Dankie vir almal wat gaan saamspeel! Ek is so verras met die reaksie. Wel, nadat ek op verskeie plekke gaan adverteer het…
En ons het nou 19 stories wat geskryf gaan word! Wonderlik! Ek is so opgewonde – hier gaan goeie stories uitkom!
Om eerlik te wees, toe ek die “speletjie” voorgestel het, het ek gedink so 10 mense sal miskien saamspeel, en dan sal dit hopelik effens versprei na die ander blogs.
My doel agter die spoeg-en-plak possies oor mans en vrouens se denkwyses, was eintlik om op te eindig hier waar ons nou is. Ha! En julle het gedink ek is net ‘n happy-go-lucky blond met geen gameplan nie? ![]()
Skryf oor enige onderwerp – dit kan snaaks wees, dramaties, hartseer, spannend, grillerig, eroties… Die keuse is joune.
Almal wat in die comments of per e-mail bevestig het dat hulle gaan saamspeel, se name is in ‘n hoed gegooi. Wel, actually twee hoede. Mans eenkant, dames eenkant. En toe het Seun die honors gedoen, en getrek – en ta-daaaa!

Die reëls is baie eenvoudig:
- Die spelers in die eerste kolom begin met die storie – hy/sy sal ‘n e-mail kry met sy/haar spanmaat se e-mail adres deur die loop van die dag. Ek sal dit afwissel tussen mans en dames, soos wat ons begin het met die trekkings. D kom voor M, so die eerste ene sal ‘n dame wees.
- Jy skryf dan die eerste paragraaf van ‘n storie, (onthou – anything goes) en mail dit vir jou spanmaat.
- Jou spanmaat skryf nog ‘n paragraaf by, en mail dit terug na jou toe.
- So gaan julle aan tot die storie ‘n natuurlike (of dalk onnatuurlike) einde bereik.
- Vir die duur van die storie, mag julle nie met mekaar kommunikeer met betrekking tot die storie nie – nie op die blogs nie, nie op Skype of MSN nie, nie per sms nie, en moenie bel nie - as jy iets wil sê wat met die storie te doen het, doen dit net per e-mail met die storie.
- Probeer om die storie nie te lank uit te rek nie.
- Anything goes. Gee jou verbeelding vrye teuels. Skryf die eerste goed wat in jou mind opkom. Draai die storie na jou mening toe as jy kan. Moenie te veel daaroor dink nie. Ons wil juis spontane reaksies hê.
- Onthou om die storie elke keer mooi deur te lees, en maak seker jou reaksie maak ten minste effens sin! But then again, anything goes!
- Julle hoef nie elke keer die storie vir my ook te e-mail nie – stuur dit net vir my wanneer die storie klaar is. Hierdie sal ek graag wil bêre!
- Die mense wat blogs het in dieselfde span, moet maar onder julle self uitsorteer wie dit gaan post. Link asb hierheen wanneer jy dit plaas.
- Die mense wat nie blogs het nie en saam in ‘n span beland het – ek sal julle storie hier by my opsit.
Nou ja, as daar nog mense is wat nie in hierdie rondte is nie, maar dalk ook wil saamspeel, los julle besonderhede en as daar genoeg belangstelling is, doen ons nog ‘n rondte.
Vir die res… GO – kom ons skryf ‘n sprokie of ‘n riller! Ek kan nie wag vir die resultate nie! Have fun!
UPDATE:
Moenie panic as jou maat nog nie gereageer het nie. Hierdie is ‘n medium-termyn projekkie, dit gaan nie binne ‘n dag of twee afgehandel word nie. Kom ons mik vir ‘n week op die langste, dan moet die stories klaar wees.








