Men are from Mars…

Ek kan nie weerstaan om hierdie storie hier te plak nie. Dit sluit so perfek aan by die vorige possies oor mans en vrouens… dis ‘n lang ene, kry maar eers gou ‘n bietjie java, en maak jouself gemaklik. Geniet!

Remember the book “Men are from Mars, Women are from Venus?” Here’s a prime example offered by and English professor from the University of Phoenix:

“Today we will experiment with a new form called the tandem story. The process is simple. Each person will pair off with the person sitting to his or her immediate right. As homework tonight, one of you will write the first paragraph of a short story. You will e-mail your partner that paragraph and then send a copy of it to me. The partner will read the first paragraph and then add another paragraph to the story and send it back also sending another copy to me. The first person will then add a third paragraph, and so on back and forth. Remember to re-read what has been written each time in order to keep the story coherent. There is to be absolutely NO talking outside of the e-mails and anything you wish to say must be written in the e-mail. The story is over when both agree a conclusion has been reached.”

The following was actually turned in by two English students:

Rebecca (last name deleted) and Gary (last name deleted)

——————————-

THE STORY: (first paragraph by Rebecca)

At first, Laurie couldn’t decide which kind of tea she wanted. The chamomile, which used to be her favourite for lazy evenings at home, now reminded her too much of Carl, who once said, in happier times, that he liked chamomile. But she felt she must now, at all costs, keep her mind off Carl. His possessiveness was suffocating, and if she thought about him too much, her asthma started acting up again. So chamomile was out of the question.

——————————-

(second paragraph by Gary)

Meanwhile, Advance Sergeant Carl Harris, leader of the attack squadron now in orbit over Skylon 4, had more important things to think about than the neuroses of an air-headed asthmatic bimbo named Laurie with whom he had spent one sweaty night over a year ago. “A.S. Harris to Geostation 17….”, he said into his transgalactic communicator. “Polar orbit established. No sign of resistance so far…” But before he could sign off a bluish particle beam flashed out of nowhere and blasted a hole through his ship’s cargo bay. The jolt from the direct hit sent him flying out of his seat across the cockpit.

——————————-

(Rebecca)

He bumped his head and died almost immediately, but not before he felt one last pang of regret for psychically brutalizing the one woman who had ever had feelings for him. Soon afterwards, Earth stopped its pointless hostilities towards the peaceful farmers of Skylon 4. “Congress Passes Law Permanently Abolishing War and Space Travel” Laurie read in her newspaper one morning. The news simultaneously excited and bored her. She stared out the window, dreaming of her youth, when the days had passed unhurriedly and carefree, with no newspapers to read, no television to distract her from her sense of innocent wonder at all the beautiful things around her. “Why must one lose one’s innocence to become a woman?” she pondered wistfully.

———————————

(Gary)

Little did she know, but she had less than 10 seconds to live. Thousands of miles above the city, the Anu’udrian mothership launched the first of its lithium fusion missiles. The dim-witted wimpy peaceniks who pushed the Unilateral Aerospace Disarmament Treaty through the congress had left Earth a defenseless target for the hostile alien empires who where determined to destroy the human race. Within two hours after the passage of the treaty the Anu’udrian ships where on course for Earth, carrying enough firepower to pulverize the entire planet. With no one to stop them, they swiftly initiated their diabolical plan. The lithium fusion  missile entered the armosphere unimpeded. The President, in his tip-secret Mobile submarine headquarters on the ocean floor off the coast of Guam, felt the inconceivably massive explosion, which vaporized poor, stupid Laurie and 85 million other Americans. The President slammed his fist on the conference table. “We can’t allow this! I’m going to veto that treaty! Let’s blow ‘em out of the sky!”

———————————–

(Rebecca)

This is absurd. I refuse to continue this mockery of literature. My writing partner is a violent, chauvinistic semi-literate adolescent.

———————————–

(Gary)

Yeah? Well, you’re a self-centered tedious neurotic whose attempts at writing are the literary equivalent of Valium. “Oh, shall I have chamomile tea? Or shall I have some other sort of tea??? Oh no, I’m such an air headed bimbo who reads too many Danielle Steele novels.”

————————————

(Rebecca)

@sshole!

————————————

(Gary)

B1tch!

————————————

(TEACHER)

A+ – I really liked this one. Only group to get an A.

Moet ons ook so iets probeer en kyk wat broei uit? Wat dink julle?  Wie is bereid om saam te speel?  Miskien moet ons begin  deur eers ‘n lys saam te stel van spelers. Onthou, ‘n span moet bestaan uit ‘n man en ‘n vrou. Sê of jy wil saamspeel, en met wie jy wil opteam. Ons sit mos nou nie langs mekaar nie. Dit miskien lig en laf hou, of kan dit maar ernstig raak? Of anything goes? En ons publish dan die stories op ons blogs. As jy nie ‘n blog het nie, kan jy nogsteeds saamspeel – ek sal dit hier opsit. Dit behoort groot pret te wees! Gee julle idees!?


70 Responses so far

  1. 1

    Wipneus said,

    Men are from Mars en woman from Venus!!! Hierdie boek bly in my bed laai, ek soek altyd die antwoorde daar, oor hoe om met mans se koppe te smokkel of dan nou om daai breinselle te verstaan. Moeilike stories :roll:

    Dis ‘n feit, mans en vrouens is van verskillende planete, ons google met mekaar se breine, want ons maak op sommige plekke nie konneksies nie!!

  2. 3

    BB said,

    Ek speel saam – maar ek weetie wie om te pick nie – dalk moet jy maar name ini hoed gooi – dit gaan dit baie meer ‘fair’ maak – ok, so life ain’t fair – ek gaan seker daai een uitsondering op die spesie kry wat nie van Mars, maar van Uranus :mrgreen: af kom – but so be it – I’m game!!

  3. 5

    Sonkind said,

    Hierdie is hiper cool! Ek will ook seblief saamspeel, Dellie. En ek dink ook name in die hoed is meer fair. So, ons wag vir jou instruksies ;-)

  4. 6

    Twattie Se Maaikie said,

    Dellie, hierdie is ‘n baie nice idee!! Mag ek ook asb saamspeel?

  5. 8

    PleinKommin said,

    Ek wil saamspeel

  6. 9

    Pagoda32 said,

    Sit my naam in die hoed!

  7. 10

    Hallo. Ek speel saam. Team ons op dat ons kyk wat gebeur… K

  8. 11

    Zefgat said,

    Ek’s ook in!

  9. 12

    Chopper said,

    Ek is ook in.

  10. 13

    Mauritz said,

    Ek sal saamspeel – waar’s Boendi?

  11. 16

    Wondernet said,

    Dellie

    Ek kom net om te sê dat ek nie kan saamspeel nie.

    Weet nie meer waar ek welkom is nie.

    • 17

      Dellie said,

      Hoe nou Wondernet? :shock: Jy is altyd welkom hier! Ek sit jou naam op, en geen verskonings van jou kant af nie, hoor! :wink:

  12. 18

    Heiko said,

    Eks ook in

  13. 19

    Dellie said,

    Dankie vir almal wat tot dusver gaan saamspeel. Ek gaan die nog oophou oor die naweek, en Maandag sal die spanne aangekondig word.

  14. 20

    Pikkelik said,

    Hie, hie, ek dink nie ek weet waarvoor ek my inlaat nie, maar wel, gooi dit maar innie hoed Dellerasie!

  15. 21

    Mavis said,

    hello miesie dellie

    Mavis hy verstaan neks van diese story wa is die mars plek is dit soos die mal plek Mavis wou mos nog al die djare sê die mans se kopgoete werk nie lekker nie

    miesie watse game goete gat jelle hie speel mavis hettie ‘n hart vir games nie mavis like nie van loose nie ma mavis speel die machina somme hie by die corner djy pick die number en gooi djou five bob da in as djou nommer geroep word dan dje is skatryk

    • 22

      Dellie said,

      Hallo Mavis,

      Nee man, jy moet saamspeel! En sommer vir Agnes ook sê sy moet kom saamspeel. Ons gaan ‘n storie skryf – eintlik baie stories. Jy kry ‘n partner, en dan skryf jy bietjie storie, en stuur dit vir jou partner. Hy skryf weer bietjie storie en stuur dit terug. En so aan.

      Maar ek sal Maandag by ‘n nuwe possie mooi verduidelik hoe alles werk. Vir nou, moet jy net hier sê jy wil saamspeel, en Agnes ook. OK? Dis sodat ek seker kan maak ek het almal se e-mail adresse – anders kan die game nie werk nie.

  16. 24

    Die Brein said,

    Cool eks in Dellie!!!!!

  17. 25

    Kendra said,

    Ek’s in!!!

  18. 26

    Sharpshoot said,

    Ok, ek is in – maar onthou net dat ek nie die skerpste Potlood in die pakkie is nie!
    Julle laat my toe op jul eie risiko.

  19. 27

    Emil said,

    Jis, gooi my naam in.

  20. 28

    Spook said,

    Klink lekker. ;)
    Plekkie vir my om saam te speel?

  21. 30

    Die Brein said,

    Ek sien ek kan se met wie ek wil opteam………..Kendra, klink baie soos een van die Girls of the Playboy Mansion so dit kan `n rowwe openminded affere afgee.Kendra wil jy met my opteam??

    • 31

      Dellie said,

      Brein… jy dink ook altyd lekkerder. :lol: Ons het eintlik besluit om die name in hoede te gooi en so die spanne regverdig op te deel.

      Maar as Kendra nie beswaar het nie, sien ek nie ‘n probleem om julle saam op te team nie. Ek sal hoor wat sy sê. :wink:

  22. 33

    Ek het hierdie pas vir die media gestuur, regoor die land. Rian ignoreer my eposse. Toe dog ek ek laat weet vir Dellie – want Niggie is ook van Welkom, en sy kry regtig swaar…

    Hierdie epos is aan Radio OFM en Rian van Heerden gestuur, met geen reaksie daarop nie.Dit is in baie swak smaak, en verneem graag reaksie van OFM se bestuur. Kobus Coetzee. http://www.kobus-coetzee.co.za

    Rian

    Ek het jou 3 dae terug die kans gegee om te reageer op die onderstaande klagte van die publiek, waaraan jy jou afgevee het. Ek stel dit nou aan die OFM bestuur, voordat ek dit more vir die media pos:

    Soveel as wat ek dink Rian van Heerden bied ‘n goeie program aan op OFM (94-97FM) in Sentraal Suid Afrika, is ek nogal baie teleurgesteld, nadat hy almal se ondersteuning gekry het tydens sy onlangse skorsing, dat hy weereens te ver gegaan het die oomblik wat hy op die lug gekom het.
    Niggie, ‘n blogger op my site, ly aan nierversaking. So erg, dat sy tans wag op ‘n skenker-nier, om haar lewe te red. So dit is nie ‘n groot verassing dat sy onsteld was toe Rian verlede week toe hy terug op die lug was, ‘n sirkus gemaak het van nierskenking nie. Die enigste manier waarop OFM nou hierdie saak kan regstel, is om publisiteit hieraan te gee, en Niggie te help om so gou en spoedig as moontlik ‘n skenker te kry. Of ten minste orgaan skenking publsiteit te gee.
    Blykbaar het hy ‘n mede-omroeper se nier opgeveil op die lug, en ‘n moerse groot grap daarvan gemaak. Terwyl hy dalk dink hy is baie snaaks, wonder ek of hy weet waardeur pasiente met nierversaking gaan: weeklikse (of 3 keer per week) se dialise, ‘n lewe op die randjie van die afgrond, en vreeslike emosionele spanning. Rain, dit is regtig nie snaaks nie. Ten minste nie vir die pasient, haar familie en mense wat vir haar lief is nie.
    Ek het die comment hieronder ontvang, maar omdat ek ver is, en die uitsending nie self gehoor het nie, het ek gewag vir die opname daarvan. Ek het dit intussen gehoor, en is baie geskok oor die onsensitiwiteit van Rian van Heerden. Dit is ongehoord dat iemand soos hy, as omroeper, sy podium so misbruik, en probeer naam maak, (of geld vir sy werkgewer) deur te skok met onsensitiwiteit en barbaarse optrrede. Dit is baie wreed. Ek was self vir 15 jaar ‘n adverteerder op OFM voordat ek die omgewing verlaat het, en besef maar al te goed dat hulle ratings jaag – maar dit lyk my alles, insluitend etiek, word nou oorboord gegooi ter wille van winsbejag.
    Ek sal dit van vandag af my persoonlike “calling” (roeping) maak, om Riaan en OFM te openbaar vir wat hulle is – volgens wat hulle kwytraak op die lug. Sies OFM – ek het meer van julle verwag. Hier is Niggie se epos: (haar identiteit sal nie bekend gemaak word nie – so moenie eers vra nie, OFM!)

    Ek het een moerse probleem met Rian – net toe hy terug was op die lug toe sal hy nou weer iets wat ‘n baie seer punt by my is – hy het ‘n mede oproeper se nier op bie gesit – ek wat op ‘n waglys is vir ‘n nieroorplanting dink nie dit is ‘n grap nie – daar is soveel mense wat hoop dat ‘n nier by hulle sal uitkom en dan maak hy ‘n bespotting daarvan. Ek hoop Rian kry ‘n gatkramp namens almal wat nierversaking het. Niggie

  23. 35

    gigi said,

    Klink of dit fun kan wees, eks ook in as ek mag?

  24. 36

    boendoe said,

    Oi, Delilla, ek kry jou mail nou eers… :oops:

    Ja wat, gooi my ook maar in – AS jy nie klaar te veel dames het nie. :wink:

  25. 37

    Dellie said,

    Jinne, ek begin nou al meer opgewonde raak oor hierdie tandem storie! :lol:

    Jy is in, Gigs! :wink:

    Boendoe, thanx!

    En moenie worry, ek sal gaan soek vir nog mans! :mrgreen:

  26. 38

    gigi said,

    Dankie Dellie!

    Jy moet net sorg dat jy my nie trek saam met een van die ouens wat ” hogere ”
    gesprekke voer nie! :lol:

    • 39

      Dellie said,

      Gigs, dis juis waar die pret gaan inkom – dink net, twee heeltemal uiteenlopende persoonlikhede… :lol:

      • 40

        BB said,

        O-jel!!! dan hoop ek nie ek kry vir Emil nie – he’ll have to red wat daar te redde is na elke ander ‘parra’graaf :mrgreen:

  27. 41

    Retha said,

    Interessant! Ek sal probeer!

  28. 45

    Biker Bess said,

    Eish man, ek wil ook speel. I like van skryf. Vernaam nonsens. Ek het 70 persoonlikhede. Party is sekerlik manlik, dink ek. Miskien kan ek as man instaan?? Heh heh. As jy my kan of wil gebruik, hier’s ek. Bike and all.

  29. 46

    Suidoos said,

    Ok, Dellie, hier’s ek. Laat ons sien wat gebeur!

  30. 47

    Retha said,

    Gepraat van die verskille tussen mans en vroue, dis omtrent net vroue wat iets soos “Men are from Mars, women are from Venus” lees.

  31. 48

    smiiiiiile said,

    Dellie ! ek wil ook saamspeel!…ek laaik ook om kak te praat!

  32. 50

    smiiiiiile said,

    Oeps…is my Afrikaans miskien nie so goed nie?? Nou as julle iemand kortkom is ekke beskikbaar!

  33. 52

    Dellie said,

    Assie het per e-mail laat weet hy is ook in. Dankie tog, nog ‘n man! :mrgreen:

    KOMAAN MANNE! ONS HET JULLE OOK NODIG!

    En as daar dalik iemand is wat wil opteam met iemand spesifiek, speak up! Boendoe & Mauritz, en Die Brein & Kendra klink al klaar na interessante kombinasies…

  34. 53

    gigi said,

    Dellie, ek wil nou nie hoes poep of kak praat nie, maar moet NOOIT vir manne se ons het hulle nodig nie! :lol:

  35. 55

    Tweelingkind said,

    Ek wil ook saamspeel seblief! Dit sal nou interressant wees om te sien wat kom hier uit!!!

  36. 56

    Dapperhartjie said,

    Hallo Dellie, mag ek saamspeel? Klink very inviting…

  37. 57

    Adrie said,

    Hmmm. Interessante konsep.

  38. 58

    boendoe said,

    Ek’t nog ‘n man vir jou! Check jou mail. :wink:

  39. 60

    BB said,

    Epos die Narcie vannie Wosonki’s ook – daai kan nou vir jou dalk ‘n ordentlike Mars-species verteenwordiger wees :mrgreen:

  40. 62

    Dellie said,

    Ons het nog ‘n man! Platkuif speel ook saam.

  41. 63

    Biker Bess said,

    Liewe Dellie en maatjies,

    Ek is jammer maar ek moet my onttrek uit die speletjie. Ek is baie sad want ek was so opgewonde.

    Ek trek hierdie week van Aston na Jeffries en “depending” op Telkom gaan ek ‘n dag, dae, week, weke sonder Internet en fone wees.

    Ek sal dan met ‘n volgende rondte inval as dit reg is so met jou.

    Jammer, as ek enige ongerief veroorsaak het.

    Groetnis aan almal en mooi speel en bêre vir my die goedjies dat ek dit agterna kan lees. Sal julle nie vergeet nie.

    Bye-bye en mooi bly!

  42. 64

    Arabier said,

    Hallo Dellie.
    Vertrou dit gaan goed met jou en joune.
    Ek is terug in Donker Afrika en het uiteindelik weer toegang tot die internet.
    Gooi my naam in jou hoed en ons kyk wat gebeur.
    Ek ken darem van Hansie en Grietjie :)
    Grootneus :cool:

  43. 65

    Sonkind said,

    Dellie – as ek mag kies – ek sal graag wil opteam met Demoerin, dis nou te sê as hy nie iemand anders in gedagte het nie :-)

  44. 67

    Leon said,

    Ok, ek’s ook in….en daar begint my broek sommer bewe…

  45. 68

    Dr Conrad Brandt said,

    Is daar ‘n ouderdomsperk? Sal ek vergewe word vir swak taal gebruik en spelling?

  46. 70

    Dellie said,

    OK, ek sluit nou die comments hier. Net gou die spanne opdeel, dan post ek al die details. :wink:


Comment RSS · TrackBack URI

Comments are closed.

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 68 other followers

%d bloggers like this: