My wiele is pap. Ek is lus vir niks. Ek het dringend nodig om my gemoed te lug! Dus moet jou kommentaar asseblief ‘n grappie bevat. Miskien help dit ons almal om bietjie beter te voel!
———–
As twee tots brandy jou hups maak en twee tots rum jou lus maak, wat maak ‘n meisie swanger? …. ‘n Dubbel Bols en ‘n stywe Johnny Walker….
———–
Wat is brandende liefde? …. Dis wanneer jy in die donker die Vaseline misvat en die Vicks raakvat…
———–
‘n Ou oom sit by die busstop en huil. Een ou kom en vra hoekom huil hy dan? Hy sê hy is met ‘n 18 jarige meisie getroud en het seks in die oggend, in die middag en in die aand. Die ou vra: “Nou hoekom huil oom dan?” Oom: “Ek het vergeet waar ons bly!”
———–
Gatiep loop met ‘n spul sinkplate onder sy arm die straat af. Sy pel vra: “Wat is daai?” Gatiep: “Ek is vanoggend geskei en ek het die huis gekry.”
———-
Daar is net vier stadiums in jou lewe:
Waar trek jy?
Toe, laat wiel met daai grappies! Ek het nodig om te lag!













Suz said,
September 29, 2008 @ 11:20 vm
Vrou by tandarts: “Ek raak eerder swanger as om ‘n tand te laat trek!”
Tandarts: “Dame, besluit nou asseblief sodat ek kan weet hoe om die stoel te stel.”
Kokkewiet said,
September 29, 2008 @ 11:24 vm
A blonde, wanting to earn some extra money decided to hire herself out as a handywoman and started canvassing the neighborhoods.
She went to the front door of the first house and asked the owner if he had any odd jobs for her to do.
“Well, I guess I could use somebody to paint my porch,” he said. “How much will you charge me?”
The blonde quickly responded, “How about $50?”
The man agreed and told her that the paint and everything she would need was in the garage.
The man’s wife, hearing the conversation, said to her husband, “Does she realize that our porch goes all the way around the house?”
He responded, “That’s a bit cynical, isn’t it?”
The wife replied, “You’re right. I guess I’m starting to believe all those dumb blonde jokes .”
A short time later, the blonde handywoman came to the door to collect her money. “You finished already?” the husband asked.
“Yes,” the blonde replied, “and I had paint leftover, so I gave it two coats – no extra charge.”
Impressed, the man reached into his pocket for the $50 and handed it to her.
“And by the way,” the blonde added … “it’s not a Porch — it’s an Audi.”
Lekker dag Dellie.
Adrie said,
September 29, 2008 @ 11:28 vm
Die ou is in Weskoppies omdat hy ‘n obsessie het oor ketties. Na 6 maande
besluit hulle om hom te her-evalueer en vra “wat sal jy doen as jy ‘n
miljoen rand wen? ” “ek sal vir my ‘n huis vol ketties koop” sê hy. “Nee,
jy’s mal, moer hom terug in sy padded sel” laat die sielkundiges weet.
6 Maande later evalueer hulle hom weer. “Wat sal jy doen as jy ‘n miljoen
rand wen ?” is die vraag weer ” Ek sal dit belê” sê hy. “Mooi, ek dink jy
kom reg, in wat sal jy dit belê ?” vra hulle. “In bosbou en Goodyear sodat
ek baie hout en rubber kan kry sodat ek baie ketties kan maak !”.
“Terug in sy sel!” antwoord die sielkundiges.
Weer sulke tyd 6 maande later en weer is die vraag, “wat sal jy maak as jy
‘n miljoen wen ?”, na hy so ‘n tydjie diep dink, sê hy :
“Ek sal vir my ‘n Porche koop”
“En dan ?”
“Dan sal ek rondry en vir my ‘n hot girl optel”
“Ja, en dan ?”
“Dan sal ek haar wine en dine”
“Nee, lyk vir my jy’s gesond, maar vertel verder wat jy beplan?”
“Dan sal ek haar huis toe vat en bietjie begin vry”
“Ja, en dan ?”
“Dan sal ek haar pantie uittrek”
“Ja, ja en dan ?”
“Dan sal ek die rek uit die pantie haal en vir my ‘n kettie maak!”
Didikind said,
September 29, 2008 @ 11:35 vm
Hi Dellie, ek is vrot met grappies en nog meer met dit oorvertel. Het ook lus om vandag die komberse oor my kop te trek, maar wat, môre is al weer Dinsdag. Geniet die dag, dink aan jou!
boendoe said,
September 29, 2008 @ 11:43 vm
Jip, ek is ook nie te flink met grappies nie! Maar ek dink om te praat oor die naweek se rugby sal jou ‘n effense grinnik gee? Jou spannetjie het gewen – geluk…
Myne het GEWEN! En demmit, EEN van my twee spanne sal julle in die final aanvat!
Wat is dit met Eben?? Hoekom wil hy ons twee sprankelende poppies nie ontmoet nie? He?
Dellie said,
September 29, 2008 @ 11:49 vm
Hie-hie, Suz, Kokkewiet en Adrie, dit help al klaar!
Didikind, ek dink dis hierdie wind en stof van die afgelope tyd wat my begin onderkry. Alles is heeltyd vol sand, en ek gril my dood!
Nee jinne Boendoe, ek weet nie wat is dit met Ebie nie. Ek dink hy is bang ons kuier hom dalk onder die tafel in en wys foto’s daarvan!
Ja, geluk met jou spannetjie se wen. Hulle het dit darem nodig gehad. So jy gaan nou vir die Sharks skree in die final? Good luck, maar die beste span gaan tog wen en ons almal weet mos dis die Bulle!
Suz said,
September 29, 2008 @ 12:59 nm
Hoe ruil ´n bedorwe brokkie ´n gloeilamp om?
Sy sê net: “Pappa ek wil ´n nuwe woonstel hê!”
Eben said,
September 29, 2008 @ 1:10 nm
Wat wat kry jou onder Dellie … a neeee aaaa!!!
Emil said,
September 29, 2008 @ 1:15 nm
Wipneus! said,
September 29, 2008 @ 1:46 nm
Ek hoop jy voel gou beter Dellie! Ek is ook nie goed met grappies oorvertel nie! Sorry
meermin said,
September 29, 2008 @ 1:59 nm
Geniet jou dag!
Suz said,
September 29, 2008 @ 2:32 nm
‘n Polisieman op patrollie sien een aand ‘n kar in ‘n verlate straatjie geparkeer. By nadere ondersoek blyk dit dat daar twee tieners in die kar sit, ‘n jong man voor besig om ‘n rekenaartydskrif te lees, en ‘n jong meisie agterin besig om te hekel.
Die polisieman klop aan die venster, en die jong man maak dit ook. “Ja, konstabel?” “Wat doen jy?” “Ek lees ‘n rekenaartydskrif, konstabel.”
“En wat doen die meisie?” “Sy hekel, konstabel.” “Seun, hoe oud is jy?” “Ek is negentien, konstabel,” antwoord die jong man. “En hoe oud is die meisie wat daar agter sit en hekel?” Die jong man kyk op sy horlosie en sê: “Wel, konstabel, oor vyftien minute sal sy sestien wees.”
netjane said,
September 29, 2008 @ 2:50 nm
Ek lag lekker vir grappies, maar ek’s maar swak as dit by die vertel kom en lag gewoonlik vir goed wat buitendien nie snaaks is nie. Hoop jy voel gou beter!
Dellie said,
September 29, 2008 @ 3:07 nm
Ebie, jy is veronderstel om die grappie hier te post, nie te e-mail nie! Maar ek het lekker gelag, dankie, en ek deel hom graag met die res ook:
Suiplap in die kroeg is al goed besope en baie dapper. Sy muis is saam, in sy hempsak, en drink ook saam. Iemand soek met Suiplap skoor. Naderhand sê Suiplap: “Jou moer, man!” Muis steek sy kop uit die hempsak en skree: “En jou KAT se moer ook!”
Die donderwolkie is beslis besig om te wyk… dankie, julle!
nickeybotha said,
September 29, 2008 @ 4:22 nm
ai siestog ek probeer n grappie tik maar my spelfoute is vreeslik en my screen vol tipex jammer
007meisie said,
September 29, 2008 @ 4:40 nm
Whahahaaaa! Ag dankie dit was nou heerlik! Al het ek ‘n hectic dag gehad en gou kom blogs opvang met my bakhand…nou is ek besig om die lagtrane af te vee! Dankie hoor Deelie en julle klomp lawwe goed! Ek het maar ‘n whipped cream pic op my blog gesit…arme koei!
The Top Reasons Men Prefer Guns Over Women
- You can trade an old 44 for a new 22.
- If you admire a friend’s gun and tell him so, he will probably let you try it out a few times.
- Your gun will stay with you even if you run out of ammo.
- A gun doesn’t take up a lot of closet space.
- Guns function normally every day of the month.
- A gun doesn’t mind if you go to sleep after you use it.
- YOU CAN BUY A SILENCER FOR A GUN.
Koeksister said,
September 29, 2008 @ 4:48 nm
Hoe maak jy ‘n vrou?
Jy kruis ‘n koei en ‘n miskruier dan kry jy ‘n fyn dingetjie met tieties wat heeldag rustig loop en kak soek.
Hoe maak jy ‘n man?
Jy kruis ‘n miskruier en ‘n renoster dan het jy ‘n nors beneukte, vol kak & gevaarlike outjie met ‘n horing wat hom heeldag pla.
Dellie said,
September 29, 2008 @ 4:51 nm
Hie-hie, 007!
Dis so snaaks, maar so waar!
Emil said,
September 29, 2008 @ 5:21 nm
Miskien sal die ou fotojie van die worshondjie op my blog jou ‘n bietjie opbeur
Miskien laat die een jou so bietjie
‘n Gemaskerde man storm die bank waar Mike werk binne en skree dat hulle al die geld in ‘n sak moet sit.
‘n Oomblik later vat hy die vol sak by ‘n bankklerk en vra: “Het jy my hierdie bank sien beroof?”
Die man antwoord: “Ja, natuurlik.”
Die rower lig sy geweer en skiet die klerk tussen die oë.
Dan draai hy na die volgende klerk, ons vriend Mike.
“Het jy my hierdie bank sien beroof?” vra die rower vir Mike.
“Nee, nie met ‘n oog nie,” antwoord Mike ernstig. “Maar ek hoor my skoonma het.”
Pikkelik said,
September 29, 2008 @ 6:38 nm
Ek kannie grappies nie, maar ek kan copy en paste!!!!
Male or Female? You might not have known this, but a lot of non -l iving
objects are actually either male or female. Here are some examples:
FREEZER BAGS: They are male, because they hold everything in, but you can
see right through them.
PHOTOCOPIERS: These are female, because once turned off; it takes a while to
warm them up again.
They are an effective reproductive device if the right buttons are pushed,
but can also wreak havoc if you push the wrong Buttons.
TIRES: Tires are male, because they go bald easily and are often over
inflated
HOT AIR BALLOONS: Also a male object, because to get them to go anywhere,
you have to light a fire under their butt.
SPONGES: These are female, because they are soft, squeezable and retain
water.
WEB PAGES:
Female, because they’re constantly being looked at and frequently getting
hit on.
TRAINS: Definitely male, because they always use the same old lines for
picking up people.
EGG TIMERS: Egg timers are female because, over time, all the weight shifts
to the bottom.
HAMMERS: Male, because in the last 5000 years, they’ve hardly changed at
all, and are occasionally handy to have around.
THE REMOTE CONTROL: Female. Ha! You probably thought it would be male, but
consider this: It easily gives a man pleasure, he’d be lost without it, and
while he doesn’t always know which buttons to push, he just keeps trying
maxie said,
September 29, 2008 @ 8:32 nm
Wat is klein, wit, rond, rol in die straat af en skreeu: “Ek’s ‘n Panado! Ek’s ‘n Panado!”?
‘n Mal Disprin.
BB said,
September 30, 2008 @ 7:06 vm
My mood was ook bietjie af die afgelope ruk Delsch (beslis ook bietjie met die weer en stof!! te doen) – but I’ve found a cure: Nausea en diarrhee!!! Works like a charm – i haven’t cared much for dust in 2 days – i couldn’t give a damn about world peace or pollution of die gat in die ozone laag – it’s en overpowering feeling hugging the toilet-bowl – it’s when it hugs you back that you should get worried…
Hoop jy voel sommer gou beter!!
Dellie said,
September 30, 2008 @ 8:07 vm
Baie snaakse grappies, dankie!
Ag shame BB, dit klink aaklig! Ek hoop JY voel gou beter. Dit vat ‘n baie sterk vrou om daai huggings te oorleef!