Moeder-lief, die jare het so gou verbygevlieg…
Vyf en twintig jaar gelede het jy ons onverwags verlaat. Hoe wens ek nie dat jy gespaar kon bly om my man en kind te kon leer ken nie! Weet jy hoe great hulle is? Weet jy hoe gelukkig ons is? Daar is so baie in my lewe wat jy gemis het, wat ek gemis het om met jou te deel. Maar op ‘n manier glo ek dat jy nogsteeds deel van my lewe is.
Hierdie was een van jou gunsteling liedjies. Toe al die boeties en sussies al uit die huis uit was, en net ek en Kleinsus oor was, het jy soms alleen na hierdie plaat geluister in die donker en gehuil en verlang na hulle. Ek het toe nie lekker verstaan nie, maar die lied het my altyd bygebly. Vandag weet ek presies hoe jy gevoel het. Die ene is vir jou, Mamma… en vir al die ander Mamma’s en kinders daar buite… waardeer wat julle het!
No Charge
Now our little boy came up to his mom
In the kitchen this evenin’ while she was fixin’ supper
And he handed her a piece of paper he’d been writin’ on
And after wipin’ her hands on her apron
She read it, and this is what it said:
For mowin’ the lawn – five dollars
For makin’ my own bed this week – one dollar
Goin’ to the store – fifty cents
And playin’ with little brother while you went shoppin’ – twenty-five cents
Takin’ out the trash – one dollar
And gettin’ a good report card – five dollars
And for rakin’ the yard – two dollars
Total owed – fourteen seventy-five
Well, as mom looked at him standin’ there expectantly
And I could see the mem’ries flashing through her mind
And so she picked up the pen, and turnin’ the paper over
This is what she wrote:
For the nine months I carried you, growin’ inside me – no charge
For the nights I’ve sat up with you
Doctored you, and prayed for you – no charge
For the time and the tears
That you’ve cost through the years – there’s no charge
And, when you add it all up
The full cost of my love is – no charge
For the nights filled with dread
And all the worries ahead – no charge
For advice and the knowledge
And the cost of your college – no charge
For the toys, food and clothes, and even for wipin’ your nose
There’s no charge, son
And, when you add it all up
The full cost of my love is – no charge
Well, when he finished readin’
He had great big old tears in his eyes
And he looked up at her standing there and said
“Mama, I sure do love you…”
Then he took the pen,
And in great big letters
He wrote PAID IN FULL
And Lord knows, when you add it all up
The cost of real love is – no charge…
Gelukkige verjaarsdag, Moederlief…















Pikkelik said,
October 10, 2008 @ 7:24 am
(((((Dellie)))))
flippiefanus said,
October 10, 2008 @ 7:42 am
Ai Dellie jy laat my nou aan my Ma dink. Genadiglik is sy nog gespaar. Sy is lief daarvoor om foto’s van al haar kinders en kleinkinders op kassies oral in die huis te he. In die jare wat ek oorsee wat vertel my pa my, het sy baie maal voor die foto’s gestaan en gehuil. Sy is nie iemand wat maklik wys as sy treurig is nie.
kaalvoetinireen said,
October 10, 2008 @ 8:39 am
(((Dellie)))
Wipneus! said,
October 10, 2008 @ 8:52 am
Ag ek voel nou sommer tjankerig. Hier is vir jou ‘n stywe (((((Drukkie)))))
Eben said,
October 10, 2008 @ 8:59 am
Ai ai ai my liewe vriendin!!
Sterkte vir jou en Wessie!!
White Knight said,
October 10, 2008 @ 9:43 am
((((Dellie))))
Dis juis hulle wat so wonderlik is en tyd vir almal maak wie se plek nooit weer gevul kan word nie.
Sterkte vir jou en die gesin.
Carolina said,
October 10, 2008 @ 11:03 am
(((Dellie)))
Jy het my in trane!!
Dis so mooi!! My skoonma verjaar more. Sy word 80 jaar!!
Ekke soek al die heel oggend iets gepas om more vir haar te lees!
En voila hier gee jy dit!!!
Thanx.
Lekka naweek!!
Fokk said,
October 10, 2008 @ 11:18 am
(((((Dellie)))))
Dellie said,
October 10, 2008 @ 11:20 am
Dankie vir al die drukkies julle, dis rerig nie ‘n vrolike Vrydag vandag nie!
Carolina, sê sommer van ons af ook vir jou skoonma baie geluk, 80 is voorwaar ‘n baie geseënde ouderdom. En dit is darem pragtige woorde, né.
Op ‘n hartseer noot – Blou-Oog se Ouma is sterwend aan kanker, en is sopas weer in die hospitaal opgeneem. Haar hele lyf is deurtrek van die kanker, dis nou al vir maande wat sy in en uit die hospitaal is. Dinge lyk nie goed nie, daar is nie veel meer wat vir haar gedoen kan word nie. Hou haar en die kinders asseblief in julle gebede, hulle is nogal close omdat Ouma haar en haar boetie basies grootgemaak het. Dis nou net ‘n kwessie van tyd. Ek voel so hartseer vir haar, want vanmore het sy nogal ewe vir my blommetjies gebring om my beter te laat voel…
anne said,
October 10, 2008 @ 11:42 am
B e a uuuuuuuuuuuuuutiful!
Karl said,
October 10, 2008 @ 11:59 am
Het albei my ouers binne die laaste drie jaar verloor. Niks berei jou voor vir daai oproep of vir die feit dat jou hele wortelstelsel opgelig word nie.
Dellie, daai gat kom nie weer vol nie – ek plant maar blomme van onthou.
Liefde
Karl
meermin said,
October 10, 2008 @ 1:21 pm
((((((((((DELLIE)))))))))
Emil said,
October 10, 2008 @ 1:29 pm
Mooi tribute (((((Dellie)))))
BB said,
October 10, 2008 @ 2:08 pm
Een van my skoonma’s is vandag 10/10/2000 presies 8 jaar terug kom haal en ek mis haar soms steeds vreeslik baie – veral op ‘n Saterdagmiddag… dan’t sy ingeval vir koffie en so baie koek en eetgoed saamgebring dat daar genoeg was vir die Sondag en die kinders om elke dag nog ietsie soets saam te vat skooltoe in hulle kosblikke… Sy was vir my soos ‘n eie eie ma… ai, die ou lewe darem…
Sorry ( ( (Delsch) ) )
rosalindfranklin said,
October 10, 2008 @ 2:55 pm
Ai Dellie, die ((D)) is net vir jou.
Die Brein said,
October 12, 2008 @ 2:05 pm
Weet jy wat Dellie? Ek wens ook jou ma kon daar wees om julle geluk en sukses te kon sien, maar wie weet dalk weet sy dit.Mt ouers leef ook nog en ek is nou 44.Hulle het die naweek deurgekom van Koppies af en by ons kom kuier. Toe hulle vanoggend om tien uur ry het dit gevoel asof ek wou huil en nou hier waar ek skryf, voel dit ek moes hulle net nog `n drukkie gegee het en weer gese het eks lief vir julle.
Die liedjie No Charge word gesing deur Dollie Parton en ook deur Lance James.Ek praat nou onder korreksie.
Sterkte vir jou en geniet die res van die naweek.
demoerin said,
October 13, 2008 @ 8:40 am
Ek het net weereens besef hoe ongelooflik belangrik herinneringe is gedurende die laaste maand of wat, dit is dinge wat nooit van jou weggevat kan word nie!
Zee said,
October 23, 2008 @ 9:08 am
Dellie, is dit nie wonderlik watter mooi memories jy het van jou moeder nie.
((((Dellie)))