Archive for April, 2009

Blogpels

Seun het Dinsdag aand gou kom oë wys, en toe het ons besluit om sommer te gaan uiteet. Nog voor ons kos gekom het, bel my een vriendin – “Kom groet my! Ek vlieg oor ‘n week Libia toe vir ses maande!”

Nou ja, ses maande is ‘n laaang tyd, en daar moet behoorlik afskeid geneem word. Deurnag…en dis shooters, en … en …

Oi, gister voel ek toe soos ou toast. Dit raak erger soos wat mens ouer word, wees gewaarsku! Gelukkig is ek nie besig op hierdie stadium nie, en float net hier rond vir die show. Erens op ‘n stadium lui my klokkie – ek maak die deur oop, en hier staan so ‘n klein vroutjie wat vir my vreeslik bekend lyk.

“Hallo, waarmee kan ek help”, vra ek.

“Ek is opsoek na Dellie…” kom die antwoord. “Ek is Antie Koekie…”

Goeie donner! Jy kon my met ‘n veertjie omtik! Sy het my sowaar opgespoor!

Ek blog nou al vir amper twee jaar, maar het nog nie een van my blogpels persoonlik ontmoet nie. Dit was amazing julle! Ons het mekaar sommer dadelik om die hals geval en begin chat soos ou vriende! Sy het spesifiek na jou gevra, Pikkie -  en sy stuur liefde en groete vir almal. Vir die res van die dag was ek op so ‘n high, met ‘n silly grin heeltyd oor my gesig geverf.

Ons het selnommers geruil, en gaan beslis in kontak bly. Sy woon nou in Hennenman. Sy sal een van die dae weer blog, ek dink sy het gesê sy wag vir ‘n Telkom-lyn… :oops:   … onthou, ek was ou toast en die opwinding van die oomblik het my ook effens geheueverlies gegee… :mrgreen:

Nou sien ek behoorlik daarna uit om ‘n ander paar b(l)oggers ook te ontmoet in Junie…

Geniet julle laaste langnaweek … dit kan nou maar rerig endkry, né? Volgende week is dit weer volstoom skouer aan die wiel.

funny-pictures-elephant-is-excited-for-peanut

Comments (15) »

Donkerhoek

At last! Hier is my en Emil se eerste hoofstuk van die tandem storie. Sonkind en Demoerin het ons so geinspireer, dat ons ook besluit het om in hoofstukke te skryf.  Teen die spoed wat ons skryf, behoort julle teen Kersfees die tweede hoofstuk te kan lees… :lol:

Die swart is Emil s’n, en die groen myne. Geniet!

Donkerhoek – Hoofstuk 1

Onder hulle wink die stadsligte. Hulle flikker en skitter ‘n mosiaiek van kleure teen die voorruit. Agter die bome kwyn die helder lig van die maan.

“Jy dink jy is baie slim, nie waar nie meneer?” dink sy by haarself terwyl hy die kap afslaan en die wind spoortjies deur haar hare vleg. Sy weet dat hy nie regtig verdwaal het nie. Daarvoor ry hy te vinnig. Die krag van die enjin laat die bloed deur haar are bruis. Sy sou graag die leiding wou neem, hom net ‘n leidraad gee oor haar verwagtinge. Maar so maklik gaan sy nie toegee nie. Hy kan maar nog so ‘n bietjie wonder. Sy lag oopmond vir hom terwyl sy haar hande bo haar kop uitsteek sodat die nagwind haar kan afkoel.

Die wit bloes vlei die vorm van haar ronde borste, en die koel bries wat nou deur haar lang, blonde hare lispel en die sensuele donkerrooi lippe ontbloot, druk haar borste ryp teen die voorkant van haar bloes. Hy hou haar dop – eerder loer, want hy wil nie sy intensies bekendmaak nie. Netnou eindig die avontuur nog voor dit begin het. Kan hy seker wees sy wil ook? Van agter die wit bloes wink twee ryp appels vir hom; hulle fluister hul uitnodiging in die wind, speel met hom, tart hom. Haar liggaam wieg liggies op die maat van Guns’ n Roses se “Patience:” All we need is a little patience. Hy wonder of sy plan gaan slaag.

Sy voel hoe sy oë op haar borste brand. Toe hy opkyk na haar gesig, vang sy vir ‘n oomblik sy blik vas. Die intensiteit in sy kyk betrap haar effens onkant – maar voordat sy dit heeltemal kan plaas, is die oomblik verby. Wat was dit wat sy gesien het? Wat skuil agter sy donker oë? Vlinders van opgewondenheid dans deur haar binneste. Sy loer na sy hande wat die stuurwiel ferm en seker vashou. Sterk, groot hande. Sometimes I get so tense, but I can’t speed up the time sing Guns’ n Roses voort. All we need is just a little patience… Sy wonder waarheen hulle oppad is.


Hy wonder of hy moet afdraai, een of ander verskoning uit dink, net sodat hy haar volle aandag kan geniet. Sy ruik soos lentebloeisels, en as dit nie was vir die suur geur so skugter versteek tussen die blommegeur nie, sou hy moes nies. Nee, dink. Stop gaan ek nie. Ek moet die water eers voel – netnou is dit yskoud, en sit ek weer met eier op my gesig. Hy wissel die ratte, talm sy hand uitnodigend op die hefboom. Toe hy skielik rem, is dit reeds te laat en ‘n luidse “Fok!” ontsnap uit sy mond. Al hierdie erudiete gedagtes maak hom konsentrasie verloor. Sy merk nie dadelik sy verontwaardiging nie, maar skrik tog ligweg vir die skielike emosie. Toe sien sy ook:. hy het die afdraai gemis!

Die motor kom met skreeuende bande tot stilstand. Sy ruik net teer en rook en trek haar neus effens vies op terwyl sy hom vraend aankyk. “What the fuck, dude?” dink sy by haarself.  “Skuus”, mompel hy onderlangs. Is die “skuus” vir die fok of die skielike stop? Seker albei. Toe hy die motor in tru-rat sit, vryf sy hand “per ongeluk” oor haar been… en kom gemaklik daar tot rus. Vergete is al die teer en rook…. Sy sukkel om te glo dat ‘n enkele aanraking soveel elektrisiteit deur haar liggaam kan stuur. Sy het skoon vergeet dat die veiligheids-gordel haar amper winduit geruk het, al sit daar ‘n rooi, opgehewe merk tussen haar borste. Toe hulle oë ontmoet, gee hy vir haar ‘n skewe glimlag wat haar knieë laat jelly voel, en alles is vergewe. “Dankie tog ek sit!”, dink sy. Toe hy by die afdraaipaadjie indraai, skyn die motor se ligte op die bordjie wat lees Donkerhoek. Dis ‘n grondpaadjie en dit neem al sy konsentrasie om die slaggate mis te ry. Teen ‘n slakkepas vorder hulle teen die berg op. Sy kan nie help om uit te bars van die lag toe We’re on a road to no-where begin speel nie…


“Gepas, daardie lied, dink jy?” probeer hy die gelaaide spanning bietjie ontlot. Sy glimlag net. Hulle ry skud-skud in stilte verder, tot waar die pad skielik regs draai en eensklaps ‘n geslote hek opdoem. Hy stop, en met ‘n onderlangse “Nou terug” klim hy uit. Die hek se skril, onge-oliede klank klink onheilspelend, amper soos iets in ‘n gruwelfliek. Shit, dink hy. Die donkerte is ongemaklik. Sê nou hier skuil ‘n ongedierte wat nét op ‘n stadsjapie soos hy lê en wag. Sy nekhare rys, en hy skarrel blitsvinnig oor die los klippe terug. Om te dink hy moet die hek weer toemaak! Maar gelukkig is geen ondier op soek na niksvermoedende prooi nie, en kan hulle verder aanry. Wat mens nie alles sal doen om ‘n chick te impress nie. “Hoe ver is die opstal nog?” verbreek hy die stilte. “Ag, ‘n ommesientjie. Nie meer as ses kilometer nie, maar die pad is hierdie tyd van die jaar baie sleg. Dis die somerreëns, jy weet. Ons kan maklik nog so driekwartier ry. Jy moet net jou oë oophou vir die slaggate. Net voor ons die hoofhek bereik, gaan ons deur ‘n lae drif moet ry. Ek twyfel of daar nog ‘n stroom sal vloei, maar wees liewers versigtig en ry stadig. Ons het tyd – die aand is lank.” Die laaste sin sê sy amper fluisterend, afwagtend, ondeund. As hy maar net sy hand op my been wil sit, dink sy.

Maar natuurlik kan hy nie, al trek haar bronsbruin bene hom soos ‘n magneet. Albei sy hande is nodig om die motor te beheer op die kronkelende paadjie. En al sy aandag. As hy nou aan haar gaan raak, gaan hulle in die bosse beland. Letterlik. Sy kry skielik koud – ‘n rilling trek deur haar lyf toe sy opmerk dat hier selfs in die stikdonker geen sterre te sien is nie. Sy sit die musiek sagter, en skielik laat ‘n bliksemstraal haar ruk van die skrik. Die gevolglike gedonder sekondes later, laat haar instinktief nader aan hom skuif en sy been vasgryp terwyl sy bekommerd hemelwaarts kyk. Hy voel hoe haar naels in sy binne-been vasslaan in ‘n mengsel van pyn en ekstase, en volg haar blik boontoe. Maar nog voordat hy die kap kan opslaan, maak die hemele oop. Reuse reëndruppels deurweek hulle binne sekondes. Sy weet nie of sy moet lag of huil nie. Hy bring die motor tot stilstand en probeer die kap opslaan. Niks gebeur nie! Hy kyk vir haar, sy kyk vir hom, en hulle bars uit van die lag terwyl die reën in vlae oor hulle neersif. Hy druk die knoppie wat die kap moet opslaan aanhoudend, en uiteindelik gee dit gehoor en skuif stadig oor hulle toe. Sy vee die weerbarstige nat krulle uit haar gesig, en probeer laggend die water van haar gesig afvee. “Ek hoop nie my maskara sit op my ken nie,” dink sy, “anders gaan hy hom doodskrik en die stormnag invaar.” Maar hy haal ‘n sakdoek uit sy sak, en dis sowaar nog half droog. Dankbaar neem sy dit by hom, en toe hulle hande ontmoet, is daar ‘n spark van statiese elektrisiteit tussen hulle. Maar ‘n sakdoek kan ook net soveel droogmaak… nadat sy haar gesig afgevee het, sit hy skielik sy hand oor hare en beweeg dit af in die rigting van haar wit bloes wat nou deurskynend die inhoud tentoonstel…

Maar hy terg net. Dis ‘n spel, en hy wil nie te gou aan die hartstog oorgee nie. Laat sy wonder, want hel, hoekom is hy die enigste wat met onsekerhede worstel. Hulle gaan nou al ‘n tydjie uit, maar het nog nie verder as verleë kykies en ongemaklike stiltes beweeg nie. ‘n Vinngie “Goeie Nag” piksoen hier en daar, ‘n onbeplande aanraking – niks meer nie. Het hy nog guts? Dit is nie dat sy heeltemal sonder gevoel vir hom is nie. Daar is defintief chemiese reaksies – dit sien hy in die glinstering van haar oë, in die bewing van haar hande, en die tikkie hoendervleis as hy per ongeluk aan haar raak – tog iets meer as as die indrukke wat mens af en toe by vroue kry wat net ‘n blote Lyf onder die klere is. Toe hy haar die eerste keer op Carel se plaas gesien het, was daardie eerste oomblikke soos ‘n eletriese skok. Sy was byna té doodgewoon, té bedaard – en reguit-blatant – nie vrou nie, maar femina, ‘n uitdagende bevestiging van lyf en bene – smal heupe, het hy opgemerk, en die beduidenis van kuitspiere aan haar lenige bene. Die krieweling in sy lende kon hy nie ignoreer nie. Sy is ‘n goeie vriendin van Carel, en hy moes op die ou einde die eerste date names hom maak. Van die begin as was daar flirtasies, onskuldig, speels, altyd met die belofte van iets meer, groters – iets ekstaties. Op sy seiljag het sy vir die eerste keer met ‘n bikini geparadeer. Toe het hy opnuut bewus geword van die sametrekking van die kuite, en haar direk, met wellustige oë, aangekyk. Sy moes bewus geword het van die verlange in hom, want by Saldanha het die speletjie meer intens geword. Die gebare was daar, iets onwerkliks aan die situasie, ‘n mimiek van die liefdespel. Eet, praat en stories oor seks was gelyksoortige aksies, met die oënskynlike alwetendheid en gemaklikheid van ‘n getroude paar – alles ewe onvermydelik, ewe verspot en betekenisloos. Daar het ‘n dringendheid, ‘n gierigheid in sy bloed ontstaan, iets wat op een of ander manier op een of ander tyd tot uiting moet kom. Een nag laat, weke nadat hulle ontmoet het, na die soveelste date, het hy naak op die rand van sy bed gesit. Hy het begin wonder hoekom hy bevrees is vir die gevoel van hartsog en lus.Toe het hy gedroom van sy mond op haar tepels, van sy hande op haar heupe en sy vingers in haar hare en het hy geweier om haar te laat gaan en die droombeeld met die seldeur van sy hart ingehok. Nou is hulle oppad na Carel se opstal, alleen, vir die nag, voordat die ander jagters daar aankom. “Maak ‘n plan, my china,” het Carel hom toegesnou. “Die girl is hot vir jou. Gaan die aand voor die tyd. Maak vuur, drink en maak liefde. Maar bliksem, moenie dat ek daar aankom en jy lyk steeds of iemand jou hand in die as geslaan het nie. Kom by, boetie en smell the roses. Love is in the air, en jy wik en weeg. Onthou wat Konsalik in die Valskermbateljon geskryf het? Wie langer as tien minute skyt, is sy sitplek kwyt! Nico en Sarel kom ook die week jag, en as jy nie die ding doen nie, gaan Lynette elders shop. The ball is in your court, china!”

Genadiglik reën dit nog nie te lank nie, en ry die luukse motor sonder probleme deur die stroompie wat reeds in die driffie gevorm het. Sy dink skielik aan Carel… liewe Carel. Hy is seker die enigste man op die planeet wat haar verstaan. Maar daar was nog nooit iets romanties tussen hulle nie – dis asof hulle net hierdie band het en mekaar aanvul soos ‘n boetie en sussie. Toe haar ouers oorlede is in ‘n grusame motorongeluk, was hy daar om haar te ondersteun. Dit was 6 jaar gelede. Sedertdien, het sy van sy ryk vriende ontmoet omdat hy haar altyd insluit in al sy sosiale gebeurlikhede. En hy stel haar nogal voor as sy “suster”. Hahaha, sy lag altyd in haar binneste oor daardie ene, maar dit goed om te weet hy voel dieselfde oor haar. Sy weet hy soek eintlik vir haar ‘n man, maar sy het nog nooit erg gehad aan Nico of Sarel of die hogere buitelandse menere wat soms kom jag op sy privaat reservaat nie. Nico is creepy en half olierig, en Sarel, wel Sarel is net eenvoudig jags en probeer haar om elke hoek en draai vasdruk. Sy weet nie hoeveel van sy onwelkome geskenke moes Carel al terugneem nie. Maar die man kry net eenvoudig nie die boodskap dat sy nie belangstel nie. Totdat Carel Tertuis aan haar voorgestel het. Hy is anders as die ander mans wat dink dat vrouens voor hulle voete moet neerval in aanbidding omdat hulle geld het. Tertius het geld, ja, maar hy het haar nog altyd met respek behandel – haar nog nooit soos ‘n fortuinsoekster of sommer net ‘n entertainment poppie laat voel nie. En selfs teruggehou waar ander al sommer op die eerste date probeer deurbreek het. Sy hou daarvan – dit voel asof daar na al die jare iemand is wat verby haar uiterlike en finansiële status kyk – en raaksien dat sy ook ‘n mens is binne die “lyf”. ‘n Vrou, ryp en ontvangklik vir emosie en aanraking… Deur die slierte reën probeer sy die ligte van die opstal sien, maar net stikdonker staar terug na haar. Toe hulle voor die dubbelverdieping stilhou, sien sy ‘n flikkering van goue lig deur die vensers. “Dit lyk my die krag is af”, sê sy, “dit gebeur soms tydens die somerstorms.” Net toe gaan die voordeur oop, en ‘n vae figuur met ‘n lamp in die hand verskyn in die ligstraal wat gedemp van binne skyn. Sy wuif vir hulle om in te kom. “Dis Alicia, Carel se huishoudster,”  lig sy hom in. Alicia is al vir jare die hand wat alles op die plaas onderhou in die tye wat Carel in die stad bly. En sy kan raakvat. ‘n Liewe ou mens wat almal wat hier kom uitspan se belange op die hart dra. ‘n Regte ou moedertjie. Tertuis onthou haar van die dag toe hy Lynette op die plaas ontmoet het. Maar sy het spesifiek ‘n sagte plekkie vir Lynette. “Kom in, kom in, julle lyk nes natgereëne hoeners”, verwelkom sy hulle toe hulle druipnat die voorportaal inhardloop. “Hallo Lynette,” sê sy terwyl sy ‘n klapsoen op haar wang plant. “Naand mister Tertius,” mompel sy in sy rigting terwyl sy hom van kop tot tone bekyk. Hy voel effens ongemaklik, maar die oomblik is verby toe Alicia Lynette aan die hand vat en die trappe oplei. “Mister Carel het gesê jy kom hiernatoe met ‘n special friend”, praat sy gedemp met Lynette. En toe harder: “Ek het hierdie twee rooms langs mekaar vir julle gefix,” terwyl sy agterdogtig na Tertius kyk. “Ek het die kaggel al hoeka brandgemaak toe ek die storm gesien kom het. Al die lampies het genoeg olie, en daar is warm water vir julle om te bad. Daar is wyn en ‘n picnicbasket by die kaggel – mister Carel se orders.” Sy rol haar oë betekenisvol. Toe draai sy om, en verdwyn by die trap af. “Altoos sal julle koffers opbring,” kom haar stem van onder af. “Kom uit daai nat klere, ek hetie tyd om heelnag nurse te speel met julle saam nie.” Lynette ontmoet Tertius se oë net voordat hulle die onderskeie kamers binnegaan, en sy glimlag vir hom. Sy is koud tot in haar bene, en kan nie die bibbering in haar lyf beheer nie. “Sien jou oor ‘n paar minute voor die kaggel?” vra sy in sy rigting. “Natuurlik!” antwoord hy, en sy sien die liggies van afwagting wat in sy oë dans. Dit stuur ‘n onverwagse warmte deur haar binneste… sy weet mos hoekom hulle eintlik hier is…


Noudat hulle uiteindelik op Donkerrhoek aangeland het, voel hy meer op sy gemak. Terwyl Lynette wegstap om in die badkamertjie te verdwyn, kyk hy haar agterna. Hoe is dit dan dat Carel en sy nooit iets aangehad het nie, wonder hy. Die man moet gek wees om iemand soos Lynette vir niks meer as ‘n vriendin te beskou nie. Dis … dis eintlik onnatuurlik, dink hy, terwyl hy Altoos met die bagasie help. “Daarsy, miester. Sjoe, die wereld is sommer lekker nat. Miester en meisies moet sommer julle skoene vir Altoos daar in die kombuis los. Altoos sal hulle moreoggend spietjeries maak. Miester-hulle moet lekker slaap,” groet hy en verdwyn by die agterdeur uit. Tertius hoor die geklingel van blikbekers soos Alicia die koffie gereed kry. Hy dra die twee tasse na bo, sit Lynette s’n netjies op haar bed en doen dieselfde in sy kamer. Hy verklee vinnig, en skarrel weer ondertoe. Hy is bewus van water se klanke en gespatter, en die versoeking oorval hom amper om barbaars die badkamer binne te storm en die hele kat-en-muis speletjie net so te staak. Bleddie vervelige, ordentlike donner, ék, dink hy vies en gooi dadelik nog hout
op die vuur toe hy onder in die sitkamer kom. Carel is reg. Ek moet bykom! Hy val behoorlik in die poef neer, gespanne ontspanne, met vlinders in die maag. Spinnekoppe het hulle weefstoele ingespan en elke hoekie van die sitkamer gevul met blink spinnerakke wat in die flikkerende lig van die kaggelvuur en kerse weerkaats. Daar is ‘n boekrak met verskeie literêre werke, en vismotte skarrel tussen die stof en boeke uit, hulle witgrys stertlyfies flits oor die mat om te verdwyn in die kleinste van openinge. Carel sal ‘n plan moet maak. Vismotte en boeke hoort nie bymekaar nie. Die man het ‘n geweldige verskeidenheid boeke. Tertius kan kwalik glo dat Carel alles van voor na agter, letter vir letter, gelees het. Daar is verskeie klassieke werke, soos Lawrence se “Sons and Lovers” en “Women in Love”, hel, selfs Joyce se “Ulusses” wat Tertius nog van hulle universiteitsdae kan onthou. Mens het werklik afsonderde alleenheid nodig om dit klaar te lees – wat alles nie in één dag kan afspeel nie! Shakespear is ook daar, soos “MacBeth” en “Hamlet” en ander skrywers soos Conrad, Hemmingway, Woolf en Miller. Die Afrikaanse versameling is opvallend – belangrike kortverhalebundels soos “Windroos”, Koos Prinsloo se homoeroties versameling “Slagplaas” en allerdaagse diskoerse in “Vertellers.” Daar is ook die Silberstein trilogie, en Tertius wonder of sy ontdekkingsreis hierdie week soortgelyke proporsies gaan aanneem soos Henry van Eeden se makabere inisiasie op die Silberstein-wynlandgoed. Hy is onskuldig soos Henry, net soos die mens voor die sondeval in die Paradys. Hulle is hier vir sewe dae, en in hierdie sewe dae moet hy ”Salome” in die vorm van Lynette leer “ken”. Tertius hoop nie sy “ontwaking” en verlies aan onskuld gaan soos die skrywer Le Roux in die donker dieptes van sy eie psige afdaal nie! Al wat hy wil doen, is om aan Lynette sy intensies duidelik te maak, en hulle verhouding in ‘n meer permanente rigting probeer stuur. ‘n Katestrofe gaan dit wees as sy anders voel! Is dit waar sy ongemak en vrees vandaankom, dat sy hom gaan verwerp?

Sy stroop die nat klere bibberend van haar lyf af, en draai die stortkrane groot oop. Die vertrekkie vul byna onmiddelik met stoom. Terwyl Lynette besig is om te stort, wonder sy hoe goed Tertius homself ken. Hy lyk selfversekerd genoeg… maar soms het hy so ‘n ver-af uitdrukking in sy oë wat sy moeilik plaas. So asof hy op ‘n ander planeet is… wat broei in daardie tye agter sy donker oë? Sy sou graag ‘n dieper kykie in sy menswees wou kry, intieme gedagtes met hom deel. Hy lyk en tree op soos ‘n man wat nie bang is om oor sy emosies te praat nie. Sy hou daarvan. Hy laat haar veilig en gekoester voel. Die warm stort het haar bloed weer aan die sirkuleer, en sy droog met vinnige bewegings af. Dit behoort lekker snoesig voor die kaggel te wees, en sy gaan in elk geval die meeste van die week in jeans en bootse deurbring, so vanaand sal sy daardie sagte rokkie aantrek wat sy spesiaal ingepak het. Sy draai die handdoek styf om haar lyf, loer by die badkamer deur uit, en trippel vinnig op haar tone kamer toe. Die diep koningsblou rok vlei haar liggaam volmaak, en wys dalk so bietjie meer gleufie as wat dit moet – maar sy kyk goedkeurend na haar beeld in die spieël. Hy behoort daarvan te hou, dink sy terwyl sy fyn, goue sandale aan haar voete glip. Net hoog genoeg om die aandag op haar kuitspiere te vestig. Sy blaas gou haar hare droog, en wend die minimum grimering aan – net ‘n tikkie blosser, maskara en ‘n sweempie van lipstiffie aan haar lippe. Laastens tik sy Red Door aan haar polse en nek, tussen haar borste, en in die waaie van haar knieë. “Op al jou polspunte, my kind,” het haar ma altyd gesê.  Sy loop versigtig met die trappe af, en trek haar asem sag in toe sy die sitkamer binnekom. Die flikkering van die kerslig en kaggel teken prentjies teen die boekbelaaide mure. Erens is die fluistering van musiek hoorbaar, maar sy kan dit nie plaas nie. Waar sou dit vandaan kom? Sy dog dan die krag is af…Sy hou hom vir ‘n paar sekondes dop waar hy gehurk voor die boekrak sit, en sien hoe die spiere op sy rug fluister onder die wit hemp. Hy raak bewus van haar teenwoordigheid, kom orent en gee vir haar een van daai skewe glimlagte wat haar knieë week laat. “Ah, hier is jy”, sê hy. “Ek het al begin verlang.”

Haar lang hare glinster in die dowwe lig, nog klam van die stort. Haar wange het ‘n rosekleur en haar oë glinster. Ondeund? Of verbeel hy hom weer. Sy lag oor sy speelse opmerking en kom sit langs hom voor die vuur. Sy wil-wil aan hom raak, maar Alicia se lastige inmenging trek haar aandag af. “Aha, miesies is weer vol lewe, sien Alicia.” Teelepels klingel teen die koppies toe sy die skinbord op die tafel neersit. “Hier. Lekker vars koffie om julle warmer te kry. As julle iets wil eet, Alicia het ‘n lekker boontjiesop op die stoof, en vars gebakte brood in die oond. Alles is daar in die kombuis – Alicia los dit net so vir julle. Maar nou moet Alicia ook gaan inkruip. Ons is vroeg uit die vere hier en weet julle ou stadsjapies slaap mos lekker laat. Kleinbaas Carel kom net so voor die middag, dan moet Alicia al die kamers gereed het. Julle moet maar net skreeu as iets kort. Miesies Lynette weet mos waar die ekstra wolkomberse is.”

“Als reg, Alicia. Ons sal regkom.” Verbeel hy hom, of klink sy bietjie haastig, so amper asof die klein, ronde vroutjie nie gou genoeg hulle alleen kan los nie. Nadat hulle koffie geskink het, en Alicia ook daar deur die agterdeur in die donker verdwyn het, gaan lê hy so skuins voor die kaggel. Sy gaan sit langs hom, styf teen hom, en lê op sy bo-been. “Gee jy om?” vra sy. Carel het haar gewaarsku sy sal seker die eerste move moet maak. Sy hou daarvan, dis iets nuuts. Hier is iemand wat nie sommer met die eerste oogopslag haar wil bespring nie. Hemel, sy wou al hy moes. ‘n Steel soentjie hier en daar, met die hoop dat hy sal talm, dat sy hom hartstogtelik kan soen. ‘n Aanraking, kamstig onbepland. En tog hou hy ‘n afstand. Dit dryf haar gek.. Hy glimlag. “Nee jong, hoekom sal ek nou. Solank jy gemaklik is.” En sy hand streel haar hare.

“Goede griewe,” dink sy, “hoe lank moet ek nou nog wag voordat hierdie man ‘n move maak? Ek bespring hom sommer en vry hom heel uit sy kommin sense uit. Sy lippe lyk so uitnodigend, so reg om met passie gesoen te word, en die spiere wat so vir my loer deur sy klere… ek wil ontplof! Wat op aarde is in sy are, yswater?”  Maar sy hou haar in, streel saggies oor sy wang en vra: ”Waarheen is ons oppad, Tertius? Ek waardeer die feit dat ons dit kalm vat, maar ons gaan nou al vir ‘n wyle uit. Het ons ‘n toekoms? Iets om na uit te sien op langtermyn?” En sy beweeg stadig met haar ander hand oor sy bors, af, af…


“Kom ons gaan slaap,” sê hy skielik.

(Word vervolg…)

Comments (20) »

Peanut butter

Alternate uses for peanut butter:

  • Feed large globs of it to your dog for cheap entertainment.
  • Mix it with egg whites and ammonia to see if it takes out stains.
  • Plug holes in y our paneling walls.
  • Save it up so you will have plenty during your retirement years.
  • Make “Cream of Peanut Butter” soup.
  • Put it in the bell of your brass instrument to make interesting new sounds.
  • Coat the lower half of your bicycle with it. Ride around town so everyone will think you were riding in the mud.
  • Two words: eye shadow.
  • Let it dry out and use it as silly putty.
  • New Olympic event: PB Swimming.
  • Use it as “heavy” ammo for your Super Soaker 11000.
  • See how much of it your vacuum cleaner can handle.
  • One word: gargle.
  • No shaving cream? No problem!
  • Get that tan you always wanted.
  • Colour it. Use it in place of play -dough.

Comments (10) »

Sunday songs on my mind…

Mens kry mos soms sulke dae wanneer jy verlang na mense wat jy nie eers ken nie… vandag is myne…  Daar kom mos maar tye wanneer jy die kamerdeur wil toetrek, jou oë toemaak en wegraak in ‘n ander wêreld. Hier is ‘n paar van my gunstelinge. Luister – na elke woord…

En laaste, maar baie beslis nie die minste nie – een van my all time fav’s – hierdie is so ‘n sensuele song…

Comments (6) »

Life

The paradox of our time in history is that we have taller buildings but shorter tempers, wider freeways, but narrower viewpoints. We spend more, but have less, we buy more, but enjoy less. We have bigger houses and smaller families, more conveniences, but less time. We have more degrees but less sense, more knowledge, but less judgement, more experts, yet more problems, more medicine, but less wellness.

We drink too much, smoke too much, spend too recklessly, laugh too little, drive too fast, get too angry, stay up too late, get up too tired, read too little, watch TV too much, and pray too seldom.

We have multiplied our possessions, but reduced our values. We talk too much, love too seldom, and hate too often.

We’ve learned to make a living, but not a life. We’ve added years to life, but not life to years. We’ve been all the way to the moon and back, but have trouble crossing the street to meet a new neighbour. We conquered outer space but not inner space. We’ve done larger things, but not better things.

These are the times of fast foods and slow digestion, big men and small character, steep profits and shallow relationships. These are the days of two incomes but more divorce, fancier houses, but broken homes. These are the days of quick trips, disposable diapers, throwaway morality, one night stands, overweight bodies, and pills that do everything from cheer, to quiet, to kill. It is a time when there is much in the showroom window and nothing in the stockroom. A time when technology can bring this letter to you, and a time when you can choose either to share this insight, or just move on…

Remember, spend time with your loved ones, because they are not going to be around forever.

Say a kind word to someone who looks up to you in awe, because that little person will grow up and leave your side.

Remember to give a warm hug to the one next to you, because that is the only treasure you can give with your heart and it doesn’t cost a cent.

Remember to say “I love you” to your partner and loved ones, but most of all -  mean it. A kiss and an embrace will mend hurt when it comes from deep inside of you.

Remember to hold hands and cherish the moment, for someday that person will not be there again.

Give time to love, give time to speak! And give time to share the precious thoughts in your mind.

AND ALWAYS REMEMBER:

Life is not measured by the number of breaths we take, but by the moments that take our breath away.

George Carlin

i-can-has-best-fwend

Comments (5) »

Internet Affairs?

Definition Affair: A romantic and emotionally intense sexual or emotional relationship that may not last long that is between two people who are not married to one another.

Definition Adultery: Sexual intercourse between a married person and a third party.

Definition Cheat: be sexually unfaithful to one’s partner in marriage; “She cheats on her husband”; “Might her husband be wandering?”

Ons het dit al almal ervaar op blogs of chatrooms – jy ontmoet hierdie mens, en julle kliek sommer net. Net so. Daar is iets wat julle na mekaar aantrek,  en julle gesels ‘n hond uit ‘n bos uit. Oor alles voel julle so amper dieselfde, of kan ten minste verskil sonder om demoerin te raak vir mekaar.  Julle kan joke, verstaan mekaar se humorsin, en dis flippen lekker! Hoe langer julle saam kuier, hoe meer besef julle hoeveel julle eintlik in gemeen het. Kort voor lank ruil julle e-mail adresse en begin privaat gesels. En dis lekker om ‘n vreemdeling te kry by wie jy sommer net jouself kan wees. Niks maskers nie. Ek meen, julle ken mekaar mos nie rerig nie.

En dan begin julle uitpak teenoor mekaar oor meer persoonlike issues. Dis blerrie nice om ‘n klankbord te hê wat jou nie oordeel nie, maar eerder probeer raad gee. Is mos? Dis amper soos free therapy. Ja, julle almal weet wat ek bedoel. Veral die girls van die Sisterhood… :wink:

Ek wonder al vir ‘n wyle hieroor: wat presies is ‘n Internet Affair? Kan mens iemand verneuk met woorde? Kan mens regtig iemand verlei met woorde? Kan mens seks hê met woorde? Want nêrens is daar enige kontak nie – no touching, no body language, geen skelm kykies… net woorde… OK, miskien nie net woorde nie – foto’s, webcam sessies… dit maak dit miskien meer “real”?

Woorde is baie magtig, dit weet ek. Woorde kan seermaak, en woorde kan heelmaak.  Woorde kan terg, en woorde kan speel. Maar wanneer word dit ‘n affair? Waar lê die lyn tussen prettig en rerig? Is flirt OK? Word dit ‘n affair sodra jy privaat met iemand van die teenoorgestelde geslag begin “gesels”? Wat van chatrooms en blogs – kan affairs openlik daar ontstaan of bestaan?

Ek wou nie rerig online navorsing gaan doen hieroor nie, ek wil juis eerder hoor wat julle opinie is.

Maar ek moes tog so bietjie gaan rondkrap, en volgens hierdie site, is dit die tekens van ‘n internet affair:

  1. Your spouse or partner spends excess time on-line. Who doesn’t use a computer today?   They are excellent for paying bills, staying in touch with family, friends, customers, finding street locations, and a host of other productive endeavors.  We can not live without them and shudder when a lighting storm threaten our usage.  Just look at kids and their instant messaging.  They will go without dinner just to keep in touch with their circle of friends.  Try to pull them away, it’s no easy task.  Does your spouse resemble your kid’s magnetism to the computer?  Discover why this need is so powerful before it’s too late.
  2. Passwords, instant message “buddy lists”, internet email accounts and emails are concealed – even protected from you! Do you find your spouse needing his “own space” at the computer?  Is there a real reluctance when you ask to know his passwords?  What’s there to hide?  These questions all have obvious answers.  The act of hiding information is deceptive by nature.  Of course, those of us who have worked in “Corporate America” understand the need to protect company secrets.  But what legitimate “family secret” are we hiding?  Listen, any time a spouse becomes secretive with you, it fulfills a direct need they demonstrate.  Why?  You are like the judge, referee, or source of authority creating that “sense of accountability” over them.  Furthermore, they are breaking matrimonial law if committing adultery.  There is, in many courts, a price to pay!
  3. Computer use after you have gone to bed, when you fall asleep or in the middle of the night. Have you been awaken by the absence of your spouse at night and found him at the computer?  If this behavior becomes a pattern you certainly need to be concerned.  While work demands a sense of commitment and loyalty, working late repeatedly after you have fallen asleep is a little odd.
  4. Your partner abruptly shuts off the internet and/or computer when you approach. This is panic and unexplainable behavior.  The rationalization is “when all other contingency plans fail, just shut that thing off and don’t get caught.”  This foolish act is also called a “computer crash” and has the potential of damaging both hardware and software.  The loss of files occurs when a computer is cut off abruptly.  Many spouses have reported this behavior just prior to hiring us.  We consider it a significant indicator of a deviant behavior.  Now, bear in mind your spouse may be viewing pornography and fear reprisal.  This may explain the need for panic.
  5. The computer and monitor are always positioned away from your sight. The study of body language has become useful to many investigators, especially those of us who administer lie detection examinations.  An obvious sign of deception and a common mistake the cheater make is blocking your view.  They need the time to clear a screen, turn off the monitor, or change to another internet page when threatened with exposure.  Intentionally turning the monitor or laptop away from view is an indicator they don’t want you to see something.  Over time this act develops into a habit and confers greater freedom from detection.  In most instances, having the lead time to hide the truth from you is all they need.
  6. Clears all internet history after chat sessions, usage or installs software to automatically rid this information. There are times when a computer becomes filled with unwanted files.  Computers run faster when less “temporary” files use up valuable “ram memory.”  This is prudent maintenance for any computer user.  What I am referring to in this sign is the repeated habit of purposefully clearing information from discovery.  While this information is retrievable through the science of Computer Forensics, you won’t find it readily available.  On the market now is software that actually helps the cheater.  The actual purpose of this new software tool is to hide any trace of computer internet usage.  Do you find this a little suspicious?  I do.
  7. Exhibits a compulsive need to be online and seems defensive when confronted to stop. “When are you coming to bed?”  “We really need to go, now, what’s taking so long?”  “Can’t you do that later?”  Have you asked these types of questions?  Teenagers often become “obsessed” with instant messaging.  If you have kids who use the computer, you know.  They have trouble walking away from the PC.  This same desire or need displayed by your spouse is cause for alarm.  A compulsive, defensive pattern of behavior shows a strong need to continue.  You need to know why.
  8. Shares personal information, photos or events with strangers in emails, chat-rooms or while instant messaging.  Setting up a profile for instant messaging is commonplace.  Kids love to fill them up and share with friends on the buddy list.  I’ve witnessed spouses who send nude pictures of themselves over the internet.  They share very personal information that should be reserved to the marital home.  Maybe it’s time to with software that collects this data.  Today more courts are allowing emails and computer usage data as evidence.  It’s advisable to consult an attorney in your state beforehand!
  9. Plays online games and frequents “personals” chat-rooms. This is where it starts. Play a few games, win or lose, but then we need to chat. Well if chatting is fine, why not include your spouse? You can’t, so why do it?

En asof dit nie genoeg is nie – hier is nog…

  1. How much time do you spend online? If you spend more than three hours a week chatting with and exchanging personal information with a member of the opposite sex you are having an online affair.
  2. Do you look forward to spending time with your online “friend?” When you are not online are you preoccupied with thoughts of your online friend? Do you think about them often and look forward to the next time you will be able to chat with them? 
  3. Is your online friend a secret? Have you shared the fact that you have an online friend with your spouse? Do you keep it to yourself because you know your spouse would react negatively? Maybe you don’t tell because the idea of having a friend your spouse doesn’t know about is exciting to you.
  4. Do you share relationship issues with your online friend? Is he/she someone you feel comfortable sharing marital problems? You tell him/her more about what you want out of life, what your disappointments are and feel they are more understanding than your spouse.
  5. Is your online friend a better listener than your spouse? When you share person details and problems, does your online friend always respond in the way you need? Do you find yourself wishing your spouse cared as much as your online friend seems to?
  6. Are you beginning to recent your spouse? Are you making comparisons between your online friend and your spouse? Are you finding that you feel more anger than usual toward your spouse? Becoming less tolerant of a spouse, feeling anger and resentment and withdrawing emotionally is one of the most harmful aspects of any type of affair.
  7. Do you have less interest in sex with your spouse? To begin with, you may fantasize about your online friend during sex with your spouse. Then you may lose all sexual interest in your spouse and replace it with sexual fantasies and longings for your online friend. Before you know it you are thinking of ways to meet your online friend in person.
  8. Do you exchange photos with your online friend? Have you sent your online friend a photo of yourself? Have the two of you sent each other erotic and sexually suggestive photos of yourself? If not, has the thought crossed your mind?
  9. Have you suggested a “real life” meeting with your online friend? Meeting for lunch or coffee will soon become a topic of discussion. Online affairs almost always lead to a desire to meet each other in real life. That is when something you think is harmless becomes destructive. Don’t be fooled by the denial and rationalizations you have made about your online friend. Keeping it online may be something you can live with. It may, in your mind be OK since the two of you are not having sex. Whatever you are telling yourself about it, it will eventually turn into more than you went looking for in the first place.

Tips:

  1. Get rid of your denial. Be honest with yourself and what you are doing. Being honest about your behavior is the only way to determine if what you are doing is worth the pain it will cause your spouse and family.
  2. If you decide to end the online affair expect to be emotionally uncomfortable. You’ve formed a bond with another human being. Breaking that bond is going to take will-power.
  3. Spend less time online and more time doing things that will impact your life positively. Exchange your negative behavior for one that will enrich your marriage and family.
  4. If you find it impossible to break off the affair get help. You don’t have to do it alone. See a therapist or talk to trusted friend. Share what you are going through with someone willing to help you handle the negative emotions you are feeling.

Terwyl ek dit so deurgelees het, het ek amper in my koffie gestik, onbedaarlik aan die giggel gegaan, ongelowig na die screen gestaar, wtf ‘n paar keer vir myself gevra, weer gelees – en uiteindelik met ‘n skok besef: fokkit! :shock:   Apparently het ek ‘n hele paar internet affairs aan die gang – met my blogmaats!   :lol:   Wippie, het jy nog nie pille gekry vir ons vir hierdie verslawing nie? :mrgreen:

OK, ek weet ek probeer nou ligsinnig wees oor ‘n onderwerp wat eintlik ernstig is. Maar gee bietjie vir my julle gedagtes hieroor? Ken jy iemand wat ‘n internet affair het? Het jy dalk een aan die gang?

Die belangrikste ding wat ek wil weet, is dit: wanneer, in jou opinie, word dit regtig ‘n Internet Affair?

NS. Jy kan maar heeltemal anoniem ook antwoord. (Sonder ‘n e-mail adres)

Comments (66) »

How NOT to do it

My lewe is maar boring op hierdie stadium, selle ou roetine elke dag, en my muse is besig met ons storie. So hier is nog ‘n spoeg-en-plak joppie wat vir my nogal snaaks was… daar is nie pille vir stupidgeit nie…

How NOT to commit a bank robbery:

Pick the right bank: You don’t want to make the same mistake as the fellow in Anaheim, CA, who tried to hold up a bank that was no longer in business and had no money.

Study your history: Don’t try to stick up the First National Bank of Northfield, Minnesota. Jesse James tried it 111 years ago, and the townsfolk took just seven minutes to kill two and capture three of his gang. Nobody tried again until 1984, and the customers chased the guy down. They’re tight with their dollars, those Minnesotans.

Speak to the right teller: One robber in Upland, CA, presented his note to the teller, and her father, who was in the next line, got all bend out of shape about it. He wrestled the guy to the ground and sat on him until authorities arrived.

Don’t sign you demand note: Demand notes have been written on the back of a subpoena issued in the name of a bank robber in Pittsburgh… and on an envelope bearing the name and address of another in Detroit. And in East Hartford, Connecticut, on the back of a withdrawel slip giving the robber’s signature and account number…

Don’t advertise: A teenage girl in Los Angeles tried to distract attention from her face by wearing a see-through blouse with no bra while holding up banks.

Go easy on the disguise: One robber, dressed up as a woman with very heavy make-up, ran face first into a glass door. He was the first criminal ever to be positively indentified by lip-print.

Take right turns only: Avoid the sad fate of the thieves in Florida who took a wrong turn into the Homestead Air Force Base, drove up to a military police guardhouse and, thinking it was a tollbooth, offered the security men money.

Be aware of the time: Imagine the chagrin of the bank robber in Cheshire, Massachusetts, who hit the bank at 4:30 PM, then tried to escape through downtown North Adams, where he was trapped in rush hour traffic until police arrived.

Consider another line of work: Bank robbery is not for everyone. One nervous Newport robber, while trying to stuff his ill-gotten gains into his shirt pocket, shot himself in the head and died instantly.

Be strong: Then there was the case of the hopeful criminal in Swansea, Massachusetts, who, when the teller told him she had no money, fainted. He was still unconscious when the police arrived. His getaway car parked nearby had the keys locked inside.

Comments (9) »

Woepsie en Koekie se storie

Soos die meeste van julle seker weet, is Lourens Fourie aka Woepsie op Sondag, 12 April 2009 oorlede. Baie van julle het hom persoonlik geken, en julle verlies van ‘n wonderlike vriend is ooglopend. So ook julle hartseer. My innigste simpatie.

Persoonlik het ek nie vir Lourens geken nie. Ek wens ek het. Maar hy was byna daagliks deel van my “interwebz” lewe. Sy kommentare het my die meeste van die tyd laat skater van die lag. Skerp, soms effens uitdagend – maar so snaaks. Sy afsterwe, so skielik, so onverwags, het my in ‘n flat spin gehad vir twee dae. Ek het geloop en tjank oor ‘n man wat ek nie eers rerig geken het nie. Hoekom? Dis mos lawwigheid! Maar dit het my skielik die lewe in ‘n heel ander lig laat sien. Hoe nietig is ons… hoe min is ons tyd… daai “if tomorrow never comes” gedagtes. Anyway, dis dinge om te ponder by onsselwers…

Koekie (bruin) en Woepsie (swart) het ook saamgespeel in die tandem storie. Hier is hulle storie dan, ongelukkig die een wat nooit voltooi sal word nie…   :sad:

“…Brannewyn het nie brieke nie, want krieke het nie tiete nie… ” sing Wimpie jolig terwyl hy sy skoolhemp aantrek. Hy kan nogsteeds nie sy “luck” glo nie. Vandag kan hy breë-bors vir die ander ouens vertel hoe hy daai eerste-jaar Biologie juffrou laat “moan” het. Hy’s nou eers bly hy’t ingestem om na die Oppi-Koppi jol toe te gaan eerder as ou Lang-Jan se boring “house-party”. Fokkit, die ouens gaan jealous wees as hulle sy storie hoor. Hy smeer nog ‘n handvol aftershave aan sy gesig, gryp sy matriek-balkie en storm die trappe af…

Terwyl Wimpie die 250-cc Honda scrambler behendig om sl die bekende hoeke en draaie oppad skooltoe loods, gaan daar ‘n magdom dinge deur sy gedagtes. Hy moet erken dat die feit dat hy eintlik met vuur speel, al ‘n paar keer deur sy kop geflits het. Wat sal gebeur as hierdie ding tussen hom en Juffrou Kriel op die lappe moet kom? Sy pa, Dokter Brandt, voorsitter van die skool se Beheerliggaam. Sy ma, voorsitster van die kerk se Susters-vereniging. Hy verkies om liewer nie daaraan te dink nie. Negatiewe gedagtes kweek negatiewe gebeure. Dit het hy al eerstehands beleef. In elk geval, dis alweer Vrydag en hy en Julia Kriel het ‘n afpraak…

“Howzit julle?” vra Wimpie terwyl hy homself vinnig op die stoel neerplak, en betyds to Mnr Steyn die oggend-gebed afsluit.”Hey ou, hoe was die Oppi-Koppi jol toe?” fluister ou Lang-Jan nuuskierig. “Fokken amazing…” is al wat Wimpie kan uitkry en knip-oog vir die ander ouens…

Na saal opening drom al Wimpie se pelle om hom soos ou tannies om die hekeltafel by ‘n kerk bazaar. “Luister ouens, ek het bigtime gesocre. Kriel is gebou om te hou en al wat sy kon uitkry was … moenie!… (almal is tjoepstil)… moenie ophou nie Wimpie!” sê hy uiteindelik met ‘n groot smile op sy gesig. Die ouens begin spontaan hande klap en wens ou Wimpie geluk met sy groot “score”.

“Jis ou Wimpie, hoe wens ek nou ek het Biologie gevat” snork Pieter en gooi sy lyf in ‘n perfekte “pelvic-thrust” waarop Elvis jaloers sou wees. “Ek nou sommer heelemal spils” sê hy droëbek tersyl hy Wiskunde klas toe stap…

“Net ‘n oomblik, Wimpie…” Wimpie voel hoe hy botstil in sy spore vries. Stadig draai hy om en kyk vas in Mnr Steyn. Hoe lank staan die man reeds daar, wonder hy. Wat het hy alles gehoor? Intussen het die dapper vriendekring tussen die massas in verdamp, net soos skoolseuns kan doen.

“Ja, Meneer…?” Wimpie se stem bewe. Die selfvoldane breker van flussies het plek gemaak vir ‘n bang matriekseuntjie.

“Kom sien my in my kantoor.” Steyn se stem is saaklik en verklap niks. Hy draai om en stap in die rigting van die hoofgebou. Wimpie volg skoorvoetend. Wat gaan nou gebeur? Hy dink aan Julia Kriel en skielik wonder hy of dit alles die moeite werd was?

—————————————–

Comments (18) »

Men ARE from Mars…

Die tandem stories is toe ‘n langer projek as wat ek gereken het dit gaan wees. Maar moenie dat ek julle aanjaag nie, dis lekker om iets te hê om na uit te sien.

BB vir ons ‘n liedjie geskryf en opgeneem – toe sy gedink het Kobus antwoord nie haar storie nie! Dit blyk intussen dat “iets” hulle e-mails opgevreet het…. maar moenie panic nie, hulle storie sal eventually klaar kom en geplaas word.

Dankie vir jou moeite BB, jy het voorwaar groot talent. Wipneus was verantwoordelik vir die video en plasing op YouTube. Baie oulik, julle twee!



Comments (6) »

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 289 other followers