Archive for Junie, 2009

Ietsie

Vandag is ek die enigste ene wat weet wat hierdie is …

wdf issit 22

NS – Kan die mense wat destyds by Kommintaar die Raymond Ray CD’s gewen het, my asseblief kontak met julle adres besonderhede? Ek kan nie mooi onthou wie dit almal was nie, maar daar kan dalk ‘n plannetjie gemaak word vir julle. :wink:

Comments (176) »

Slak … ke !

Geweet ons gaan julle vang met die een … hahaha, julle hetti gedink ons sal dit so gou herhaal nie … maar hier issit. Lekker slakke  …

Vergroot:

wdf issit 21

Onvergroot:

wdf issit antwoord 21

En die punte tot op datum:

wdf issit score board

Onthou net – vandag is die laaste dag van die maand – so more word die wenner van Junie aangewys …

Comments (14) »

German Shephard puppies for sale

GSD puppies groep

Almal saam – aaahhhwww! :lol:

Is hulle nie pragtig nie? Hierdie woefies is nie Suid Siberiese half breeds nie, hulle is volbloed, opregte Duitse Herdershonde. Geregistreer by KUSA.

Daar is 8 kleintjies beskikbaar – 6 reuntjies, en 2 tefies.  Drie van die reuntjies is sable …

GSD puppy sable

en die res black en tan.

GSD puppy black & tan

Woensdag is hulle 6 weke oud, en amper reg om na nuwe tuistes te gaan waar mense hulle gaan cuddle, en hulle companions gaan word vir ‘n gesin.

En die is hulle mamma – genade, sy lyk vir my goed na 8 babies!

Luca

Luca

Die prys is in die rigting van R 2 000-00 per hondjie. As jy belangstel, stuur ‘n posduif hierheen:

gsdpuppies123@gmail.com

en jy sal gekontak word met al die besonderhede. As jy dalk van iemand anders weet wat belangstel, gee asb vir hulle ook die e-mail adres.

UPDATE:

Daar is nou slegs 3 reuntjies oor. Gou spring as jy nog ene wil hé! Hulle is nou 9 weke oud.

UPDATE 27-07-2009

Net twee hondjies oor -  een black & tan, en een sable.

Prys nou R1 500-00

Eet tyd!

Etenstyd!

Wens ek het plek gehad – en nie ‘n worshond wat dink hy is ‘n leeu nie. :wink:

Comments (17) »

Skouer aan die wiel

Goeie more Suid-Afrika! Hoop julle het almal ‘n heerlike naweek gehad.

Jis, ek sukkel om te tik vanmore – vingers is nog yskoud. En na daai klomp pasteitjies wat ek gebak het Saterdag, is my arms en vingers nog seer en styf. Wie het nou ooit kon dink dat heeldag se deeg uitrol, vormpies uitdruk en vulsel insit mens se arms so lam kan maak. Skielik is ek nogal dankbaar dat ek nie ‘n bakker is nie …

Daar lê ‘n baie besige dag vir my voor – dis maar gewoonlik so Maandae.  En dis natuurlik   maand einde en al daai dinge ook. Ek het nog nie die punte ge-update nie – my naweek was vol van ander goed.  Sorry! :oops: Sal probeer om dit deur die loop van die dag te doen.

Ek het nog foto’s nodig! Seblief julle, daar is net ‘n paar oor van die wat alreeds ingestuur het. Stuur vir my na homedotwelkomatgmaildotcom

Vandag s’n kom van Beeps … en ons gaan nie weer sê as iemand reg is nie – julle raak nou hopeloos te slim.

wdf issit 21

My werk roep! Ek sal so gereeld as moontlik probeer inloer. Have fun! :wink:

O ja – sien dit die naweek op ‘n t-hemp:

You are not special … your parents lied! :lol:

badge 1

Comments (153) »

Vrydag se antwoorde

Nommer een – Jelly en room:

wdf issit 18

wdf issit antwoord 18

Nommer twee – ‘n Brake pad:

wdf issit 19

wdf issit antwoord 19

Nommer drie – Blomkool woefie

wdf issit 20

wdf issit antwoord 20

Raait, nou gaan ek wildspasteitjies bou. Ek hoop dis darem eetbaar op die ou end. Dankie vir die saamspeel en giggels hierdie week. :wink:

Beslis word daar nie hierdie naweek gebraai nie – inni bed met ‘n lekker boek of DVD klink hemels vir my. Watookal jy doen, enjoy!

Comments (6) »

Nog een

Lyk my die koue hou julle breine wakker en skerp! Maar hierdie ene van Demoerin gaan smokkel met julle koppe, daarvan is ek seker!

wdf issit 20

Dis die laaste een vir vandag – ek sal die antwoorde 4 uur post, maar die punte eers Maandag. OK?

Comments (186) »

Next …

Die volgende ene het Betsie gestuur – sy sal dalk vir ‘n wyle nie hier kan wees nie, maar het ‘n plan gemaak sodat sy darem so af en toe ‘n punt kan verdien. Slim vrou!

wdf issit 19

Comments (92) »

Vvvvreeslike koue Vrydag

Jinne mense, is dit rerig oral so koud? Die weer is heel onderstebo hierdie jaar – voel kompleet of ons inni Kaap bly somewhere – ons is mossie gewoond aan reën inni winter nie, maar ons kry dit in oorvloed hierdie jaar. En hier op die vlaktes waar ons bly, is daar nie eers berge om die wind te keer nie. Miskien kry ons sneeu hierdie jaar  – dit sal darem die koue die moeite werd maak. Dit lyk dan so mooi.

As jy ‘n laptop het en dissie nodig vir jou om te gaan werk nie – bly inni bed! Dis nou een plek waar ek vandag baie graag sou wou wees – met ‘n lekker boek, blogs om te lees, of ‘n nice DVD. En BAIE koffie of Milo. Of al die genoemde, met room …  More … dis my plan vir more! :wink:

Hier is vandag se eerste foto:

wdf issit 18

Go! Daai vingers moet warm word, en die enigste manier is om hulle te laat dans oor jou keyboard. :lol:

:oops: Vergeet ek skoon om te sê – E101 het die foto ingestuur …

Comments (162) »

Mushroom

Ten spyte van my en Koekie se stilstuipe, dwaalspore en dies meer, het die meeste van julle sommer vinnig reggeraai. Met E101 eerste – en ‘n bonuspunt! Ek hoop dit maak op vir die werk wat jy moet inhaal oor die naweek! :wink: Jy sal moet oefen aan jou tab-hopping …

Parkes, jy begin my ernstig bekommerd maak oor die goed wat jy oorweeg om te eet. :shock: Jou mop? :lol: En Betsie het ook sekergemaak sy raai ALLES, die petrolprys en ESKOM inkluis! :lol:

Natuurlik lyk dit toe so …

Vergroot:

wdf issit 17

Onvergroot:

wdf issit antwoord 17

Punte:

wdf issit score board 11

Eerste foto post ek nege uur – dis Vrydag, en ons gaan mos twee deurwerk vandag. Volgende ene so net na twaalf, en die antwoorde vier uur.  Anders slaap niemand die naweek nie … :mrgreen:

Comments (4) »

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 289 other followers