Ag, ek is soms “corny” ook … maar lees hierdie, en julle sal saamstem dat dit die moeite werd is. En dis real – dis wat actually aan die gebeur is in my lewe.
Ja wel, as jou oë nog droog is na hierdie briefie … dan weet ek ook nie meer waarheen ons mensdom gaan nie. Eina.
My lief – Ek is trots op jou omdat jy vir twee amper verlore sielietjes rigting gegee het in die afgelope jaar – ‘n klein meisie uit haar dop uit gehaal het sodat sy kan speel en lag soos ‘n kind moet doen – en genade, ek verstaan nou eers hoeveel dit vir JOU beteken het! Ek is jammer as ek selfsugitg was – ek kon nie die hele prentjie wat in jou mind was sien nie. Maar ek doen nou … na ‘n mindshift of twee … dink ek – ek is nou DAAR waar ek verstaan. Dankie vir jou geduld met al my ups & downs.
GO my liefie-ding, jy het my volle ondersteuning. En vir Seuntjie gaan jy ook nog wen.
Ek is so lief vir jou dat jy dit nie eers kan imagine nie. Afterall ken ek jou al vir amper 22 jaar? If you let me count the ways, we’ll be here forever…. Glo dit net.
Jy weet mos!
OK, kry die tissues …

Ek dink nie daar is enige woorde verder nodig nie.
Gelukkige Vadersdag aan al die pappies. ![]()











boervrou said,
Junie 21, 2009 @ 7:25 nm
Del ek wil so graag die briefie lees, maar die geskryf is liiiiiiggies. Moenie kom kommer nie, elke vrou het haar af dae en enige man(wat sy sout werd is) sal haar vergewe.
boendoe said,
Junie 21, 2009 @ 8:03 nm
Baie sweet.
BB said,
Junie 22, 2009 @ 6:57 vm
Cupcake – dankie vir die deel… jy weet ek is ‘n totale sucker vir ‘corny’ – hierdie is so awesome!! Hier’s nog rede vir ‘n mindshift onder baie mense wat met kinders te doen het: Douglass het eendag gesê: “It is easier to build strong children than to repair broken adults”.
Ek haal my hoed af vir “oom Wessie” – Be Blessed!!!x
While we try to teach children all about life, children teach us what life is all about.
savanha said,
Junie 22, 2009 @ 8:04 vm
“Oom Wessie” is voorwaar ‘n spesiale man, wat ‘n pragtige briefie, en jou verklaring Dellie, wat ‘n spesiale vrou.
Fokk said,
Junie 22, 2009 @ 8:24 vm
Dankie Dellie – BAIE MOOI/SAD!!!
betsieboop said,
Junie 22, 2009 @ 8:53 vm
oom wessie — dankie dat jy so ongelooflike ‘anker’ is vir ‘n kind…
…….. dankie dellie …….
Dellie said,
Junie 22, 2009 @ 9:02 vm
More julle! Dit gaan bietjie woes hier by my vanmore – ek sal sou gou as moontlik vandag se foto opsit – en ek hou daai inboxie dop vir julle bydraes, hoor!
Sharpshoot said,
Junie 22, 2009 @ 9:27 vm
Delsch. Dis great, en dis mooi en dis goed. Punt.
Kokkewiet said,
Junie 22, 2009 @ 10:23 vm
Sjoe, dis pragtig!!!!!
Tweelingkind said,
Junie 22, 2009 @ 2:57 nm
Te mooi! Ek is seker Oom Wessie se hart swel van trots na hierdie briefie.