kommintaar.com

Julle kan my inskrywing vir vandag by kommintaar.com gaan lees.

Spesiaal vir jou BB, sal ek die possie maar nou hier ook plaas. 😉

Wat maak oom Kallie daar?

Ons het 10 jaar terug ‘n woonstelblok gekoop. Op ‘n dubbel erf. Op die voorste erf, woon en werk ons. Op die agterste erf is daar net vier garages. Voor die gebou is ‘n groot stuk oop sand. Amper soos seesand, maar net rooierig. Op daai “strand” het ons al beach parties gehou met bonfires and all.

Een van die woonstelle is ingerig soos ‘n kroeg. Op grondvlak, natuurlik. Lekker kuierplek. Nou kyk, ons is mense wat nogal gereeld sosiaal verkeer. En ons is effens loud. Ons het pels wat sommer hulle hele kareoke systems hierheen bring, en dan raak dit vet pret. As jy inni Vrystaat bly, skep jy jou eie entertainment – anners gaan jy vrot voor jy oud is. Maar ons probeer darem ook om klaar te raas teen middernag.

So het ons toe ook een aand (of nag) redelik goed gekuier, en teen 5uur die volgende oggend het ons voor in die sand gespeel, terwyl ons wag vir die son om op te kom. Oom Kallie is ons buurman. Aan die agterste erf. Oor die pad. Toe hy die oggend daar wegtrek op sy fiets om te gaan oefen, is die eerste ding wat in ons minds opkom, om vir hom te sing:  “Wat maak oom Kallie daar…? ” Hy het nie gedink dis snaaks nie, maar ons was histeries.

Een aand het ons dit bietjie oordoen met die musiek (volgens oom Kallie) en toe ons weer sien, is die polisie daar. Selfs nie eers hulle kon insien hoekom die omie gekla het nie, want ons was heel rustig. En na hulle van diens af was, het hulle saam kom kuier.

Daarna het ons mekaar gereeld gegroet as ons mekaar sien. Dis nou ons en oom Kallie, nie ons en die polisie nie. En toe word die omie heel van sy fiets afgery deur ‘n onverskillige motoris terwyl hy oefen en hy het baie seergekry. Ons het baie simpatie gehad, en gedink dat ons uiteindelik erens geconnect het. Want dit was ‘n oor-en-weer groetery wat vir niks geskrik het nie.

“Hoe gaan dit, oom Kallie?”

“Nee, dit gaan beter, geen klagtes nie.”

“Wonderlik! Hoe gaan dit met die antie en die kinners? En met oom se been?”

“Nee, dit gaan goed met almal. My been is nou OK. Hoe gaan dit daar by julle?”

Hy het skaars herstel, toe skraap ‘n motoris hom weereens terwyl hy fietsry. Not nice, en ons is weereens vol simpatie. En so groet ons mekaar as ons mekaar sien. Beslis nie huisvriende nie, maar ook nie onaagenaam met mekaar nie.

Tot Maandagmiddag. Fok!

My man ken ‘n ou wat sy werk verloor het so ‘n rukkie terug. Maar hy is goed in sy ambag, en om hom te help besluit hule toe om die vier garages op die agterste erf in te rig as ‘n workshop vir hom, sodat hy net aan die gang kan kom met iets en geld verdien om vir sy gesin te sorg. Ons vra hom nie huur of elektrisiteit op hierdie stadium nie, want die garages staan anyway net daar. Die ooreenkoms is dat ons ‘n baie klein persentasie van sy wins kry – maw, as hy nie werk het nie, hoef hy niks te betaal nie.

En dis nou ook nie ‘n moerse besigheid nie, daar staan nie wrakke rond en word getimmer en gekap tot middernag nie. Dis maar hier en daar ‘n skraap of ‘n duik wat reggemaak word en gespray word. En hulle hou anyway op 5uur in die middag. As jy daar verby ry, sal jy mooi moet kyk om te sien dat daar iets in die garages aan die gang is.

Nou moet ek ook net bysê: Besighede in Stateway (hoofstraat van Welkom) het vir jare met  die plaaslike munisipalitiet baklei vir die reg om besigheid hier te bedryf. Dis ‘n deel van die stad wat direk uit die middestad vloei, en dit maak sin om hier besigheid te bedryf. Dis die hoofstraat, after all! Ons was baie hardegat, en het hulle uitgedaag om ons te maak ophou. Ons en al die ander besighede, natuurlik.

Uiteindelik het ons tot ‘n vergelyk gekom – hersoneer, en betaal vir besigheidsregte op jou perseel. Nog nie almal (ons inkluis) het gehersoneer nie, (dis ‘n baie duur proses) maar ons betaal intussen ons rates asof ons gesoneer is vir besigheid. Met geen probleme van die munisipaliteit af nie.

Nou wil oom Kallie in sy broek kak. Maandagmiddag kom hy so ewe na my man toe, en sê vir hom dat hy glad nie impressed is met die panelbeating wat aangaan in ons agterste erf nie. Hy is nie eers by die huis in die dag nie! En hy het al klaar met sy prokurower gepraat EN ons gaan verkla by die Stadsbeplanner. Ons ken die stadsbeplanner ook al goed, btw.

Maar wtf?? Die eintlike ding is dat hy by die munisipaliteit aansoek gedoen het vir ‘n workshop (ek vermoed in 19toet) en hulle het dit afgeskiet. En nou doen ons presies dit waarvoor hy afgeskiet is. Sonder drama. En dit is net te erg vir hom om te hanteer. Ek dink oom Kallie het ietsie vergeet – hy bly nie in Stateway nie, maar in die straat agter Sateway…. whahahahaha! Oud word is nie vir sissies nie!

Maar hoekom is hy so nasty? Genade, wat gaan oom Kallie nou bereik? Wat hy nou eintlik wil doen, is om die brood uit ‘n gesin se monde te vat. En dit net omdat sy scheme nie gevlieg het nie? Of is hy dalk nog vies omdat ons hom geserenade het? Miskien moes ons hom ook een aand vir ‘n braai genooi het. Nah…

Oom Kallie, ek nomineer jou vir Doos van die Jaar. Jy is daai doos waarvan hulle praat wanneer die storie vertel word van die krewe wat mekaar onderdruk – as iemand lyk of hy dalk bo gaan uitkom, dalk net so bietjie beter as jy doen, klim jy vinnig op en trek hom af.

You go, oom Kallie, dis hoe mens ‘n nasie bou….

17 Responses so far »

  1. 1

    boendoe said,

    Ag, ou Dellie-wellie, mens moet ingelog wees om te kan comment, en ek’t my password al laaaaaaankal vergeet.

    Maar ja, ek dink oom Kallie verdien ‘n toekenninkie of twee. 😉

  2. 2

    Pikkelik said,

    Ag!!! So ‘n ou suurknol…. Miskien kan julle hom bietjie panelbeat… en ek bedoel dit op die mooiste manier denkbaar!!! 😈

  3. 3

    Alta said,

    Dellie, jy kry oral sulke mense. Sit heeldag en kyk waar kan hy nou oor iets kla.

  4. 4

    Wipneus! said,

    Ag sulke mense moet sommer bedank as mens.
    Jy verdien ‘n toekenning!
    Mooi bly! 🙂

  5. 5

    BB said,

    Cupcake, ek kan nie daar inkom nie – sal vanaand van die huis af probeer… hmmm 🙄 then again… maybe it’s a sign :mrgreen:

  6. 6

    Sonkind said,

    En hy noem homself seker nog ‘n Christen ook?! Vat hom aan, Dellie!

    • 7

      BB said,

      See, it doesn’t matter whether or not HE is a Chistian – what matters is whether Cupcake is one 😉 and I think I know the answer!!

  7. 8

    demoerin said,

    😆 Gee hom gas, ou suurknol. En ek dink julle moet ook sommer aanbeveel dat hy NIE op ‘n fiets hoort nie… goeie genade!

  8. 9

    BB said,

    Cupcake – dit helpie om nasty te raak nie – dit help nie om op ‘n ander ou se vlak neer te daal nie – hear what I’m saying: “Neerdaal”!! It means you have to lower what and who you are to a level where he is obviously very much at home AND will beat you with experience!! NEVER daal ek op ‘n laer vlak neer as waar ek is nie – SO: Groet hom vriendelik, waai as jy sien hy hoor jou dalk nie of ignore jou – steek jou handpalm na hom uit en sê iets soos : “Bless you… (ok jy kan seker maar “old fart” saggies mompel – I’m sure you’ll be forgiven :mrgreen: – but BEDOEL at least die blessing) – wat weet ek en jy hoeveel frustrasies en einas daai ou bedonnerde hart dalk moet rondschlepp?? Wie weet offie antie hom happy maak?? Wie weet of hy, toe hy, in 19-toet nie daai liksens kon kry dalk sy drome aan skerwe gesien het nie?? Hy’s net human and some humans are just as human as others
    Frank Shutts het eendag gesê: “One very important ingredient of success is a good, wide-awake, persistent, tireless enemy.” It kinda makes sense, doesn’t it? It just makes you so much more determined to succeed…
    Always forgive your enemies. NOTHING annoys them more!! 😉

  9. 11

    Eben said,

    Dellie jy weet dis nou tipies onse Suid Aaplanders, ons gun niemand iets. Dis goed, dis mooi, en dit hoort so wat Wessel gedoen het om daardie man te help. Dit sal meer as dubbel terug kom na hom.

    Wonder of oom Kallie nie weer moet loop fiets ry … jy verstaan mos :mrgreen:

    Maar-nie-te-min daardie sand hopie bly my pla, en wonder baieeeeee en weet eendag is eendag! Moet dit asb nie ‘weg speel’ ek wil ook kom speel! O jaaaa ek hou van julle tipe vriende 😆

  10. 14

    BB said,

    Selfs ek (proudly blond) het daai een gevang!! Razor-sharp Delsch!! 😆

  11. 15

    […] gedoen, en ons wil vir Koos welkom heet in wordpress blogland. So gepraat van liedjies – Wat maak Oom Kallie […]

  12. 16

    sonneblomseplekkie said,

    Dis sad in vandag se tyd van krisis dat ons eie soortiges nie die son oor die ander se kop sien skyn nie. Maar ja… dis seker hoe dit gaan ne? Geen wonder ons eens lieflike land is in sy hel in nie… jammer julle – maar ons kon nog nooit saamstaan nie. Mens sou net kon droom dat die Kallies van vandag eerder sal hand bysit as om iemand wat wel probeer met ‘n mes in die rug te steek…

    My 2sents worth….

    Groete
    Sonneblom

  13. 17

    Harry said,

    Oon Kallie is die held in hierdie verhaal.
    Hy raas nie tot 5 uur in die oggende nie.
    Hy het nie die vermetelheid om dan nog sy bure uit te tart nie deur vulgêre goed te sing nie. (Ja sing daai song en luister die woordspeling..)
    Hy is positief.
    Hy druk deur met fietsry al word sy lewe bedreig.
    Hy bel die polisie en skryf nie agteraf post op ‘n blog nie.
    Hy duld nie die giftige dampe wat deur paneelkloppers veroorsaak word nie.
    Kom ons besluit wie regtig die doos in die sprokie is.

    You go Dellie! 🙂


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar