Hierdie naweek gaan ek afval koop en myselwers so pokkelpens eet. Te m@#r of ek nog in my trourok moet pas oor minder as 2 weke!!!
Dellie said,
September 12, 2008 @ 11:19 vm
Amanda, jy sal maar ‘n paar ekstra trappies moet klim om die ene af te werk! Netnou is jou hele fandamily vies vir ons!
Geniet dit!
Amanda said,
September 12, 2008 @ 12:34 nm
Gie gie gie…
Eben said,
September 12, 2008 @ 1:04 nm
Dankie Dellie, Koekie het my gekontak en ja dis dieselfde plek. En haar vriendin is toevallig ook Marilee se best maatjie, na Koekie-hulle weg is!! Ai ai ai laat so skaapkoppie vreemde mense bymekaar bring.
Ons sal maar net hard moet werk aan BB. Smaak my sy hol te veelkraal toe ook die kop!! Reg jou reg BB (
) dis nie jy op die bord nie, maar sal jy mooi vra en stil sit, kan jy my chippies eet. As mens eers Skaapkop eet, is daar nie plek en tyd vir poeding soos chippies!!
Nella said,
September 12, 2008 @ 1:14 nm
Eben, ons kook altyd die afval vir hoofgereg en die skaapkop is vir poeding!
Dellie said,
September 12, 2008 @ 1:43 nm
Haai Ebie, die wêreld is darem klein, né! Bly julle het kontak gemaak.
Nella, ek het ook nog nie self afval gekook nie. Dis die volgende ding wat ek gaan doen. Het sommer ‘n lekker resep gekry op daai tweede link wat Boendoe geplaas het, en hom geprint. Sal moet opskud voor Seun huistoe kom, want ek sien al hoe hol hy die vlaktes in…
Da Mario said,
September 12, 2008 @ 2:30 nm
Daar is GEEN manier hoe ek hierdie ene try nie. En ek dink die kinders… eish… ek wil nie eers DINK wat die kinders sal sê nie!!
Nee flippit ouens… wat’s fout met ‘n lekker tjoppie?
Skaapkop?
Of selfs KFC? En as jy regtig moet, wat van ou dikkes se chicken shop? Is daar nie ‘n tak naby genoeg nie?
Maar hiedie enetjie? Ek’s eers okay, thanks Dellie!!
boerinballingskap said,
September 12, 2008 @ 3:05 nm
Ek is nou baie laat in hierdie kommentaar-kraal, maar ek wil maar net se ek dink skaapkop is yummy! Smaak 10 keer lekkerder as wat dit lyk!
rosalindfranklin said,
September 12, 2008 @ 3:22 nm
eoahfguasdhgiadngikfkajxsfjje eeeeeeeeeuuuuuuuuuuw!
Dellie said,
September 12, 2008 @ 4:04 nm
Da Mario – ek kies skaapkop enige dag bo KFC!
Boer, jip, hy smaak baie lekkerder as wat hy lyk!
Rosa?
Jy OK?
rosalindfranklin said,
September 12, 2008 @ 4:16 nm
Dellie LOL, ek gril nogal nie vir skelette en anatomiese dinge nie, maar ek gril vir daai skaapkop!!!!!!!! Dit was ek wat so oor die sleutelbord geval het.
boendoe said,
September 12, 2008 @ 4:39 nm
Het jy nou al gaan kyk hoe kook jy die snot en neuswurms uit?? Hmm??
Dellie said,
September 12, 2008 @ 4:59 nm
Ja, Boendoe, en ek moet erken, daai deeltjie klink maar effens grillerig!
Ons het laas die neus oopgekap voordat ons gaargemaak het – ek wil beslis nie daaraan dink dat daar snoterasies erens tussen die lekker vleisies is nie, so die neus sal maar moet waai!
Alles moet silwerskoon wees, ek krap die koppie maar weer met ‘n minora blade.
Weet nie hoe Beeps daai foto’s gaan handle nie, want die ene hier het nog sy neus. Sy gaan dan eers reken dit lyk na roadkill!
Roer said,
September 12, 2008 @ 7:26 nm
Delsch, jy maak hom dieselfde gaar as skaapboud. Soos Nelba se^ is maklikste. Yummy!!!!!!
Sigeuner said,
September 13, 2008 @ 2:40 nm
NEE, Sies, fokkit!!! My horisonne kan maar donirrs smal bly!
Maar ek gun elke outjie sy plesier…
Soos skoonma wat varkkop vreet…kots!!!!!
Johan Swarts said,
September 14, 2008 @ 3:37 nm
As ‘n mens met jou oë eet, eet ek nie daai nie…
Spook said,
September 14, 2008 @ 9:41 nm
‘n Groot NEE DANKIE van my kant ook af.
Ek is in die eerste plek nie eers mal oor vleis nie… Daar’s nie ‘n manier dat ek die kopgedoente in my lyf sal probeer inkry nie. Nie vir honger en beslis ook nie vir lus nie!
Manlief gaan gereeld na die Skaapkogilde aande wat op die Springbokvlakte gehou word. Nie vir my nie dankie. Ek bly by die huis en eet eerder pizza.
meermin said,
September 15, 2008 @ 7:52 vm
Nee dankie so honger is en was ek darem nog nooit nie!!! Jy kan maar alleen eet aan hierdie kop ding! Nee dankie daar is nie ‘n manier nie, jammer ek het geen resepte vir die kop ding nie!
bigbigjoe said,
September 15, 2008 @ 8:49 vm
Dellie- jammer, ek’s n regte Jonny-come-lately by jou skaapkoppartytjie; ek was n paar dae weg!
Skaapkop: uhmmm, effe huiwerig. Ek het hom nog nooit self gaargemaak nie, maar as ek dink aan die gelatien-en senings van die vleisie, kan ek jou waarborg n stadige langrooster is net die regte ding. Ek het n ou Louis Leipoldt kookboek tuis, ek dink daar’s n goeie resep in, sal hom aanstuur. Dan blog ek sommer volgende week my resep vir beeswange in rooiwyn!
Vir die klomp wat so gril, n plaasstorie: Jannie kom wys sy nuwe verloofde, n regte stadsmeisietjie, vir die eerste keer in die Sandveld. Die paasmense hang uit: tante had sommer n beestong vir middagete gemaak. ” Ek eet nie iets uit n dier se bek nie!” sê die juffie neusoptrekkerig. Gmmff, sê die oom. “Vrou, loop kook ‘aar vi haar n hoendereier!”
Henk van Biljon said,
Maart 30, 2009 @ 8:28 nm
Siestog. Ek let dat daar meer mense is wat ons afraai om die bekotsenswaardige skaapkop te eet as mense wat idees het hoe om dit gaar te maak – in die eerste plek die doel van die thread! Dis koningskos! Nou die dag het ‘n tannie die kop in ‘n bruin papiersak gaargemaak wat sy met botter uitgevryf het. Die vel was so taaierig maar heel koubaar. Die vleis was nie uitgedroog nie, net lekker. Sy het dit vir ‘n ander ou gaargemaak, maar ek het gese sy m@&r en die hele ding opgevreet. As jy dink dis te erg gaan lees ander threads en lewer konstruktiewe kommentaar.
Johann said,
Mei 19, 2009 @ 6:25 nm
Kan iemand my se wat die maklikste manier is om ‘n skaapkop skoon te maak vir afval?