Glimlag…

… al is dit Maandag!

Ons kla darem so maklik oor alles. En die blogs is vol tags oor dinge wat ons irriteer of die josie in maak. Lyste en lyste waarby jy elke dag iets kan byvoeg. Want ons is maar ‘n bedonnerde nasie.

Maar – wat laat jou glimlag? Wat laat jou fuzzy voel binne? Wat laat jou mondhoeke onwillekeurig krul en jou oë sag word, jou hart warm word? Is daar ietsie waarna jy uitsien om die week of die dag makliker te maak?

Iets wat my vandag laat glimlag – gistermiddag kyk ek ‘n movie – Air Buddies of so iets (vriendin se kinders het gereken ek MOET dit kyk, want die hondjies kan praat… hie-hie) In elk geval, redelik gereeld storm ‘n ry klein hondjies al blaffend oor die skerm. Ek merk op dat een wosonki vreesliks stil langs my voete sit en staar na die skerm. En net toe ek wonder of hy actually kyk en SIEN wat op die skerm gebeur, bevestig hy dit deur nader te draf en reg voor die TV te gaan parkeer, sonder om sy ogies van die skerm af te haal. Sommer so ‘n skewe sit, maar hy kyk toe ernstig TV! Draai die koppie die kant toe en daai kant toe. Ore wys hy is baie bewus van wat daar aangaan. Dit was vir my so oulik, ek wou hom opvreet! Met my gerumoer om by my selfoon uit te kom om hom af te neem, verbreek ek toe sy konsentrasie, en weg is die oomblik. Maar dis vasgevang in my herinneringe vir altyd, en vandag laat dit my glimlag.

Wat laat jou glimlag?

7 Responses sover »

  1. 1

    Adrie said,

    Doodgelukkige kinders wat uit hulle magies lag en pret he.

  2. 2

    boendoe said,

    Gmf! Op die oomblik kan ek jou net se wat my NIE laat glimlag nie: wasgoed was, ophang, afhaal, opvou. En dis nog nie eens eenuur nie. :evil:

    Nee, wag, ek het darem vanoggend gesmile toe ek en Liefie ons oefening ingekry het en ek ‘n guavadilla langs die pad opgetel het! En toe dink ek aan sekere Welkommers wat my ogies daarvoor oopgemaak het. :wink:

  3. 3

    Katvoet said,

    As jy vir daai spesiale persoon in jou lewe loer met ‘n skewe glimlig terwyl jul in geselskap is en hy weet jy bedoel: As ek jou nou alleen kry, gaan jy bid vir pouse…. hehe. Wel daar was baaaaiiiieeee lanklaas so iemand in my lewe. Moet maar eers aan iets anders dink Dels. Lekker week vir jou!

  4. 4

    ding said,

    Sokkies, aijajaijajai …. laat jy vir Ding lekker glimlag – Ouding is op daai stadium waar hy nie meer gevaarlik is met daai glimlag nie – hy is nou net lastig. Maar ja, manman kan nog aspireer balke toe ;-)

    Dellie, wat Ding reddeloos laat lag, daagliks, is die dom goete wat Ding doen soos om homself aan homself vas te superglue. Verlede week het Ding homself gelight met ‘n oorvol Zippo (ironie: dis ‘n rooie met ‘n speedo op wat in die rooi gedruk word en die inskripsie REBEL). Terwyl Ding se regter Rakaklou in vlamme opgaan, KYK Ding die baie vlamme oorbluf aan – en sowaar, sowaar AL waaroor Ding wonder, is watter een Ding nou moet gebruik om sy Camel mee aan te steek!

    Skerp idee hierdie van jou – wat laat ons glimlag. Ding hou hiervan. Dankie daarvoor.

  5. 5

    Eben said,

    Agggg ou Dellie-kind, baie goed laat Eben lag en smile. Omdat ek ‘n baie goeie sin vir humor het kan dit wees dat ek soms myself in ‘n verleentheid plaas om sommer te smile wanneer ek nie moet.

    Jammer, maar mense se ‘benoude oomblikke’ of ‘ongelukkies’ laat my smile. Het jy al by ‘n Mall gesit en mense dop hou … hulle klere. Dan wonder jy soms, weet hulle ouers hulle is uit die kot? :lol:

  6. 6

    Da Mario said,

    My kids. Van om hulle te sien slaap, tot om hulle dop te hou as hulle nie weet jy kyk vir hulle nie en hulle speel op die plot, tot hoe opgewonde hulle is wanneer ek hulle in die middag by die skool kry. Hulle laat my smile…
    Mind you, ek het ook een keer so woefie oomblik beleef, het daai tyd nog nie ‘n fancy genoeg selfoon gehad om mee foto’s te kan neem nie en dit was met my German Sheppard. Hy het ook eendag by die TV verby gestap en iets het sy aandag gevang en toe kyk hy vasgenael vir die storie. Daar was ook diere op, maar dit het net ‘n rukkie gehou en toe is sy fasinasie wet die skerm verby. Maar dit is baie oulik as so iets gebeur! Dalk moet jy daai movie weer vir die woefie wys, oppas net dat hy nie ‘n verslaafde raak nie anders dra jy sy kos vir hom ook aan sonder dat hy move!! Amper soos ‘n regte man!! :lol:

  7. 7

    Dellie said,

    Ag genade Ding! :lol: Ek meen die belangrikste is seker om daai Camel aan die brand te kry! :lol:

    Ebie, ek doen daai ding ook. Ek kan my lag nie hou as iemand in iets vasloop of van iets afval nie. Ek sal eers lag en dan uitvind of hulle OK is. :lol:

    DM, ja ons kids. Daai opgewondenheid oor klein dingetjies, die absolute verwondering in hulle oë terwyl hulle die wêreld ontdek… dis priceless. :wink:


Comment RSS · TrackBack URI

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 289 other followers