Dankie vir almal wat gaan saamspeel! Ek is so verras met die reaksie. Wel, nadat ek op verskeie plekke gaan adverteer het…
En ons het nou 19 stories wat geskryf gaan word! Wonderlik! Ek is so opgewonde – hier gaan goeie stories uitkom!
Om eerlik te wees, toe ek die “speletjie” voorgestel het, het ek gedink so 10 mense sal miskien saamspeel, en dan sal dit hopelik effens versprei na die ander blogs.
My doel agter die spoeg-en-plak possies oor mans en vrouens se denkwyses, was eintlik om op te eindig hier waar ons nou is. Ha! En julle het gedink ek is net ‘n happy-go-lucky blond met geen gameplan nie? ![]()
Skryf oor enige onderwerp – dit kan snaaks wees, dramaties, hartseer, spannend, grillerig, eroties… Die keuse is joune.
Almal wat in die comments of per e-mail bevestig het dat hulle gaan saamspeel, se name is in ‘n hoed gegooi. Wel, actually twee hoede. Mans eenkant, dames eenkant. En toe het Seun die honors gedoen, en getrek – en ta-daaaa!

Die reëls is baie eenvoudig:
- Die spelers in die eerste kolom begin met die storie – hy/sy sal ‘n e-mail kry met sy/haar spanmaat se e-mail adres deur die loop van die dag. Ek sal dit afwissel tussen mans en dames, soos wat ons begin het met die trekkings. D kom voor M, so die eerste ene sal ‘n dame wees.
- Jy skryf dan die eerste paragraaf van ‘n storie, (onthou – anything goes) en mail dit vir jou spanmaat.
- Jou spanmaat skryf nog ‘n paragraaf by, en mail dit terug na jou toe.
- So gaan julle aan tot die storie ‘n natuurlike (of dalk onnatuurlike) einde bereik.
- Vir die duur van die storie, mag julle nie met mekaar kommunikeer met betrekking tot die storie nie – nie op die blogs nie, nie op Skype of MSN nie, nie per sms nie, en moenie bel nie - as jy iets wil sê wat met die storie te doen het, doen dit net per e-mail met die storie.
- Probeer om die storie nie te lank uit te rek nie.
- Anything goes. Gee jou verbeelding vrye teuels. Skryf die eerste goed wat in jou mind opkom. Draai die storie na jou mening toe as jy kan. Moenie te veel daaroor dink nie. Ons wil juis spontane reaksies hê.
- Onthou om die storie elke keer mooi deur te lees, en maak seker jou reaksie maak ten minste effens sin! But then again, anything goes!
- Julle hoef nie elke keer die storie vir my ook te e-mail nie – stuur dit net vir my wanneer die storie klaar is. Hierdie sal ek graag wil bêre!
- Die mense wat blogs het in dieselfde span, moet maar onder julle self uitsorteer wie dit gaan post. Link asb hierheen wanneer jy dit plaas.
- Die mense wat nie blogs het nie en saam in ‘n span beland het – ek sal julle storie hier by my opsit.
Nou ja, as daar nog mense is wat nie in hierdie rondte is nie, maar dalk ook wil saamspeel, los julle besonderhede en as daar genoeg belangstelling is, doen ons nog ‘n rondte.
Vir die res… GO – kom ons skryf ‘n sprokie of ‘n riller! Ek kan nie wag vir die resultate nie! Have fun!
UPDATE:
Moenie panic as jou maat nog nie gereageer het nie. Hierdie is ‘n medium-termyn projekkie, dit gaan nie binne ‘n dag of twee afgehandel word nie. Kom ons mik vir ‘n week op die langste, dan moet die stories klaar wees.









Sharpshoot said,
Maart 30, 2009 @ 10:00 vm
Woohoo! Kom Twattie se Maaikie – gooi daar ‘n eerste Paragraaf!
Wipneus! said,
Maart 30, 2009 @ 11:00 vm
Johan Swarts said,
Maart 30, 2009 @ 12:09 nm
Great inisiatief
Mauritz said,
Maart 30, 2009 @ 12:48 nm
Ek en Mej Chardonnay het ‘n wille aand vanaand – ek sal môre weer lees en probeer figure hoe ek vir Boendi gaan benader.
Pagoda32 said,
Maart 30, 2009 @ 2:42 nm
Hehehe! Ek ken nie vir dapperhartjie nie, maar ek belowe ek sal mooi speel
kaalvoetinireen said,
Maart 30, 2009 @ 3:31 nm
Ek het die storie heeltemal gemis, maar dit klink na groot sports. Sien uit na die resultate.
demoerin said,
Maart 30, 2009 @ 3:38 nm
Ek en Sonkind is aan die gang…. eerste 2 paragrawe al geskryf! Heeeehaaaa
Spook said,
Maart 30, 2009 @ 3:50 nm
Ek en Zefgat is ook aan die rol!
Dellie said,
Maart 30, 2009 @ 3:59 nm
Wonderlik! Nou hoop ek net Emil check sy e-mail…
Tweelingkind said,
Maart 30, 2009 @ 4:10 nm
Kan nie wag om al die stories te lees nie…hier gaan darem maar interressante goed uitkom!!!!
Paula said,
Maart 30, 2009 @ 4:21 nm
Kan nie wag vir die storie nie … lyk my ek het baie gemis in my afwesigheid (het my amper dood gewerk)
Die Brein said,
Maart 30, 2009 @ 8:15 nm
Ek sien uit hierna, maar ek gaan beslis nie `n engeltjie wees nie, ons verhaal gaan so rof wees, daar sal `n ouderdomsbeperking op wees en dit gaan op `n swartagtergrond met swart letters geskryf word, wat eers sigbaar word na 24h00 saans, nadat jy drie passwords moet opgesit het.
Ek dink dit gaan vet pret wees, soos Dellie se dit moet spontaan wees, dinge moet op die ingewing van die oomblik gese word.
Dellie said,
Maart 30, 2009 @ 9:47 nm
Hahahaha! Cool! Onthou om vir my die passwords te stuur sodat ek dit met almal kan deel!
boendoe said,
Maart 30, 2009 @ 9:09 nm
Ek wag nog, geduldig en gedwee, dat Mauritz klaar vry met Mej Chardonnay…
Dellie said,
Maart 30, 2009 @ 9:44 nm
Whahahaaha! Gee kans, die arme man skep moed!
Mauritz said,
Maart 31, 2009 @ 8:06 vm
Ek het nog nie ‘n email adres gekry nie – het die posduif verlore geraak?
Dellie said,
Maart 31, 2009 @ 8:08 vm
Ek het gestuur na jou snotblock adres toe? Maar ek doen dit gou weer!
Dellie said,
Maart 30, 2009 @ 9:44 nm
Ek en Emil is oppad …
… ek weet net nie waarnatoe nie!
Emil said,
Maart 31, 2009 @ 7:34 vm
Bawahaha Brein, dit gaan al rof by die eerste paragraaf
Kendra said,
Maart 31, 2009 @ 8:43 vm
Rof????? Ouderdomsbeperking???? Jy kan dit als bylas Brein… Kom ons kyk of is jy rerig rof…. Kan nie wag nie!
Pikkelik said,
Maart 31, 2009 @ 9:22 vm
Wondernet!!! Ek wag en wag en wag!!!!
Dellie said,
Maart 31, 2009 @ 9:29 vm
Hy het laat weet hy sal vandag aan die gang spring Piks, was gister te besig.
Hierdie is beslis nie ‘n projekkie wat oornag afgehandel gaan wees nie – ons rek die lekker so bietjie uit!
Pikkelik said,
Maart 31, 2009 @ 10:30 vm
Jy weet mos ek is geduldiggggerig….
Johan Swarts said,
Maart 31, 2009 @ 10:44 vm
is daar ‘n ouderdomsbeperking in hierdie storie? Ek en Pleindoos kook!
Van die os op die jas – ondersteun vir Fanboy van Zyl!!!!!!!!
obelina said,
Maart 31, 2009 @ 2:11 nm
Kan nie wag om die eindresultate te lees nie. Baie goeie inisiatief Dellie
Kobus Coetzee said,
Maart 31, 2009 @ 3:40 nm
Nou wat het van BB geword? Ek het dan nou al die eerste paragraaf gestuur. Ek wag en wag…
Dellie said,
Maart 31, 2009 @ 3:44 nm
Ek kyk gou of ek kan uitvind…
BB said,
April 1, 2009 @ 7:07 vm
I was at a loss of words!!!! I was sitting there feeling soooooo sorry for this man – hoe moes ek nou geweet het dis my partner in crime???
(sien my bloginskrywing…)
Waaaaaahahahaha!!
BB said,
April 7, 2009 @ 6:23 vm
Ek dink Kobus is speechless oor my deeply profound en intellectual 2de!!!!! paragraaf
– never heard from him since
rosalindfranklin said,
Maart 31, 2009 @ 4:57 nm
ek kan nie wag om dit te lees nie!
gigi said,
Maart 31, 2009 @ 6:21 nm
Ek wag ook nog vir Platkuif?
Dellie said,
Maart 31, 2009 @ 7:18 nm
Ek het sy dam gaan skud, Gigi… kom ons hoop vir die beste!
Dellie said,
Maart 31, 2009 @ 7:19 nm
Twattie se Maaikie, waar is jy?? Sharpshoot glo al hy is besig met ‘n spookstorie…
Anoniem said,
Maart 31, 2009 @ 8:31 nm
http://www.boerekos.com/index.php?topic=sop
Alta said,
Maart 31, 2009 @ 9:12 nm
Loer van die kant af en dit lyk na pret. Soos die ander kan ek ook nie wag om die stories te lees nie.
Emil said,
April 1, 2009 @ 12:05 vm
Ek het hierdie vermoede dat 90% van die stories in ‘n erotiese ervaring gaan ontaard.
BB said,
April 1, 2009 @ 7:17 vm
Jy mettie helmet gebore Emil?
demoerin said,
April 1, 2009 @ 7:50 vm
Kan julle ook net nie uit die gutters uithou nie nê!
Dellie said,
April 1, 2009 @ 2:20 nm
Nou wanneer kry ek die volgende paragraaf Emil?
Retha said,
April 1, 2009 @ 9:47 vm
My partner is baie kreatief. Dis opwindend om te lees waarmee hy vorendag kom, ek wil hom nie graag teleurstel nie.
Die Brein said,
April 1, 2009 @ 12:14 nm
kOM HELP OP DIE WERF EK HET AANGEJAAG.
Pikkie said,
April 1, 2009 @ 1:19 nm
/sit en tik met my voetjie op hierdie teëls dat die sement uitspring…. Tik, tik,tik,tik….
Dellie said,
April 1, 2009 @ 1:52 nm
Ai julle, Telkom het ‘n lekker April fool op my getrek – ek kon heeloggend nerens inkom nie! Miskien sukkel ander ouens ook nog.
demoerin said,
April 1, 2009 @ 2:36 nm
Ek weet nie of die week ding so lekker vir my en sonkind gaan werk nie. Die ding onaard in ‘n novel.
Dellie said,
April 1, 2009 @ 3:11 nm
Dis ook OK. Vat soveel tyd as wat nodig is – dit gee ons iets meer om na uit te sien!
Tweelingkind said,
April 1, 2009 @ 5:42 nm
My partner is MIA vandag! Dr Conrad brandt???? Wa’s jy????
Sonkind said,
April 1, 2009 @ 9:41 nm
Lyk my dan dis net ek en Demoerin wie se storie nie net in die sluwe-onderwater-gutter-seks-elke-naweek se rigting werk nie. Ek wil my nou amper verstout en aspris wees en sê dalk kry ons genoeg daarvan by onse huise
Suidoos said,
April 1, 2009 @ 11:33 nm
Heiko, jy rek my laaste twee breinselle tot die uiterste …..
demoerin said,
April 2, 2009 @ 12:14 nm
Net so Sonkind…. ek bly maar uit die gutters uit en dink ons storie iis baie COOL. Ek kan nooit wag om die volgende paragraaf te sien nie.
Aan Almal – More publiseer ons hoofstuk 1!
Kendra said,
April 2, 2009 @ 2:32 nm
@Die Brein, Ek is speechless……. Jou laaste paragraaf………SJOE!!!
Dellie said,
April 2, 2009 @ 3:33 nm
Issit hot?
demoerin said,
April 2, 2009 @ 4:16 nm
Ek kan nie wag om hierdie stories te lees nie!
smiiiiiile said,
April 2, 2009 @ 3:19 nm
Dellie wie is Martin??? Weet nog nie sy e-mail nie!!!
smiiiiiile said,
April 2, 2009 @ 3:21 nm
OOOOO jy het miskien dit na die gmail addy gestuur???
My e-mail adres (mag nie nou sê nie) vra vir Gigi of Pluim of Platkuif!
Dellie said,
April 2, 2009 @ 3:30 nm
Smiiile, jy is veronderstel om te begin met die storie. Stuur asb vir my ‘n email na: homedotwelkomatgmaildotcom en gee jou email adres wat jy wil gebruik. Ek het maar gegaan op die ene wat jy hier gebruik het om mee te comment. Arme Martin wag nou al vir dae in spanning vir jou eerste paragraaf…
Kendra said,
April 2, 2009 @ 3:48 nm
Dellie, dis kookwater……Al die detail….Sjoe, ek kry skoon warm!!!
Dellie said,
April 2, 2009 @ 3:59 nm
Ek kan nie wag om dit te lees nie!
Kendra said,
April 2, 2009 @ 4:28 nm
Nee wat, Kendra van die Playboy Girls se MOER!!!!
Dellie said,
April 2, 2009 @ 4:37 nm
Whahahahaha!
Suidoos said,
April 2, 2009 @ 5:49 nm
Klaar! Dankie Heiko – was lekker!!
Dellie said,
April 2, 2009 @ 5:57 nm
Nice! Gaan hy dit post op Snotblock? Onthou om te link hierheen, ons almal wil dit geniet!
Heiko said,
April 2, 2009 @ 6:06 nm
Is julle reg? Maak jou ogies toe, haal diep asem….
Dellie said,
April 2, 2009 @ 6:08 nm
Oh yes! Ek is daar!
Heiko said,
April 2, 2009 @ 6:28 nm
http://snotblock.blogspot.com/2009/04/die-storie.html
Spook said,
April 2, 2009 @ 8:16 nm
Heiko en Suidoos, dis van hoogstaande gehalte.
Stunning slot!
Stuur dit vir vrouekeur se kortverhale. Julle kan dalk ‘n geldjie maak…
Heiko said,
April 3, 2009 @ 2:43 vm
“Vrouekeur”?? Hoe moet ek nou voel? Wat van “Hunter and killer magazine” of so iets?
Wondernet said,
April 3, 2009 @ 6:42 vm
Pikkie
TIK TIK TIK TIK voetjie hop op en af in afwagting TIK TIK TIK TIK
Die Week in ‘n Neutedop…. « Demoerin se Wêreld said,
April 3, 2009 @ 6:46 vm
[...] blyk stillerig in die blogosfeer te wees, ek dink almal is besig met hulle Tandem Stories! Dit is groot pret en kyk uit vir my en Sonkind se publikasie van Hoofstuk 1 later vandag. [...]
Spook said,
April 3, 2009 @ 8:33 vm
Ai Heiki, hoe sleg voel ek nou…
Ek wil eintlik maar net se, publish die ding, dis GREAT!
Leon said,
April 3, 2009 @ 12:17 nm
Leon en Wipneus is ook klaar leoncroukamp.wordpress.com
Die Brein said,
April 3, 2009 @ 3:34 nm
Ek dink ek en Kendra se storie is Hustler/ Loslyf materiaal, maar eitlik kry ek haar jammer want na elke paragraaf het ek haar so te se “geforce” om aan te gaan na die jucier dinge. Ek hoop nie sy dink nou niks van my nie, maar soos julle weet dis Die Brein daai.Jammer Kendra.Maar jy het goed gedoen en nie oral vir my traps geval nie.Moet erken dit het my uhmmmm… nou ja lekker naweek almal.
Dellie said,
April 3, 2009 @ 3:40 nm
Wanneer post jy dit? Ek vrek van nuuskierigheid!
Girl van die Suburbs said,
Mei 5, 2009 @ 7:42 nm
Hoe cool is die idee! Ek gaan verseker loer.