Inkopies

Daar is so ‘n paar goedjies wat ek moet kry vir die naweek. Om darem die eggo’s in die maag stil te hou. En die stembande te olie vir die geskreeu tydens die wedstryde. Mense, en my span in die DD Super 14 Challenge doen nie te sleg nie. In ons league wat bestaan uit 32 spanne, is ek nommer 11. Die Glow Worms. Met my naam daarby. (Anon, let asb op die spelling van my naam EN van. En dan gaan google jy dit. En kry vir jou!) Koekie se Koekie-Monsters is op nommer 10. Ons hap-hap so aan die manne se gatte. :lol:

OK, ek moet erken, Seun en sy pel het my gehelp om die oorpronklike span op te stel. Maar daarvandaan is ek op my eie oorgelaat. En toe begin ek huiswerk doen. Check elke Sondag die koerante om te sien wie en van watter spanne het die meeste punte aangeteken. Dis nou ‘n joppie wat ek obviously nie tydens die wedstyde kan doen nie. My geheue is nie lank genoeg daarvoor nie, en my notaboekie is ook nie altyd byderhand nie. En hoekom moet ek in elk geval suffer as alles Sondag inni Rapport is??

Ja OK, lag maar as jy wil! Hie-hie! My kennis van rugby is bedroef! Maar in die afgelope 3 weke het dit drasties verbeter. (!!!! whahahaha !!!!) Ek het nou al actually ‘n idee wie Mortlock en Tuqiri en We’epu is. En ek lê darem nog nie laaste op die lys nie… :mrgreen: Wish me luck vir hierdie naweek. PLEASE !!!!

OK, terug na die shopping… wees bly Spar, Woolies, Checkers of P’n'P het nie sulke goed op hulle rakke nie!

Eerste moet jy hierdie straat vind...

Eerste moet jy hierdie straat vind...

shopping-2

shopping-3

shopping-6

shopping-5

shopping-7

shopping-102

shopping-8

shopping-91

Dis vandag ook Koekie se verjaarsdag. Baie geluk, vriendin! Mag jy ‘n wonderlike dag hê, en ‘n lieflike jaar beleef!

Laaste, maar baie beslis nie die minste nie – Roertjie – ek het soveel respek vir jou omdat jy genoeg moed het om hierdie ding te doen. Ek raak moeg as ek net daaraan dink! Baie sterkte, en ek cheer vir jou!

GO GIRL! RY DIT BLOOTS!

16 Responses sover »

  1. 1

    Roer said,

    Dankie jy! ((Dellie)) Ek waardeer.

    Geniet die rugby!! :lol:

  2. 2

    Paula said,

    Dit is ook maar goed ek kon nie die straat opspoor nie … :)

  3. 3

    Pikkelik said,

    Whahahahaha, nee wat ek hou maar by Pick en Pay en van rugby weet ek minder as min so ek bly maar eerder daaroor ook stil…. Eintlik moes ek glad nie gecomment het nie!!!!! whahahahah :lol:

  4. 5

    boendoe said,

    :lol: :lol:

    Ag ja, Dellie, sterkte met jou Glow Wormpies! As ek eendag uitgefigure het hoe DD werk, sal ek bietjie gaan rondkrap daar. Dit klink my ek mis uit – big time!

    (Ten minste het ek Facebook nou in goeie Ingels!) :mrgreen:

  5. 7

    Eben said,

    Ek stem saam Boendoe, my kop is te plat met die rugby. By die werk is dit moeilik om aandag daaraan te gee, en by die huis kan die wireless soms ‘n pyn in die mmmm wees.

    Sterkte vir jou stap …. onthou ek hou jou dop!! :lol:

  6. 8

    Eben said,

    Flippen weee jy, my spelling is soms kakker as FB s’n :lol:

    Sterkte vir jou stap = Strekte vir jou span :mrgreen:

    • 9

      Dellie said,

      Whahaha Ebie! Ek wonner nou net of jy kommentaar lewer op die regte possie/blog? :lol: Want ek stap nerens waar ek nie kan ry nie! Hie-hie!

  7. 10

    Koekie said,

    Dankie Dellie!! Jy’s great.

    Oe, ek sal darem lekker kry as ek en jy ‘n paar van daai manne se spanne inni stof kan laat byt. Ons vaar beslis nie te bad met ons spanne nie Dellie. Ek’s ook op my eie Dellie en dis wat dit so lekker maak as jou spannetjie iets bereik.

    Whahaha… ek hou verby daai Shito-Mix maar ek wonner wa kan ek van daai Cock-soup kry.. :lol:

  8. 11

    Elmarie said,

    Dellie:
    Ek het ‘n reseppie gepos maar weet nie of dit op die regte plek geplak is nie.
    Om spyse en dranke te koop is nie een van my grootste liefdes in die lewe nie.
    Klere en ander mooi goete … Ja! Ja!

    Mail my by my epos asseblief. Ek wil jou ‘n groot guns vra.
    Lovies Elmarie

    barbie_barbeque@yahoo.com

  9. 12

    Biker Bess said,

    Hallo alman,

    Gits as daardie goetertjies so tussen die grocerietjies staan sal mens dit wragtag koop as jy in gedagte is.
    Wha ha ha as jy by die huis kom en die kinnertjies sê: “Ma, ons soek van hierdie “kook sop”!!! Ha ha ha.
    Dellie, jou blog is regtig baie mooi! Hou so aan!!
    Groetnis en lekker naweek.

  10. 13

    Wondernet said,

    :lol: Sê maar niks :lol:

    mimimimimim

  11. 14

    demoerin said,

    :lol: Nog altyd geweet iemand gaan dit regkry om fart te bottel. Wat jy daarmee doen is seker die raaisel? hehehehe

  12. 15

    meermin said,

    Inkopies by Wonderpark op ‘n Saterdag is nag!! As jy dan nou moet gaan, gaan die minuut wat daardie winkel sy deure oopmaak, tussen 10 – 15.00 kry jy my nie met ‘n bom in daardie sentrum nie!!

    Ek wou ook vir Roer geluk sè maar nadat ek gepublish het, het ek eers weer onthou daarvan!! Roer hoe het dit toe gegaan?

  13. 16

    tweelingkind said,

    “Shito Mix” O genade, wonder wat’s in daai mix?


Comment RSS · TrackBack URI

Say your words