Dis verskriklik! ‘n Ramp van epidermiese proporsies, seg ek julle!
My roetine soggens lyk so: staan op en maak so vinnig as moontlik klaar, sodat ek teen 8 uur met ‘n koppie koffie langs my op my plasie kan gaan kuier. En natuurlik by my 25 bure! En daar word ge-oes en gesels, en sommiges staan net soos wasbeelde of voëlverskikkers rond, maar kuier word daar gekuier.
En gister was ek sooo opgewonde om te sien ons kan nou blommetjies stuur en koop, en daar was nuwe diere en die oulikste kalkoene… en ek wou vandag ‘n rivier gebou het op my plaas…
Ek is seker ek het klaar onttrekkingsimptome – ek voel vreeslik angstig en ek weet nie lekker wat ek moet doen nie, my hande is sweterig ten spyte van die koue, ek het hartkloppings, sommer bewerasies ook – vir weke lank is hierdie spasie tussen 8 en 9 soggens gevul deur my Farm Town bure…
En tussen 1 en 2. En dan weer laatmiddag… en soms laataand… die pampoentjies is so mooi as dit ryp is…
WAT GAAN EK DOEN VANDAG?
There are still a few kinks Facebook and the makers of Farm Town are trying to iron out. We appreciate your patience as we try to fix these issues. Your problem has been logged – if it persists, please come back in a few days. Thanks!
A FEW DAYS? A FEW DAYS???












betsieboop said,
Junie 9, 2009 @ 8:40 vm
delsch – ek kan jou die versekering gee dit was nie ek nie
sheeet vrou! jou hele plaas net WEG?
whahahahah @ die pampoentjies wat so mooi is !!! skies , dit is seker nie vir lag nie … maar whahahahahahha!!!!
Suz said,
Junie 9, 2009 @ 8:41 vm
Dellie, ek deel jou smarte. Ek boer nou eers vir ‘n week en dit voel of daar iets van my weg is!!!!!!!!!
betsieboop said,
Junie 9, 2009 @ 8:45 vm
wel at least is daar lig aan die einde van die tonnel?
laat dink my nou aan emil se patience en persistance storie !!
Suz said,
Junie 9, 2009 @ 8:47 vm
Hoe gaan dit? Bly om weer van jou te hoor.
betsieboop said,
Junie 9, 2009 @ 8:49 vm
voor die wind suz ! net mal besig. same old same old ! en jy? alles nog up & running?
Suz said,
Junie 9, 2009 @ 9:13 vm
gaan hierby my ook baie goed dankie. en is ook maar besig soos altyd. Mooi Dag vir jou
Sharpshoot said,
Junie 9, 2009 @ 8:58 vm
Ek gaan nou kyk of myne daar is… ek hoop en bid…
Sharpshoot said,
Junie 9, 2009 @ 9:05 vm
Nee man Delsch – alles lyk fine – ek het nou net daar by jou gehark.
Sharpshoot said,
Junie 9, 2009 @ 9:08 vm
Chopper se pampoene, waatlemoene en kool is ook reg om te oes.
Dellie said,
Junie 9, 2009 @ 9:11 vm
Wonderlik! Ek is nou-nou daar!
Whoo-hoo!
boervrou said,
Junie 9, 2009 @ 9:15 vm
Dellie jou geskryf is so lig grys, kan nie mooi sien nie, ek moet dit hi-light om te lees.
Dellie said,
Junie 9, 2009 @ 3:06 nm
Het enigiemand anders probleme om te lees?
betsieboop said,
Junie 9, 2009 @ 3:09 nm
ek lees jou duidelik en klokhelder dellie!
Plein said,
Junie 9, 2009 @ 9:40 vm
Hi,
Julle klomp moet dalk inskryf vir FA, dis dieselfde as AA, net vir mense met ‘n boer verslawing. Jy kan ook opstaan en jou naam se. Klink nogaal cool
Dellie said,
Junie 9, 2009 @ 5:16 nm
Uhm, ek dink daar is so ‘n 12 step program – het die toets gedoen en ek is 100% verslaaf…
kadoes said,
Junie 9, 2009 @ 9:57 vm
Ek wil ook boer, maar kan nie vanaf die werk facebook nie. My profile op facebook is besig om met ‘n spoed te verouder – die foto’s ook.
Zee said,
Junie 9, 2009 @ 10:15 vm
Jis, Dellie, ek hoop my plasie is nog daar, het dan nou net gisteraand vir ons n braai gekoop
en nou moet ek wag tot vanaand om te gaan kyk!! Dellie, groot samblief, gaan kyk of my plasie nog bestaan…..
Dellie said,
Junie 9, 2009 @ 10:54 vm
Toemaar Zee, alles is nou weer OK – ek het verniet ‘n panic attack gehad!
Jou plasie is nog daar, en die kalkoene hou ‘n braai…
Plaasjuppie said,
Junie 9, 2009 @ 11:05 vm
Wat julle ondervind het was die demo version van Farmtown Zim edition. Ek dink ek gaan farmtown versekering begin verkoop, ek behoort ‘n killing te maak!
Dellie said,
Junie 9, 2009 @ 11:42 vm
Whahaha! Zim edition vertel jy my!
savanha said,
Junie 9, 2009 @ 12:11 nm
Aggenee wat speel ons vandag!??
BB said,
Junie 9, 2009 @ 12:30 nm
Wanneer hou julle ‘n Farmtown-fees in true afrikaanse style en nooi van die artists daar op Facebook om te kom optree – dan kry julle visitors wat kan kom hark en vee en plant en oes en hoennerhokke skoonmaak en varke skrop in plaas van entrance fee te charge – een moerawiese virtual kultuur/plasie fees – a one of a kind!!! Best of all – jy kan virtual pannekoeke en jaffels verkoop en ‘n wins ook nog maak!! So, toe toe toe Delsch – you could be founder of all virtuele-kunste-feeste!!!
Dellie said,
Junie 9, 2009 @ 5:24 nm
kaalvoetinireen said,
Junie 9, 2009 @ 1:14 nm
Ek dink alaml het na hul asems gesnak toe dit nie wou oopmaak nie, maar gelukkig werk dit nou weer!
Mauritz said,
Junie 9, 2009 @ 1:51 nm
Bwhahaha – jy bly in Afrika en jy vra wie’t jou plaas gesteel????
betsieboop said,
Junie 9, 2009 @ 2:15 nm
ag kan ons nie maar weer ‘n ou foto’tjie kry nie??? dit was dan nou soveel prettigheid gister…..
toe samblief dellie …. !!!
betsieboop said,
Junie 9, 2009 @ 2:21 nm
jammer dat ek nou van hierdie platform gebruik maak – maar waar is kommintaar heen? ek het mos maar min plekkies waar ek kan kuier
Dellie said,
Junie 9, 2009 @ 2:32 nm
Jong, laaste wat ek gehoor het, was daar server probleme of iets. Of en wanneer hulle gaan terugkom, sal ek nie kan sê nie. Intussen kuier ons maar hier!
Ek mis ook die ou klomp komminers, ons het darem maar heerlik strooi gepraat daar!
betsieboop said,
Junie 9, 2009 @ 2:34 nm
praat jy dellie ! what a pity! dankie tog vir jou dinge hier !!!
Dellie said,
Junie 9, 2009 @ 2:24 nm
OK – ek sal kyk of ek vir Chopper in die hande kan kry!
betsieboop said,
Junie 9, 2009 @ 2:27 nm
ai dellie … ek kry amper trane van dankbaarheid !
Koekie said,
Junie 9, 2009 @ 2:43 nm
Whahaha!!! Ai Betsie, daar’s ook net een van jou! LOL @ …”trane van dankbaarheid”. Hoe ganit?
Ek dink ons Komminers moet maar hier by Dellie kom chat…. Ek gaan gou my plaas uitcheck, hy’s ‘n volle dag oud…..hahaha.
betsieboop said,
Junie 9, 2009 @ 2:50 nm
voor die wind Koekie! het darem so semi tyd vir speel vir ‘n verandering!
ek mag nie boer nie. iets met PETA en onstoke mense diere dinge te doen
Dellie said,
Junie 9, 2009 @ 3:07 nm
OK, die nuwe foto is gepost!
Alta said,
Junie 9, 2009 @ 3:12 nm
Delli, was okkie ekke nie, belowe!Het net gegaan om te hark ne, toe bere ek die hark ne, dit nou alles in die donker ne, en was besig om vir jou briefie te los oor die freaken nuwe diere op jou plaas ne, wat my nou noggie ken nie ne, en toe is alles sommer weg!!Netso, weg, toe hol ek maar vir my plaas en ek kon hom ook nie kry nie. Moes baie drank drink om te kalmeer.
betsieboop said,
Junie 9, 2009 @ 3:23 nm
whahahahahahah !!! ai alta !!!
Dellie said,
Junie 9, 2009 @ 5:21 nm
Whahahaa Alta!
Pasop nou dat jy nie vanaand in die rivier donner nie, hoor! Die kabel vir die ligte is alweer gesteel! Vat jou flitsie saam die keer…
NS. Ek los vir jou ‘n takielatjie daar onder die sambreel…
Net vir die wis en die onwis…
Alta said,
Junie 9, 2009 @ 6:16 nm
Ag dankie Dellie vir die takielatjie maar moer, hoe moet my flitsie se batterye 20 000 kilometer hou? Ek sal my moet dood dra aan batterye! Dit begin net na vreeslike harde werk klink en ek is n fokken lui mens, verstaan jy?
Dellie said,
Junie 9, 2009 @ 9:02 nm
Nee, nou weet ek nie meer hoe om jou te help nie!
Miskien moet ek vuurvliegies aanskaf… hahahaha!
Emil said,
Junie 9, 2009 @ 9:29 nm
Ek hoop jy het darem aan die storie geskryf.
Dellie said,
Junie 9, 2009 @ 10:10 nm
Hoe nou?
Watse storie?
Rustig said,
Junie 10, 2009 @ 11:32 vm
Dellie: Daar was “rumour” dat iemand die plaas “hack” en dit laat verdwyn. Ek speel so bietjie. Vriende het my nou in die Mafia Wars betrek.
rosalindfranklin said,
Junie 10, 2009 @ 8:38 nm
Die plaas is herverdeel in 12 stukke
en gegee vir annir mense
Moooooo « Zee Se Scribbles said,
Junie 18, 2009 @ 5:12 nm
[...] June 18, 2009 Posted by Zee in Sommer net. trackback Ek is ook gehook, en dit is alles Dellie se [...]