Julle, ek wen, so stadig maar seker! Het na nog drie ure se gesoek moed opgegee en gefigure ek kon al ‘n maand of wat se werk klaar gehad het in daai tyd wat ek gemors het om die flippen backup te soek!
Al wat ek kon kry, was ‘n backup van 2006… ![]()
Nou is ek al so op die hond se stert, maar die vet weet, ek kan nie meer konsentreer nie! My vingers struikel al erg oor daai syfers, my oge wil ook nie meer so lekker nie. En Spike het my bril stukkend gekou. Laaank terug al, maar ek sou dit eintlik nou goed kon gebruik het. Ek het nou ernstig ‘n breek nodig. So nou kom verveel ek julle maar met ‘n update! Whahahaha!
Nog goeie nuus, (!) is dat ek binne die baie nabye toekoms alweer twee belangrike eksamens moet aflê om akkreditasie vir hierdie jaar te behou. Gewoonlik gebeur dit mos so November begin Desember se koers, en toe ek niks daarvan hoor verlede jaar nie, neem ek aan hulle verleng ons akkreditasie vir ‘n jaar. Wat al voorheen gebeur het. Toe nie! Ek moet eksamen skryf teen die 2de Februarie… altwee…
So vandag het nie net bestaan uit werk oordoen nie, dit was ook ‘n baie interessante trippie met nuwe sagteware instellasies. Wat natuurlik eers gedoen moet word voordat ek die kursus en eksamens kan doen. Saam met Windows Vista. En elke moontlik error wat ge-generate kan word, is ge-generate. Glo my, as ek nog eenkeer iets soos “Runtime error 429″ sien, blaas ek sommer ‘n gasket. Dis kompleet asof die flippen goed my wil toets – maar ek lag toe op die ou end vir hulle, ha-ha, ek het tog gewen, whêla-kapêla!
Ja, ek weet ek mompel nou maar net aan soos ‘n ou plaat wat gekrap is. Maar dis nou die lekker van ‘n blog, waarvan ek eintlik al vergeet het. Ek bedoel, beweeg aan, as jy nie belangstel in my dinge nie. Het blogs nie ook vir julle die laaste tyd soos werk begin voel nie? So asof jy dit MOET doen, anders gaan iemand jou gat skop. En jy moet sin maak in jou possies, anders is jy nie lekker nie. En feite, feite is baaaaie belangrik. Wat het van die pret geword? Die uitlaatklep waar jy batterye moet herlaai? Ebie se possie was vir my weer een van daai wat sommer net laf en lekker was, en het ek weer daai feeling teruggekry van toe-blog-lekker-was. Eintlik het ek net onthou dat ek dit vir myself doen, soos ‘n dagboek. Ek bêre memories. Vir myself. En my gesin. En my pels. En vir my blogmaats. En vir wie ookal daai dag daar was. DIS waaroor dit gaan.
So ek kan nou maar bietjie rant en rave en in sirkels praat wat geen sin maak nie – ek hoef nie te probeer bybly en possies navors as ek nie wil nie. Ek kan maar net strooi praat.
En mango’s morsig eet…
O ja, wou nog sê: onthou om te kom loer na ons resepte, en julle bydraes ook te lewer. Ja Ebie, ek gaan jou post steel en dit ook daar opsit… hie-hie-hie!













Bottertjie said,
Januarie 21, 2009 @ 7:48 vm
Oe, Yes! Eerste!
Ek het ook so by myself gedink ek gaan nie iets post as ek niks het om oor te praat nie, hoekom myself so straf? Ek loer maar by die blogs in en los ‘n comment hier en daar, as ek eventually weer iets post, sal ek dit doen in my eie tyd. As mens nie lus is nie, is mens nie lus nie.
Eish, maar dis bad dat jy NOU moet eksamen skryf?! Sterkte, ek weet jy het ‘n hele paar pitte tussen die ore!
parkes1 said,
Januarie 21, 2009 @ 8:15 vm
Dellie sterkte vir die eksamen, jy verdien dit om 100% te kry.
Linda said,
Januarie 21, 2009 @ 9:02 vm
Dellie, blog wanneer jy lus het en tyd het. Dit is jou uitlaatklep en jy deel dit maar net met ons en ons het geen reg om jou onder enige druk te sit nie.
JY moet dit geniet.
Sterkte met die eksamens.
boendoe said,
Januarie 21, 2009 @ 9:05 vm
Jy praat nou die reine waarheid. Blog het amper werk geword. Die begindae se strontpraatjies was (vir my) baie lekkerder as hierdie heavy intellektuele gesprekke wat nou gevoer word. Ag, maar dis dalk net oorlat ek net een of twee funksionerende breinselletjies het…
Adrie said,
Januarie 21, 2009 @ 9:13 vm
Ek het niks teen ‘n dagboek blog nie, dit is immers een van die redes hoekom blogs gewild geraak het. Self sal ek dit nooit doen nie. Daar gebeur niks in my lewe waaroor ek wil skryf nie en nog minder waaroor ander wil lees.
Seker omdat ek net op die blogs leef.
Ek skryf vir Dorings gemiddeld 6 keer ‘n week. As ek die dag niks op die hart het nie, moet ek maar iets uit die lug uit gryp. Hulle sal my aanrand as hulle op ‘n ou blog moet aankarring. Ek is boonop te lui om navorsing te doen.
meermin said,
Januarie 21, 2009 @ 9:31 vm
Baie sterkte met die eksamens wat voorlè!!
‘n Blogger-up « Bashing innie Boendoes said,
Januarie 21, 2009 @ 9:43 vm
[...] mail stuur en squeal daaroor, maar vir die eerste keer kan ek verstaan hoe hulle (dalk) voel. By Dellie lees ek dat haar gevoel oor blogging ook verander het. Waar dit voorheen ‘n uitlaatklep [...]
White Knight said,
Januarie 21, 2009 @ 11:33 vm
Dagse Dellie
Sterkete met die eksamen storie jong, mag jy daardeur kom met vlieende vaandels, Hoop net nie die PC vlieg in die proses iewers heen nie.
Blog dinge
Ek stem mens het nie altyd die tyd tot jou beskikking om nagevorsde inskrywings te maak nie. Dit is hoekom daar RSS feeds is en jy kan sien wie het gepost en wie nie, dus is ek min gepla wie doen inskrywings en wie nie. Die lekker van blog lees is juis daai wat so impulsief en sonder ‘n rede gedoen is. Geniet die blogs en doen wat jy kan.
Groete
neykie said,
Januarie 21, 2009 @ 11:48 vm
dellie,
sterkte met die eksamen wat jy moet skryf.
Lekker dag verder
demoerin said,
Januarie 21, 2009 @ 12:37 nm
Jy mag doen wat jy wil…..
Toonnaels! « Zee Se Scribbles said,
Januarie 21, 2009 @ 12:39 nm
[...] by Zee in Snaaks. Tags: footcare, pedicure, toenails, toonnaels trackback Ek lees so bietjie by Dellie en Boendoe vandag oor waaroor blogging gaan vir elke persoon, ek lag so in my mou vir Bottertjie [...]
Eben said,
Januarie 21, 2009 @ 1:15 nm
Dit gaan die oor die eksamens wat afgele moet word nie, maar hoe naby die 100% gaan jy kom
Boendoe ek stem saam jou, maar hoekom kan mens nie self terugkeer na al die ’stront-praatjies’ van welleer?
Sonkind said,
Januarie 21, 2009 @ 1:15 nm
Ek dink nie mens moet blog te ernstig kop toe vat nie. Al hoekom ander jou gat skop as jy nie blog nie, is omdat hulle jou mis – so mens moet seker dan maar net lekker voel dat daar selfs hier mense is wat vir jou omgee.
Ek like jou resepteblog oor ‘n honderd en verder is dit goed dat daar ‘n lekker balans is tussen heavy feite en lawwe stories, anders sal die bloglewe ook maar vrek vervelig raak so op een deuntjie aan
rosalindfranklin said,
Januarie 21, 2009 @ 5:19 nm
Dellie skryf net wat jy wil op dees aarde of af die aarde. Dis wat ek laaik van ander se blogs dat hulle met enige ding op aarde vorendag kom. Wees net Dellie

Ek hou van Dellie
Ek hou van praatjies en elke keer as ek net wil lag surf ek die snaakse soekterme. En as ek weird goed sien op my soek-plek dink ek aan jou!
Wipneus! said,
Januarie 21, 2009 @ 6:48 nm
Net soos die ander hierbo stem ek saam, skryf net wat in jou kop kom! Ek lees nogsteeds baie lekker hier en is ook mal oor jou kook blog!
Blog is vir my ontspanning weg van my werk!!
Ek geniet regtig al die blogs waar ek inloer, soms lewer ek kommentaar maar ek kan nie kommentaar lewer as iemand alreeds geskryf het wat ek voel of wil sê nie. Dit maak dit nogal ongemaklik vir my, want ek voel altyd die mense wil miskien weet ek was daar of ek lees nog hulle blog??? Huh Dellie, ek het nog nie die storie onder die knie gekry nie?????
merriemuis said,
Januarie 21, 2009 @ 7:29 nm
mwhahaha … lag ek nou lekker in my mou toe ek boendoe se comment lees … my enigste breinsel loop heeldag en al dag en sing ‘I AM THE ONE AND ONLY” …
jong…sterkte met die eksamen mens!! Ek moet ook hierdie jaar die boeke slaan met mening … maar my enigste breinsel en gestolde grysstof is hard besig om my te probeer oorreed om nie te probeer nie!!
Dellie said,
Januarie 21, 2009 @ 7:48 nm
Aaa julle, ek het gewen. Dis verby. Al die verlore werk is ingehaal. Ek het nogal gespark, né!
Dis nou ook nie dat ek elke liewe uur van die dag klasse het op hierdie stadium nie, so dit het baie gehelp. En mango’s. Dit was my energy source. Maar ek is nou gatvol vir mango’s. Flokkit, mens kan ook net soveel mango’s morsig eet! Gaan van die res chutney maak. Dit sal ‘n try wees, en ek sal verslag doen daaroor op die kosblog. AS dit suksesvol is, bygesê.
Dankie vir julle insette oor die blog kwessie – soms raak mens mos maar net gatvol vir alles, en vergeet skoon dat daar mense is wat uitsien na jou possie. En dan kom shine daai liggie oor jou wat jou laat onthou waaroor alles gaan – dis maar al. Ek het ‘n dagboek blog – en ek sal my saai lewe met julle deel sover ek kan
want soms is dit vir my nie saai nie, maar ‘n moerse fees om te lewe!
Onthou my motto: gryp dit aan die horings en ry dit bloots! Dit geld nog altyd, vir enige onderwerp en enige situasie. Ek lewe voluit, en eendag as ek oud is wil ek graag hierdie goed onthou. So verdra my maar asseblief!
Sonia said,
Januarie 21, 2009 @ 9:56 nm
Ek was vir lank van die blogs weg en ek moet sê daar was tye wat ek vir seker nie sou kon blog oor alles wat in my lewe gebeur het nie, veel daarvan was te onstellend en deurmekaar om enigsens aan ander te kan oordra. Ek het soms selfs gedink dis onnosel om onder my eie naam te blog, want dit weerhou my daarvan om soms oor dinge te skryf, maar aan die ander kant bly dit ‘n lekker gedoente om soms te lees en soms te skryf. En kosstories en kook bly vir my te lekker om net vir myself te hou.
Die naweek het ek tyd, dan gaan ek ‘n storietjie of twee gooi.
Mooiloop Delie, sterkte met jou eksamen en alles van die beste vir ‘n mooi en suksesvolle nuwe jaar!
xxxs
‘n Blogger-up « Boendoe se blog argief said,
Oktober 12, 2009 @ 8:16 vm
[...] mail stuur en squeal daaroor, maar vir die eerste keer kan ek verstaan hoe hulle (dalk) voel. By Dellie lees ek dat haar gevoel oor blogging ook verander het. Waar dit voorheen ‘n uitlaatklep was, [...]