Emil het my getag om deel te neem. Kom doen dieselfde! Click op die banner, en registreer.
Daarmee belowe jy dan om op 28 Maart 2009 tussen 20:30 en 21:30 al die ligte in en om jou huis af te skakel. Die radio, TV en al daai dinge ook.
Maak ‘n vuurtjie en braai ‘n vleisie, en sing sommer so om die kampvuur saam. Ek kan natuurlik ook aan ‘n paar ander dinge dink om te doen in ‘n uur se stikdonker…
Ek tag ‘n paar bloggers om saam te speel:













meermin said,
Maart 11, 2009 @ 12:43 nm
Sal my huiswerk gaan doen juffrou!!!
Dellie said,
Maart 11, 2009 @ 12:56 nm
Dankie Meermin!
meermin said,
Maart 12, 2009 @ 8:13 vm
sal my huiswerk net nou gaan doen !!!
Eben said,
Maart 11, 2009 @ 12:56 nm
Ek sing … notaf@k!!! Jy sal nie verstaan as ek lostrek!!
Dellie said,
Maart 11, 2009 @ 2:18 nm
Hie-hie, jy kan dan maar net maak of jy sing!
Ons wil nie die buurt se katte op hol jaag nie…
Pikkelik said,
Maart 11, 2009 @ 1:05 nm
Ai,jai, jai…. Ek sal gaan doen, maar ek het nie ‘n clue wie om weer te tag nie, want ALMAL is al oral getag….
Dellie said,
Maart 11, 2009 @ 2:19 nm
Kan nie wees nie!
Daar is vreeeeslik baie blogs daar buite… al tag jy net een of twee, is dit ook goed?
Emil said,
Maart 11, 2009 @ 1:15 nm
Skitterend. So verander ons die wêreld!
Dellie said,
Maart 11, 2009 @ 2:20 nm
b(l)ogger vir b(l)ogger…
boendoe said,
Maart 11, 2009 @ 2:05 nm
I feel so honoured!
Getag deur jou EN Carina – I must be sooooo popular! Bwhahahahaha!!!
Ek het gisteraand klaar “gejoin”. Sukkel egter ook met die widget/banner. Maar ek sal my bes doen – wat moeilik gaan wees nadat jy, Carina en Emil elkeen tien getag het! Gmf! Wat bly oor vir my?? Domparra? Boskakker?
Dellie said,
Maart 11, 2009 @ 2:17 nm
Ja wel Boends – spread the love!
Hierdie widget sit vir my ore aan. Die ding verdwyn sodra ek save!
Sal laat weet as ek dit uitfigure.
Jaco said,
Maart 11, 2009 @ 2:58 nm
Ek dink woordpes het iets teen die code. Sodra ek die voor en na die code wegvat save woordpes dit wel (maar dan werk die code natuurlik nie)
Ek gee op, ek gaan nou maar publish sonder die widget.
Dellie said,
Maart 11, 2009 @ 3:04 nm
Ek het Wordp(r)ess se support gemail. Miskien kan hulle iets daaraan doen. Dis mos ‘n verdienstelike sakie?
Jaco said,
Maart 11, 2009 @ 3:12 nm
Laat weet maar as hulle raad het
demoerin said,
Maart 11, 2009 @ 3:26 nm
Watter tipe koekies?
Laat weet my ook maar as julle die widgets kon uitsorteer.
Dellie said,
Maart 11, 2009 @ 3:36 nm
Gemmerkoekies, DMI! Altyd gemmerkoekies!
Sal laat weet oor die widget!
demoerin said,
Maart 11, 2009 @ 4:16 nm
Dankie.
Gemmerkoekies sal seker ok wees… amper bly geraak.
Dellie said,
Maart 11, 2009 @ 4:28 nm
Mmmm – jy het natuurlik nou weer lekkerder as die res van ons gedink …. veral so met die donkerte saam…
Wipneus! said,
Maart 11, 2009 @ 4:19 nm
Yes!!! ek is game, ek kan aan baie dinge dink om in die donker te doen!! Gaan jy vir my van daai koekies stuur Dellie?
Dellie said,
Maart 11, 2009 @ 4:30 nm
Natuurlik Wippie! Maar ek dink die posduif sal dit langs die pad opeet…
rosalindfranklin said,
Maart 11, 2009 @ 4:24 nm
Dellie, ek kom net kyk of jy besig is om te teel. En sowaar
Boendoe, jy moet lekker oefen hoor….julle het mos in elk geval nie elektrisiteit nie, shame man. (en ja jy is baie populer…;)
Iets om in die donker te doen: slaap
Dellie said,
Maart 11, 2009 @ 4:32 nm
Teel? Whahaha, nee wat Rosa, dit sal nie sommer weer gebeur nie! Maar mens kan mos oefen…
Slaap is vir ou mense.
rosalindfranklin said,
Maart 11, 2009 @ 4:39 nm
Dellie, ek is ‘n oumens.
Dellie said,
Maart 11, 2009 @ 4:47 nm
Ag neee man, jy moet iets beters as slaap kan doen in die donker. Wat van sterre kyk?
Dellie said,
Maart 11, 2009 @ 4:50 nm
Hi julle, Wordp(r)ess het vir my die volgende laat weet:
I’m afraid iframe is not one of the allowed html codes, and there is not a way to change that. Sorry!
Oh well, ek dink ons moet dan maar net elke dag ‘n link op die dag se possie sit, en die mense weer herinner om aan te sluit.
rosalindfranklin said,
Maart 11, 2009 @ 5:18 nm
Dellie, ek terg….:)
oumense, soos ek kan radio luister?
(wel in die donker kan mens ook skape tel)
Dellie said,
Maart 11, 2009 @ 5:58 nm
Hahaha @ skape tel… kyk net RB se comment hier onder!
Eet klink beter!
RB said,
Maart 11, 2009 @ 5:45 nm
Ek sal net 1 lig by die voordeur aanlos, vir die slange natuurlik, want daardie aandjie is ons by Settlers vir die kwartaallikse skaapkopete!
Dellie said,
Maart 11, 2009 @ 5:56 nm
Jy moenie van skaapkoppe praat terwyl ek dieet nie, dis wreed!
My mond water nou behoorlik. Dis tyd dat ons ook weer ‘n plannetjie maak vir ene.
Emil said,
Maart 11, 2009 @ 6:25 nm
Ek grinnik nog steeds vir die laaste twee tag persoonlikhede!
Dellie said,
Maart 11, 2009 @ 6:56 nm
Spreading the love, Emil, spreading the love…
boendoe said,
Maart 11, 2009 @ 6:43 nm
Dellie, van die os op die trekker.
HOE kry jy die ‘reply’ jobbie onder aan die comments?
(Ek het WordPress se aanwysings probeer, maar die kop! die kop is so flippen plat!
Dellie said,
Maart 11, 2009 @ 7:04 nm
Boends – Dashboard – Settings – Discussion – dan sal jy sien daar is “other comment settings”. Click dan die opsie “enable threaded (nested) comments” en kies hoe diep jy die levels wil hê. Onthou om te save as jy klaar is.
Ek like hierdie opsie. Die hele converation maak sommer meer sin so.
Parkie said,
Maart 12, 2009 @ 5:31 vm
Dellie ek sien daar by Zee dat jy sê dat jy nie die banner kry om te werk nie, kontak my, dan help ek jou
meermin said,
Maart 12, 2009 @ 8:14 vm
ek ook ek ook parkie ek ook samblief!!
EARTH HOUR !! « Meermin se blog said,
Maart 12, 2009 @ 10:38 vm
[...] HOUR !! Dellie het my getag. Hiermee tag ek nou almal wat hier lees wat nog nie getag is met hierdie ene [...]
Kan ‘n mens so liefhê? « Pikkelik se Blik said,
Maart 12, 2009 @ 11:54 vm
[...] Dellie Earth Hour [...]