Seun het Dinsdag aand gou kom oë wys, en toe het ons besluit om sommer te gaan uiteet. Nog voor ons kos gekom het, bel my een vriendin – “Kom groet my! Ek vlieg oor ‘n week Libia toe vir ses maande!”
Nou ja, ses maande is ‘n laaang tyd, en daar moet behoorlik afskeid geneem word. Deurnag…en dis shooters, en … en …
Oi, gister voel ek toe soos ou toast. Dit raak erger soos wat mens ouer word, wees gewaarsku! Gelukkig is ek nie besig op hierdie stadium nie, en float net hier rond vir die show. Erens op ‘n stadium lui my klokkie – ek maak die deur oop, en hier staan so ‘n klein vroutjie wat vir my vreeslik bekend lyk.
“Hallo, waarmee kan ek help”, vra ek.
“Ek is opsoek na Dellie…” kom die antwoord. “Ek is Antie Koekie…”
Goeie donner! Jy kon my met ‘n veertjie omtik! Sy het my sowaar opgespoor!
Ek blog nou al vir amper twee jaar, maar het nog nie een van my blogpels persoonlik ontmoet nie. Dit was amazing julle! Ons het mekaar sommer dadelik om die hals geval en begin chat soos ou vriende! Sy het spesifiek na jou gevra, Pikkie - en sy stuur liefde en groete vir almal. Vir die res van die dag was ek op so ‘n high, met ‘n silly grin heeltyd oor my gesig geverf.
Ons het selnommers geruil, en gaan beslis in kontak bly. Sy woon nou in Hennenman. Sy sal een van die dae weer blog, ek dink sy het gesê sy wag vir ‘n Telkom-lyn…
… onthou, ek was ou toast en die opwinding van die oomblik het my ook effens geheueverlies gegee… ![]()
Nou sien ek behoorlik daarna uit om ‘n ander paar b(l)oggers ook te ontmoet in Junie…
Geniet julle laaste langnaweek … dit kan nou maar rerig endkry, né? Volgende week is dit weer volstoom skouer aan die wiel.













lanaba said,
April 30, 2009 @ 11:24 vm
Dis do awesome – dit voel mos alewig vir my of ek die enigste namibier is hier op wordpress…..
Al my blogpels moet maar saamspan en vir my kom kuier hier in Namibie…..
Maybe Someday I’ll meet one of you..
xxx
Adrie said,
April 30, 2009 @ 12:41 nm
Ek wou oorspronklik niks daarvan geweet het om blogpels (daai tyd blogvyande) te ontmoet nie. My gat moes behoorlik blinkgelek word en selfs dit het nie gewerk nie. Tot iemand my ‘n pissie genoem het.
Dit is altyd ‘n openbaring om ‘n blogger te ontmoet. So kry ‘n mens bekkige mense op ‘n rekenaar wat nie ‘n woord in die regte lewe se nie. Of ‘n onbeskofde mens wat heel beskaaf is in vlees en bloed.
Pikkelik said,
Mei 5, 2009 @ 10:02 vm
Nou sal ek wonder in watter katagorie val ek Adriana, maar ook weer, mens gee mos nie al jou geheime op een slag weg nie???!!!
RB said,
April 30, 2009 @ 12:58 nm
Die langnaweke moet asb nie ophou nie. Dit is op die oomblik nie baie lekker by die werk nie, so net sulke kortweke maak dit BAIE draagliker!!!
boendoe said,
April 30, 2009 @ 1:05 nm
Ek het nog nooit ‘n blogpel ontmoet nie. (Ebie is mos bang vir ons.)
Wanneer doen ons daai ding? Anybody? Not all at once, please! :mgreen:
Dellie said,
April 30, 2009 @ 2:49 nm
Ons gaan nog hierdie jaar ‘n plan maak, wraggies!
Zee said,
April 30, 2009 @ 1:46 nm
WOW, dis awesome..
Jinne Boendoe, jy moet net skreeu wanneer jy weer vlieg en ekke is so blits by die lughawe, of hotel….
BB said,
April 30, 2009 @ 2:21 nm
So, waar is die byeenkoms in Junie, Cupcake??? Gaat jy ons ammal laat weet ook??
Dellie said,
April 30, 2009 @ 2:54 nm
Ons het ‘n Party in Brakpan somewhere wanneer ons Super 14 Fantasy League verby is – want iemand wen ‘n hele R20 000. Ongelukkig sal dit nie ek wees nie, maar daai spul MOET ek ontmoet…
Emil said,
April 30, 2009 @ 2:32 nm
Lyk my in die Kaap is ons minder skugter om mekaar te onmoet. So ‘n paar van ons kom so stuk-stuk bymekaar. Meer gereeld, lyk dit my, as wat ek aan Donkerhoek werk
Dellie said,
April 30, 2009 @ 3:08 nm
Ha! So dis nie writers-block nie…
Pikkelik said,
April 30, 2009 @ 3:49 nm
Ai is dit nou nie amazing nie!!! Haai jitte, sê tog vir Antie ek stuur ook baie groete!!! Ek wil julle almal ook so graag ontmoet…
kaalvoetinireen said,
Mei 1, 2009 @ 5:04 vm
Dit is nogal lekker om die mense agter die skerms te ontmoet!
EK wens ek kon ‘n langnaweek kry, maar die jaar is daar nie een in Korea nie *sug*
netjane said,
Mei 3, 2009 @ 6:29 nm
Ek het al een blogpel ontmoet. Dis heel vreemd – en lekker!
Wipneus! said,
Mei 5, 2009 @ 5:19 vm
Om blogpêls te ontmoet is fantasties!!